Die Krag van Woorde

Die laaste kwart eeu van my lewe en ook my toekoms is negatief beinvloed deur woorde. Die krag van woorde word soms onderskat en ek dink ons kan elkeen meer effektief wees as ons versigtig is met ons woorde.

Ek het baie keer in n kerk gesit as kind en gehoor hoe ons woorde saak maak. As kind het ek die woorde verstaan en ook besef dat ek mense kan seer maak met woorde. Ek kan indink dat meeste mense dieselfde gedink as kind oor hoe woorde ons raak.