Era van Ontdekking
Die Era van ontdekking was die begin van ‘n ernstige poging deur die Europese lande om ‘n roete te vind vanaf Europa na die Ooste, deur gebruik te maak van die see. Dit was ‘n periode wat strek van omtrent 1419 tot 1660. Die soeke na ‘n beter roete om handel te dryf, in plaas van die gevaarlike roete oor land, het ‘n hele paar gevolge gehad wat ek dink die meeste van ons voorouers moontlik nie sou kon indink in daardie tyd nie.