Antwoord van Flip Buys :
Projeksies toon dat tweederdes, oftewel 67% van Afrikaners teen 2031 in die geïdentifiseerde ankerdorpe sal woon. Net meer as die helfte, of 53% van Afrikaners sal na raming in die 10 grootste ankerdorpe woon, terwyl 14% van Afrikaners in die oorblywende 19 kleiner ankerdorpe sal woon.
ʼn Ander werklikheid van hierdie konsentrasieverskynsel is dat vier uit elke vyf (dus 80%) van Afrikaners wat in ankerdorpe woon, in die tien grootste ankerdorpe woonagtig sal wees. 20% van Afrikaners wat in ankerdorpe bly, sal dus oor die 19 ander ankerdorpe versprei wees.
Volgens projeksies sal die meerderheid Afrikaners in nagenoeg 30 ankerdorpe aangetref word, en feitlik alle Afrikaners sal binne twee ure se ry van hierdie ankerdorpe af woonagtig wees, aangesien meer as 95% van Afrikaners binne 200 km van ʼn ankerdorp af woon.
Dit is dus sinvol vir Afrikaners om op hierdie ankerdorpe te fokus wat betref die skep van maatskaplike infrastruktuur en gemeenskapsruimtes. Die fokus wat hierdie werklikheid meebring, maak dit vir die Solidariteit Beweging moontlik om ʼn praktiese, werkbare en besielende oplossing daar te stel wat kan verseker dat Afrikaners vry, veilig en voorspoedig hier aan die suidpunt van Afrika kan lewe.
Hoekom ankerdorpe?
Ankerdorpe verskil van die kleiner dorpe in die land. Noodsaaklike dienste en produkte, wat nie meer in kleiner dorpe beskikbaar is nie, is steeds in hierdie ankerdorpe beskikbaar, wat meebring dat so ʼn ankerdorp die hele plattelandse gebied rondomheen bewoonbaar maak. Daarom word na hierdie konsentrasiepunte verwys as “ankerdorpe”. Hierdie ankerdorpe is die bewoonbaarheidsanker van die hele plattelandse gebied (wat kleiner dorpe insluit) rondom die dorp.
Omdat die bestaan van so ʼn ankerdorp noodsaaklik is vir die bewoonbaarheid van die hele gebied rondom die ankerdorp, is dit in belang van die hele omgewing dat die voortbestaan van so ʼn ankerdorp verseker moet word. Die Solidariteit Beweging ondersteun daarom hierdie keuse wat mense maak en die konsentrasieproses wat daarmee gepaardgaan. Dit is baie moeilik om ʼn goeie skool, ordentlike mediese sorg, tersiêre opleiding en ondernemings wat werk verskaf op elke dorp in die land te vestig. Dit is baie meer haalbaar om hierdie fasiliteite en dienste op ʼn sentrale punt te vestig sodat dit beskikbaar en bereikbaar is vir mense binne ʼn groter omgewing.
Potensiaalverskil
Alhoewel elke ankerdorp ʼn aansienlik beter kans het om ʼn Afrikanergemeenskap volhoubaar te onderhou as die ander ongeveer 140 dorpe waar Afrikaners hoofsaaklik woon, het nie alle ankerpunte dieselfde potensiaal vir sukses nie, hoofsaaklik om twee redes. Eerstens is daar groot verskille tussen die ankerdorpe wat betref inwonergetalle. Tweedens is gemeenskapsbetrokkenheid nie oral dieselfde nie, en sukses word bepaal deur die wil van elke spesifieke ankerdorp se inwoners om self ʼn toekoms te skep. 17 Teen 2031 gaan ʼn geraamde 513 000 Afrikaners in die Groter-Pretoria-gebied woon, wat beteken dat 1 uit elke 5 (20%) Afrikaners hier gaan bly. ʼn Nuwe kampus vir Sol-Tech (die Solidariteit Beweging se tegniese opleidingsinstelling) en ʼn volledige residensiële kampus van Akademia (die Solidariteit Beweging se hoëronderwysinstelling) word hier beplan omdat die getalle dit regverdig. In Nelspruit, die tiende grootste ankerdorp, gaan daar teen 2031 ongeveer 43 000 Afrikaners woon. Dit is ʼn twaalfde van die aantal Afrikaners wat in Pretoria sal wees. Hierdie getalle regverdig nie noodwendig die bou van ʼn kampus nie, maar wel die oprigting van ʼn Akademia-studiesentrum.
Dit is voor die hand liggend dat ʼn betrokke gemeenskap in Rustenburg met 40 000 Afrikaners meer hulpbronne sal kan mobiliseer, en daarom meer sal kan bereik, as in Upington, waar daar 6 000 Afrikaners sal wees. Dit sal wel moontlik wees om in Upington ʼn beheerkamer te hê wat die weerbaarheid van die gemeenskap sal kan bevorder.
Omdat Afrikaners in Orania ʼn groeiende meerderheid is, het Afrikaners daar politieke mag wat die gemeenskap in staat stel om belasting wat ingesamel word, tot voordeel van Afrikaners aan te wend. Die groei wat Orania tans beleef, getuig van die sukses hiervan.
Die ankerdorpnetwerk
Die plan is om in die 29 ankerdorpe en -stede volhoubare dienste daar te stel, soos maatskaplike sorg, veiligheid, werk en onderwys. In die tien grootste ankerdorpe sal die vestiging van groter infrastruktuur, soos byvoorbeeld koshuise, haalbaar wees. Daar sal ook drie groter kantons gevestig moet word, waarskynlik in Pretoria in die noorde, moontlik een in die Wes- of Suid-Kaap, en een in die weste van die land, met Orania as groeipunt. In hierdie kantons sal groot kapitaalprojekte aangepak kan word danksy die volhoubaarheid van hierdie gebiede wat deur die werklikhede op grondvlak bepaal word. Hierdie netwerk van dorpe en stede is nie iets nuuts nie. Die kultuur-ekonomiese Hansestadverbond is ʼn voorbeeld uit die verlede van hoe die koppeling van geografies-verspreide gemeenskappe tot die welstand en welvaart van ‘n gemeenskap kan lei.
Elke ankergemeenskap sal dien as ʼn knooppunt in ʼn netwerk van gemeenskappe wat, soos die Hansestad-verbond, saamwerk en saamdink om ons toekoms te verseker. Hierdie netwerk van gemeenskappe met ankerdorpknooppunte wat mekaar onderling ondersteun, veral in tye van nood, sal ʼn vangnet vorm om Afrikaners se voortbestaan hier aan die suidpunt van Afrika te verseker.
Net soos wat die bou van ʼn burg of ʼn vestingstad in die verlede ʼn noodsaaklikheid vir ʼn gebied se burgers was, is die uitbou van ʼn ankerdorp ʼn noodsaaklikheid. ʼn Sterk ankerdorp sal só ʼn vesting wees vir die omgewing en dorpe rondomheen. Die stewige vastrapplek wat die ankerdorp sal bied, sal dien as ʼn platform vir volhoubare voortbestaan in daardie gebied.
Sό lyk ʼn ankerdorp
Hoe kan so ʼn ankerdorp moontlik daar uitsien? Daar is ʼn AfriForum-tak bestaande uit mense wat verantwoordelikheid aanvaar vir toenemende selfbestuur van munisipale dienste en die bewaring van die omgewing. ʼn AfriForum-buurtwag werk saam met sekuriteitsmaatskappye en die polisie om die gemeenskap se veiligheid te verseker. ʼn AfriForum-beheerkamer en radionetwerk word daargestel om doeltreffende kommunikasie, ook met plaaswagte en buurtwagte in die omliggende dorpe, moontlik te maak. AfriForum Jeug bring jong Afrikaners bymekaar en sorg dat daar gesonde ruimtes bestaan waar hulle hulself sonder vrees kan uitleef. Met die ondersteuning van Solidariteit Helpende Hand word ʼn basiese gesondheidsorgsentrum, ʼn gemeenskapsentrum vir leerlinge en ʼn skenkingswinkel gevestig om ook te verseker dat behoeftige Afrikanerkinders kan gaan studeer. Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) sorg dat die Afrikaanse skool steeds onderrig van wêreldgehalte bly bied deur die ondersteuning en ontwikkeling van die onderwyserskorps. Solidariteit is daar om werknemers te ondersteun en S-leer maak voortgesette professionele ontwikkeling vir hulle ʼn werklikheid. Die Akademia-studiesentrum maak dit vir jonk en oud moontlik om in Afrikaans te studeer om ‘n naskoolse kwalifikasie te verwerf terwyl hulle werk en só tot die plaaslike ekonomie bydra. Maroela Media sien toe dat die plaaslike gemeenskapsradiostasie se personeel goed opgelei is en ook dat daar goeie inhoud is om uit te saai, terwyl hulle verder verseker dat belangrike en betroubare nuus beskikbaar is.
Ons plan is normaal
Suid-Tirool, ʼn provinsie van Italië, beslaan ongeveer 7 400 km2 . Suid-Tirool het ʼn bevolking van ongeveer 530 000 mense, waarvan ongeveer 60% of 330 000 Duitssprekend is. Hierdie Duitssprekendes maak minder as 1% van die totale bevolking van Italië uit. Tog geniet hierdie outonome provinsie aansienlike vlakke van selfbestuur en het wye wetgewende en uitvoerende magte, wat insluit dat die provinsie 90% van sy inkomste kan behou terwyl daar steeds tot die nasionale begroting bygedra word. Die metropolitaanse gebied van Groter Pretoria beslaan ongeveer 6 300 km2 (ongeveer 1 100 km2 kleiner as Suid-Tirool). In hierdie gebied alleen gaan daar teen 2031 ongeveer 513 000 Afrikaners bly. Niks staan in Afrikaners se pad om hier (en elders) toenemend selfbestuur toe te pas nie. Ons kan onsself binne die grense van die metropool organiseer binne die fisiese en wetgewende ruimte wat daar vir ons bestaan. Dit is nie die bestaande grense en ons vermoë wat vir ons die plafon is nie, maar ʼn glasplafon wat ons vir onsself skep. Dit het vir ons nodig geword om oorspronklik en nuut te dink en die grense en kaarte wat ons in ons koppe getrek het, te verskuif. Ons is nie besig met ʼn plan om onsself te isoleer nie, maar juis om op te tree in reaksie op ons isolering en uitsluiting deur die owerheid. Dit bou juis die kulturele leefruimtes vir ons om 21 saam in Afrika te kan bestaan. Eilande is nodig om te keer dat die see ʼn mens nie oorweldig nie, en hierdie strewe na selfbesluitneming in kulturele leefruimtes is ons antwoord op die mislukking van ANC-besluitneming oor ons. Dit sal nie help om die regerende party te beveg deur staatsruimtes van hulle te probeer terugneem nie. Ons moet gemeenskapsruimtes bou deur konsentrasie, eerder as om deur konfrontasie dít wat oorgeneem is, te probeer terugneem. Hierdie plan is nie op die owerheid gemik nie, maar omdat dit nie sal help om vooraf goedkeuring te vra nie, vra ons eerder ná die tyd om erkenning vir dít wat in praktyk wettig gebou is. Selfs waar ons dit nie kry nie, bied die praktiese werklikhede wat ons skep vir ons die leefruimtes waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan voortbestaan. Ons strategie is om al die ruimtes wat die Grondwet en internasionale reg ons bied, te benut.
Betrokkenheid
Elke ankergemeenskap sal die besluit moet neem om die toekoms in sy eie hande te neem en in te koop in die gedagte van gemeenskapselfstandigheid en selfbestuur. Die sukses van projekte gaan grootliks afhang van die mense wat betrokke is, en daarom is dit noodsaaklik dat die regte gemeenskapsleiers geïdentifiseer word en betrokke raak. Daar moet voortdurend gedink word oor wat gedoen kan word om te verseker dat die gemeenskapsleiers en ander rolspelers wat ʼn impak kan maak, by hierdie konsentrasieplan betrokke sal wíl wees. Gemeenskapslede sal betrokke moet raak as bouers sodat ons ons voortbestaan gesamentlik kan verseker.
Uitvoering
Binne die Solidariteit Beweging neem die personeel van die verskillende instellings op nasionale vlak verantwoordelikheid vir die verskillende lewensterreine wat noodsaaklik is vir ons voortbestaan en word daar ook saamgewerk met rolspelers buite die Solidariteit Beweging. Net soos wat daar op nasionale vlak koördinering van aktiwiteite nodig is om duplisering te voorkom en uitkomste te bereik, is dit ook op plaaslike vlak nodig. Goeie kommunikasie en skakeling tussen verskillende rolspelers is ʼn vereiste om uitkomste te kan bereik. Om hierdie koördinering en skakeling op plaaslike vlak moontlik te maak, is dit nodig om forums op grondvlak te vestig. Die eerste forum wat gevestig sal moet word, is ʼn gemeenskapsforum waar ons taal- en kultuurgemeenskap saam kan dink, beplan en terugvoer gee oor uitkomste wat bereik moet word. Die strukture van die instellings van die Solidariteit Beweging (soos AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en Solidariteit Netwerk) sowel as ander burgerlike instellings soos skole, kerke, sakekamers ens. sal hierby betrokke wees. Hierdie forums sal dien as ʼn knooppunt binne ʼn gemeenskapsnetwerk waar verskillende rolspelers daarvoor verantwoordelikheid neem om uitkomste op ʼn spesifieke terrein te bereik. Die betrokkenheid van ons gemeenskap, veral van kundiges, gaan die aard van die uitkomste wat bereik sal kan word, bepaal. Dit sal tweedens nodig wees om ʼn breër dorpsforum te vestig (indien dit nog nie bestaan nie) waar die belangrike rolspelers en leiers van die onderskeie gemeenskappe, insluitende 22 ons gemeenskap, binne die dorp kan skakel. Die sukses van hierdie forums gaan bepaal word deur deelnemers se vermoë om goeie menseverhoudinge oor kultuur- en taalgrense te handhaaf. Daar gaan altyd mense wees wat nie met ons wil saamwerk nie en wat van ons gaan verskil. Ons benadering is eenvoudig om saam te werk met die mense wat met ons wíl saamwerk en om te skakel met die mense wat bereid is om dit te doen. Ons kies om te fokus op die sake waaroor daar saamgestem word – ons fokus nie op die verskille nie. Wanneer ons suksesvol is, sal deelname organies groei.
Tegnologie en oorspronklikheid
Ons leef in ʼn tyd waar nuwe tegnologie toenemend geleenthede skep wat dit vir gemeenskappe makliker maak om meer staatsbestand en selfstandig te wees en wat die impak van geografiese afstand verminder. Die nodige werk sal gedoen word om te verseker dat die potensiële voordele wat nuwe tegnologie (soos byvoorbeeld blokkettingtegnologie en kriptogeld) benut word. Daar lê groot krag en potensiaal in desentralisasie en die gedagte van gemeenskap soewereiniteit. In praktyk beteken dit dat die gemeenskap self besluit wat prioriteit is, en wat gedoen moet word, en dit dan doen. Ons antwoord lê in volksveelheid (en nie volkseenheid nie) – oorspronklike idees en verskillende stemme wat almal aan dieselfde droom werk, bereik die beste oplossings.
Dit hang van ons af
Die uitvoering van hierdie plan, en hoe lank dit alles gaan neem, gaan afhang van die steun en samewerking van ons eie mense. Die staat gaan dit nie van “bo” af vir ons gee nie; ons bou dit self van onder af. Die hoogte van die kulturele “plafonne” en die spoed waarteen dit 23 geskuif word, gaan van onsself afhang; nie van die owerheid nie. Die Solidariteit Beweging werk natuurlik ook om ondersteuning vanuit die buiteland te kry omdat die projekte wat as deel van hierdie plan aangepak word, opbouende projekte is wat net tot voordeel van almal sal strek. Die vestiging van genootlike gemeenskappe, wat die sluit van ooreenkomste behels tussen gemeenskappe wat binne dorpe en stede in verskillende geografiese gebiede geleë is, is deel van hierdie plan vir buitelandse steun. Die harde waarheid is dat ons ná 25 jaar weet dat die Handves van Menseregte nie ons grondliggende belange gaan beskerm nie. Ons weet egter ook dat hoe hoër die vlakke van selfstandigheid is wat ons bou, hoe minder kwesbaar sal ons in ʼn vervallende staat wees. Vryheid is uiteindelik die enigste waarborg vir veiligheid, vir ons lede se werk, vir gelykheid, vir reg en geregtigheid, vir volhoubare voorspoed, vir werkende dienste, vir goeie skole en vir ʼn toekoms vir ons kinders. Afrikaners het deur hul vindingrykheid, skeppende vermoë en ondernemingsgees wêreldklasprestasies op alle gebiede bereik: medies, sport, wetenskap, in die sakewêreld, kultuur en die kunste. Ons sal hierdie selfde vermoë aanwend om op staatkundige gebied weer al hierdie elemente in ʼn samehangende plan in te weef sodat ons volhoubaar kan voortbestaan. ʼn Volk skep sy eie toekoms, het Vader Kestell gesê. Die beroemde bestuurskundige, Jim Collins, vat dit netjies saam: “Of jy slaag of faal, oorleef of sterf, hang meer af van wat jy self doen as van wat die wêreld aan jou doen.” Ons sal die taak wat die geskiedenis aan ons geslag opgelê het, aanpak met geloof, waagmoed, ywer en volharding. Soos president Kennedy sê ons vandag: “Indien nie ons nie, wie anders? Indien nie nou nie, wanneer?”
4. Oorsig: Bewegingsinstellings
SOLIDARITEIT – ʼn omvattende oplossing om goeie werk te verseker
Solidariteit is in 1902 gebore as die Transvaal Miners’ Association (TMA). Dit was direk ná die Anglo-Boereoorlog en baie van die jong mans se enigste uitweg was om by die myne te gaan werk. In daardie tyd was myntering die grootste uitdaging, en die gemiddelde leeftyd van ʼn mynwerker was 37 jaar. Die vakbond was dus volgens die eise van die tyd ingerig. Solidariteit het uit die werkplek, die myne, ontstaan. Die naam van die Transvaal Miners’ Association is later na die Mynwerkersunie (MWU) verander. Ná 1994 was die MWU, soos alle Afrikanerorganisasies, in ʼn oorlewingskrisis. Daar moes nuut gedink word oor hoe om ʼn bestaan vir die organisasie in die post-’94-tyd te gee. Daar is gekyk na die uitdagings van die veranderende politieke en ekonomiese landskap ná 1994 en die MWU is totaal herontwerp. Daar is besluit om die MWU te omskep in ʼn omvattende beweging wat werksoplossings en ander antwoorde sou bied. In 2001 is die naam verander na Solidariteit. Die Solidariteit 24 Beweging het later daaruit ontwikkel. Werk is, 117 jaar ná sy geboorte, steeds die kern van Solidariteit. Solidariteit het uitgebrei vanaf slegs betrokkenheid in die mynbedryf tot betrokkenheid in talle bedrywe, en van ʼn ledetal bestaande uit net kollektiewe lede tot een wat ook individuele lede insluit. Solidariteit is in bykans al die groot bedrywe in Suid-Afrika georganiseer en sy ledetal is op die oomblik net onder die 200 000. ʼn Nuwe ledekategorie, wat dit vir ondersteuners moontlik maak om by Solidariteit aan te sluit, is ook gestig. ʼn Spesiale afdeling vir jongmense, Solidariteit Jeug, is intussen ook op die been gebring. Solidariteit Jeug help jongmense om vir werk voor te berei en om die arbeidsmark te betree deur werk te kry. Solidariteit se nuutste inisiatief is om mense ook volgens hul beroepe in gildes te organiseer. Daar word voorsien dat daar oor tien jaar ʼn enorme netwerk van gildes rondom Solidariteit gaan wees. Gildes gaan jongmense help om die arbeidsmark te betree; gaan help met lewenslange leer; gaan mentorskappe vir jongmense daarstel; gaan netwerke vorm; en gaan opstaan vir die belange van beroepe. Dit skep enorme nuwe groeivooruitsigte vir Solidariteit. Solidariteit het egter ook besef dat beskerming in die werkplek en die verbetering van diensvoorwaardes noodsaaklik is, maar dat nie al is wat aandag verg nie. Mense moet in staat gestel word om te kan werk. Om dit te kan doen het Solidariteit begin om opleidingsinstellings te stig. Dit sluit in Sol-Tech (beroepsopleiding), Bo-Karoo Opleiding (bou-ambagte), Akademia (hoër onderrig), S-leer (lewenslange leer), die Skoleondersteuningsentrum (uitnemende skole in Afrikaans) en Helpende Hand se Studiefondssentrum (studiehulp). Al hierdie instellings saam vorm die Solidariteit Netwerk wat die volle loopbaanpad saam met lede wil stap. Volgens ʼn Gallup-opname is werk die grootste behoefte van die mens. Solidariteit en die hele Solidariteit Netwerk se verantwoordelikheid is om toe te sien dat lede ʼn goeie werk het en dat hulle gelukkig is in hul werk. Om ʼn staat van geluk in die werkplek te verseker is dit ook nodig om die staat se verstikkende rasse-ideologie uit te daag. Solidariteit het dus ʼn omvattende nasionale en internasionale strategie teen rassekwotas ontwikkel en gee uitvoering daaraan. Solidariteit het ook veldtogte van stapel gestuur teen belastingplundery en die ondoeltreffendheid van die staat, asook roekelose beleidsrigtings soos die Nasionale Gesondheidsversekering en die gebruik van pensioene om sukkelende staatsondernemings te help. Solidariteit het dus ʼn omvattende netwerk gevestig om te verseker dat die Afrikaanse taalgemeenskap, die Afrikanerkultuurgemeenskap en die Solidariteit-ledegemeenskap van nou tot in 2030 vry, veilig en voorspoedig in die werkplek is en die laagste werkloosheidskoers in die wêreld het.
AfriForum
AfriForum is ’n nieregeringsorganisasie – geregistreer as ’n maatskappy sonder winsoogmerk – wat ten doel het om minderhede se regte te beskerm. Hoewel die organisasie op die internasionaal erkende beginsel van minderheidsbeskerming funksioneer, het AfriForum ’n spesifieke fokus op die regte van Afrikaners as ’n gemeenskap aan die suidpunt van Afrika. Lidmaatskap is egter nie eksklusief nie en almal wat hulle met die inhoud van AfriForum se Burgerregtemanifes vereenselwig, kan aansluit.
AfriForum doen op ʼn demokratiese wyse voorspraak vir:
- Die uitbouing en instandhouding van burger-, minderheids-, mense- en grondwetlike regte;
- Die vestiging van selfstandige en selfrespekterende gemeenskappe;
- Die bereiking van skikkings ter bevordering van vreedsame naasbestaan en verdraagsaamheid tussen gemeenskappe;
- Die vestiging en koestering van wedersydse erkenning en respek; en
- Die vind van ’n balans tussen ekonomiese ontwikkeling, die omgewing en globalisering. AfriForum het teen Augustus 2019 die 230 000-ledekerf verbygesteek.
AfriForum se strategie en belangrikste werksaamhede asook die terreine waarop AfriForum werksaam is, word vervolgens beskryf.
Visie
Dat Afrikaners – wat geen ander tuiste ken nie – sinvol as Afrikaners en in vreedsame naasbestaan met ander gemeenskappe blywend, vry, veilig en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan.
Missie
AfriForum werk om te verseker dat daar aan die basiese voorwaardes vir die voortbestaan van Afrikaners voldoen word, deur as ’n geloofwaardige Afrikanerbelange-organisasie en burgerregtewaghond – wat deel van die Solidariteit Beweging is – buite die werkplek op internasionale, nasionale en plaaslike vlak die impak van die huidige politieke werklikhede op Afrikaners te hanteer en te probeer beïnvloed, terwyl daar terselfdertyd gewerk word om volhoubare strukture te vestig waardeur Afrikaners selfstandig hul eie voortbestaan kan verseker.
Strategie
AfriForum se strategie kan grafies met behulp van die onderstaande strategiese driehoek opgesom word:
Strategiese doelwitte
Ter uitvoering van die visie en missie word daar op die bereiking van die onderstaande drie strategiese doelwitte gefokus:
- Die beskerming en bevordering van Afrikanerbelange;
- Die daarstel van ’n gesonde magsbalans in ankerdorpe en die land as geheel; en
- Die vestiging van Afrikanerselfstandigheid.
Strategiese voorwaardes
Daar is verskeie strategiese voorwaardes waaraan voldoen moet word om AfriForum se strategiese doelwitte te bereik. Hierdie voorwaardes behels dat die volgende moet bestaan, of deur AfriForum gevestig moet word:
- n Netwerk van sterk instellings, asook plaaslike en internasionale drukgroepe;
- Goed befondste plaaslike en internasionale regsaksies;
- ’n Gunstige openbare mening, plaaslik sowel as internasionaal;
- Plaaslike en internasionale gemeenskapsmobilisering;
- Alliansies op terreine en oor sake waaroor organisasies saamstem;
- Omvattende veldtogte;
- ’n Klimaat van wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe;
- Selfstandige en goed begronde gemeenskapsleiers;
- Selfstandige ruimtes; en
- ’n Padkaart na selfstandigheid.
Strategiese uitkomste
AfriForum se strategie is daarop gemik om die volgende strategiese uitkomste te bereik:
- AfriForum se visie
- ’n Toekoms vir Afrikaners
- ’n Veilige samelewing
- ’n Gesonde gemeenskapslewe 27
- Dat Afrikaans floreer
- ’n Markekonomie
- Respek vir eiendomsreg
- ’n Gesonde regsorde
- Onderwys van hoë gehalte
- ’n Volhoubare omgewing
- Eersteklasburgerskap vir Afrikaners en alle Suid-Afrikaners
- Funksionerende dorpe en stede
- Erkenning van en respek vir die Afrikanergeskiedenis en -erfenis
- Kulturele vryheid en
- Selfstandigheid
Strategiese fokusterreine
AfriForum se fokusterreine is die volgende:
- burgerregte en burgerregteveldtogte;
- veiligheid;
- selfstandigheid, selfbestuur, konsentrasiestrategie, ankerdorpe en Afrikanerstad;
- gemeenskapstrukture;
- plaaslikeregeringsake;
- omgewingsake;
- geregtigheid, teenkorrupsie-veldtogte, strafregtelike vervolging;
- media en kommunikasie;
- owerheidskakeling;
- jeug;
- taal, kultuur, onderwys en erfenis;
- buitelandse skakeling: Afrikaners in die buiteland, internasionalisering van Afrikanersake en internasionale betrekkinge;
- navorsing;
- vennootskappe tussen kultuurgemeenskappe en wedersydse erkenning en respek;
- gesondheidsorg; en
- selfstandige sport.
Solidariteit Helpende Hand
Die hoekom van Helpende Hand
Solidariteit Helpende Hand wíl nie bestaan nie, maar ons móét bestaan. Juis omdat ons móét, neem ons die roepingsmantel op en gaan daarmee vorentoe met ʼn ysere wíl – met hart, in krag, tot hoop! Die rede is eenvoudig: Ons fokus is die verligting, voorkoming en verbreking van Afrikanerarmoede. Daarom móét ons bestaan. Armoede onder die Afrikaners neem nie af nie, maar neem toe – juis daarom is dit noodsaaklik dat ons die kwessie van armoede onder die Afrikaners gestruktureerd, georganiseerd en met deeglike beplanning hanteer. Hierdie 28 hantering van armoede moet op al drie vlakke van armoede, naamlik geestelik, kultureel en fisies, geskied.
Die wat van Helpende Hand
Ons visie is die ontwikkeling van die Afrikanergemeenskap en die skep van ʼn maatskaplike struktuur wat die eise en uitdagings van die kwesbare groepe (kinders, bejaardes en gestremdes) die hoof bied, die direkte nood sover moontlik verlig, en geleenthede skep waar armoede voorkom kan word deur studie en opleiding.
Die hoe van Helpende Hand
Helpende Hand hanteer hierdie geweldige uitdaging van armoede deur ʼn struktuur wat op vier vlakke werksaam is, naamlik ʼn hoofkantoor met ongeveer 60 personeel, streekstrukture, takstrukture en vrywilligers. Ons rig onsself al hoe meer in om die maatskaplike struktuur te word wat vir die Afrikaner leiding ten opsigte van gemeenskapsontwikkeling gee om lyding te hanteer en in ʼn toekoms te glo en op ʼn toekoms te hoop. Verder fokus ons op die stigting en hantering van studiefondse. Dit is en bly immers die beste manier van armoedevoorkoming. Die vorming van netwerke in die gesamentlike aanpak van armoedevoorkoming is vir Helpende Hand ʼn doelwit en ʼn noodsaaklikheid. Die uitrol van hierdie struktuur, studiefondse en netwerke gebeur in en rondom verskillende projekte, byvoorbeeld die inrig van sentrums, deur maatskaplike werkers se kapasiteit uit te bou en deur ʼn studiefondsentrum. Ons Nasionale projekte sluit onder meer in die Kosblikkie-projek en die Skooltassie-projek, Helpjag, die #Stophonger-projek, die FroueVonds, die #Helpmekaar-veldtog en Ons Winkels. Ter aanvulling van die nasionale projekte, is daar dan ook streeks- en takprojekte. So word die krag van die gemeenskap gemobiliseer in die gesamentlike hantering van ons uitdaging en die skep van hoop en die bou aan ʼn toekoms.
Die roeping van Helpende Hand
Die digter J.D. du Toit (Totius) het in sy gedig “Die Besembos” geskryf:
Laat dan mense en diere, droogte en vure,
met al wat hul kwaad wil versin,
maar kom om te kap, te brand en te trap –
ek leef en sal lewe; my doodkry is min!
In 2019, wanneer die Solidariteit Beweging by ʼn Toekomsberaad vergader, word daar aan ons mense op allerhande maniere gekap, gebrand, getrap, maar juis daarom is ons hier – om te saai en te oes; om te luister en te werk; om te bou wat hou; om nie te wag nie, maar te doen. Ons saai, ons plant sonder ophou en verwag die oes op die regte tyd. Die saad is soms min en die arbeiders gering, maar ons sal nie gaan lê nie; nog minder sal ons ophou. Ons leef en sal lewe. Ons wil. Ons doen. Helpende Hand – “met hart, in krag, tot hoop” – toekomsgedrewe vorentoe! Die nood van ons mense roep.
Die FAK
Op ’n manier is elkeen van ons elke dag besig met beleggings – beleggings in geleerdheid, werkgeleenthede, verhoudings, loopbane, in suksesvolle ondernemings of op die aandelebeurs. Alle beleggings het ’n beter toekoms ten doel. Die kommersiële waarde van beleggings, produkte en dienste is duidelik en meetbaar, terwyl die wins van kulturele beleggings anders gemeet word.
Kultuur is ’n waardeskeppende bate wat die onderbou bied waarin enige besigheid, groot of klein, kan floreer. Van suksesvolle sakeleiers tot die klein entrepreneur weet dat kultuur veel meer is as die somtotaal van ’n kultuurgemeenskap se oortuigings, waardes, tradisies, lewenswyse, onderlinge verhoudings, simbole en taal. Deur kultuur word karaktervormende deugde verwerklik wat noodsaaklik is vir ’n suksesvolle en gelukkige gemeenskap, besigheid en land. Om dié rede is die FAK vandag ’n moderne Afrikaanse kultuurorganisasie wat met die vlam van kulturele ondernemerskap en die ondersteuning van FAK-vriende ’n lewenskragtige kultuurlewe bied, waarbinne beproefde Westerse waardes soos selfstandigheid, diensbaarheid, inisiatief, vindingrykheid, ʼn verantwoordelikheidsin, selfvertroue in die gemeenskap en werkplek gekultiveer word.
In dié konteks is die FAK, as die oudste Afrikaanse kultuurorganisasie wat vanjaar sy 90ste verjaarsdag vier, ’n batebeskermer en ʼn batebouer. As batebeskermer dien die FAK sedert 1929 as ’n trustee van Afrikaners se historiese en kultuurerfenis sodat ons monumente en historiese momente vir ons kinders en kleinkinders behoue bly. As batebouer belê die FAK in skeppende taal-, kultuur- en geskiedenisprojekte wat kulturele selfvertroue, geluk deur diensbaarheid en skoonheid deur kuns in ons gemeenskappe ontsluit en bevestig. Hiervan is die Internasionale Afrikaans-Ekspo, die FAK-Sangbundel, die Afrikaanse Lie jietuin, nuwe Afrikanermonumente en verskeie suksesvolle jeugontwikkelingsprojekte getuigskrifte van sukses. Die FAK vat hande met meer as 80 plaaslike, nasionale en internasionale taal- en kultuurorganisasies, soos die Marnixring. Die kulturele netwerk van die FAK in Suider-Afrika strek vandag vanaf Swakopmund in die weste van Namibië tot in Kaapstad aan die suidpunt van Afrika.
’n Belegging in die handhaaf en bou van kultuur is ’n belegging in die toekoms van ’n land en sy mense. Sonder die onbaatsugtige dienswerk van kultuurorganisasies sal ’n lewenskragtige kultuurlewe in gemeenskappe stagneer en die deugde wat nodig is om ’n toekoms te bou, nooit tot wins kom nie. Dit is ’n verlies wat Suid-Afrika nie kan bekostig nie.
Kultuurnetwerke
Die FAK is gebore as organisasie van organisasies, en doen 90 jaar later steeds hierdie roeping gestand.
Die FAK skakel deurlopend met meer as 80 kultuurorganisasies en ondersteun waar en soos sy kan.
Die FAK het vanjaar sy voetspoor in gemeenskappe gevestig met die stig van FAKKultuurnetwerke in gemeenskappe. Hierdie kultuurnetwerke organiseer kultuur in gemeenskappe, met ondersteuning vanaf die FAK se hoofkantoor. So word die kulturele energie op gemeenskapsvlak ontgin.
Die ontwikkeling van ’n nuwe generasie Afrikanerleiers is krities vir die Afrikaner se voorspoedige voortbestaan in Afrika. Die FAK bied dus jaarliks ’n simposium aan vir graad 10 tot 11-leerlinge wat tot hul onderskeie skole se leerlingrade verkies is.
Die FAK het ook sy plaas net buite Parys teen die Vaalrivier ontwikkel tot volwaardige Afrikanerkultuurplaas. Hierdie plaas beskik oor die perfekte fasiliteite vir jeuggroepe wat meer wil leer omtrent die Afrikanerkultuur en die Afrikanergeskiedenis. Jeugontwikkeling is krities in die tyd waarin ons leef.
Akademia
Die Afrikanergemeenskap se ontstaan, ontwikkeling en voortbestaan moet teen die agtergrond van laasgenoemde se dringende ingesteldheid ten opsigte van onderwys (opleiding en opvoeding) verstaan word. Die uitkoms van hierdie ingesteldheid loop soos ʼn goue draad deur die geskiedenis. Onderwys word gesien as ʼn voorvereiste vir ontwikkeling en modernisering, en topskole en -universiteite is oor dekades deur die Afrikaner tot stand gebring.
Akademia is vandag, in 2019, die uitkoms van hierdie voortgesette ingesteldheid. Wat ʼn voorreg dat ons vandag, nie net onbevange kan herbesin oor die aard en wese van die universiteitswese nie, maar dan ook gestalte kan gee aan ʼn instelling wat weer die ware, die skone en die goeie in die bestudering van die wetenskap kan opsoek.
Visie
Akademia is ʼn Christelike hoëronderwysinstelling wat op ʼn oop, onbevange en kritiese wyse ʼn rigtinggewende rol binne die hedendaagse universiteitswese – ten gunste van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap – speel. In die besonder bied Akademia uitnemende opleiding aan die Afrikaanse studentegemeenskap met die oog op volle indiensname in die arbeidsmark. Dit is ʼn opleiding wat aan die hoogste internasionale standaarde voldoen. Tegelyk bied Akademia in aansluiting by die ideale van die klassieke universiteitswese die hoogste graad van opvoeding aan die Afrikaanse studentegemeenskap. Met opvoeding word verwys na die vorming van studente by wyse van ʼn kritiese begronding in die diepste bronne van die Christelike, Klassieke en moderne denke.
Strategie
Ter wille daarvan om uitnemende opleiding en begronde opvoeding aan te bied, volg Akademia die volgende oorhoofse universitêre strategie:
- Met betrekking tot sowel opleiding as opvoeding bemiddel Akademia tussen die intellektuele bronne uit die verlede en ʼn nuwe toekoms. Dié strategie word vasgevang in die instelling se leuse: ad futurum per fontes (na die toekoms deur die bronne).
- Akademia is tot die ideale van die klassieke universiteitswese verbind soos wat dit vanuit Ou Griekeland en die Middeleeue gevorm en binne die moderne Westerse universiteitswese (in die besonder in die sogenaamde Von Humboldt-universiteit met sy ideaal van Bildung, of vorming) gestalte gekry het.
Tot die wese van die klassieke universiteitswese staan die gedagte dat die denke tot haar reg kom wanneer dit op die hoogste en edelste kenmerke van die skepping (die sogenaamde transendentalia van die werklikheid) gerig is, naamlik die waarheid, skoonheid en goedheid van die skepping.
Daarmee bied Akademia ʼn alternatief op die bestaande aanbod van hoër onderrig en die wyse waarop laasgenoemde nie net die ware nie, maar ook die goeie en die skone, aan ernstige vorme van relativering onderwerp.
- Akademia gaan van die standpunt uit dat sowel opleiding as opvoeding vandag die beste binne die konteks van gemeenskapsopleiding geskied.
Akademia se verbintenis tot die gemeenskapsidee is in die gemeenskapsgedagte gegrond. Nog nader omskryf, dit is gegrond in i) die antropologiese insig dat die mens as skeppende indiwidu deur ʼn gesonde gemeenskapslewe moontlik gemaak word, en ii) in die teoretiese insig uit die Christelike geloof en ook die Klassieke denke dat die werklikheid self as ʼn dinamiese gemeenskap tussen onder meer die materiële, die biologiese, die psigiese en die geestelike verstaan kan word.
- Akademia is ʼn privaat hoëronderriginstelling wat nie afhanklik is van die steun van die staat nie. Inteendeel, Akademia kom vanuit en steun ook op die eie taal- en kultuurgemeenskap.
Akademia se privaat grondslag as gemeenskapsinstelling stel haar in staat om sowel met betrekking tot opleiding as opvoeding ʼn skeppende alternatief op sowel die bestaande staatsafhanklike universiteite as die blote ekonomiese universiteit binne die globale universiteitswese te wees.
- Opleiding by Akademia het ʼn praktiese oogmerk, naamlik uitnemende kundigheid in spesifieke vakgebiede. Anders gestel, opleiding het ten doel om die studentegemeenskap ten opsigte van bepaalde deelaspekte van die geheel op te lei.
Met opvoeding het Akademia daarenteen ʼn teoretiese oogmerk, naamlik insig in die geheel van die werklikheid (en nie net in ʼn deelaspek daarvan nie). In die geskiedenis van die universiteitswese is die oogmerk van opvoeding met die strewe na wysheid – en nie slegs kundigheid binne bepaalde vakgebiede nie – verbind.
Praktiese opleiding en teoretiese vorming staan egter nie by Akademia op ʼn gespanne voet teenoor mekaar nie. Praktyk en teorie ondersteun mekaar eerder ter versterking van albei. Sonder die praktiese word die teoretiese wêreldvreemd; sonder die teoretiese word die praktiese ongerig en selfs irrasioneel.
- Akademia handhaaf ingevolge filosofiese vertrekpunte die gedagte uit die Christelike denke dat daar telkens weer na ʼn balans tussen die universele en die partikuliere, tussen die algemene en die besondere, tussen die abstrakte en die konkrete, gesoek moet word.
As sodanig verteenwoordig Akademia ʼn alternatief op sowel dié aanbod wêreldwyd wat slegs klem op die universele plaas (die algemene mensdom, die abstrakte indiwidu) as dié hoëronderriginstelling wat slegs die partikuliere (slegs die eie gemeenskap) benadruk.
- Met betrekking tot hulle selfdefinisie moedig hedendaagse universiteite in die globale wêreld op ʼn eensydige wyse “opwaartse mobiliteit” by studente aan. Ingevolge dié ideaal word studente opgelei om elke moontlike plaaslike verbintenis (dorp, streek, taal, kultuur, godsdiens, ensovoorts) ter wille van ʼn eie beroepslewe in die globale wêreld agterweë te laat. Plaaslike verbintenisse word as ʼn hindernis op die weg na globale mobiliteit ervaar.
Daarenteen moedig Akademia met betrekking tot sowel opleiding as opvoeding ʼn volwasse tuiskoms in en lojaliteit jeens die eie plaaslike verbintenisse aan. Dit rus op die vooronderstelling dat ons menswees nie in die ontvlugting van die plaaslike tot haar reg kom nie, maar juis in die skeppende deelname daaraan.
Belangrikste werksaamhede
Akademia se hooffokus is om ʼn hoëronderriginstelling te bou wat dienend tot die Afrikaanse gemeenskap in die breë, en spesifiek tot die Afrikanergemeenskap wat die universiteitswese betref, optree. Die belangrikste werksaamhede in hierdie verband is om idees wat betref ons bestaansrede, visie en strategie, deeglik in die instelling te vestig.
Akademia is voorts voluit aan die werskaf om kwalifikasies vir akkreditasie deur die Raad op Hoër Onderwys te ontwikkel. Kwalifikasies in die vorm van programme word aan studente afgelewer deur middel van ʼn onderrigleermodel. Dit sluit in personeel, stelsels en hulpbronne wat belyn moet wees om studente te kan begelei en ondersteun om hulle kans op sukses te optimaliseer. Akademia is voortdurend besig om hierdie model uit te bou en te verbeter.
Akademia het ʼn strewe om toegang tot studies moontlik te maak vir alle Afrikaanse studente wat wil en wat kan studeer. Tans is daar dertien geografiese plekke vanwaar studente aan ons model deelneem. Toegang is in 2019 nog beter gemaak deur ʼn blokrooster daar te stel vir studente wat selfs te ver woon of werk van die plekke waar ons studiesentrums geleë is. Danksy hierdie innovasie is dit nou moontlik om van bykans enige plek in Suid-Afrika by Akademia te studeer.
Akademia wil die beste uit die wêreld na Afrikaans bring en die beste uit Afrikaans na die wêreld neem. Dit is daarom belangrik om akademiese bande met ander universiteite te vestig – nie net plaaslik nie, maar veral ook internasionaal. In dié verband lewer ons dosente gereeld referate by plaaslike sowel as internasionale kongresse. Akademia se akademiese leierskap onderneem in Oktober die tweede studietoer na die VSA, waartydens drie selfstandige en Christelike universiteite (in die Klassieke onderrig) besoek word met die oog op wederkerige toekomstige akademiese ondersteuning.
Sol-Tech Beroepsopleidingskollege
Sol-Tech is ʼn geakkrediteerde, privaat beroepsopleidingskollege gegrond op Christelike waardes met Afrikaans as onderrigmedium. Sol-Tech se bestaansrede is om jong mense toe te rus met uitnemende en beroepsgerigte onderrig, opleiding en persoonlike ontwikkeling – in Afrikaans. Die fokus is dus op beroepsopleiding wat tot die verwerwing van bruikbare, 33 nasionaal erkende kwalifikasies lei en het ten doel om jongmense tot voordeel van die land, vir ʼn toekoms in Suid-Afrika indiensneembaar te maak. Om hierdie doel na te streef, is SolTech se strategiese visie om die voorkeurinstelling vir beroepsopleiding in Suid-Afrika te wees. Met behulp van moderne tegnologie en toerusting lewer ons ambagslui wat trots is op hul werk en wat die hoë eise van die arbeidsmark vierkantig in die oë kan kyk.
Sol-Tech se programaanbod sluit opleiding in ’n verskeidenheid ambagte in, naamlik vir elektrisiëns, meulmakers, passer-en-draaiers, dieselwerktuigkundiges, gereedskapmakers, trekkerwerktuigkundes en sweisers.
In 2006 het die Solidariteit Beweging die behoefte aan tegniese opleiding in Suid-Afrika raakgesien en besluit om daadwerklik op te tree. ʼn Eie beroepsopleidingskollege is op die been gebring en Sol-Tech is in 2007 met slegs drie personeellede en 64 studente amptelik geopen.
In 2017 het Sol-Tech ʼn dekade in die opleidingswêreld gevier en kan vandag dankbaar getuig van die geweldige groei vanaf ʼn nederige begin tot ʼn volwaardige, vooraanstaande, die grootste en (behalwe die BKO-inisiatief) enigste Afrikaanse beroepsopleidingskollege in SuidAfrika. Tans maak 57 goed gekwalifiseerde personeellede en ongeveer 1 200 studente, wat op enige gegewe tyd in verskillende stadia van hul opleiding is, deel van die personeel- en studentekorps uit. In enige stadium is daar ongeveer 600 studente op kampus besig met teoretiese en institusionele opleiding en 600 studente besig met geïntegreerde werkplekopleiding.
Sol-Tech het te midde van die moeilike omgewing en klimaat van opleiding die afgelope jare daarin geslaag om jaarliks ʼn groot aantal vakmanne suksesvol op te lei. Sol-Tech is oortuig daarvan dat die handhawing van ʼn hoë standaard van opleiding, kundige en roepingsgedrewe personeel, voortreflike toerusting en moderne tegnologie, ʼn werksgerigte opleidingsmodel en bekwame en afgeronde studente die sukses van die afgelope jare teen 2030 eksponensieel gaan vergroot.
S-Leer
Opleiding en ontwikkeling verwys na die proses om kennis, vaardighede en vermoëns wat nodig is om ʼn spesifieke taak uit te voer, te bekom of oor te dra. Die voordele van opleiding en ontwikkeling is dus vir sowel die werkgewer as die werknemer strategies en operasioneel van belang.
S-leer vorm deel van Solidariteit se kernbesigheid, naamlik arbeidsverhoudinge, vaardigheidsontwikkeling en die netwerk van werk. Dit is ʼn opleidingsinstelling wat fokus op die voortgesette ontwikkeling van mense in die werkplek. As primêre diensverskaffer vir die Solidariteit-beroepsgildes, bied S-leer hul lede die geleentheid om hul vermoëns en vaardighede tot so ʼn mate te ontwikkel dat hulle ʼn goeie werk kan kry en behou om sodoende vry, veilig en voorspoedig te kan lewe. Die fokus is egter nie net op voortgesette professionele ontwikkeling (VPO) nie, maar ook op persoonlike en loopbaanontwikkeling deur die aanbieding van seminare, kortkursusse, gespreksgeleenthede en e-leer waartydens relevante temas bespreek en aangebied word.
Solidariteit se strategie is om ʼn netwerk te skep wat aan jou opleidingsgeleenthede bied én jou help om werk te kry, of te behou. Hierdie strategie is tot ‘n eenheid verweef in die doelwitte en strategieë van al die Solidariteit Beweging se instellings. S-leer is deel van opleiding en gaan die werkersmag wat deur Akademia en Sol-Tech opgelei is verder ondersteun.
S-leer se visie
Om ʼn voorkeurverskaffer te wees van professionele opleiding en persoonlike ontwikkeling wat persone in staat stel om hulle volle potensiaal en loopbaandoelwitte te bereik.
S-leer se missie
Om relevant en gehalte- voortgesette professionele opleiding en persoonlike ontwikkeling te bied met bekostigbare opleidingsmodules wat op Solidariteit se ideëraamwerk geskoei is.
Die Skoleondersteuningsentrum
Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) wil graag ons visie van gesonde, volhoubare, bekostigbare, skaalbare, Christelike, Afrikaanse skole van wêreldgehalte waar maak deur 1) dít wat reeds bestaan en van wêreldgehalte is, in stand te hou en 2) dít wat nou uniek nodig is, nuut te bou. Bestaande Afrikaanse skole is uitnemend en lewer opvoeding en onderwys gelykstaande aan of beter as baie duurder privaat skole. Die SOS besef die waarde daarvan om hierdie skole te ondersteun sodat hulle met wêreldgehalteonderwys sal kan voortgaan. Die tyd waarin ons leef en die vooruitgang en veranderinge maak dit egter ook noodsaaklik om ’n skool as instelling en skoolgaan as aktiwiteit nuut en vars te bedink. Daarom is die SOS gedurig besig om op die pedagogiese voorpunt te wees en nuwe oplossings vir ontwikkeling te vind. Dit sal nie net ruimte skep vir skool en skoolgaan soos wat moderne tye vereis nie, maar dit sal terselfdertyd ook oplossings vind vir probleme soos verstedeliking, demografiese skuiwe, verarming, emigrasie en politieke druk vanaf die regering.
Die SOS bestaan uit drie afdelings:
- Opleiding
- Innovasie
- Ontwikkeling
Opleiding fokus hoofsaaklik op instandhouding deurdat alle bestaande onderwysers geleentheid vir professionele ontwikkeling by die SOS ontvang. Ongeveer 6 000 vakonderwysers sluit jaarliks by die SOS se vakverenigings aan, terwyl meer as 4 000 die SOS se deurlopende, landwye opleiding bywoon. Vanjaar het 774 onderwysers die twee kongresse in Gauteng en die Wes-Kaap bygewoon. By hierdie kongresse, wat oor vyf dae gestrek het, het 93 sprekers ʼn totaal van 222 sessies aangebied.
Innovasie fokus hoofsaaklik op nuut bou en daar word in hierdie afdeling hard gewerk aan Die Wolkskool, ’n volledige aanlyn skool wat aanvullend en verrykend tot bestaande skole aangewend kan word en wat aangewend kan word waar gehalte-onderrig in Afrikaans onder druk verkeer. Die Wolkskool het tans meer as 3 000 aanlyn bronne en vorder fluks om ’n volledige diens te word waar Afrikaanse kinders akademiese hulp kan kry. Die 35 innovasiespan bou tans ook aan ’n omvangryke vraebank waar onderwysers vrae sal kan saamstel om as werkkaarte, toetse of eksamens te gebruik.
Die ontwikkelingsafdeling doen grootliks instandhouding maar bou ook nuut. Hierdie afdeling tree op ’n aktivistiese manier in namens Afrikaanse skole en ontwikkel ook vars, nuwe antwoorde vir bestaande skole om sterker en meer onafhanklik van die staat te word.
Maroela Media
Maroela Media is ʼn Afrikaanse mediahuis wat daarna streef om die Afrikaanse gemeenskap te bedien met nuus en ander inhoud wat van goeie gehalte is en wat betroubaar en gebalanseerd is. Maroela Media is nie net die grootste Afrikaanse digitale platform nie, maar is ook die grootste Afrikaanse mediagemeenskap van alle mediaformate – digitaal, koerante, tydskrifte, televisie en radio ingesluit. Maroela het tans net meer as 2 miljoen unieke lesers per maand en groei steeds.
Maroela is agt jaar gelede, in 2011, gestig as ʼn maatskappy binne die Solidariteit Beweging as ʼn gemeenskapsmedia-instelling binne ʼn krimpende Afrikaanse media-omgewing. Sirkulasiesyfers van gedrukte publikasies was besig om te daal, Afrikaanse gemeenskapsradiostasies het begin swaarkry en die verskeidenheid Afrikaanse mediaaanbiedinge het begin afneem in getal en in aanbod.
Ter wille van Afrikaans, en ter wille van media, was dit noodsaaklik dat Maroela Media op die toneel verskyn: Enersyds moes Maroela Media help verseker dat Afrikaans as mediataal (een van die hoë funksies waarin ʼn taal moet funksioneer om die taal se oorlewing te verseker) voortbestaan, maar andersyds om te help om die funksie van die media in ʼn demokratiese samelewing vir die Afrikaanse gemeenskap te help vervul.
Maroela Media se visie is om aan die breë Afrikaanse gemeenskap, veral plaaslik maar ook internasionaal, nuus en ander inhoud te verskaf wat met integriteit aangepak word, en wat gebalanseerd en betroubaar aangebied word. Ons glo dat dit nie die media se rol is om aan die publiek voor te skryf hoe hulle moet dink nie, maar wel om aan hulle al die inligting te gee wat hulle nodig het om ingeligte besluite te neem. Daarmee saam wil ons met ons inhoud, wat op ʼn gebalanseerde en betroubare manier aangebied word en deurgaans op soek is na die positiewe, ook hoop skep.
Maroela Media is op verskeie terreine bedrywig:
- Digitaal: Maroela Media is primêr ʼn webblad – maroelamedia.co.za – wat elke dag, 365 dae van die jaar, ʼn verskeidenheid nuus en inhoud publiseer. Hierdie inhoud fokus op aangeleenthede wat vir die Afrikaanssprekende gemeenskap relevant is, maar daar word ook berig oor ander elemente van die Suid-Afrikaanse samelewing waarvan Afrikaanssprekendes kennis moet neem ten einde ingelig te wees. Maroela vervaardig inhoud in verskeie formate: teks, foto’s, klank en beeld.
- Gemeenskapsradiostasies: Maroela Media het ʼn netwerk van sowat 61 gemeenskapsradiostasies (tot op datum) met ʼn totale luisteraarstal van sowat 1,65 miljoen, met wie ʼn goeie verhouding opgebou is. Hierdie radiostasies het almal Afrikaans as een van hul uitsaaitale. Ter wille van ʼn deel van die Afrikaanse gemeenskap wat nie internetgebruikers is nie en/of nie Maroela lees nie, maar wat 36 ook bereik moet word ter wille van Maroela se ideaal vir die Afrikaanse gemeenskap, bedien Maroela hierdie radiostasies op ʼn verskeidenheid maniere:
a.) Die lewer van klankinhoud (insluitend onderhoude, indiepte-programme, radiovervolgverhale en ander podsendings) wat gratis aan die stasies verskaf word, en wat na goeddunke deur hulle uitgesaai kan word;
b.) Opleiding in die vorm van ʼn jaarlikse gemeenskapsradioseminaar wat teen minimale koste deur radiostasies bygewoon kan word, en waar opleiding deur kundiges van topgehalte in die Afrikaanse mediabedryf gedoen word;
c.) Skakeling/netwerkgeleentheid met Maroela en ook met mekaar wat betref nuus en inhoud, die gesamentlike aanpak van inisiatiewe en die uitruil van idees ensovoorts;
d.) Ondersteuning, waar nodig/moontlik, van Maroela se kant aan die stasies met projekte, fondsinsamelings, onderhandeling met regulatoriese instansies en die owerhede ensovoorts.
- Sosiale media: Maroela het ʼn indrukwekkende teenwoordigheid op die meeste algemene sosialemediaplatforms. Inhoud wat op Maroela gepubliseer word, word gedeel op gepaste sosialemediaplatforms ten einde ʼn groter mark te bereik. Sosiale media word ook ingespan om die kultuur van ʼn Afrikaanse gemeenskap te verskerp.
- Projekte: Maroela Media pak jaarliks ʼn verskeidenheid projekte aan wat tot voordeel van Maroela Media self, Afrikaans, Afrikaanse gemeenskapsradiostasies en die Afrikaanse gemeenskap is. Voorbeelde sluit in (huidig en in die verlede): ʼn deurlopende Afrikaans op Wikipedia-projek, ʼn Afrikaanse Buitebioskoop, Afrikaanse radiovervolgverhale, ʼn Afrikaanse Namakwalandse Storiebus-toer, digitale matriekuitslae in Afrikaans, ʼn Grootste Afrikaner van Alle Tye-veldtog, ʼn Grootste Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog ensovoorts.
Hoe kan jy betrokke raak?
- Gebruik Maroela Media as jou daaglikse bron vir betroubare, gebalanseerde nuus en inligting – besoek maroelamedia.co.za .
- Laai Maroela Media se slimfoon-app op jou foon af – dit het kindervriendelike funksionaliteit wat jou kind teen sekere inhoud beskerm, so laai dit gerus op jou kind se foon ook af.
- Volg Maroela Media op jou gunsteling sosialemediaplatforms en deel Maroela Media se inhoud met jou vriende op sosiale media.
- Word ʼn Maroela-ondersteuner – maak ʼn maandelikse of eenmalige vrywillige bydrae om Maroela Media te help om gehaltejoernalistiek te lewer
- Stuur nuuswenke en foto’s van nuuswaardighede in jou omgewing na nuus@maroelamedia.co.za – ons is veral op soek na positiewe nuus en stories van hoop.
- Word ʼn “inwoner” van Maroela-fontein, Maroela se splinternuwe digitale dorpie, waarvan die lint in Oktober 2019 geknip word.
- Raak betrokke by ʼn projek soos Wikipedia deur Afrikaanse inhoud op Wikipedia te publiseer.
- Ondersteun Maroela Media se winkel, Die Koöperasie, by maroelawinkel.co.za deur eg Afrikaanse geskenke vir vriende en familie aanlyn te koop.
Kanton Beleggings
Kanton Beleggings is as ʼn beleggingsmaatskappy in eiendom opgerig om ʼn vennootskap te sluit tussen kultuur en kapitaal. Deur die kapitaal van beleggers aan te wend en ʼn goeie opbrengs daarop te betaal, stel dit instellings van die gemeenskap in staat om hul surplusse weer in die bevordering van hul bestaansredes terug te belê. Deur ‘n belegging in Kanton skep beleggers fisiese leefruimtes vir Afrikaans.
Die eiendomsportefeulje van Kanton is tot op hede uitgebou tot ʼn waarde van ongeveer R135 miljoen. Dit is die basis waarvan Kanton in die volgende tien jaar die portefeulje gaan uitbou tot ʼn multimiljardrand eiendomsbeleggingsportefeulje.
Kraal Uitgewers (EDMS) BPK
Kraal Uitgewers is ’n klein, maar gespesialiseerde uitgewersmaatskappy wat hoofsaaklik fokus op die publisering van gehalte niefiksie boeke wat binne die Afrikanergemeenskap of onder ’n spesifieke teikengehoor waardevolle bydraes tot debatte maak oor onder meer politieke, geskiedkundige, kulturele en maatskaplike kwessies in die land. Tensy die teikengehoor van ’n publikasie anders vereis, geniet Afrikaanse werke voorrang.
As uitgewershuis is Kraal ’n kragtige instrument om idees in die gemeenskap uit te bou met publikasies wat met die standpunte van die Solidariteit Beweging belyn is. AfriForum en Solidariteit is gelyke aandeelhouers in Kraal.
Kraal stel homself ten doel om deur eie publikasies en die werke van ander uitgewers wat in Kraal se fokus val, die publiek, en veral die Solidariteit Beweging se steungroep, van jongs af tot ’n entoesiastiese, aktiewe lesersgemeenskap uit te bou en met betroubare kennis toe te rus.
Die gebrek aan kennis en leesvaardigheid onder Afrikaners is ’n kommerwekkende feit. Mense wat min of moeilik lees, het nie alleen ’n ekonomiese agterstand nie, maar is ook uitgelewer aan die wanvoorstellings waarmee ideoloë hulle probeer manipuleer. Kennis is mag en Kraal wil juis kennis op die beste moontlike manier aan ons ondersteuners oordra om hulle sodoende te bemagtig.
Die uitgewery se vernaamste werksaamhede is om uitnemende skrywers en navorsers wat deskundiges op hulle gebied is, te nooi om hulle manuskripte aan Kraal vir oorweging voor te lê. Die manuskripte word dan gekeur en indien besluit word om dit wel uit te gee, spring Kraal se professionele span aan die werk om dit persgereed te kry. Ten einde te verseker dat die boeke uiteindelik so bekostigbaar as moontlik vir die breër publiek sal wees, word enige moontlike befondsing daarvoor gesoek. Dit word dan wyd deur Kraal se kanale bemark.
Tegnologiese ontwikkeling het dit vir individue en klein uitgewerye moontlik gemaak om maklik self boeke te kan publiseer. Soms is dit werke van hoogstaande gehalte, maar die publiek weet nie daarvan nie, aangesien hierdie individue nie oor ’n uitgebreide bemarkingsnetwerk beskik nie. Kraal keur ook sodanige werke van ander uitgewers en skrywers vir verkope deur Kraal se kanale in ruil vir billike vergoeding. Sodoende kan meer mense toegang tot dié werke 39 verkry, terwyl Kraal se aanbod aan kopers uitbrei en inkomste ook verdien word om te verseker dat Kraal op die pad van finansiële onafhanklikheid vorder.
Steeds bly die teiken om uitnemende publikasies tot Kraal se lesersmark se beskikking te stel en daardeur diens aan die Solidariteit Beweging se doelstellings te lewer.
Die terreine waarop Kraal werksaam is, is veral:
- Taal, kultuur en geskiedenis;
- Opleiding;
- Gemeenskapsmedia; en tot ’n mindere mate deur die diens wat aan ander uitgewers gelewer word; en die
- Sakegemeenskap.
Planne vir 2030
Solidariteit NetWerk – Dr. Dirk Hermann
Die Solidariteit NetWerk is binne die groter Solidariteit Beweging. Die NetWerk is ʼn groepering van al die instellings van die Beweging wat met werk te doen het. Die NetWerk word deur Solidariteit aan mekaar gebind.
Die Solidariteit NetWerk se missie is om die Afrikanerkultuurgemeenskap, Afrikaanse taalgemeenskap en die Solidariteit-ledegemeenskap in staat te stel om deur goeie werk vry, veilig en voorspoedig te kan wees.
Die Solidariteit NetWerk wil sorg dra dat bogenoemde gemeenskappe se werkloosheid die laagste in die wêreld is. Solidariteit wil dus verseker dat almal wat wil werk, kan werk.
Solidariteit se opdrag was nog altyd om lede te ondersteun om ʼn goeie werk te kan hê. Werk gee aan mense betekenis, geborgenheid en sekuriteit. ʼn Gebrek aan werk skep onsekerheid en onstabiliteit op vele vlakke.
Die beste belegging vir Solidariteit in Suid-Afrika is om sorg te dra dat sy lede werk. Dit is die grootste vermenigvuldiger wat tot voordeel van almal in Suid-Afrika strek.
Die Solidariteit NetWerk skep nie werk nie, maar gaan sy lede toerus om te kan werk en/of self werk te skep.
Dit is ʼn netwerk wat instellings in die breë wêreld van werk aan mekaar bind, maar dit is ʼn netwerk wat ook mense in verbondenheid aan mekaar koppel en as ʼn veiligheidsnet dien.
Die jaar 2019 word gekenmerk deur twee groot uitdagings.
Eerstens is die Vierde Industriële Rewolusie (4IR) op almal se lippe. Klaus Schwab, uitvoerende voorsitter van die Wêreld- Ekonomiese Forum, het die begrip in sy boek, The 40 Fourth Industrial Revolution, aan die wêreld bekendgestel. Die kerntema van die boek is ontwrigtende kennis.
Ontwrigtende kennis verander die ou struktuur van die arbeidsmark onherroeplik en bring nuwe konsepte en oplossings na vore wat nog nie eers aan ons bekend is nie. Dit ontwrig die werkplek deur nuwe tegnologie en kennis.
Die tweede groot uitdaging waarmee ons in 2019 gekonfronteer word, is ’n verswakkende en onvriendelike staat. Die staat verswak op feitlik elke terrein, wat op sy beurt die ekonomie onder ongelooflike druk plaas. Infrastruktuur stort in duie en diensstelsels wat verswak, verleng enige proses waarby die staat betrokke is. Die staat het ook ʼn verstikkende rasseideologie ontwikkel en die meerderheidskarakter van die demokrasie vervreem minderhede. Dit het ʼn groot invloed op vervreemding in die werkplek.
Uitdagings
Die volgende uitdagings kan dus geïdentifiseer word:
- Ontwrigting van die tradisionele wêreld van werk;
- Die vinnige verandering van kennis;
- Druk op die tradisionele erkenningsmodel;
- Die onpersoonlikheid van die koppeling binne sosiale netwerke;
- Vervreemding en isolasie van minderhede in die algemeen en spesifiek van Afrikaans en Afrikaners;
- Die staat wat verswak;
- Opleidingsinstellings wat verswak;
- Afrikaans wat uit skole en universiteite gedwing word;
- Die staat se rasse-ideologie en rassediskriminasie;
- Die vinnige verandering van die rassedemografie in die werkplek en die druk op tradisionele erkenningsmodelle;
- Solidariteit se wettige aksies en litigasie binne die Grondwet word in ʼn rasgebaseerde, diskriminerende samelewing as rassisties beskou. Sekere grondwetlike ruimtes word as taboe gesien.
- Die oppergesag van die reg wat onder druk kom
- Stakings wat meer gewelddadig raak, intimidasie wat in die werkplek toeneem en die beeld van vakbondwese wat verswak. Dit moet ook saam met meer diensleweringsprotesaksie gesien word.
- Meer sentralisering en ʼn sosialistiese onderbou van wetgewing en regulasies • Finansiële wanbestuur en korrupsie wat nie net lei tot ʼn verswakte staat nie, maar ook tot likwidasies en sakeredding.
- Beleggersvertroue wat verswak.
Antwoorde
Solidariteit word in 2019 gekonfronteer met reuse-uitdagings, maar saam met die reuseuitdagings kom ook reusegeleenthede. Die Vierde Industriële Rewolusie is ontwrigtend en selfs nasionale state word wêreldwyd ontwrig. Die koppeling oor grense en die krag van sosiale netwerke erodeer die gesag van die sentrale staat; die staat kan nie meer alles beheer nie. Nuwe kennis gaan antwoorde bied op uitdagings wat ons nou dink onoorkombaar is. Die staat wat verswak, asook die onvriendelike staat, bring nuwe energie in die gemeenskap mee.
Daar word al hoe meer ontdek dat die krag van die gemeenskap sterker is as die mag van die staat. Hoe meer mense vervreem word, hoe meer is hulle behoefte aan geborgenheid.
Alhoewel die sosialemedianetwerke mense aan mekaar koppel, kan net gemeenskapsorganisasies, soos Solidariteit, asem gee aan netwerke. Solidariteit kan dus mense werklik met mekaar verbind en nie net op koue platforms nie. Die Solidariteit NetWerk kan aan mense ʼn stem gee.
Die antwoorde wat Solidariteit bied, moet groter wees as net dié van ʼn tradisionele vakbond. In ʼn werkende staat met goeie onderwysinstellings, sonder diskriminasie en met erkenning van minderhede, ʼn stabiele arbeidsmark en ʼn groeiende ekonomie, kan die tradisionele vakbondfunksie van kollektiewe bedinging, werkbeskerming en verbetering van diensvoorwaardes werk. Die 4IR en verswakkende en onvriendelike staat laat dit egter nie toe nie. Solidariteit se antwoord lê in ʼn totale netwerk van werk – kortliks, ʼn Solidariteit NetWerk.
Solidariteit bou al vir die afgelope 20 jaar aan so ʼn netwerk en die verskillende dele van die netwerk is nou sterk genoeg dat dit deur ʼn behoorlike stelsel aan mekaar gekoppel kan word. Solidariteit is reeds besig om so ʼn stelsel te bou wat teen die einde van 2019 funksioneel behoort te wees.
Die verskillende fokusareas van die Solidariteit NetWerk is:
- Wêreldklasskole
- Die jeug
- Universiteitstudie
- Beroepsopleiding
- Voortgesette leer
- Werkplasing
- Arbeidsverhoudinge
- Arbeidsreg
- Beroepsgildes
- Kapitaalmobilisering
- Openbare belang
- Werksverwante produkte
- Normalisering van die arbeidsmark
Die krag van die NetWerk lê daarin dat die verskillende instellings en funksies van die NetWerk mekaar onderling gaan versterk. Die som van die NetWerk gaan dus groter wees as sy dele. Die Skoleondersteuningsentrum gaan wêreldklasleerlinge met gesonde etiek en waardes oplewer. Die Solidariteit Helpende Hand se Studiefondssentrum gaan help met verdere studie. Akademia- en Sol-Tech-studente gaan Solidariteit Jeug versterk. Kanton gaan kapitaal mobiliseer en die kampusse en skole ontwikkel. Solidariteit Jeug gaan die studente vir die arbeidsmark voorberei. Die Solidariteit Beroepsgildes kan vir die student ʼn internskap en/of mentorskap reël en kan help met werkplasing en sal ook die belange van die beroep beskerm. Solidariteit gaan die beskerming in die werkplek hanteer. S-leer gaan voortgesette opleiding aanbied en sodoende opwaartse mobiliteit in die werkplek fasiliteer. Solidariteit Finansiële Dienste gaan help met produkte soos mediese dekking en pensioenvoorsiening. Die Solidariteit NetWerk gaan dus saam met die lid op sy of haar totale loopbaanpad stap.
Die Solidariteit NetWerk word ook so ontwikkel dat ʼn lojaliteitsprogram deel van die NetWerk gaan wees. Hoe beter jy werk en hoe meer jy jouself toerus om te werk, hoe meer sal jy beloon word. Die NetWerk wil dus goeie werksetiek, iets wat skaars is in Suid-Afrika, beloon.
Dít wat Discovery (Vitality) met medies gedoen het, gaan Solidariteit met werk doen. Die ontwikkeling van so ʼn omvattende en ten volle geïntegreerde NetWerk van werk kan nie gedoen word sonder ʼn omvattende stelsel waardeur die instellings en elemente met mekaar kan praat en mekaar versterk nie. Die stelsel gaan die werkpad saam met die lid stap. Waar werknemers voorheen lewenslank by ʼn maatskappy gewerk het, gaan hulle nou lewenslank die pad saam met die Solidariteit NetWerk stap.
Opsomming
Werk bly een van die grootste uitdagings in vandag se vinnig veranderende kennis-, ekonomiese en politieke wêreld.
Die Vierde Industriële Rewolusie bring antwoorde op probleme wat in die verlede onoplosbaar gelyk het.
Antwoorde gaan selfs ontwikkel word vir die staat wat verswak en nuwe tegnologie erodeer die mag van die sentrale staat.
Die Solidariteit NetWerk is ʼn omvattende netwerk van werk wat die hele loopbaanpad saam met sy lede wil stap.
Kennis is noodsaaklik om in die kennisera te oorleef. Die Solidariteit NetWerk fokus dus spesifiek op die bou van kennisinstellings wat strek van skole tot beroepsopleiding, en van universiteitsopleiding tot by voortgesette opleiding.
Die Solidariteit NetWerk beskerm sy lede in die werkplek en help hulle om te vorder.
Die uitkoms van die Solidariteit NetWerk is om mense in staat te stel om goed te kan werk.
Die totale begroting van die Solidariteit NetWerk is ongeveer R4,5 miljard vir die volgende vyf jaar.
Die arbeidsverhoudinge-landskap in Suid-Afrika
Die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) het onlangs in sy wêreldwye mededingendheidsverslag ʼn somber prentjie geskets oor arbeidsverhoudinge in SuidAfrika, en het aangedui dat Suid-Afrika die laaste posisie uit 173 lande beklee. Aldus die verslag het Suid-Afrika dus die swakste vakbond-werkgewer-verhoudinge in die wêreld.
Die arbeidsverhoudingebedeling, en die aard van arbeidsverhoudinge, het veral ná Marikana dramaties agteruitgegaan. Sewe jaar ná Marikana is Cosatu en sy eens magtige filiaal, die National Union of Mineworkers (NUM), op die rand van inploffing: Amcu en Numsa is die toonaangewende werkeristiese vakbonde aan die linkerkant van die arbeidspolitieke spektrum; Zwelinzima Vavi se nuwe Saftu-vakbondfederasie spartel om oorlewing; vakbondwedywering en gewelddadige stakings het toegeneem; werkplekke word toenemend gemeganiseer en afleggings is aan die orde van die dag; sentrale kollektiewe onderhandelinge is aan die verkrummel in die metaal- en ingenieurswesesektor en in die mynbousektor, en werkgewereenheid is onder druk veral in die voorgenoemde forums.
Gebaseer op laasgenoemde tendens gaan kollektiewe onderhandelinge op sentrale vlak toenemend na die werkplek toe skuif namate individuele werkgewers die beheer wil kry oor die impak wat loonverhogings op hul volhoubaarheid het. Dit gaan vakbonde se kapasiteit uitdaag omdat daar nou by verskeie werkplekke onderhandel gaan word in plaas van by een sentrale onderhandelingsforum, en dit kan onderhandelinge uitrek.
Stand van hoofstroom-vakbondfederasies
Die stand van vakbondverteenwoordiging sien ook nie goed daar uit nie. Daar is tans 192 geregistreerde vakbonde in Suid-Afrika wat minder as 25% van die Suid-Afrikaanse werksmag verteenwoordig. Die drie federasies binne Nedlac, naamlik Cosatu, Fedusa en Nactu, verteenwoordig 61 vakbonde wat op hul beurt minder as 20% van Suid-Afrika se werksmag verteenwoordig.
Die federasielandskap is ooglopend ondoeltreffend en “georganiseerde arbeid” het eintlik “ongeorganiseerde arbeid” geword. In die lig daarvan dat Cosatu deesdae slegs ʼn skadu is van wat hy was, steur die regering hom nou min aan die federasie se tirades oor regeringsbesluite. Vanweë minder druk om wyd te konsulteer volg werkgewers nou die regering se voorbeeld en ander federasies en vakbonde, soos Cosatu, kry gevolglik drasties minder “lugtyd”.
Die moontlikheid bestaan nou dat ʼn sukkelende Cosatu (met toenemende verskille met sy ANC-bondgenoot) en Saftu hul verskille kan bylê om een sosialistiese federasie te vorm. Hul ideëraamwerk is eenders en dit was hoofsaaklik ʼn vir-of-teen-Zuma en ʼn ANC-sentiment wat hulle destyds verdeel het. So ʼn scenario sal noodwendig beteken dat al die splintervakbonde wat tussen Cosatu en die nuwe federasie verdeel was, weer kan herenig. Dit kan ʼn baie militante anti-regeringsfederasie tot gevolg hê.
Vakbonde se groei-uitdaging
Die grootste uitdaging vir vakbonde in die 21ste eeu is nuwe tegnologie wat ʼn vernietiger van werk is. Volgens ʼn onlangse Accenture-verslag word 35% van poste in Suid-Afrika bedreig deur outomatisering wat met die Vierde Industriële Rewolusie (4IR) verband hou. Die WEF voorspel dat 41% van poste in Suid-Afrika geoutomatiseer kan word. Die twyfelagtige goeie nuus vir ons is egter dat die uitbreiding van die 4IR afhanklik is van betroubare kragvoorsiening – die 4IR gaan hier, waar kragvoorsiening tans onder druk is, dus stadiger plaasvind. Aan die negatiewe kant vir werkers beteken dit egter ook dat die meeste 4IR-poste elders in die wêreld geskep gaan word en dat dit tot afleggings sal lei.
Die 4IR sal ook ʼn kleiner werksmag, waar kritiese vaardighede werksekuriteit gaan bied, tot gevolg hê. ʼn Meer buigbare en gedesentraliseerde werkplek sal ʼn verdere gevolg wees en vakbonde sal moet voorberei op ʼn afname in kollektiewe werksplekkwessies, want werknemers se behoefte aan ʼn vakbond gaan wentel om opleiding en die impak van tegnologie op hul daaglikse lewens. Vakbonde wat nie ʼn individuele diens aan lede kan bied nie, gaan verdwyn.
Vakbonde sal hulself ook moet herposisioneer en moderniseer om vandag se millenniërs as lede te lok. Hierdie generasie sal meer belangstel in ʼn kuber-unie waarmee daar deur middel van sosiale media en die internet gekommunikeer kan word. Solidariteit se huidige gewilde begrafnispolis as ledevoordeel sal ook nie meer veel aftrek kry nie; hulp met verdere studie en ʼn vakbond wat vir hulle werk-lewebalansvoordele, soos fleksietyd beding, sal wel dié generasie lok. Daarmee gepaardgaande sal die vakbonde wat in die toekoms gaan groei en oorleef, dié wees met ʼn aanloklike ideëraamwerk wat ook nie hul lede bloot as “werknemers” ag nie, maar as “Suid-Afrikaanse burgers” en wieg-tot-die-graf-voordele en individuele diens aan hul lede bied.
Solidariteit is moontlik die enigste vakbond in die land wat reg geposisioneer is om die uitdagings wat die post-Marikana-era en die 21ste eeu bied, te oorkom.
Solidariteit Arbeidsverhoudinge
Solidariteit is deel van die groter Solidariteit Beweging wat dit sy taak maak om die Afrikanerkultuurgemeenskap, die Afrikaanse taalgemeenskap en die gemeenskap van Solidariteit-lede in staat te stel om deur goeie werk vry, veilig en voorspoedig te kan wees. Deur sy bedrywe dien die vakbond sy lede se belange en gee uitvoering aan Solidariteit se missie en visie in die wêreld van werk.
In die lig van die groot aantal hooggeskoolde werknemers in die bedrywe, is skakeling met maatskappye, staats- en semi-staatsinstellings, universiteite en verskeie werkgewersorganisasies hoogs waarskynlik. Die visie is dus om ʼn groepering van bedrywe te wees wat op verskeie terreine deur hoëvlakskakeling en onderhandelinge in wisselwerking met die aandeelhouer, direkteure en hoofde van instellings staan.
Die strategie van die bedrywe is om deurentyd ʼn alternatief daar te stel vir wanneer lede bedreig word deur diensbillikheidsplanne, regstellendeaksiewetgewing, die kansellasie van erkenningsooreenkomste en aanvalle op minderhede, soos wat in die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) beleef word waar die situasie so onuithoudbaar geword het vir lede dat hulle, alhoewel hulle verplig word om agentskapsgelde aan ander vakbonde te betaal, verkies om Solidariteit-lede te bly.
Die Bedingingsraad vir die Metaal- en Ingenieursbedryf (MEIBC) het in 2017 die moontlikheid van likwidasie of ontbinding in die gesig gestaar. Solidariteit het in die belang van lede en van stabiliteit in die bedryf ingegryp en sukses behaal deur die MEIBC deur die arbeidshof onder administrasie te laat plaas. Dit was die eerste keer in Suid-Afrika waar die arbeidshof ingetree het en ʼn bedingingsraad oorsigtelik onder administrasie geplaas het.
Solidariteit speel ʼn uiters belangrike rol en voer veldtogte om korrupsie, veral by staatsondernemings soos onder meer by Denel, die SAUK, die SAL en Eskom te bekamp. Dié veldtogte word aan die hand van ʼn deeglike mediastrategie op verskeie mediaplatforms van stapel gestuur. Op dié manier word daar nie net deur litigasie op die saak gefokus nie, maar word die aksies van die bedrywe aan die groter veldtogte van Solidariteit gekoppel en word daar só druk op die sukkelende staat en sy instellings geplaas. Die doel van hierdie druk is om ʼn sukkelende staat tot ʼn punt te dwing waar verantwoordbaarheid as prioriteit hanteer word en wanbestuur en korrupsie stelselmatig uitgeroei word.
Tot dusver het hierdie aanslag, waardeur Solidariteit direk met die aandeelhouer (die staat) kon skakel, goeie resultate by hierdie instellings opgelewer en ons kon invloed tot voordeel van Solidariteit-lede, maar ook die groter Suid-Afrikaanse publiek, uitoefen.
In die mynboubedryf is Lonmin spesifiek ʼn uitstekende voorbeeld van waar die bedryf wetgewing en vakbondpolitiek oorkom het en danksy regskeppende litigasie vakbonderkenning weer herstel is. Danksy die uitslag wat behaal is, het Solidariteit na ʼn omgewing van “skoner erkenning” beweeg waar ons erkenning op bevel van ʼn hof geniet.
Van die grootste uitdagings in die bedryf is die antagonistiese omgewing wat geskep word vanweë regstellende aksie, blindelingse transformasieteikens en die gepaardgaande oësluitery vir wanbestuur, korrupsie en nepotisme wat veral by staatsinstellings voorkom.
Hierdie faktore lei tot werkplekke wat toksies raak en waar goed gekwalifiseerde werknemers van veral minderheidsgroepe gemarginaliseer en uiteindelik weggedryf word.
Veral tersiêre instellings raak politieke speelvelde waar politieke drukgroepe probeer om ʼn oorheersende struggle-ideologie op ʼn instelling, wat op akademie en navorsing moet fokus, af te dwing.
Die uitdaging wat hierdie optrede vir Solidariteit inhou, is gepaardgaande druk op die kollektiewe voetspoor by verskeie werkplekke en in verskeie sektore. Dit het dus duidelik geword dat daar ʼn alternatief moet wees – en dit is waar die Solidariteit NetWerk en die gildes ʼn belangrike rol in die toekoms van die bedrywe gaan speel.
Die tradisionele wyse van vakbondwese moet noodgedwonge by die Vierde Industriële Rewolusie aanpas en diens moet aan lede gebied word op ʼn vlak wat die vakbondwese nog nie werklik betree het nie.
Rassekwotas
In ʼn verslag wat die Suid-Afrikaanse regering in 2015 aan die Verenigde Nasies se komitee vir die uitskakeling van alle vorme van rassediskriminasie (CERD) voorgelê het, hou die regering vol dat hy toegewyd is aan die ontwikkeling van ʼn nierassige samelewing. In die verslag maak die regering onder meer die volgende stelling: “Die uitwissing van alle vorme van diskriminasie bly hoog op die agenda van die regering… Die regering gaan voort om ʼn groot hoeveelheid finansiële, organisatoriese en mensehulpbronne aan die geveg teen rassediskriminasie toe te wy”.
Hierdie edel gedagte blyk egter nie net vals te wees nie, maar is direk teenstrydig met die Suid-Afrikaanse regering se onderskeie beleidsrigtings wat op ras gebaseer is en wat ten doel het om ʼn samelewing te skep wat demografies verteenwoordigend is en rassekwotas daarstel. Kortom is sy beleid op sy beste rasgefundeerd en op sy slegste rassisties. Indien daar gekyk word na Suid-Afrika se sosio-ekonomiese opname van 2019 is die volgende syfers skrikwekkend:
- Van 1991 tot 2018 was daar ʼn proporsionele toename in die swart, bruin en Indiërbevolkingsgroep vanaf 87,4% tot 92,2%, terwyl daar ʼn afname in die wit bevolkingsgroep vanaf 11,7% tot 7,8% was.
- In ʼn ontleding van die statistieke kan gesien word dat die swart2 bevolkingsgroep van 1991 meer as verdubbel het (van 18 miljoen tot amper 45 miljoen), terwyl die wit bevolkingsgroep op om en by 4,5 miljoen gestagneer het; en
- Van die swart bevolkingsgroep is daar ʼn 44,4%-toename (sedert 2001) in die persone wat deel is van die ekonomies aktiewe bevolking, terwyl daar ʼn 10,2%-afname onder die wit bevolkingsgroep is.
Hierdie beheptheid met rassekwotas, wat dikwels onder die sosiaal aanvaarbare dekmantel van transformasie geplaas word, word vervat in elke faset van die samelewing. Dit het tot 1 Vry vertaal 2 So gedefinieer en genoem in die Wet op Billike Indiensneming No. 55 van 1998 48 gevolg dat die meeste van die beleidsrigtings of wette wat te make het met die verdeling van sosio-ekonomiese voordele in die samelewing geskoei is op ras, waar lede van die swart bevolking disproporsioneel meer bevoordeel word as lede van die wit bevolkingsgroep. ʼn Tendens waar daar ʼn duidelike en daadwerklike wegbeweging van vrywillige voldoening na verpligte voldoening aan die sogenaamde transformasie-ideaal is, het die afgelope paar jaar na vore gekom en beleide en transaksies raak meer uitsluitend.
Dit word al meer duidelik dat daar nie op die regering staatgemaak kan word om ʼn nierassige samelewing te verseker nie, en dat ʼn gepolariseerde samelewing doelbewus geskep word waar ʼn persoon se waarde gebaseer op sy velkleur gereken word. Solidariteit poog om hierdie wanbalans reg te stel deur wesenlike belange te beskerm en te bevorder en is al ʼn geruime tyd besig om hierdie polarisering te stuit.
Veg en bou ʼn gelyke toekoms
Terwyl sommiges in moedeloosheid verval oor die staat se rasbeheptheid, is Solidariteit reeds besig om ʼn beter en gelyke toekoms te verseker. Die status quo kan en sal nie as vanselfsprekend aanvaar word nie, en daar sal in die volgende tien jaar van ʼn tweeledige proses gebruik gemaak word om rassekwotas stop te sit.
Veg
Solidariteit het al verskeie suksesse teen rassekwotas behaal deur druk uit te oefen teen sulke beleid en praktyke. Alhoewel die basis van die druk meestal in strategiese litigasie lê, word die litigasie aangevul deur hoogs effektiewe politieke en internasionale druk.
Bou
Alhoewel daar geveg word vir ʼn beter en gelyke toekoms, en groot suksesse behaal sal word in die geveg, sal sodanige toekoms altyd onderhewig wees aan die bepalings en voorwaardes van die regering van die dag. Derhalwe sal daar gelyklopend tot die geveg, gebou word aan ʼn toekoms waar elke persoon nie net gelyk sal wees voor die reg nie, maar waar voordeel proporsioneel tot die meriete verdienstelikheid van sodanige voordeel ontvang sal word. Daar sal in die volgende tien jaar gewerk word aan:
- ʼn Alternatiewe ekonomiese bedeling – Waar ʼn individu of instansie tans verplig word om ekonomiese besluite te maak gebaseer op rasse-oorwegings, sal individue of instansies hulself bevry deurdat besluite op eie persoonlike oorwegings gemaak kan word. Derhalwe sal daar gewerk word om kapitaal aan te wend waar ras nie as voorwaarde vir sodanige aanwending gestel word nie.
- ʼn Alternatiewe belastingbedeling – Dit is nie moeilik om te argumenteer dat raskwotas tot gevolg het dat daar ʼn ekstra las op die belastingbetaler geplaas word om raspraktyke te finansier nie. Ter voorbeeld het swart ekonomiese bemagtiging tot gevolg dat weens die kleiner aanbod (waar ras as maatstaf gebruik word), ʼn premie vir dienste en produkte deur die belastingbetaler betaal word. Verder finansier die staat ook, as grootste werkgewer in Suid-Afrika, sy rasgebaseerde regstellendeaksiebeleid (onder andere aanstelling en bevordering van werknemers) deur middel van die belastingbetaler. Wettige belasting protesaksies en alternatiewe aanwending van middele, ten einde die beste opbrengs van belastinggeld te bewerkstellig, sal in die volgende tien jaar deur Solidariteit geloods word.
- Merietegebaseerde uitnemendheid – Solidariteit onderskryf ʼn insetgebaseerde fokus tot sogenaamde regstellende aksie, waar individue wat daadwerklik weens die verlede op 52 grond van sy ras benadeel is, in staat gestel moet word om op gelyke voet te kompeteer. Die teendeel is egter ook waar. Die enigste teenvoeter vir die huidige uitsetgebaseerde regstellende aksie, waar persone as uitset ʼn voordeel ontvang (wat dikwels nie die insette ontvang het om die voordele effektief aan te wend en te bestuur nie), is dat persone wat nie veronderstel is om die voordele te ontvang nie, hulself in staat stel om op grond van uitnemende meriete wel die voordeel te ontvang (in weerwil van die raskwotabeleid of praktyk). Solidariteit sal derhalwe in die volgende tien jaar baie hulpbronne bestee ten einde sy lede in staat te stel om op meriete bo ander uit te styg. Akademise instellings gaan gebou en vergroot word, en standaarde sal gehandhaaf word in ambagte en ander beroepe deur middel van die totstandkoming van beroepsgilde-strukture.
Ter afsluiting: Ons kan en sal nie ophou veg vir ʼn beter en regverdige toekoms nie. Ons is dit verskuldig aan onsself, ons kinders en ons land.
Beroepsgildes
Die rede vir ons bestaan is om ’n kulturele tuiste in die werksomgewing te vul met ’n ondersteuningsgemeenskap waar Afrikaanse mense in enige beroep kan presteer en floreer.
Visie
Om ’n platform vir selfstandige beroepsgemeenskappe tot stand te laat kom wat self vir hulle toekoms verantwoordelikheid sal neem.
Gildes se eienskappe/waardes
Die beroepsgildes wil verseker dat ons lede se beroepsgemeenskap vir hulle die volgende eienskappe/waardes bied:
Status
Elke beroepsgilde is sterk daarop gefokus om te help dat ʼn unieke identiteit binne elke beroep geskep word. Dit bied geleenthede en aanmoediging aan lede om hulself binne hul beroepsgemeenskap van leerlinge tot meesters te ontwikkel. Dit moedig ook die ontwikkeling van die volgende geslag aan, waar mentors ʼn ambassadeursrol vervul en sodoende hul kennis en vaardighede oordra.
Sekerheid
Beroepsgildes wil verseker dat lede vry, veilig en voorspoedig in hulle beroepe kan wees. Elkeen wat wil werk, moet kan werk. Sekerheid word gevestig deur deurlopend en konsekwent met lede te kommunikeer sodat die teikens wat vir ʼn beroepsgemeenskap gestel word, bereik kan word. Dit behels deurlopende evaluering en belyning met die spesifieke gilde se visie om te verseker dat die beroepsgemeenskap sentraal geplaas word.
Selfstandigheid
Beroepsgildes lei lede as’t ware om deel te vorm van ʼn beroepsgemeenskap waar hulle saam staan om hul selfstandigheid te verseker. Lede word aangemoedig om menings oor sake van belang binne hul beroep te lug en is betrokke by die besluite oor gemeenskaplike belange. S- 53 leer bied geleenthede waar lede op persoonlike en werksgebied kan ontwikkel. Selfverantwoordelikheid vir lewenslange leer en ontwikkeling word aangemoedig.
Geborgenheid
Lede voel tuis binne hul Afrikaanse beroepsgemeenskap; tuis tussen ander wat hul uitdagings en kultuur verstaan. Gilde-lede het ’n verbintenis met mekaar. Die beroepsgildes wil ʼn gevoel van eiewaarde onder lede kweek waar hulle hul waardes kan nastreef en mekaar kan ondersteun. Ons lede voel verbind aan mekaar; die krag van die gildes lê in verhoudings, nie in verhandelings nie.
Regverdigheid
Die beroepsgildes verseker regverdigheid deur as waghond op te tree in die belange van elke betrokke beroep. Buiten werkplekbeskerming geniet lede bykomende beskerming binne hul beroep. Hierdie doelwit word bereik deur brandpunte te takel en suksesvolle veldtogte te loods. Die gildes glo aan menslike geregtigheid en nie aan die menslike wil nie.
STRATEGIESE PRIORITEITE
Bewusmaking van die gilde-konsep
Die doelwit is om die Solidariteit Beroepsgildes op ’n vlak te kry waar ons nismark vertroud is met die gildes se handelsmerk – naam, eienskappe en enige iets wat sterk met ons verband hou. Dit is veral nou belangrik tydens die gldes se tydperk van vorming en groei dat ons ons waarde-aanbod sterk verpak en onsself reg posisioneer in die groter Solidariteit NetWerk.
Vestig beroepsgemeenskappe
Die Solidariteit Beroepsgildes wil volhoubare beroepsgemeenskappe vestig wat ons lede geborge laat voel. Die beroepsgemeenskappe gaan ons lede in staat stel om self verantwoordelikheid te neem om hulself in hul beroep te versterk en toe laat om netwerke te vorm en te vestig soos ons as Afrikaners en Afrikaanssprekendes nog nooit tevore gedoen het nie. Die gildes ondersteun en moedig gemeenskapvryheid aan.
Versterk die Solidariteit NetWerk
Die Solidariteit Beroepsgildes is deel van die Solidariteit NetWerk en ons sien onsself as die net wat bo-oor al die instellings gespan en styf vasgedraai word. Die gildes gaan dus al die instellings saambind en versterk.
Span
Die Solidariteit Beroepsgildes gaan daarna streef om nie net ’n span te bou wat die toekoms van die Afrikaner en Afrikaanse beroepsmark drasties sal versterk en mobiliseer met ons ontwrigtende kennis nie, maar wat ook die wêreldleier sal wees in hierdie ‘’nuwe’’ manier om beroepe en gemeenskappe saam te bind en te organiseer.
Huidige stand van sake
Die wêreld het die laaste twee dekades in ’n era van disintegrasie van gemeenskappe inbeweeg; veral kleiner gemeenskappe het weggekwyn. Lidmaatskap van alle groepe wêreldwyd het tot ’n kwart van hul oorspronklike syfers gekrimp. Volgens die South African Institute of Race Relations (IRR) het minder as een uit vyf ekonomiese aktiewe Suid- 54 Afrikaners ’n behoefte om aan ’n vakbond te behoort. Gelukkig is die Solidariteit NetWerk veel meer as net ’n vakbond!
Die gildes bemagtig die Afrikaner, Afrikaanse en die Solidariteit-ledegemeenskap om self verantwoordelikheid te neem vir hul beroepsgemeenskappe. Die gildes bevorder vryheid van verbondenheid en bemagtig sy lede om self verantwoordelikheid te neem en sodoende sinvol by hul beroepsgemeenskap betrokke te raak. Die gildes versterk ons lede om hulself en hul groter beroepsgemeenskap met mekaar te verbind om ’n volhoubare/betekenisvolle toekoms te verseker.
Die gildes help ons lede om hul beroepe in roepings te omskep! Die gildes is nie soortgelyk aan dié van ander professionele liggame nie, juis omdat ons onsself onderskei deurdat ons belange met twee primêre belangegroepe van ons gildes belyn is, naamlik die Afrikaanse beroepsgemeenskap en die Solidariteit NetWerk.
Die gildes se belange is volledig belyn om te verseker dat die Afrikaanse beroepsgemeenskap nie slegs werk nie, maar deur ons inisiatiewe en platforms self verantwoordelikheid kan neem om suksesvol netwerke te vorm.
Die volgende sewe aspekte sal as primêre fokus gesien word ten einde uitvoer te gee aan die gildes se waarde-aanbod:
- Internskappe
Deel van Solidariteit se NetWerk vir ’n volledige beroepsloopbaan is om jongmense met die ondersteuning van Solidariteit Jeug as bydraende werknemers in ons beroepsgemeenskappe te plaas. Die eerste stap na opleiding is om jongmense in internskapposisies geplaas te kry.
- Mentorskap
Jongmense moet ook die geleentheid hê om by ’n meester in die betrokke beroep, oftewel ʼn mentor, te kan leer. Die lede van die betrokke beroepsgilde kan hulself as mentors vir hul beroepsgemeenskap beskikbaar stel.
- Plasings
Sodra jongmense by een van Solidariteit se instellings opleiding ontvang het, is die plasing van daardie jongmense met die hulp van die gildes die beroepsgemeenskap se verantwoordelikheid. Met die kwalifikasie wat saam met die betrokke gilde se ontwikkeling plaasvind, kan ons kwaliteit plasings in ons beroepsgemeenskappe handhaaf.
- Beroepspesifieke inligting
’n Maandelikse nuusbrief vir elke beroepsgilde met beroepspesifieke inligting word aan lede beskikbaar gestel. Interessante tendense, die jongste verwikkelings in hul beroep, opleidingsgeleenthede, artikels, algemene inligting, ens. word bespreek.
- Voortgesette beroepsopleiding
Voortgesette opleiding deur S-leer met beroepspesifieke opleidingsmodules, webinare en eleerprogramme word ontwikkel volgens die behoeftes van elke gilde om hulself onvervangbaar te maak.
- Netwerkgeleenthede
Die hoofdoel van die gildes is om ’n netwerk van geleenthede onder mense te skep, nie net in dieselfde beroep nie, maar ook met dieselfde belangstellings en oor beroepe heen. Die gildes gaan ’n sentrale platform wees waar hierdie inligting gedeel en uitgebrei kan word en waar beroepsgemeenskappe hul aan mekaar kan verbind en met mekaar kan besigheid doen.
- Waghond
Die Solidariteit Beroepsgildes neem verder ook ’n waghondrol in. Op hierdie manier wil die gildes verseker dat die beroep nie geboelie word deur brandpunte in die beroep en ongegronde en onregmatige wetswysigings of statutêre liggame wat die voortbestaan van die beroep, asook die bydrae daarvan tot die groter gemeenskap waarbinne die beroep funksioneer, kniehalter nie. Die gildes gaan die skakel in die Solidariteit NetWerk wees om te verseker dat dié beroepsgemeenskappe permanent met mekaar verbind word en sodoende verseker dat ons en ons kinders vry, veilig en voorspoedig kan leef en werk.
TOEKOMSPLANNE VIR 2030
Die Afrikaner en Afrikaanssprekendes voel nou meer uitgesluit as ooit. Ons lede voel afgesonder, vervreem en voel dat hulle ontken word. Die huidige politieke en sosiale klimaat skep vrees en angs onder ons lede wat lei tot die verbrokkeling van die gemeenskap waarin ons ons kultuur en samesyn kan uitleef.
Daarom is die visie van die beroepsgildes juis om die beginsels van saam-staan en self-doen in beroepsgemeenskappe te vestig waar ons as ʼn kulturele eenheid weer die moed kry om saam te staan en hulle volle potensiaal uit te leef. Deur die bemagtiging en die ideale van die beroepsgilde, is die groter hoop dat hierdie beginsels nie net gesonde beroepsnetwerke sal vestig nie, maar ook gesonde gesinne en gemeenskappe.
Met die vestiging van die gildes fokus ons eerstens op geïdentifiseerde ankerdorpe in die land waar die Afrikaanse gemeenskappe ontwikkel en ontgin kan word. Om hierdie taak suksesvol te kan verrig, is dit kritiek dat sterk verhoudinge met lede, werkgewers en ander sakeondernemings deur middel van die gildes gevestig word.
Lede neem nie net verantwoordelikheid vir hul eie selfbehoud en ontwikkeling nie, maar dra ook die belang van die beroepsgemeenskap op die hart vanweë hul betrokkenheid in die gildes se strategiese doelstellings.
Werkgewers speel ʼn belangrike rol omdat hulle kies om gehalte werknemers in diens te neem, asook geleenthede aan die jeug te bied wat die volgende geslagte Afrikaners gaan wees. Sakeondernemings vind baat by lede se betrokkenheid by die gildes met ʼn positiewe impak op die ekonomiese omgewing, maar ploeg ook terug in die ontwikkeling van die gemeenskap as geheel. Deur hierdie rolspelers te bemagtig en te bevry tot selfverantwoordelikheid, skep die gildes ruimte vir lede om mekaar te ondersteun, op te bou en saam te staan.
Om al hierdie rolspelers effektief te benader, is die belyning van die gildes met die totale Solidariteit NetWerk van kardinale belang.
Soos die gildes van ouds, is kwaliteit en verhoudinge die kern van die inisiatiewe deur die Solidariteit Beroepsgildes. Hiermee saam moet ons tred hou met die veranderende werkmag en die invloed van die vierde industriële revolusie op die mark en ons organisasie. Beplanning vir die toekoms sluit in:
Opleiding en ontwikkeling
Die gildes wil deur die Beweging se instellings lede toegang gee tot kwaliteit opleiding en ontwikkeling. Deur kwaliteit studente by instellings vir internskappe en werk te plaas, bou ons ʼn reputasie van uitnemendheid, en raak ons lede gesog binne die werksmag. S-leer bied reeds ʼn voortgesette en beroepspesifieke opleiding van uitstekende gehalte aan deur middel van e-leer, seminare en webinare (ʼn gemengde-leer-model). Die gildes hou tred met enige beroepsverandering en nuwe tendense om deurentyd te verseker dat opleidingsinisiatiewe met die aanvraag binne die mark belyn is. Hierdie opleiding is reeds goed belyn in terme van ʼn tegnologiese aanbod, hoewel die waarde van kontaksessies nie oorgesien kan word nie. Die gildes fokus saam met S-leer op kwaliteit, ervaring, verhoudings en vennootskappe.
Netwerke
In die moderne digitale wêreld waarin ons leef, is dit kritiek om met ander bande te smee en verhoudings te bou, maar om die bande en verhoudings ook tot sinvolle interaksie te lei. ʼn Gesonde balans tussen mens en tegnologie moet gehandhaaf word. Netwerkgeleenthede en netwerke tussen lede bou gesonde verhoudings en skep ʼn eiesoortige kameraadskap. As ʼn bydraende platform, wil die gildes lede toerus om nie net te kan netwerk deur gepaste geleenthede te bied nie, maar ook ʼn tuiste te skep waar lede by die Gilde Klubhuis kan kom vergader, ontmoet en werk. Die Gilde Klubhuis sal ook lede die geleentheid bied om selfstandig te kan funksioneer met toegang tot industrie leiers en spesialiste.
Tegnologie en inligting
Die bestuur van data binne die Beweging bied die gildes die geleentheid om lede met hul loopbaanreis, soos hulle van ʼn Jeug-lid tot ʼn volwaardige gilde-lid vorder, te ondersteun. Hierdie databasis sal ook gebruik kan word om aanbevelings vir lede te maak wat kan bydrae tot suksesvolle beroepskeuses en lewenslange leer-inisiatiewe.
Met die gebruik van toepaslike tegnologie, kan die keuses en tendense van lede gemonitor word. Hierdie inligting sal die gildes in staat stel om deurlopend innoverend te wees en ons lede nouer aan mekaar te verbind deur ons kommunikasie gefokus en persoonlik te maak. Dit sal die gildes veral in staat stel om die jonger generasie beter te verstaan en so ook hul gemeenskapvryheid te versterk.
Nuusbriewe en forums sal lede in staat stel om relevante inligting te bekom, maar ook om kennis te deel. Meningsvormers en mentors vervul ʼn groot rol in hierdie funksie, aangesien hierdie inligting betroubaar en relevant moet wees.
Finansies
Buiten die feit dat ons ons lede veilig binne ʼn beroepsgemeenskap wil vestig, wil ons ook verseker dat hulle finansieel onafhanklik kan wees.
ʼn Algroritmunt sal beskikbaar wees met die doel om lede versterk tot gesonde finansiële welstand. Die Algoritmunt is ‘n digitale geldeenheid vir die generering van gereguleerde geldeenhede en die oordrag van fondse sal geverifieer word. Die stelsel sal onafhanklik van ‘n sentrale bank bedryf word. Dus sal dit gilde-lede die geleentheid bied om in ʼn beskermde omgewing direk met mekaar besigheid te doen en sodoende ons kulturele koopkrag te versterk. Dit kan ook ons afhanklikheid van die staat se geldeenheid beperk en indien die geldeenheid aanhou verswak, sal dit dien as ʼn risikobeperkende hulpmiddel vir ons lede.
Prestige en gradering
Gilde-lede is trotse mense en bekom deur hul verbintenis met die gilde prestige en erkenning vir hul vaardighede en hul bydrae tot hul beroepsgemeenskap. ʼn Aanlyn graderingstelsel sal punte aan uitkomste koppel wat lede help om doelwitte vir kort- en langtermynvordering daar te stel en ‘n gestruktureerde en doel-spesifieke plan vir hulself te ontwikkel. Hierdie stelsel sal ook lede aanspoor en bemoedig om hulself te ontwikkel tot meesterskapstatus en hul eie vaardighede en dienste te bemark.
Innovasie
Die gilde-span neem verantwoordelikheid om deurlopend innoverend oor beroepsgemeenskappe te dink. Hiermee kan lede deur die Gilde-klubhuis die geleentheid gebied word om saam te werk en netwerke en effektiewe werkswyses ter bevordering van die beroep en sy gemeenskaplike belange te vorm.
Skole
Die Afrikaanse skoolstelsel is tans baie sterk en bied wêreldgehalte onderrig aan. Die jaarlikse matriekuitslae besing die lof van Afrikaanse skole en Afrikaanse leerders bereik hul volle vermoë. Ook op sportgebied staan Afrikaanse skole geensins terug nie en hoë hoogtes word bereik. Daar is dus genoeg rede om die vraag te vra: “Waarom moet iets verander?”
Gedeeltes van dít wat tradisionele skole doen, hoofsaaklik op akademiese gebied, is uitgedien omdat daar nie tred gehou is met veranderinge in die wêreld van werk en van tegnologie nie. Dit is slegs aan hiérdie gedeeltes wat daar geskaaf moet word en die SOS doen dit daagliks. Afrikaanse skole moet deur ’n selfgerigte filosofie van leer kinders kweek wat leergierig is, wat nuuskierig is, wat nuwe dinge wil en kan ontdek, wat aanpasbaar is soos probleme opduik en wat dan lewenslank sal bly leer. Om laasgenoemde reg te kry, het die SOS en die Afrikaanse gemeenskap die wonderlike geleentheid om nuwe skole so te bedink dat dít wat goed en reg is, behou kan word, en dít wat oud en uitgedien is, vervang kan word.
Die huidige stand van sake is dat daar wel baie ander unieke uitdagings vir Afrikaanse skole in Suid-Afrika bestaan. ’n Aantal hiervan is:
- verstedeliking
- demografiese verskuiwings
- emigrasie
- Afrikaanse ouers wat Engelse skole kies
- verarming
- ’n staat wat ’n vyandige agenda teen Afrikaans en Afrikaners dryf
Hierdie veranderlikes veroorsaak dat die getal enkelmedium Afrikaanse skole jaarliks verminder – enersyds weens ’n natuurlike demografiese verskuiwing en andersyds weens ’n aggressiewe politieke agenda gedryf deur die staat en sy amptenare. Die uiters positiewe van die oplossings wat bo genoem is, is dat dit bestaande en nuwe skole in staat sal stel om 58 laasgenoemde uitdagings ook beter die hoof te bied. Daar waar ons mense min en arm is, kan die Wolkskool help. Daar waar ons mense yl verspreid is en gehalte onderwysers skaars is weens verstedeliking, kan tegnologie die rande rek. Daar waar ons mense se taal uit openbare skole geskuif word, sal hulle na bekostigbare Afrikaanse alternatiewe kan vlug.
TOEKOMSPLANNE VIR 2030
Die SOS se visie is om die toekoms van Christelike, Afrikaanse skole te verseker. Ons beplan strategies hiervoor deur seker te maak alle bestaande openbare en onafhanklike Afrikaanse skole so selfstandig en staatsbestand as moontlik is. Verder sien die SOS die noodsaak om skool en skoolgaan nuut te bedink en word daar onverpoosd aan nuwe oplossings gedink. Die SOS werk tans aan ’n model vir skaalbare, volhoubare, bekostigbare, Christelike, wêreldgehalte, onafhanklike, Afrikaanse skole. Die drie komponente van die plan behels:
- ’n Finansiële model
- ’n Moderne onderrig- en leermodel met die beste praktyke
- Fasiliteite waarbinne die onderrig- en leermodel finansieel volhoubaar kan funksioneer
Die onderrig- en leermodel
Om skool en skoolgaan op ’n nuwe manier te bedink en doen omdat die tyd dit vereis, is alleen genoeg rede om dit te doen. Daarom word daar hard gewerk aan ’n model wat genoeg van die huidige beste praktyke behou en genoeg geleenthede van tegnologie, goeie bandwydte en e-leer benut. Die kern van hierdie model is Die Wolkskool – ’n volledige aanlyn skool in Afrikaans. Die kombinasie tussen bestaande beste praktyk en die aanwending van nuwerwetse tegnologie en metodes sal sorg dat ’n privaat skoolstelsel wêreldgehalte is, maar bekostigbaar oral vir alle kinders sal wees wat graag in Afrikaans wil skoolgaan.
Die fasiliteite
Nuwe skoolgeboue en -fasiliteite gaan heeltemal anders lyk as ou skole en hul geboue. Die SOS is tans besig met navorsing oor fasiliteite wat nie net die Afrikaner-kultuurgemeenskap en die Afrikaanse taalgemeenskap se geskiedenis, agtergrond, kultuur en karakter sal weerspieël nie, maar wat 1) volhoubaar sal wees en finansieel sal sin maak; en 2) die nuutste onderrig- en leermetodes sal kan huisves. Sulke fasiliteite is buigbaar, klaskamerruimtes is groter en veeldoelig en tegnologie word soomloos ingeweef.
Die finansiële model
Om ’n onafhanklike skoolstelsel te ontwikkel wat skaalbaar, bekostigbaar en volhoubaar is, moet maniere gevind word om “die rande te rek” sonder om gehalte in te boet. Die model waaraan daar gewerk word kombineer optimale ruimtes met nuwerwetse onderrig- en leermetodes.
Die pad na 2030
Die SOS beplan om teen 2030, in samewerking met vennote binne en buite die Solidariteit Beweging, ongeveer 30 onafhanklike Afrikaanse skole te hê. Daar sal veral nou saamgewerk word met die rolspelers binne die TAO asook met die nuwe skoleontwikkelingsmaatskappy, MOS. Hierdie skole sal landwyd versprei wees op hoofsaaklik die ankerdorpe, soos deur die Solidariteit Navorsingsinstituut geïdentifiseer, en sal plek vir ongeveer 50 000 kinders hê. 59 Hierdie netwerk van skole sal gebruik maak van ’n ten volle ontwikkelde Wolkskool waar Graad 10 tot 12-leerders ’n keuse van ongeveer 10 tot 14 matriekvakke sal hê en leerders in al die ander grade vervlegte leer en indiwiduele, selfgerigte onderwys sal ondervind. Goed opgeleide onderwysers sal met behulp van tegnologie steeds die kern vorm van die akademiese opleiding van hierdie kinders. Op die terrein van buitemuurse aktiwiteite sal hierdie skole intern en ekstern meeding en ook waar die geleentheid bestaan, kan meeding met ander openbare en onafhanklike skole op provinsiale en nasionale vlak.
Die SOS sien uit na ’n blink toekoms vir Afrikaanse onderwys. Ons planne is getref om uitgediende metodes te vervang, om bestaande uitdagings die hoof te bied, en om toekomstige geleenthede vir alle kinders wat in Afrikaans wil skoolgaan, te ontsluit.
Beroepsopleiding
Dit is geen geheim dat die gehalte van ambagsopleiding en beroepsopleiding, veral aan publieke kolleges in Suid-Afrika, lankal krisisafmetings bereik het nie. Beskikbare werksgeleenthede binne die Suid-Afrikaanse konteks word verder reeds vir ʼn geruime tyd al sterk deur wetgewing en beleid gereguleer. Toegang tot gehaltegedrewe opleidingsinstellings het ook ʼn impak op goeie werksgeleenthede. Suid-Afrika behoort minstens 30 000 ambagslui per jaar op te lei – meer as dubbel as wat die afgelope paar jaar opgelei is. Die vaardigheidstekort, spesifiek in ambagsopleiding, het daarom krisisafmetings aangeneem.
Die belangrikheid van ʼn goeie werk en ʼn bruikbare kwalifikasie van hoë gehalte se belangrikheid kan nie oorbeklemtoon word teen Suid-Afrika se agtergrond van politieke onrus, ekonomiese onstabiliteit en die hoë werkloosheidsyfer nie.
Van die 2018-matrikulante het 312 700 van die matrikulante wat geslaag het, vir graad- en diplomastudie by hoëronderwysinstellings in aanmerking gekom. 86 970 kandidate wat sertifikaatvrystelling behaal het, kon by TVET-kolleges en ander vaardigheisopleidingsinstellings om verdere onderrig aansoek doen. Voorts is daar heelwat leerders wat nie matriek met vrystelling geslaag het nie, om nie eens te praat van die leerlinge wat nie hul skoolopleiding voltooi het nie.
Bestaande universiteite kan kwalik 150 000 eerstejaarstudente akkommodeer. Publieke opleidingsinstellings is eenvoudig nie gerat om die getal nuwe aansoeke jaarliks te akkommodeer nie en dus word voortgesette opleiding en verdere loopbaanontwikkeling ook ernstig in die wiele gery. Stygende kostes maak verdere studies ʼn bykans onbereikbare luukse en substandaard leerprogramme aan opleidingsinstellings voldoen meestal nie aan die verwagtinge van die arbeidsmark nie.
Groot ambagsopleidingsinstellings wat in die verlede opleiding van hoogstaande gehalte gebied het, se opleiding het bykans tot stilstand gekom en hulle lei skaars genoeg ambagslui vir hul eie behoeftes op.
Verder het Afrikaanse beroepsopleiding feitlik in geheel, as gevolg van die verengelsing van publieke en private beroepskolleges, verdwyn. Sol-Tech en BKO (Bo-Karoo Opleiding) is die enigste beroepsopleidingsinstellings wat nog kwalifikasies in Afrikaans aanbied.
Die gemiddelde ouderdom van ambagslui in Suid-Afrika is tans ongeveer 55 jaar wat beteken dat vaardighede, kennis en ondervinding in hierdie sektor in die toekoms nog skaarser sal word. Ouer, ervare ambagslui word nie vroegtydig aangevul of vervang nie en sodoende bereik hul kennis en ervaring nie die jonger geslag wat nog tot die beroepswêreld moet toetree nie.
Die uitdaging lê nie by die vraag na opleiding nie, maar eerder by die aanbod, oftewel die gebrek aan opleidingsgeleenthede vir jongmense in die geheel. Hierdie gebrek word meer spesifiek wesenlik deur veral Afrikaanssprekende jongmense ervaar wat graag ʼn loopbaan in ʼn tegniese of ambagsrigting wil volg.
Een van die vernaamste teenvoeters vir die uitdagings in die arbeidsmark is deeglik opgeleide, gekwalifiseerde individue wat ʼn daadwerklike verskil kan maak in areas waar nypende tekorte aan kritieke en skaars vaardighede bestaan. Beroepsmoontlikhede binne die ambagsveld bied goed gekwalifiseerde ambagslui verder die ideale geleentheid om aan ʼn gevestigde loopbaan te bou.
Ons glo dat Sol-Tech en BKO ʼn groot verskil ten opsigte van bogenoemde kan maak en daardeur hoop sal skep.
TOEKOMSPLANNE VIR 2030
Sol-Tech Beroepsopleidingskollege
Sol-Tech se sleutel tot nog baie groter sukses in die volgende 10 jaar is ʼn nuwe, eie kampus. Indien alles volgens beplanning verloop, sal die 13 000 m2 -geboue in Januarie 2021 in gebruik geneem word. Hierdie kampus bied baie meer as net opleiding. Dit gaan ʼn tuiste vir personeel en studente wees, maar veral ook hoop vir toekomstige geslagte bied. Daar is dus in die aanloop tot die ontwerp na die kultuurhistoriese erfenis van die Afrikaner gekyk en simbolies en modern in die uiteindelike ontwerp verreken. Dit is ʼn kampus in die gemeenskap vir die gemeenskap.
Die nuwe kampus gaan verdere geleenthede vir uitbreiding in die volgende 10 jaar aanbied. Hier volg ʼn paar hoogtepunte:
- Vestiging van Sol-Tech as voorkeurberoepsopleidinginstelling in Suid-Afrika: SolTech sal eerstens voortgaan om sy visie te verwesenlik deur alles in sy vermoë te doen om die voorkeurinstelling vir ambagsopleiding in Suid-Afrika te wees en om jongmense indiensneembaar te maak. Dit kan slegs gebeur indien meer mense in Suid-Afrika bewus is van die waardevolle geleenthede wat Sol-Tech bied. Bemarking sal in die volgende 10 jaar ʼn baie belangrike rol speel om Sol-Tech regoor die land aan mense bekend te stel. Die waarde en status van ambagslui sal bevorder word en vaardige beroepslui sal die ekonomie na ongekende hoogtes neem.
- Vergroot kapasiteit om die ambagslui tekort in Suid-Afrika meer beduidend aan te vul: Daar word beplan om die fasiliteite so te vergroot dat die 1 200 studente wat tans in 61 verskillende fases van hul opleiding aan die instelling is, tot ongeveer 2 000-2 500 kan vermeerder.
- Uitbreiding van opleidingsaanbod: Ten einde die voorkeurambagsopleidingsinstelling in Suid-Afrika te wees en om meer jongmense indiensneembaar te maak, is die uitbreiding van ons aanbod ʼn prioriteit. Hierdie uitbreiding sluit nie net tegniese rigtings in nie, maar ook rigtings wat onder andere ʼn groter persentasie vroulike studente sal insluit.
- Heropleiding: Die tempo waarteen nuwe inligting en tegnologie beskikbaar raak, stel hoë eise aan beroepslui in die bedryf. Sol-Tech sal leiding neem om deur middel van kort kursusse, spesialisvaardighede en voortgesette leer mense in hulle werkplek op hoogte en voldoende opgelei te hou.
- Hoëvlaktegnologie wat onderrrig en opleiding optimaliseer: Aangesien tyd vir almal kosbaar is, moet tyd effektief benut word. VR (virtuele realiteit), AR (toegevoegde werklikheid) en hologramme is maar enkele metodes om leer meer effektief te maak en Sol-Tech sal hierdie tegnologie gaandeweg aan boord bring om leer te bevorder en te versnel.
- Selfgedrewe leerders: Sol-Tech poog om nie slegs kennis alleen aan studente oor te dra nie, maar daar word seker gemaak dat studente verantwoordelikheid vir hul eie onderrig neem. Studente word gelei en geïnspireer om veral na afloop van hulle studie lewenslank te bly leer en hulself sodoende deurlopend bemarkbaar te hou.
Bo-Karoo Opleiding (BKO)
Die aanbod wat BKO bied, sal in 2020 aansienlik uitgebrei word wanneer BKO voltydse vakleerlinge in elektries, loodgieterskap, en bou en siviele konstruksie gaan oplei. Jong mans en vroue sal kan aanmeld vir ʼn kursus in gemeenskapversorging. Hierdie studente sal na verwagting nie sukkel om werk te kry na afloop van hulle studie nie, aangesien die tekort aan geskoolde persone in BKO se dampkring geweldig groot is. Planne is reeds in plek om ʼn plasingsagentskap op die been te bring om studente aan moontlike werkgewers te koppel.
Daar is in 2018 reeds begin met die bou van ʼn eie koshuis vir BKO (aanvullend tot Steenbok Herberg) om die verwagte styging in studentegetalle te akkommodeer. Bouwerk vorder fluks en die eerste 28 studente sal na verwagting hulle kamers in 2020 kan betrek.
Dit is duidelik dat daar vir BKO ʼn mooi en blink toekoms voorlê. Beroepsopleiding bly vir baie jong Afrikaner-mans en -vroue die voertuig waarmee hulle hulself, en daardeur ook hulle eie gemeenskappe, kan bemagtig. BKO vertrou dat hy vir honderde, indien nie duisende nie, persone in die volgende aantal jare die geleentheid sal kan bied om hulle vir die beroepswêreld voor te berei. Sulke roepingsgedrewe vakmanne kan, en sal nie net vir ons eie volk nie, maar ook vir Suid-Afrika en al sy inwoners tot groot heil en seën strek.
Betrokkenheid
Sol-Tech en BKO kan nie sonder die goedgesindheid en betrokkenheid van die publiek ʼn impak op die beroepsopleidingsfeer in Suid-Afrika maak nie. Dit lê op twee terreine, naamlik finansiële ondersteuning en passiewe bemarking. Die mensdom is onlosmaaklik deel van stories en verhale. Diegene wat nie enige daadwerklike finansiële steun kan bied nie, kan deur middel van sosiale media die suksesverhale met hul vriende en kennisse deel – veral ook met vriende en familie wat reeds die land verlaat het. Sukses genereer hoop, en hoop kan meebring dat mense na hul geboorteland terugkeer en hul kinders en kleinkinders by die instellings kom inskryf.
Die afgelope Sol-Tech-sooispitseremonie en Skoudag op 13 September was ʼn duidelike teken dat Sol-Tech in belang van die gemeenskap oplei en dat die gemeenskap graag by Sol-Tech betrokke wil wees. Skoolhoofde, werkgewers, die breë publiek, personeel, studente, alumni, lede, rolspelers in Suid-Afrika, en nog meer, het die dag saam met ons help bou; nie slegs aan die fisiese Sol-Tech-kampus nie, maar ook aan die Sol-Tech-ideaal.
Sol-Tech het in die verlede staatgemaak op die betrokkenheid van die gemeenskap en reken weer daarop in die toekoms. Deur die “klein” bydraes van die gemeenskap kon ons daarin slaag om die “groot” bydrae van meer as R50 miljoen (ingesluit studiefondse) in Sol-Tech te belê.
Tersiêre Opleiding
Akademia is ʼn hoëronderwysinstelling wat as antwoord op ʼn tweeledige krisis aan die bestaande universiteitswese gebore is:
- Akademia is gebore as ʼn antwoord op die radikale marginalisering van Afrikaans as onderrig- en navorsingstaal aan die eertydse Afrikaanse universiteite. Tydens die 20ste eeu was Afrikaans slegs een van enkele tale wat tot op tersiêre vlak ontwikkel is. Afrikaans het in dié tyd as tersiêre taal geblom. Ondanks die grondwetlike waarborge vir veeltaligheid is Afrikaans se aanwesigheid aan dié universiteite intussen bykans volledig opgehef. Daarmee is nie net die toekoms van universitêre Afrikaans nie, maar ook die toekoms van Afrikaans as moderne taal, in gedrang gebring. Soos wat hier uit die visie, die grondslae, asook die strategiese oogmerke van Akademia sal blyk, verteenwoordig Akademia ʼn universitêre skans teen die vernietiging van Afrikaans. Akademia neem daarmee ʼn onmeetbare skat ten gunste van die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap in beskerming.
- Akademia is egter ook gebore as ʼn antwoord op die krisis waarin die universiteitswese homself vandag wêreldwyd bevind. Dit is ʼn krisis ingevolge waarvan met die Klassieke universitêre ideaal van opvoeding (vorming in die grondslae van die Christelike geloof en die Westerse kultuurgoedere) weggedoen word. In die plek daarvan plaas talle universiteite ʼn eensydige klem op die private belange van die indiwiduele student. Tegelyk word sodanige universiteite deur die heerskappy van politieskorrekte voorskrifte gekenmerk, wat as plaasvervanger vir die Klassieke ideaal van opvoeding optree. Akademia het ook wat laasgenoemde krisis betref, ʼn eiesoortige antwoord.
TOEKOMSPLANNE VIR 2030
In 2030 sal Akademia reeds bykans 20 jaar bestaan. Dit is werklik belangrik dat die fondasies van die instelling teen daardie tyd baie stewig gelê is. Hiermee word veral verwys na die begronding, aard en wese van die instelling. In die breë sou daaruit afgelei kan word dat die instelling teen daardie tyd uiters vaardig geword het om wêreldklas opleiding te bied, asook om studente in diepgaande opvoeding te begelei. Die uitkoms hiervan behoort te wees dat jongmense die lewe ná Akademia tegemoetloop – nie net toegerus om goeie loopbane te 63 onderneem nie, maar ook om denkend, reflekterend, liefdevol en hoopvol in hulle gemeenskap te kan leef.
Akademia beoog om programme aan te bied deur middel van twee modelle, naamlik die bestaande afstandsmodel en die beplande kontakmodel. Deur beide die modelle te gebruik, sal daar aan die meeste hoëronderwysbehoeftes van die gemeenskap aandag gegee kan word.
Die bestaande afstandsmodel
Akademia het ʼn onderrigleermodel ontwikkel wat dit vir studente moontlik maak om te studeer en optimaal te presteer terwyl hulle werk. Daar is tans net meer as 1 000 studente wat in agt kwalifikasies (twee hoër sertifikate, vyf grade en een gevorderde diploma) ingeskryf is. As die groeitendense van die afgelope paar jaar gebruik word as basis vir toekomstige groeikoers, behoort daar in 2030 ongeveer 2 500 studente in hierdie model te studeer. Daar word beoog om die programaanbod uit te brei met twee grade en ʼn hele aantal honneursgrade.
Wat die voetspoor van onderrigleersentra betref, beoog ons om moontlik uit te brei na Mpumalanga (Middelburg of Nelspruit), die Noorde (Naboomspruit of Pietersburg) en die Noord-Kaap. Deeglike lewensvatbaarheidstudies moet nog hieroor gedoen word.
ʼn Kontakonderrigmodel op ʼn kampus
Die periode na 1994 was nie goed vir Afrikaans by openbare universiteite nie. Die samesmelting van universiteite met technikons gedurende 2004/2005 het tot gevolg gehad dat die nuwe universiteite van tegnologie in meeste gevalle baie ontoeganklik vir Afrikaanse studente geword het. Verder het ʼn aantal voormalige Afrikaanse universiteite hulle taalbeleide gedurende 2016/2017 verander wat tot gevolg gehad het dat Afrikaans as onderrigmedium verdwyn het. Tesame hiermee gebeur die #FeesMustFall-veldtogte op openbare kampusse, waar militante studente die wegdoen met Afrikaans as onderrigmedium eis en druk op universiteitsbesture plaas om kurrikula te hersien met betrekking tot sogenoemde dekolonialisasie en ʼn Afrosentriese lewensbeskouing. Bogenoemde wendings het tot gevolg gehad dat Afrikaanse studente toenemend ontuis en selfs onveilig op hierdie kampusse gevoel het. Al hierdie wendings het Akademia in ʼn posisie geplaas om nóg vinniger ʼn oplossing vir Afrikaanse studente wat voltyds op kampus wil studeer, te vind.
Op die Akademia-direksievergadering van 26 Maart 2018 word besluit dat die bestuur voluit moet voortgaan met die ontwikkeling van ʼn plan om ʼn kampus te ontwikkel en alle ander belanghebbendes te mobiliseer en met hierdie plan te belyn. Hierdie projek se breë lyne is om ʼn kampus op te rig waar ongeveer 5 000 voorgraadse en 1 000 nagraadse studente kan studeer. Koshuisfasiliteite vir 1 500 studente moet opgerig word. Daar sal tussen 30 en 40 voorgraadse programme vanuit sewe fakulteite aangebied word. Hier sal studente nie net opleiding van internasionale gehalte ontvang nie, maar ook diepgaande opvoeding en persoonlike ontwikkeling in ooreenstemming met Akademia se opvoedingsideaal verkry. Daar is reeds in 2018 besigheidsmodelle opgestel om te bepaal wat die koste van die kampusmodel sal wees en hoe dit gefinansier kan word. Grond vir die projek is reeds in Augustus vasgemaak en ʼn span deskundiges is voluit besig om te werk aan voorbereidings vir die aansoek vir ontwikkelingsregte. Alhoewel dit baie moeilik is om vooruitskattings te maak, kan die ontwikkelingsprojek tussen vier en ses jaar neem om af te handel.
Belangrike aanstellings is met ingang 2019 gemaak om momentum aan die betrokke akademiese voorbereidingswerk te gee. Prof. Danie Goosen is as akademiese hoof aangestel. Tegelyk is drie dekane aangestel, naamlik prof. Gawie du Toit vir die Fakulteit Opvoedkunde, prof. Pieter Duvenage vir die Fakulteit Geesteswetenskappe, en prof. Hannes Rautenbach vir die Fakulteit Natuurwetenskappe. Meer dekane sal later in 2019 aangestel word. Die eerste taak van hierdie aanstellings is om nuwe voorgraadse kwalifikasies te ontwikkel en te laat akkrediteer.
Akademia beplan om ses grade in die Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe, ses in die Geesteswetenskappe, drie in die Opvoedkunde, drie in die Regswetenskappe en vyf in die Natuurwetenskappe teen einde 2019 vir akkreditasie in te dien, met die verwagting om die uitslag teen 2022/23 te kry. Dit sal genoeg tyd laat vir ander voorbereidingswerk wat gedoen moet word voordat die kampus open.
ʼn Volgende fase van ontwikkeling sal Ingenieurswese en kwalifikasies in die Gesondheidswetenskappe insluit. Nagraadse kwalifikasies sal volg wanneer die eerste voorgraadse studente afstudeer. Afhangend van die jaar wat die kampus open, is dit moontlik dat daar reeds in 2030 meer as 3 000 voltydse studente op die kampus sal studeer. Akademia kan dus in 2030 reeds 5 000 tot 6 000 ingeskrewe studente hê (in beide die afstand- en kontakmodel).
Ten slotte
Die Afrikaanse gemeenskap staan nou, net soos ʼn eeu gelede, voor geweldige groot uitdagings om ʼn toekoms te skep wat deur voorspoed, veiligheid en vryheid gekenmerk sal wees. ʼn Universiteit van wêreldgehalte is een van die bestaansvoorwaardes van ʼn gemoderniseerde en ewewigtige gemeenskap. Met die ondersteuning van die Afrikaanse gemeenskap kan Akademia ʼn deurslaggewende rol speel om hierdie droom te verwesenlik.
Studiehulp
Die Mynwerkersunie het in die sestigerjare besluit om met ’n studiefonds te begin omdat daar baie min Afrikaanse studente was wat destyds kon bekostig om te studeer. Hulle het besluit om twee dinge te doen. Die eerste was om fondse te werf vir die totstandkoming van die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU) – elke week het die mynwerkers geld gegee wat dan geskenk is om die universiteit van die grond af te kry. Die tweede ding wat hulle gedoen het, was om ’n studiefonds te begin om behoeftige studente te help om te studeer.
Die krisis
Die krisis waarmee ons vandag sit, is dat 73% van Afrikaner-jongmense nie ’n universiteitskwalifikasie sal verwerf nie en dat slegs 27% van jong Afrikaners universiteit toe gaan (Solidariteit Navorsingsinstituut, 2018). Baie van hierdie studente sal baie graag wil studeer, maar die probleem is dat hulle of hulle ouers dit eenvoudig nie kan bekostig nie.
Die oplossing
Dit is egter baie belangrik dat elke Afrikaner-jongmens tot sy of haar hoogste moontlike vermoë ontwikkel moet word omdat ons as ’n minderheid geweeg en nie getel moet word nie. Wêreldgehalte-opleiding is dus noodsaaklik en daarom fokus Helpende Hand se Studiefondssentrum op die verbreking van Afrikaner-armoede deur behoeftige jongmense in staat te stel om te kan studeer deur ’n unieke model van rentevrye studielenings.
Daar is op hierdie model besluit omdat dit die goue middeweg tussen duur banklenings en gratis beurse is, en ook omdat dit, getrou aan ons help-mekaar-kultuur, beteken dat een afgestudeerde student ’n volgende student se studies moontlik maak wanneer hy of sy afstudeer en die studielening begin terugbetaal.
Die Studiefondssentrum administreer tans meer as 200 studiefondse en het oor die laaste 11 jaar ’n totaal van R200 miljoen vir 5 009 behoeftige studente se studies uitbetaal. Sewe van hierdie studiefondse word uit die Solidariteit Beweging befonds, 106 deur Afrikanergemeenskappe regoor Suid-Afrika, 111 deur onafhanklike trusts, maatskappye en individue, maar die belangrikste is dat ongeveer R1 miljoen per maand teruggevorder word van afgestudeerde studente. Hierdie fondse word weer gebruik om die volgende studente se studies te befonds. Ons droom is eenvoudig dat elkeen wat wil studeer, moet kan studeer. (Klik hier vir dankie-sê-video van student: https://www.youtube.com/watch?v=CmBQifBveak)
Terugvoer oor vordering sedert die 2015-Toekomsberaad
Tydens die 2015-Toekomsberaad het ons dit ten doel gestel om teen 2020 die Helpende Hand Studiefonds tot R160 miljoen uit te brei en ʼn teiken van R232 miljoen vir alle studiefondse op ons platform.
Die totale waarde van ons platform het intussen tot R185 miljoen gegroei.
Beskrywing van huidige stand van sake
Onafhanklike navorsing deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het in 2018 getoon dat bykans 20% van Afrikaner-kinders die skool sonder Matriek verlaat en dat slegs 27% van jong Afrikaners universiteit toe gaan. Dit beteken dat bykans 75% van jong Afrikaners nie universiteitskwalifikasies sal verwerf nie. Indien hierdie 75% nie een of ander vorm van tersiêre opleiding ontvang nie, sal dit ’n kitsresep vir die Afrikaner se agteruitgang en uiteindelike ondergang wees.
Hierdie 75% (plus die 20% wat die skool sonder Matriek verlaat) moet een of ander vorm van opleiding ontvang om in die arbeidsmark opgeneem te word, en die antwoord lê grotendeels daarin opgesluit dat beroeps- en ambagsopleiding van wêreldgehalte moontlik gemaak moet word. Sol-Tech voldoen reeds in ’n groot behoefte, maar met die bou van Sol-Tech se nuwe kampus en die uitbreiding van die kursusaanbod voorsien ons dat die finansiële behoefte van jongmense wat daar wil gaan studeer, eksponensieel gaan toeneem, veral vanweë die relatiewe duur aard van hierdie tipe opleiding. Dit beteken dat bykomende kapasiteit geskep sal moet word ter uitbouing van die JD Kestell- en Sol-Tech-studiefonds om hierdie studente se studies finansieel moontlik te maak.
Aan die ander kant is dit ook belangrik dat Akademia as instelling en die beursfonds vir studie aan Akademia gelyktydig moet groei. Akademia is een van die snelgroeiende instellings in die Beweging en soos wat meer graadkwalifikasies geakkrediteer word, studentegetalle toeneem, en ’n nuwe kampus binne die volgende paar jaar gebou gaan word, sal ons die Akademiastudiefonds ook moet uitbou sodat ons die studente aan ons eie instellings kan befonds.
TOEKOMSPLANNE VIR 2030
Ons volgende doelwit is om teen 2030 ons platform se waarde tot R1 miljard te verhoog.
In dié verband stel ons graag die volgende 10-puntplan voor:
- Skakel oor na ’n ten volle gedesentraliseerde aanlyn platform wat beide ’n produk en ʼn diens lewer, soortgelyk aan die manier waarop Netflix, Uber, Airbnb en Amazon funksioneer (in proses).
- Brei die terugvorderingskapasiteit van SFS uit om ʼn bedrag van R2,5 tot R3 miljoen per maand teen 2025 terug te vorder en ongeveer R5 miljoen+ per maand teen 2030.
- Brei Helpende Hand se Ons Winkel-model uit van 50 winkels na 100 winkels teen 2025, en 150 winkels teen 2030. ’n Vaste persentasie van die Ons Winkel-inkomste moet aan die Studiefondssentrum toegewys word.
- Hef ’n eenmalige bedrag wat ’n donateur moet betaal om ’n studiefonds te stig.
- Stel vyf onafhanklike fondswerwers aan teen 2025, en tien teen 2030.
- Verskerp die fokus op veldtogte en testamentêre bemakings.
- Wys voltydse bemarkingskapasiteit en ʼn aktiewe bemarkingsbegroting vir SFS aan.
- Registreer as kredietverskaffer en brei bestaande produk uit om mark met groter verskeidenheid te kan diens. Byvoorbeeld, as iemand baie behoeftig is, bied ons rentevrye studielenings aan; as iemand middelklas is, hef ons lae rente; middelklas tot hoër inkomstegroep, hoër rente; en hoë LSM-kliënte (lewenstandaardmetingkliënte) word verwys na ’n tipiese Capitec of ander bank wat graag ons besigheid wil verkry en ons per verwysing sal vergoed. 68
- Onderhandel met ’n maatskappy soos Spaar om kredietversekering te onderskryf vir elke studiekontrak en wat verpligtend is vir ’n student om elke jaar uit te neem vir gevalle van afsterwe, ongeskiktheid, aflegging, of gevreesde siektes. Dit is baie bekostigbaar (goedkoop) om uit te neem, maar as daar elke jaar 4 000 studente is wat dit uitneem, mobiliseer dit ’n groot som kapitaal. So ’n maatskappy betaal ons dan ’n terugskopbedrag (“kick-back fee”) of ’n vasgestelde bedrag per maand.
- Skep ʼn skenkingsfonds (“endowment fund”) vir die SFS. Die wêreld se grootse en bekendste universiteite (byvoorbeeld Harvard, Stanford, Yale) het groot skenkingsfondse wat oor tyd opgebou is en waarvan die grootste gedeelte van hul operasionele koste uit slegs die rente op hul beleggings gedek word.
Lewenslange leer (S-leer)
Die aard van werk is besig om te verander. Werk is al lankal nie meer oor “doen jou werk” nie, maar eerder meer oor jou aanpasbaarheid in ʼn nuwe werksituasie ten opsigte van nuwe tegnologie, en nuwe maniere om met ander te werk. Outomatisering, robotte, en kunsmatige intelligensie is nie net meer woorde in die verre toekoms nie, maar ʼn werklikheid.
Ons werk in omgewings waar werkers slimmer dink, skeppend en innoverend dink en beter bekwaam is. Die geskoolde werker soek vandag ander ondervindings. Hulle besef dat, onder talle andere, interpersoonlike vaardighede, skeppendheid, besluitnemingsvermoë, goeie oordeel, en empatie nodig is. Mense soek betekenis en vreugde in hulle werkplekke. Daarom is die werkplek, soos ons dit ken, besig om te verander.
Die wêreld verander teen ʼn geweldige spoed en so ook die metodes van leer, veral in die werkplek. In die verlede het die werkgewer werksverwante opleiding aangebied om die werk makliker gedoen te kry. Deesdae word voortgesette leer die norm in groot maatskappye. Maatskappye begin stadig maar seker ʼn leerkultuur vestig wat in lyn is met hulle langtermyndoelwitte. Opleiding sal met digitale leer vervang word. Die opleiding sal so ontwerp word om by die werknemer wat dit moet leer, te pas. Vir werknemers om in te koop in lewenslange leer en verandering, moet hulle digitale ervaring gemaklik wees.
In die toekoms van leer gaan daar vir seker gesien word dat werknemers meer betrokke by die leerproses sal raak. Hoe meer werknemers betrokke raak, hoe vinniger sal die kultuur van leer gevestig word. Sodra die werknemers inkoop in die leerkultuur, sal hulle makliker verandering kan bestuur en hulle produktiwiteit sal verhoog.
S-leer het in 2019, sedert hy sy leerbestuurstelsel in Januarie 2019 aan die publiek bekendgestel het, 279 mense in kontaksessies opgelei, 1 060 mense deur webinare, 170 mense deur e-leer-programme, en 70 mense deur middel van ʼn gemengde leermodel.
S-leer bied ook in samewerking met die Beroepsgilde vir Kommunikasiepraktisyns ʼn Gonsfees (Kennisfees en netwerkgeleentheid) aan.
S-leer het top- gehalte verpleegsteropleiding op e-leer ontwikkel.
S-leer het die verteenwoordigersopleiding onder sy vlerk geneem en skop eersdaags af met nuwe leermetodes om Solidariteit se verteenwoordigers in arbeidsverhoudinge op te lei.
In 2019 het S-leer in Orania 37 mense in rekenaarvaardighede en Generiese Bestuur (NQF4) opgelei.
S-leer ontvang tans tussen 3 500 en 6 500 besoekers per maand op hul webblad waarvan daar reeds 764 profiele registreer is.
S-leer bied opleiding vir verskillende beroepsgildes aan, byvoorbeeld vir maatskaplike werkers, kantoorpraktisyns, kommunikasiepraktisyns, ambagslui en verpleegsters.
S-leer fokus op opleiding vir die jeug om hulle vir die werkplek voor te berei.
TOEKOMSPLANNE VIR 2030
S-leer beplan om in die volgende 10 jaar die volgende as mylpale daar te stel:
- ʼn Aanbod van 100 kursusse in verskeie vaardighede
- Hoë gehalte e-leerprogramme
- Akkreditasie van alle leerprogramme vir sertifisering of VPO-punte
- Indiensname van eie gekwalifiseerde fasiliteerders
- Volledige e-leer-opleiding vir die verteenwoordigers
- ʼn Toegeruste opleidingsfasiliteit met ʼn kafeteria
- Hoëkwaliteittoerusting om in die Vierde Industriële Revolusie op die voorpunt van opleiding te bly
- 50 000 geregistreerde profiele op die webblad
- Afronding van Sol-Tech- en Akademia-studente
Opsommend
Dit is vir Solidariteit van kardinale belang om meer as net ʼn vakbond te wees. Ons moet ook op die geleenthede en uitdagings in die beroepswêreld fokus. S-leer gaan ʼn integrale deel vorm van die Solidariteit NetWerk en personeel, lede en nielede gaan deur voortgesette opleiding en tegniese vaardigheidsontwikkeling, asook met die ontwikkeling van sagte vaardighede en persoonlike ontwikkeling toegerus word. S-leer wil ʼn veiligheidsnet vir werknemers skep om werksekerheid te bevorder. Hierdie rigting is vir Solidariteit se sentrum vir voortgesette leer die regte rigting, want ons kan, ons mag, ons wil en ons moet.
Burgerregte en veiligheid
AfriForum fokus op uitkomste wat bereik moet word. Insette en uitsette word na gelang van die gewenste uitkomste beplan. Die volgende vyf oorhoofse uitkomste wat AfriForum se optrede rig, is geïdentifiseer:
Geregtigheid
AfriForum se aksies is grootliks daarop gerig om te help toesien dat geregtigheid op verskeie vlakke geskied. Gevolglik dien dit as belangrike maatstaf vir AfriForum se werksaamhede.
Identiteit
AfriForum se aksies moet bydra om die Afrikaner-identiteit, -kultuur, -geskiedenis en die Afrikaanse taal te beskerm en uit te bou. Die uitkoms daarvan moet wees dat Afrikaners met behoud van hul identiteit as gemeenskap blywend sal voortbestaan.
Organisasiebou
Hoewel AfriForum bloot ’n voertuig vir die bereiking van ’n groter doel is, is dit ook so dat die bereiking van al die uitkomste wat AfriForum navolg, afhanklik is daarvan dat AfriForum so sterk moontlik moet wees. Gevolglik is versterking ’n uitkoms wat bereik moet word.
Selfstandigheid
AfriForum se aktiwiteite moet bydra om selfstandigheid onder Afrikaners en gemeenskappe waarin ons werk, te vestig.
Veiligheid
Dié uitkoms is daarop gerig dat AfriForum se werksaamhede moet bydra om ’n veilige samelewing te vestig waar AfriForum se lede, ondersteuners en ander burgers veilig is en ook veilig voel in gebiede waar ons werksaam is.
Veiligheid
Die drome en die nagmerries
Soos ons 2015-drome gaandeweg ʼn werklikheid geword het, het Suid-Afrika ook nagmerries begin beleef wat ons laat besef het dat ons vinniger meer sal moet doen, ten spyte van min hulpbronne. Vroeg in 2018 het ʼn stryd oor taalbeleid daartoe gelei dat ʼn hoërskool in Vereeniging vir meer as twee weke onder beleg van ʼn klomp gewelddadige betogers was. In samewerking met die gemeenskap en sekerheidsmaatskappye kon AfriForumgemeenskapsveiligheid verseker dat klasse voortgegaan het soos gewoonlik, maar die tendens vir die toekoms was duidelik. Daar sou op ʼn meer gereelde basis ʼn beroep op die gemeenskapsveiligheidafdeling gedoen word om gemeenskappe te help om hulself te beveilig – die bedreiging sou net groter raak. Aan die begin van 2019 moes dié afdeling weer inspring. Dié keer om ʼn laerskool in Schweizer-Reneke te help beveilig. Hier het die stryd gegaan oor ʼn paar eenvoudige foto’s wat totaal uit verband geruk is. Die onwettige besetting van grond, aangehits deur ʼn moontlike aanpassing van die Grondwet om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, het ʼn al hoe groter kopseer vir die span, gemeenskappe en grondeienaars begin word. In plekke soos Pretoria (by Dr. Maserumule) en Witrivier kon AfriForum die slagoffers en gemeenskap bystaan totdat die Rooimiere die onwettige strukture kon verwyder. Prosesse om die enorme kostes daarvan van die Suid-Afrikaanse Polisiediens te verhaal, is steeds aan die gang.
Die volgende grafieke gee ʼn aanduiding van diensleweringsbetoging en sogenaamde triomisdaad die laaste paar jaar:
Om misdaad te verhoed, is daar verskeie projekte geloods:
- Projek Nehemia is gedurende 2017 en 2018 in verskeie gemeenskappe geïmplementeer met ʼn sterk fokus op bemagtiging en organisering van naburige gemeenskappe, fasilitering van samewerking tussen verskeie rolspelers in die sekerheidsektor, die daarstelling van ʼn geïntegreerde operasionele vermoë, die ontwikkeling van sogenaamde steunkringe, en die verkryging van nasionale en internasionale ondersteuning vir dié veiligheidspoging.
- In 2019 het die fokus van Nehemia geskuif na opleiding en in die eerste helfte van 2019 is meer as 3 400 buurtwaglede in een van die volgende modules opgelei:
1. Regsaspekte vir patrolleerders
2. Inleiding tot eiendomsbeskerming
3. Vuurwapenwetgewing
4. Patrollies
5. Wapen, selfverdediging en teen-kaping
6. Basiese radiokommunikasie
7. Makkerhulp (basiese noodhulp)
8. Bevel en beheer, en leierskap
9. Slagofferondersteuning
10. Inligtinginsameling
11. Huis-en-haardbeskerming
12. Gebiedsbeskerming
13. Toneelhantering
14. Veldkuns
15. Skarebeheer
16. Administrasie van buurtwagte - In 2018 het AfriForum sy AfriForum 911-diens uitgebrei en ʼn toegewyde 911- beheerkamer is by AfriForum se hoofkantoor ingerig. Dié beheerkamer stel AfriForumlede wat hulself in nood bevind, in staat om telefonies of deur middel van die AfriForum 911-toep nooddienste na die toneel te ontbied.
- Die hoeveelheid personeel by Gemeenskapsveiligheid het gegroei van drie in 2015, tot +/- 30 in 2019, met toegewyde subafdelings vir slagofferondersteuning, opleiding, inligting, regs- en risikobestuur, steundienste, lugsteun en telekommunikasie.
- Die eerste stappe is gedoen om ʼn privaat sekerheidsmaatskappy, Forum Sekuriteit, te stig om toekomstige bedreigings op ʼn meer doeltreffende wyse die hoof te bied. Die maatskappy is onlangs by PSiRA geregistreer en die beoogde aanwending van die maatskappy word in die volgende paragraaf verder toegelig.
Geen tyd vir slaap, drome óf nagmerries nie
Die groterwordende bedreiging maak slaap ʼn luukse vir AfriForum Gemeenskapsveiligheid en gevolglik is daar geen sprake meer van drome of nagmerries nie – slegs die harde werklikheid wat ons daagliks probeer beïnvloed. Om daardie positiewe invloed in die volgende 10 jaar te vergroot en misdaad en onrus daadwerklik te keer, werk ons aan die volgende toekomsplanne, wat ons teen 2030 wil laat realiseer:
- Die vestiging van ʼn reaksievermoë binne Forum Sekuriteit wat onluste, batebeskerming, plaasaanvalle en ander uitdagings doeltreffend en professioneel kan hanteer.
- Die vestiging van ʼn vermoë onder die vaandel van Forum Sekuriteit om SASSETAgeakkrediteerde opleidingsmateriaal op verskeie NKR-vlakke te ontwikkel, te skryf en vir buurtwaglede aan te bied.
- Die daarstelling van gestandaardiseerde leergidse om die bestaande opleidingsmodules aan almal in veiligheidstrukture te voorsien.
- Die verdere uitbreiding van ons AfriForum-buurtwagte tot minstens 200 buurtwagte, met ʼn spesifieke fokus op die ankerdorpe, soos uiteengesit in die Solidariteit Beweging se ankerdorpstrategie.
- ʼn Verdubbeling van die hoeveelheid geregistreerde AfriForum-buurtwaglede tot minstens 20 000.
- Die noodsaaklike uitbreiding van interne kapasiteit met die aanstelling van ʼn veiligheidskoördineerder vir elke provinsie in die land, bykomende administratiewe personeel en logistieke ondersteuners sodat bestaande en toekomstige veiligheidstrukture beter ondersteun kan word.
- Die uitbreiding van die regs- en risikoafdeling om regstegniese uitdagings, soos die onwettige besetting van grond en wetsvoorstelle wat die vermoë van Suid-Afrikaners beperk om hulself te beveilig, meer doeltreffend en vinniger die hoof te kan bied.
- Die uitbreiding van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid met bykomende personeel én goed opgeleide vrywilligers om slagoffers van plaasaanvalle en ander geweldsmisdaad vinniger en meer doeltreffend te kan bystaan.
- Die sluit van samewerkingsooreenkomste met enige veiligheidsrolspeler of gemeenskap wat saam met ons binne die raamwerk van die wet ʼn vry, veilige en voorspoedige Suid-Afrika wil waarborg.
- Die voortgesette vestiging van ʼn lugvermoë wat landswyd die veiligheidspoging vanuit die lug kan ondersteun, waarvoor die suksesvol gestigte lugvleuel in Welkom as ʼn model kan dien.
Op bostaande wyse gaan ons poog om AfriForum Gemeenskapsveiligheid én Forum Sekuriteit verder te vestig as geloofwaardige en invloedryke nasionale veiligheidsrolspelers. Ons hoop dat ons in die proses ook op lede van die publiek kan reken en ons moedig mense aan om by hulle plaaslike AfriForum-buurtwag aan te sluit. Indien daar nog geen AfriForumbuurtwag in ʼn gebied is nie, stuur asseblief ʼn e-pos aan veiligheid@afriforum.co.za sodat ons spoedig ʼn buurtwag in die omgewing kan stig. Ons word nie moeg nie; ons stel die standaard én ons is altyd gereed.
Munisipale dienste
Munisipaliteite is die regeringsfeer wat die naaste aan die mense is en daarom is dit ook waarskynlik die belangrikste vlak van regering. Die paaie waarop ons ry, die water wat ons drink, die netheid van ons omgewing en die krag wat ons in ons huise gebruik, is alles aspekte van munisipale bestuur. Nie net word groot ongerief en nood deur swak munisipale bestuur veroorsaak nie, maar dit bedreig ook die sosio-maatskaplike stabiliteit van bepaalde gebiede, soos wanneer mense betoog en wanneer hulle geweld en misdaad pleeg uit protes teen ʼn gebrek aan dienste. Die Noordwes-provinsie se munisipaliteite brand gereeld as gevolg hiervan.
Dit is om hierdie rede dat daar afsonderlike verkiesings elke vyf jaar gehou word en die Grondwet ʼn hele afdeling daaraan wy. Ingevolge Art. 152(1) van die Grondwet is die oogmerke van plaaslike regering soos volg:
- om demokratiese en verantwoordingspligtige regering vir plaaslike gemeenskappe te voorsien;
- om te verseker dat dienste op volhoubare wyse aan gemeenskappe verskaf word;
- om maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling te bevorder;
- om ʼn veilige en gesonde omgewing te bevorder; en
- om die betrokkenheid van gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies in plaaslike regeringsaangeleenthede aan te moedig.
Helaas is die werklikheid heeltemal anders as die wetlike vereistes wat daargestel word. Baie (indien nie die meeste nie) munisipaliteite in Suid-Afrika kan as disfunksioneel beskryf word. Veral kleiner plaaslike munisipaliteite op die platteland bestaan vandag slegs in ʼn nominale sin.
Die uitdagings van munisipaliteite – nes met ander entiteite in die openbare en private sfeer – is velerlei. Geld sal altyd ʼn probleem bly, want daar is nooit genoeg daarvan nie, maar baie Suid-Afrikaanse munisipaliteite het ook hulle eie finansiële verknorsings veroorsaak. Die opskrif van die ouditeur-generaal, Kimi Makwetu, se opsomming van die boekjaar 2017-2018, “Ouditeur-generaal wys gebrek aan aanspreeklikheid uit as die hoofoorsaak van plaaslike regering se swak ouditresultate” som die probleem netjies op.
Slegs 8% van munisipaliteite het skoon oudits behaal (in 2016-2017 was dit 14%). Makwetu voer aan dat die agteruitgang in ouditresultate en die algehele ongewenste situasie op hierdie regeringsvlak toegeskryf kan word aan verskeie rolspelers in plaaslike regering se gesloer met die inwerkingstelling van die ouditkantoor se aanbevelings, terwyl die aanbevelings selfs in talle gevalle verontagsaam is. “Gevolglik gaan die aanspreeklikheid vir finansiële en prestasiebestuur steeds in die meeste munisipaliteite agteruit,” sê Makwetu.
Dit word verkeerdelik aangeneem dat die metropolitaanse munisipaliteite (metro’s) altyd beter as plaaslike munisipaliteite vaar en grootliks probleemvry is. Dit mag in ʼn sekere mate so wees omdat stede oor meer geld beskik en daar meer waghonde (soos die media) is om die bestuur 76 tot verantwoording te roep. Stede is ook polities meer divers en kan makliker veranderinge aanbring as wat die geval met kleiner, plattelandse munisipaliteite is. Die probleem is dat verstedeliking – veral na munisipaliteite soos Stad Kaapstad, Stad Tshwane en Stad Johannesburg – snel toeneem. Baie van die nuwe intrekkers is belastingbetalers, maar die meerderheid is arm mense wat nie huise kan koop, munisipale belasting kan betaal of vir krag kan betaal nie. Die arbeidsmark in enige geografiese area kan ook nie soveel ongeskoolde mense absorbeer nie. Gevolglik laat dit baie metro’s met groot verantwoordelikhede en laste ten opsigte van dienslewering.
In 2017-2018 het die OG aan slegs vyf uit die agt metro’s ʼn “ongekwalifiseerde oudit met bevindinge” toegeken – en geen skoon oudits nie. Die twee Oos-Kaapse metro’s, naamlik Buffalo City (Oos-Londen) en die Nelson Mandelabaai Metro (NMM) (Port Elizabeth), het albei ʼn “gekwalifiseerde oudit met bevindinge” ontvang. NMM het al reeds die afgelope sewe jaar ʼn gekwalifiseerde ouditmening ontvang. Mangaung (Bloemfontein) se bevinding kon nie eens voltooi word nie en is dus as “uitstaande” aangedui; dit is blykbaar al sedert 2014-2015 ʼn probleem vir hierdie metro. Slegs eThekwini (Durban) het finansiële state uitgereik wat vry is van wesenlike verdraaiings. Volgens die OG het bevoegde personeel, ervare personeellede, en ʼn lae koers van vakante poste in die tesourie-afdeling hiertoe bygedra.
Al die metro’s het ʼn redelike aantal probleme ervaar ten opsigte van die voldoening aan sleutelwetgewing en algehele finansiële bestuur. Almal het byvoorbeeld in gebreke gebly om onreëlmatige besteding te verhoed. Die helfte het nie verhoed dat ongemagtigde uitgawes aangegaan word nie. Die helfte van hulle het ook ondoeltreffende interne kontroles, en vier uit die sewe metro’s het persone in diens gehad wat nie hulle familiebande met mense met kontrakte by die betrokke metro gekry het, openbaar gemaak het nie. Altesame 95% van die metro’s se gesamentlike onreëlmatige besteding van R6 720 miljoen was weens nievoldoening aan wetgewing wat met verskaffingskettingbestuur verband hou. Daar was wesenlike bevindinge by al die metro’s in 2017-2018 wat verskaffingskettingbestuur betref. Die meeste hiervan (86%) is weens die onmededingende aard van aankoopprosesse (byvoorbeeld tenders wat toegeken is om ander redes as hulle gehalte, koste en hoe hul aan wetgewing voldoen). ʼn Verdere 71% hou verband met kontrakte wat sonder goedkeuring verleng of gewysig is.
Voorts word daar aangevoer dat Makwetu se kantoor reeds sedert 2013 diegene wat met toesig en bestuur belas is, gewaarsku het teen administratiewe probleme wat plaaslike regering en diensleweringsvermoë in die wiele kon ry. Verskeie formate, individuele vergaderings en die algemene verslag van 2016-2017 is gebruik om die bestuurskwessies wat munisipaliteite raak, te bespreek. Dit was egter vergeefs. Hierdie situasie het weliswaar nie vanself ontstaan nie. Die probleem is dat die staat en sy saamgestelde dele weier om teen mekaar op te tree omdat die regerende party nie ʼn kultuur van skoon regering en verantwoordbaarheid nastreef nie. ʼn Bewys hiervan is dat die meeste van die 18 munisipaliteite wat skoon oudits ontvang het, nie onder ANC-beheer is nie, en ook meestal in die Wes-Kaap geleë is.
Nog bevindinge uit die OG se jongste verslag lui soos volg:
- 63 se oudituitkomste het agteruitgegaan terwyl 22 verbeter het.
- Ongekwalifiseerde ouditmenings het van 61% tot 51% verminder.
- Slegs 19% van die munisipaliteite kon finansiële state sonder beduidende wanvoorstellings gee.
- Prestasieverslae van 65% van die munisipaliteite het beduidende gebreke gehad en is nie geloofwaardig genoeg om deur die raad of publiek gebruik te word nie.
- Die OG het wesenlike nie-voldoening aan belangrike wetgewing by 92% van die munisipaliteite gerapporteer – dit is die hoogste sedert die 2011-2012 oudit.
- R25,2 miljard se onreëlmatige uitgawes is landwyd aangeteken; hierdie bedrag kan selfs hoër wees.
- Vyf provinsiale administrasies het 18 munisipaliteite onder administrasie geplaas weens hul beroerde finansiële posisie.
- Sowat ʼn derde van die munisipaliteite het nie die toestand van water- en/of sanitasieinfrastruktuur nagegaan nie. Bykans die helfte het nie ʼn beleid oor instandhouding nie.
- 23% van munisipaliteite het nie die toestand van paaie nagegaan nie en 41% het nie ʼn padinstandhoudingsplan nie.
- Die Wes-Kaap se persentasie van skoon oudits is 40% (die enigste provinsie met ʼn dubbelsyfer vir skoon oudits) terwyl Noordwes en die Vrystaat geen skoon oudits gehad het nie en KwaZulu-Natal slegs 2%. In Gauteng het slegs Midvaal ʼn skoon oudit ontvang.
Daarbenewens het die Munisipale Finansiële Stabiliteitsindeks vir 2018, uitgereik deur Ratings Afrika, getoon dat die meeste munisipaliteite in die land in finansiële nood verkeer en verliese toon. Volgens hierdie organisasie is Suid-Afrika se munisipale sfeer op die rand van ʼn ineenstorting. Good Governance Africa se verslag, die Regeringsprestasie-indeks 2019, toon dat 12 uit die 20 beste munisipaliteite in die Wes-Kaap geleë is en dat slegs vyf van dié 20 deur die ANC beheer word. Nege uit die 20 swakste munisipaliteite is in KwaZulu-Natal geleë en sewe is in die Oos-Kaap. Die ANC beheer die meeste van hierdie munisipaliteite.
Munisipaliteite wat nie hul waterrekeninge betaal nie, se skuld het in November 2018 op R13,1 miljard te staan gekom – ʼn bedrag wat slegs R2 miljard minder is as die jaarlikse begroting van die Departement van Water en Sanitasie. Heelwat dorpe en munisipaliteite is dikwels en vir lang tye sonder water omdat die waterrade nie betaal word nie. Die Govan Mbeki (Bethal), Victor Khanye (Delmas) en Lekwa (Standerton) Munisipaliteite is net sommige van Mpumalanga se munisipaliteite wat onder nypende watertekorte deurloop.
Wat kragskuld betref, is die situasie ook onrusbarend. Soweto alleen skuld Eskom nagenoeg R20 miljard weens onbetaalde rekeninge. In Mei 2019 was die skuld van alle munisipaliteite R21,1 miljard – ʼn toename van R7,5 miljard sedert einde Maart 2018, toe dit R13,6 miljard was. Vier munisipaliteite in Mpumalanga skuld gesamentlik R5,1 miljard, terwyl drie munisipaliteite in die Vrystaat R7,3 miljard skuld. Een munisipaliteit in Gauteng skuld R1,4 miljard.
Korrupsie is insgelyks ʼn reuseprobleem. Volgens Corruption Watch se 2018verslag toon tendense aan dat munisipaliteite van die grootste sondaars is wat korrupsie betref. Die tiende uitgawe van die Global Corruption Barometer – Africa, wat deur Transparency International en Afrobarometer uitgereik is en burgers van verskeie lande se sienings oor korrupsie toets, het ook getoon dat 45% van die respondente aangedui het dat die meeste mense, of selfs almal, in plaaslike regering korrup is. Slegs die 49%-syfer vir die polisie is hoër.
Ongelukkig plaas die publiek, kommentators, die media, en selfs groepe binne die ANC hul hoop op die verkeerde plekke. Hulle hoop dat die ANC homself sal hervorm, verenig sal wees en beter sal regeer, maar dit lyk na ʼn skrale moontlikheid. Die alternatiewe hoop dat ʼn beter opposisieparty of koalisie ingestem sal word, is ewe onhaalbaar. In die groot metro’s is die 78 politiek straks meer vloeibaar, maar stabiele en matige koalisies is meestal ʼn hersenskim. Die meeste plaaslike munisipaliteite (veral in die platteland) gaan nog lank deur die ANC regeer word en hul toestand gaan waarskynlik nie verbeter nie, maar verder versleg. Die betrokke gemeenskappe wat in ʼn munisipaliteit woonagtig is, moet daarom self verantwoordelikheid vir hulle omstandighede neem en selfdoen-aksies loods. AfriForum-takke is reeds besig om op talle plekke landwyd strate te teer, straatname te verf, korrupte amptenare te ontbloot en aan te kla, borde op te rig, strate skoon te maak, en baie ander take te verrig wat eintlik die staat se verantwoordelikheid is. Baie mense kla dat hulle reeds die munisipaliteit betaal en dus geregtig is op dienste. Dit is ʼn geldige klagte, maar die werklikheid is dat hierdie dienste op vele plekke eenvoudig nie gelewer word nie en dat die verval net sal voortduur indien die gemeenskap en privaat instellings nie self inspring nie.
TOEKOMSPLANNE VIR 2030
AfriForum se diensteselfbestuurplan is geskoei op die bestuur van plaaslikeregeringsake en die beïnvloeding van ander sfere wat met munisipaliteite ʼn verhouding het, soos Eskom, die Departement van Water en Sanitasie, die Departement van Omgewingsake, ens. Hierin lê die belang dat mense bemagtig word om ondersteuning aan gemeenskappe te lewer ten opsigte van plaaslike regering en die uitvoering van die selfbestuurstrategie, naamlik die lewering van dienste op grondvlak.
Selfbestuur deur benutting van bestaande prosesse
Die selfstandigheidsplan van AfriForum is daarop gemik om gemeenskappe dienslewering op so ʼn wyse te laat verstaan dat die gemeenskappe dit later feitlik self sal kan bestuur. Dit is baie belangrik om te verstaan dat die verwesenliking van selfstandigheid stapsgewys plaasvind. Hierdie stap-vir-stap selfstandigheidsplan wat AfriForum tans implementeer, kan kortliks soos volg opgesom word:
- Gemeenskappe neem eienaarskap van hul omstandighede.
- Gemeenskappe word ingelig en opgelei om sake wat oor plaaslikeregeringsake handel, te kan hanteer.
- Die gemeenskap skep die werklike vermoë om dienste van die staat op ʼn volhoubare wyse te bestuur deur mobilisering van gemeenskapshulpbronne.
- ʼn Gemeenskapsinstelling of -liggaam vir selfbestuur, wat onafhanklik en sonder politieke inmenging kan voortbestaan, word gevestig.
- Die de facto-werklikheid van selfbestuur word na juridiese erkenning gelei deur beplanning en effektiewe deelname.
Opsommend kan gesê word dat selfdoen-aksies omgeskakel moet word in volhoubare liggame wat dienste vir die gemeenskap namens die munisipaliteit bestuur. Die gemeenskap moet egter sekere aksies uitvoer om die selfstandigheidsplan suksesvol te maak, naamlik:
- Die gemeenskap moet deelneem aan openbare raadplegingsprosesse en voorstelle maak oor hoe stadsbestuur moet plaasvind.
- Daar moet aan die geïntegreerde otwikkelingsplan (GOP) se proses van die munisipaliteit deelgeneem word:
– Identifiseer die toepaslike probleme in die dorp.
– Ondersoek en omskryf die probleem.
– Stel vas watter moontlike oplossing daar vir die probleem bestaan, wat ʼn kosteberaming insluit.
– Vra spesifiek dat die oplossing in die strategiese raamwerk van die munisipaliteit geïnkorporeer word.
– Indien dit binne die strategiese raamwerk val, moet dit teenoor die toepaslike begrotingsitem aangedui word.
– Gelyktydig met dieselfde navorsing vanaf die GOP-projek, moet eie liggame tot stand gebring word om dienste te kan verskaf.
– Stel ʼn besigheidsplan op om die diens self te bestuur en werk saam met die plaaslike regering om te bepaal watter liggaam die beste gepas is.
– Maak gebruik van verskeie instellings of organe om druk op die plaaslike regering uit te oefen.
Daar moet dus eerstens stapsgewys aan bestaande prosesse deelgeneem word, terwyl eie vermoë op grondvlak terselfdertyd uitgebou word. Een van AfriForum-takke se grootste uitdagings is dat die takke staatsdienste sonder staatsinkomste moet lewer. Takke se inkomste word beperk tot ʼn persentasie van taklede-inkomste en behels ʼn bedrag van tussen R1 000 en R50 000 per maand. Hierdie inkomste is onvoldoende om ʼn groot impak te maak op plaaslike ekonomiese ontwikkeling en bestuur, en die lewering van dienste. Die ontwikkeling van ander hulpbronne is dus noodsaaklik, en dit word vervolgens bespreek.
Hulpbronontwikkeling
AfriForum se plan vir die ontwikkeling van verdere hulpbronne berus op die samewerking tussen inwoners en die sakegemeenskap deur middel van ʼn gedeelde visie en die vestiging van gemeenskapsondernemings.
Inwoner-sakegmeenskap-samewerking
AfriForum se gemeenskapstrukturespan is besig om vennootskappe te vestig met die plaaslike sakegemeenskap om meer hulpbronne vir gemeenskapsprojekte te mobiliseer. Dit is in die beste belang van sakeondernemings om in ʼn veilige en skoon omgewing sake te doen. Die aktiewe bevordering van ʼn visie wat deur inwoners en die sakegemeenskap gedeel word (ʼn gedeelde visie) lei tot die sluit van vennootskappe. Hierdie vennootskappe, wat in praktyk ʼn gemeenskapsforum is, versterk ʼn gemeenskap se vermoë om self gemeenskapsdienste te bestuur of te lewer. Dit is ʼn noodsaaklike stap om gemeenskappe in staat te stel om die gaping te vul wat ontstaan as gevolg van die mislukkende staat en om die ideaal van selfstandigheid te bereik. Hierdie vennootskappe is reeds suksesvol gevestig in dorpe soos Bethal, Standerton en enkele ander dorpe.
Gemeenskapsondernemings
ʼn Verdere potensiële bron van geld om dienste op grondvlak te bestuur of te lewer, is die koopkrag van die gemeenskap. Die vestiging van gemeenskapsondernemings wat funksioneer as ʼn maatskappy sonder winsoogmerk (MSW) sal nie alleen werk skep nie, maar sal ook hulpbronne na die gemeenskap kanaliseer. In hierdie verband bied herwinning en gesuiwerde water groot moontlikhede, aangesien herwinning tans op baie beperkte skaal gedoen word en inwoners reeds in verskeie dorpe genoodsaak is om gesuiwerde water te koop.
Dringende verdere ondersoek in hierdie verband is noodsaaklik.
Tegnologiese oplossings
Hoewel die mobilisering van gemeenskappe ʼn doeltreffende teenvoeter bied teen plaaslike staatsverval, bied dit in isolasie egter nie ʼn volhoubare langtermynoplossing nie. Plaaslike ekonomiese ontwikkeling berus op die uitsetgedrewe samewerking tussen die staat, sakegemeenskap en die breër gemeenskap. Die omvang van staatsverval is weliswaar van so ʼn aard dat blote vennootskappe tussen instellings ook beperkte ruimte vir vordering bied.
Dit is binne hierdie raamwerk wat innoverende meganismes nagevors moet word ten einde ʼn volhoubare oplossing te bied. Een van die moontlike meganismes ter bevordering van gemeenskapselfstandigheid is die ontwikkeling van gedesentraliseerde stelsels en instellings wat gemeenskapsdienste op dorp-, woonbuurt- en huishoudingvlak sal lewer en sal bestuur. Innoverende tegnologiese ontwikkeling kan moontlik ʼn buffer bied teen staatsverval en sal deel vorm van ʼn langtermynoplossing vir die daarstelling van volhoubare leefruimtes.
Werklike vermoë
Werklike vermoë beteken dat die gemeenskap die vermoë het om dienste in sy gebied te bestuur. Dit verg dat die gemeenskap ook intern moet bepaal watter vermoë reeds in sy midde bestaan. Indien daar byvoorbeeld ʼn waterprobleem in ʼn dorp is, en die gemeenskap iemand benodig om te help met ʼn infrastruktuurprobleem, behoort lede van die gemeenskap te help om die probleem op te los teen ʼn laer koste, omdat gemeenskapslede self onder die probleem ly.
Die Solidariteit Beweging praat van die skep van ʼn de facto-werklikheid. Dit is beslis nodig vir plaaslikeregeringsake. Indien die staat in sy pligte faal, kan die gemeenskap nie net agteroor sit en niks daaromtrent doen nie.
Benadering
Wanneer daar ʼn aksie beplan word, moet daar verseker word dat die aksie só verwoord word dat dit gunstig vir die gemeenskap is.
Indien daar ʼn selfdoen- of selfstandigheidsinisiatief aangepak word, word daar eerstens gepoog om met die staat saam te werk. Daar word probeer om verskillende aksies saam met die staat aan te pak, en hierdie inligting word formeel aan die plaaslike owerheid gekommunikeer. Soms word daar samewerking met die owerheid verkry en kan probleme saam aangepak word, maar dit gebeur nie oral nie.
Die basiese reël is: Hou jou kant skoon en maak seker dat indien jy genader word, jy kan verduidelik hoe jy tot by dié punt gekom het.
Juridiese erkenning
Bestaande wetgewing bemagtig gemeenskappe om in ʼn sekere mate dienste op grondvlak self te bestuur. Juridiese erkenning kan derhalwe volg indien die bovermelde proses geloofwaardig en suksesvol aangepak is. Dit is baie belangrik om te verstaan dat die erkenningsproses met die aanvang van die projek begin.
AfriForum se navorsing in hierdie verband het getoon dat die relevante liggaam deur elke afsonderlike situasie bepaal word. Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die remedie wat die wydste toepassing sal hê, is om ʼn publiek-private-vennootskap met munisipaliteite aan te gaan. Hierdie handeling beteken dat daar ʼn formele verhouding tussen die diensleweringsliggaam en die munisipaliteit bestaan. Die grootte en omvang van elk van hierdie liggame kan in die ooreenkoms vervat word. In die verlede het dit geblyk dat mense wat op klein skaal begin met ʼn spesifieke diens en dit suksesvol lewer gewoonlik dan deur die omringende area versoek word om die diensarea te vergroot.
Die keuse
Gemeenskappe moet self besluit of hulle dienste self wil bestuur. Indien gemeenskappe wil, moet hulle doelgerig werk om dit te bereik. Gemeenskappe moet besef dat dit nie maklik gaan wees nie en dat die staat waarskynlik sal probeer inmeng. Dit is egter so dat die staat se vermoë om dienste te lewer daagliks verswak, en gemeenskappe moet kies of hulle ʼn slagoffer daarvan gaan wees en of hulle beheer oor hulle eie toekoms gaan neem.
Opleiding van plaaslikeregeringsvrywilligers
Uiteindelik wil die plaaslikeregeringsakespan AfriForum-takke so goed oplei dat die takke self substantiewe GOP’s kan opstel en implementeer. Daar word terselfdertyd navorsing gedoen oor liggame of meganismes wat die beste geskik is om dienste op ʼn wettige wyse te kan bestuur.
Voordat hierdie liggame gestig of geïmplementeer kan word, moet die omgewing asook die wetgewing, regulasies en bestuurspraktyke van stadsbestuur eers verstaan word. Indien hierdie fase nie deurgetrap word nie, bestaan daar ʼn groot risiko dat AfriForum se strategie kan platval, soos in die geval van Sannieshof. Daarom is daar in 2018 begin met die aanbieding van GOP-opleiding vir die plaaslike regeringsbeamptes wat op die besture van AfriForum-takke dien. Hierdie GOP-opleiding is in 2018 deur 132 vrywilligers van 52 takke regoor die land bygewoon.
Opleiding in hierdie verband sal uitgebrei word en praktiese handleidings sal opgestel word. Daar word beplan om Raad en Remedies oor Munisipale Aangeleenthede op AfriForum se webwerf beskikbaar te maak, sodat almal toegang tot hierdie remedies kan verkry.
Afsluiting
AfriForum gaan selfdoen-inisiatiewe op ʼn groter skaal en op verskeie vlakke aanvoer tot by die punt waar dit as selfstandige diensleweringsliggame kan voortbestaan deur aan munisipale prosesse deel te neem, deur die vermoë om diens te lewer op grondvlak te organiseer, en deur juridiese erkenning vir hierdie liggame te verkry.
Omgewingsake
Staatsverval is ’n realiteit in Suid-Afrika, soos duidelik blyk uit die stand van infrastruktuur wat aanlegte in munisipaliteite betref. Daar word weekliks kwessies in die media geopper oor die besoedeling van lug, riviere, ens. Die staat is in baie opsigte nie in staat om die land se omgewingsprobleme op te los nie en die regering is nie ernstig oor die gesondheid van SuidAfrikaners nie. Buiten die feit dat die meerderheid munisipaliteite nie bekwame personeel het wat op die aanlegte werk nie en daar gevolglik min of geen instandhouding plaasvind nie, is daar groot probleme met wanbestuur. Die laaste amptelike Blou- en Groendruppelverslag wat deur die staat bekend gemaak is, is in 2014 gepubliseer. Die ANC-regering probeer sy onbevoegdheid wegsteek deur inligting van die publiek en selfs die parlement te weerhou, terwyl gewone mense daagliks onder waterkrisisse en ander probleme gebuk gaan. Ons kan nie langer op die staat vertrou om veilige water te verskaf nie. Dit gaan in die toekoms noodsaaklik wees dat kundiges vrywillig betrokke raak en self die infrastruktuurkwessies oplos om waterbesoedeling hok te slaan.
Suid-Afrika word as ’n land met ’n waterskaarste geklassifiseer en oplossings moet daarom gevind word om die buitengewone uitdagings met betrekking tot die volhoubare bestuur van vars waterbronne die hoof te bied. Die land ondervind toenemende druk weens die vraag na en aanbod van skoon drinkwater. Groeiende druk op bestaande drinkwater- en 83 rioolinfrastruktuur dra by tot die land se dreigende drinkwater- en rioolkrisis, en boonop word die land se waterbronne nie opgegradeer nie, soos om nuwe en groter damme te bou.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie sterf bykans vier miljoen mense – van wie die meeste jonger as vyf jaar oud is – jaarliks aan siektes wat direk aan besoedelde water toegeskryf kan word. Dit is meer as 330 000 mense per maand, of 10 000 mense per dag, 400 mense per uur, of sewe mense elke minuut, of een persoon elke agt sekondes. SuidAfrika is nie uniek wat die wateruitdagings betref nie. Die tekort aan water dwing ons as gebruikers om opnuut te dink oor water en hoe ons dit gebruik. Die Wes-Kaap is hiertoe gedwing met waterbeperkings van 50 liter per persoon per dag (ℓ/c/d) in 2018. Die gemiddelde waterverbruik in die wêreld is 180 ℓ/c/d, teenoor die gemiddelde Suid-Afrikaanse gebruik van 235 ℓ/c/d, aldus die Departement van Water en Sanitasie (DWS).
Suid-Afrika sal anders te werk moet gaan met hoe ons water gebruik. Tegnieke en metodes moet ontwikkel word om water vir verskeie doeleindes te kan gebruik. Dit beteken dieselfde liter water van drinkwatergehalte wat na verbruikers gestuur word, mag nie net een maal gebruik word en dan wegspoel nie; dit moet ’n tweede en derde gebruiksfunksie hê wat daarvoor gepas is.
Volgens die ouditeur-generaal se verslag is dit ook duidelik dat munisipaliteite nie hulle waterskuld aan waterverskaffers betaal nie en dat hulle skuld net meer word. In die Oos-Kaap skuld drie munisipaliteite – Amathole-distrik, Makana en OR Tambo-distrik – byvoorbeeld R194 miljoen aan hulle waterverskaffers, waarvan R174 miljoen verband hou met agterstallige skuld. Op 30 Junie 2018 het Vrystaatse munisipaliteite R2,9 miljard aan waterrade geskuld (teenoor R2,4 miljard in 2016-2017). In Gauteng het munisipaliteite op 30 Junie 2018 ‘n bedrag van R65 miljoen aan waterowerhede geskuld; in KwaZulu-Natal was die bedrag R348 84 miljoen; en in Limpopo R1 201 miljoen (waarvan skuld van R715 miljoen ouer as 120 dae was).
Vir Mpumalanga is daar nie ’n totale bedrag bekend nie, maar dit kan aanvaar word dat dit heelwat sal wees, veral in die lig daarvan dat die Govan Mbeki Munisipaliteit R87 miljoen skuld, Victor Khanye R85 miljoen, en Lekwa ook ʼn groot bedrag. In die Noord-Kaap het agt munisipaliteite se skuld aan watervoorsieners R1 024 miljoen beloop op 30 Junie 2018. Op 30 Junie 2017 was die waterskuld van munisipaliteite in die Noordwes R1,3 miljard en teen 30 Junie 2018 het dit tot R1,4 miljard toegeneem. Vir die Wes-Kaap was daar is nie ’n aanduiding van hoeveel die munisipaliteite aan waterrade geskuld het nie maar daar kan aanvaar word dat dit die geval is omdat die munisipaliteite daar geen wesenlike skuld aan watervoorsieners het nie. Dit is kommerwekkend dat munisipaliteite in sekere provinsies hulle baie meer skuldig maak aan wanbetaling as dié in ander provinsies.
Onvoldoende afvalbestuur, die ineenstorting van infrastruktuur, korrupsie, gesondheids- en veiligheidskwessies, ’n tekort aan lugspasie vir vullis, aardverwarming en besoedeling is maar net ’n paar kwessies wat daagliks in Suid-Afrika die hoof gebied moet word, omdat SuidAfrikaners ’n grondwetlike reg tot ’n skoon natuurlike omgewing het. Baie min munisipaliteite kom afvalregulasies na en daar is by plaaslike owerhede ’n gebrek aan aanspreeklikheid vir behoorlike afvalbestuur, -monitering en -lisensiëring.
Die staat reik mynlisensies uit aan maatskappye wat nie tot verantwoording geroep word nie, omdat die staat nie die nodige regulering toepas om hierdie kwessie te bestuur nie. Daar word stil-stil mynlisensies deur die staat goedgekeur.
TOEKOMSPLANNE VIR 2030
Almal het die reg tot ʼn skoon, gesonde omgewing. In ʼn land waar politieke omstandighede mense van hulle omgewingsregte vervreem, moet omgewingsakeafdelings selfstandigheid in gemeenskappe bevorder om basiese regte te verseker en om die gemeenskap te beskerm.
AfriForum se afdeling se funksie deur middel van takke is om ʼn algemene omgewings- en watermoniteringsbasis te skep, om as waghond op te tree en oortredinge te identifiseer en die reguleerder verantwoordelik te hou vir die bestuur van water en die omgewing, en om die kapasiteit te skep vir selfdoen-aksies om waterinfrastruktuur te onderhou, vullisterreine skoon te maak en om herwinningsmodelle te formuleer en riool-infrastruktuur te herstel. Dit is in die tak se belang om ʼn volhoubare toekoms vir die nageslag te skep deur omgewingsverwante aksies plaaslik aan te voer wat toenemend tot staatsonafhanklikheid lei.
Die volgende elfpunttoekomsplan word geïmplementeer om ʼn gesonde omgewing te verseker.
1. Regsplan
AfriForum Omgewingsake het in hierdie tydperk daarin geslaag om spesifieke aksies aan te pak om kriminele klagtes teen die staat te lê weens oortredings ten opsigte van die National Environmental Management Act (Nema). Nema maak ook voorsiening vir die instel van privaat vervolging en dit sal ’n belangrike fokus vir die volgende 10 jaar wees.
2. Mediateenwoordigheid
AfriForum Omgewingsake gaan nasionaal en internasionaal aktief wees as ʼn voorstander van omgewingsake in die land deur middel van ʼn sterk standpunt in die media. Die aksies moet oplossinggedrewe wees vir ʼn skoon en lewende omgewing en ons lede moet bemagtig word om die omgewingsake-afdeling verder uit te brei.
3. Vrywilligernetwerk
AfriForum beoog om teen 2030 in elke AfriForum-tak omgewingsportefeuljelede wat bemagtig en met kennis toegerus is, te hê. AfriForum se omgewingsake-afdeling sal toesien dat elke ankerdorp ’n omgewingskenner het wat die portefeulje beklee; so sal ons ook seker maak dat elke tak ʼn omgewingsakeportefeulje het. Dié portefeuljes sal daarvoor verantwoordelik wees om spesialiste te kry wat by die plaaslike takke betrokke raak. Dit sal die ruimte skep vir omgewingsake om kundigheid op die gebied op te bou, en ook op grondvlak te werk.
4. Kennernetwerk
AfriForum gaan ’n tafel van direkteure skep vir omgewingskenners wat hoofsaaklik uit waterspesialiste bestaan, sodat daar ’n prakties uitvoerbare nasionale waterstrategie geskryf kan word. Navorsing sal gedoen word oor waterbestuur en -bedryf vir watersekerheid in gemeenskappe wat die bron onafhanklik van die staat wil gebruik. ʼn Waternoodplan gaan beskikbaar wees op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak by elke geïdentifiseerde ankerdorp sodat daar in noodtoestande na ons lede omgesien kan word en sodat AfriForum beheer kan uitoefen oor daardie noodwaterpunte. Die noodwaterpunte sal op ’n gereelde basis getoets moet word om geloofwaardigheid te handhaaf. Die langtermynplan is om watertenks in die dorpe op te rig, wat beheer oor 86 AfriForum se strukture op grondvlak sal kan uitoefen. Daar gaan ’n stelsel ontwerp word vir ’n intydse kaart van beskikbare waterbronne.
5. Watergehaltewaghond
Die Blou- en Groendruppelverslag sal jaar na jaar verbeter word om dit nog meer geloofwaardig te maak, en meer dorpe en aanlegte se water sal jaarliks getoets word. AfriForum gaan ook ʼn Persdruppelprojek implementeer wat die toets van riviere behels. Die Persdruppeltoets is meer ingewikkeld omdat toetse op verskeie plekke in ʼn spesifieke rivier gedoen moet word. Dit sal aan AfriForum nog meer geloofwaardigheid verleen, omdat hulle dan ʼn funksie sal verrig wat die DWS moet uitvoer en bekend maak.
Navorsing sal deur kundiges gedoen moet word om ’n strategie te ontwikkel en nuwe tegnologie te toets vir gebruik om riviere te suiwer. Eco-Tabs is veeldoelige tablette wat gemaak word om afvalwater van suurstof te voorsien, die reuk van waterstofsulfied te verwyder, korrosie te voorkom en die aërobiese biologiese afbreek van organiese slyk (insluitend natuurlike olies en vet) aan die gang te sit. Aërobies aktiewe suurstof en mikroörganismes bevorder die groei van bakterie-kolonies op ʼn veilige manier en dit help om die totale opgeloste vastestowwe te verminder, en reuke word ook verminder. Dit is meer effektief as bestaande produkte wat vir dieselfde doel aangewend word. Die enigste nadeel daarvan is dat dit koste-intensief is.
6. Rioolwerkbestuur deur PPP
Rioolafvalwaterbehandelingswerke (RAWBW) moet volledig beskryf word in ’n herstel-/ funksioneringslys, sodat takke bemagtig kan word om self die probleme op te los met betrekking tot RAWBW. Die einddoel gaan dan wees om ’n besigheidsmodel te skryf vir riool, en dit sal onder andere “Public Private Partnerships” (PPP) behels. AfriForum kan moontlik die proses saam met ’n maatskappy aanpak om die PPP te bewerkstellig. ʼn Werkbare PPP moet ingestel word in ankerdorpe ten opsigte van vullisverwydering, rioolaanlegte en vullisterreine. Dit sal die beginfase wees om selfstandigheid te vestig vir die Afrikaanse gemeenskap binne Suid-Afrika.
7. Internasionale bewusmaking
Veldtogte vir internasionale steun en kapitale inspuitings gaan vir die volgende 10 jaar ’n belangrike fokus vir Omgewingsake wees. Daar sal onder andere gefokus word op samewerkingsooreenkomste met ander groot omgewingsaktiviste van oor die wêreld om sodoende druk op die regering te plaas. Daar is groot geleenthede vir internasionale fondse om deur AfriForum aan omgewingsake te bestee en groot sukses kan behaal word indien fondse deur die internasionale gemeenskap bewillig word om selfstandigheid te bevorder.
8. Samewerking met rolspelers
Verhoudings sal gebou word, soos met Rand Water en soortgelyke liggame, sowel as ander waterrade om kwessies te hanteer en sodat druk op die staat toegepas kan word. Daar sal intensiewe veldtogte gevoer word om beter samewerking te bewerkstellig met ander omgewingsake-organisasies (soos byvoorbeeld Greenpeace).
AfriForum gaan verteenwoordiging hê op elke “Catchment Management Agency” (CMA) sodat daar op dié manier inligting oor water in die land bekom kan word en ook om druk op die regering aangaande waterkwessies toe te pas. As die CMA deur AfriForum beheer word, kan AfriForum meer selfstandigheid skep ten opsigte van die waterbronne in die land.
9. Herwinning en inkomste
’n Herwinningsbesigheidsmodel moet geskryf word vir geïdentifiseerde ankerdorpe van AfriForum, sodat die takke op dié dorpe selfstandig kan word en fondse vir daardie doel kan genereer. Daar sal gewerk word aan ’n model waar die vullisdromme ook kleurkodegebaseer is om die herwinningsproses te vergemaklik, en ʼn beginsel soos “separation at source” sal geïmplementeer word.
10. Natuurbewaring
AfriForum Omgewingsake gaan sterk standpunt inneem ten opsigte van Suider-Afrika se biodiversiteit en omgewing. Die handel en stropery van renosters en olifante in SA gaan toeneem en AfriForum moet ’n internasionale standpunt oor die kwessie inneem. Dit kan groot geleenthede vir AfriForum skep.
Maatskaplike gemeenskapsontwikkeling
Helpende Hand is nie onseker oor ons roeping nie – dit is die verligting, verbreking en voorkoming van Afrikaner-armoede. Ons ken ons uitdagings. As ons terugkyk, weet ons wat dit moontlik gemaak het en ons weet ook wat sukses moeilik gemaak het. Daar sal altyd meer wees wat ons kan doen. Daarom mag en kan ons nie onseker wees oor ons tienjaarplan nie. Die fokus is, en sal die aanpak van armoede binne ʼn gestruktureerde en georganiseerde raamwerk bly.
Vir die volgende tien jaar stel ons onsself die volgende ten doel:
- Die uitbreiding van takke/strukture, ondersteuners en kapasiteit.
– Takke moet groei van 150 na 190 (in 2015 was ons 130).
– Ondersteuners moet groei van 40 000 na 60 000.
– Personeel moet groei van 60 na 90. - Die ontwikkeling van ons maatskaplike struktuur is wesenlik; daarsonder sal ons nie ʼn gemeenskapsontwikkelingsplan kan aanbied nie.
– Die ontwikkeling van ʼn maatskaplike gemeenskapsontwikkelingsplan vir die Afrikaner.
– Maatskaplikke werkers moet groei van 10 na 30+ (in 2015 was daar 1).
– Elke streek moet ʼn eie maatskaplike werker hê.
– In soveel moontlik van die ankerdorpe moet daar ʼn maatskaplike kantoor wees. - Die ontwikkeling en uitbreiding van nasionale projekte moet voortgaan en verder ontwikkel word:
– Helpjag
– HelpHetta
– Frouevonds
– Tassie
– StopHonger
– Helpmekaar
– Ander - Uitbreiding van Ons Winkels:
– Ons Winkels dien as ʼn belangrike been van ons finansiële model; daarom moet ons dit van 50 na 80 in die volgende tien jaar uitbrei (in 2015 was daar 14).
- Studiefondssentrum
– Die studiefondssentrum kon in 2019 R41 miljoen aan 1 300 studente voorsien. Ons werk na ʼn doelwit van 2 500 studente teen 2025 wat beteken ons sal R87,5 miljoen per jaar nodig hê. Teen 2030 wil ons graag 4 000 per jaar teen 140 miljoen per jaar help (neem in ag dat ons in 2019 ons 5 000ste studente gehelp het).
Helpende Hand besef dat die bereiking van hierdie doelwitte nie net gaan gebeur nie, maar met harde, intense werk, goeie beplanning en ʼn sterk roepingsbewustheid gepaardgaan. Ons aanvaar die uitdaging. Saam vorentoe.
Skakeling
Internasionale skakeling: die Solidariteit Beweging en die internasionalisering van die Afrikanersaak
Internasionale skakeling tot op hede
Internasionale skakeling is nie ʼn nuwigheid vir die Solidariteit Beweging nie. Verskeie instellings van die Beweging is reeds jare lank besig met gevorderde skakeling. Hierdie skakeling het tot dusver sterk gefokus op die vorm van vriendskappe en netwerke veral in die VSA en Europa, maar ook tot ʼn mindere mate in Australië, Nieu-Seeland en Israel. Verder was daar ook ʼn sterk fokus op bewusmaking oor omstandighede in Suid-Afrika en veral die politieke, kulturele, veiligheids- en ekonomiese druk wat minderhede soos die Afrikaner toenemend ervaar. Daardeur is daar die afgelope paar jaar toenemende druk op die Suid-Afrikaanse regering geplaas en is ʼn regverdiger beeld van wat regtig in SuidAfrika aangaan, veral in Westerse lande, ontwikkel.
Internasionale skakeling vind tans plaas vanuit die Solidariteit Beweging Trust, sowel as deur afsonderlike afdelings binne instellings. Die Solidariteit Beweging fokus veral op politieke en kulturele skakeling met die doel om uiteindelik spesifieke uitsette vir die Beweging se verskillende filiale in die buiteland te help bewerkstellig.
Verskeie dokumente en verslae word gereeld deur die Beweging opgestel en versprei ten einde die buiteland oor kwessies soos die miskenning van Afrikaans, die beplande grondonteiening sonder vergoeding en plaasaanvalle bewus te maak. Die krisis waarin die Suid-Afrikaanse ekonomie verkeer, gepaardgaande met die afgelope paar jaar se staatskaping, grootskaalse korrupsie en oorregulering word ook aan die buiteland verkondig.
Dit is veral Solidariteit en AfriForum wat tans aktief in die buiteland skakel met die doel om bogenoemde uitsette te bereik. Akademia het ook goeie bande met ander akademiese instellings in die VSA en Europa begin smee en werk ook saam met individuele akademici. Binne die Beweging is daar ook die afgelope ruk daaraan gewerk om die profiel van die FAK, PretoriaFM, Maroela Media, Sakeliga en ander instellings in die buiteland te help vestig. Die FAK en AfriForum doen ook reeds uitgebreide kulturele skakeling en Helpende Hand en AfriForum kry reeds donasies vir maatskaplike hulpverlening en droogtehulp. AfriForum se Wêreldwyd het die grootste databasis van expats.
TOEKOMSPLANNE VIR 2030
Die Solidariteit Beweging het reeds ʼn ruk gelede besluit om sy buitelandse skakeling wesenlik uit te brei. Daar sal oor die volgende paar jaar meer hulpbronne, tyd en energie aangewend word om op meer plekke van die wêreld meer te bereik. Hierdie uitgebreide internasionale skakeling sal oorhoofs binne die Beweging Trust, sowel as binne die onderskeie filiale plaasvind. Verhoogde internasionale skakeling sal aan die hand van die Solidariteit Beweging se internasionale skakelingstrategie plaasvind en sal veral op die volgende fokus:
- Ontwikkeling van ʼn internasionale netwerk
- Verspreiding van inligting
- Aanmoediging van politieke stappe
- Mediaskakeling en publisiteit
- Fondswerwing vir projekte
Skakeling sal veral op die volgende lande en streke fokus:
Nederland
In Nederland het ons reeds goeie verhoudinge met talle politieke leiers, akademici en gemeenskapsleiers gevestig, en die afgelope paar jaar het uitgebreide skakeling met hulle plaasgevind. Die potensiaal vir praktiese politieke uitkomste hier is baie hoog. Daar is ook baie potensiaal in Nederland vir die ontwikkeling van strukture met lede/ondersteuners en die werwing van fondse vir spesifieke projekte.
Die gebiede waar ons reeds sterk skakeling in Nederland het, sluit in die politiek (binneen buite-parlementêr), op kultuur- en taalvlak, die akademie (individuele akademici en skrywers) en op gemeenskapsvlak (kerke, skole en ander gemeenskapsorganisasies).
Vlaandere in België
Daar bestaan ook reeds baie goeie verhoudinge in die Nederlandstalige Vlaandere en dié verhoudinge het dieselfde soort potensiaal as in Nederland. Hier is die omgewing vir skakeling selfs gunstiger as in Nederland omdat daar in Vlaandere ʼn diep sin vir die beskerming van taal en kultuur bestaan en omdat daar voor 1994 sterker bande tussen Vlaandere en die Afrikaner aanwesig was as wat byvoorbeeld die geval in Nederland was. Die ontwikkeling van strukture, politieke uitkomste – veral in die Vlaamse parlement – en fondswerwing behoort hier heeltemal bereikbare doelwitte te wees. Skakeling in Vlaandere kan ook saamloop met skakeling in Brussel met die Europese Unie en ander belangrike instellings wat daar gesetel is.
Oostenryk
Oostenryk is ʼn meer konserwatiewe land met ʼn sterk begrip vir ons konteks. Ons het talle vriende in die regering en Oostenryk beleef tans ʼn sterk konserwatiewe herlewing. Konserwatiewe idees is gewild en Oostenrykers het ʼn heelwat kleiner behoefte aan politieke korrektheid as byvoorbeeld Duitsland.
Daar bestaan goeie geleenthede in Oostenryk vir politieke uitkomste, die ontwikkeling van strukture en die werwing van ontwikkelingsfondse vir spesifieke projekte in Suid-Afrika.
Suid-Tirool
Suid-Tirool het ’n baie sterk historiese band met die Afrikaner en dit is opvallend hoeveel jongmense in Suid-Tirool vandag steeds deeglik bewus is daarvan. Daar bestaan reeds ʼn organisasie, Vriendekring van die Afrikaner, in Suid-Tirool en gereelde skakeling vind reeds plaas. Daar moet verder hierop gebou word.
Die volgende stap is egter om die skakeling met Suid-Tirool te gebruik om ʼn eerste stap tot skakeling met die Italiaanse regering in Rome daar te stel.
Die res van Europa
Skakeling in die res van Europa moet fokus op Brittanje, Frankryk, Duitsland, Swede, Switserland en Hongarye waar onmiddellike skakeling moontlik is en daar reeds individue en instellings is wat in die Afrikaner belangstel. Lande in Oos-Europa moenie oorgeslaan word nie en politieke bande met byvoorbeeld Pole, Georgië, Bulgarye en ander lande moet ondersoek word.
VSA
Oor die afgelope 13 jaar het die Solidariteit Beweging by tye suksesvolle skakeling in die VSA bewerkstellig. Oor die afgelope paar jaar het veral AfriForum met groot sukses skakeling in die VSA onderneem. Die VSA is sekerlik dié land waar die meeste potensiaal vir politieke druk en fondswerwing bestaan. Daar is in Amerika ʼn kultuur van eerlike uitsprake oor probleme in ander lande en daar is ook ʼn kultuur van finansiële bydraes vir drukgroepe oor die politieke spektrum heen.
Die gebiede in die VSA waar die beste potensiaal vir skakeling tans bestaan, is eerstens op politieke terrein, in die kongres sowel as by die talle beleidsgroepe, drukgroepe en nieregeringsinstellings. Skakeling met die media in die VSA is ook baie belangrik en daar 92 moet gefokus word op die lewering van goeie, diepgaande artikels aan publikasies soos The Wall Street Journal, The Washington Times, National Review, asook aan verskeie konserwatiewe en alternatiewe webkoerante en blogs.
Die Solidariteit Beweging moet as deel van ons strategie ʼn vennootskap met ’n Amerikaanse instelling of invloedryke individu aangaan ten einde so gou as moontlik ons eie strukture en fondsinsamelingstroom te ontwikkel. Verder moet huidige skakeling met akademiese instellings uitgebrei word.
Oseanië
Skakeling met Australië̈ en Nieu-Seeland is nog redelik nuut vir ons. Tog is daar op twee terreine wesenlike potensiaal hier. Albei lande, hoewel sterk gesekulariseer, het groot konserwatiewe bewegings en politieke partye. Albei lande se fokus is sterk op Asië en die VSA en minder op Afrika en Suid-Afrika en daarom is daar minder risiko vir hulle om kritiek op dinge in Suid-Afrika uit te spreek.
Tweedens is albei lande natuurlik groot trekpleisters vir Suid-Afrikaanse en veral Afrikaner-immigrante. Oor die afgelope twee dekades het honderde duisende van ons mense hulle in hierdie twee lande gaan vestig. Afrikanerorganisasies slaag nog nie daarin om hierdie diaspora deeglik te mobiliseer nie. ʼn Duidelike strategie met ʼn enkele uitset moet daarvoor ontwikkel word.
Afrika
Die Afrikaner moet sy verbintenis met Afrika oor en oor herbevestig. Daarsonder kan ons nie aandring op ʼn langtermynbestaansreg op hierdie kontinent nie. Hoewel ons kultureel min in gemeen het met die meeste volkere van Afrika, is dit tog moontlik om skakeling in sommige Afrikalande te bewerkstellig. Hier kan dit baie sinvol wees om ʼn samewerkingsooreenkoms met ʼn minderheidsgroep in ʼn ander land te sluit en om dan saam vir ontwikkelingsfondse in Europese lande aansoek te doen. Die ontwikkeling van so ʼn samewerkingsooreenkoms moet die hoogste prioriteit in ons internasionale skakelingstrategie geniet.
Israel
Gedurende die apartheidsera is daar gereeld met Israel geskakel. Oor die afgelope paar jaar het geen Afrikaner-instelling wesenlike skakeling met Israel bewerkstellig nie. Daar is egter groot geleenthede om saam te werk op terreine soos landboutegnologie, veiligheid en op terreine waar Israel oor spesialiskennis beskik.
Rusland
Die huidige regering in Rusland, wat eintlik maar volledig deur sy president Wladimir Poetin verteenwoordig word, is uitgesproke antikommunisties en het die afgelope paar jaar toenemend ʼn Christelike, konserwatiewe benadering begin volg. Daarmee saam het Rusland egter nie sy aanvanklike poging ná die val van die Sowjetunie om by die Weste aan te sluit, voortgesit nie. Deesdae is Rusland meer betrokke in die Midde-Ooste en Asië. Die Solidariteit Beweging moet egter oor die volgende paar jaar na die Russiese regering uitreik en basiese vriendskapsbande bewerkstellig. Skakeling met minderheidsgroepe in Rusland sal ook ondersoek word.
Die res van die wêreld
Die belangrikste streke om hier uit te lig, is Oos-Europa en Suid-Amerika. In beide gevalle verwys dit hier na armer streke, effens buite die Weste, maar tog met groot Westerse invloed en aspirasies om Westers te wees. In albei streke is daar regerings wat minder polities korrek is as in Westerse lande en wat ’n baie sterk geloofsbasis met die Ortodokse Kerk en Katolieke Kerk onderskeidelik het. Skakeling hier sal waarskynlik beperk wees tot politieke vriendskappe eerder as wesenlike invloed en fondswerwing. Tog staan baie mense in hierdie streke nader aan ons as wat ons mag besef en kan dit nie sleg wees om kontak te hê nie. In ʼn land soos Brasilië is die landbousektor baie sterk en goed georganiseer en daar kan met Afrikanerboere saamgewerk word.
Op pad na 2030
Die Solidariteit Beweging se vertrekpunt met internasionale skakeling is om langtermynvriendskappe en -vennootskappe op ʼn geloofwaardige wyse met goeie inligting, sterk argumente en volgehoue skakeling te ontwikkel ten einde ons taal, kultuur en mense te bevorder.
Met die klem op die volgende tien jaar sal ons sterk op meningsvormers fokus wat ons saak op een of ander manier kan steun en propageer; instellings – van dinktenks tot mediagroepe – wat soortgelyke invloed kan uitoefen of fisiese steun kan bied, of wat direk of indirek druk op die plaaslike regering kan plaas. Verder moet die skakeling met expats ook wesenlik uitgebrei word.
Die huidige werksaamhede sal oor die volgende dekade voortgesit, verdiep en verbreed word ten einde ’n breë netwerk van steun vir die Afrikaner regoor die wêreld te ontwikkel en praktiese steun op gefokusde terreine te werf.
Gemeenskapsmedia
Eie media is noodsaaklik vir enige kultuurgemeenskap se identiteit. Die samebindende effek van gemeenskapsmedia-instansies moet nooit onderskat word nie. Gemeenskapsmedia, net soos kommersiële media, het ten doel om die publiek in te lig, op te voed en te vermaak, maar gemeenskapsmedia het ʼn bykomende verantwoordelikheid om ʼn gemeenskap saam te bind en ʼn veilige plek te gee waar hulle as kultuurgemeenskap kan saamkom.
Buiten hierdie gemeenskapsrol wat media speel, het media in enige samelewing twee groot take: Enersyds toon die geskiedenis dat enige taal wat nie ʼn mediafunksie (een van die hoë funksies van ʼn taal) het nie, se kans op oorlewing bitter skraal is. Andersyds is ʼn vrye media een van die belangrikste komponente van ʼn demokratiese samelewing, waar die media optree as ʼn waghond van ʼn regering.
Wat Afrikaanse media in die breë se huidige stand van sake betref, is daar goeie en slegte nuus.
Die slegte nuus is dat die Afrikaanse media-aanbod in die afgelope vyf jaar in baie opsigte gekrimp het. Afrikaanse inhoud wat deur die SAUK vervaardig word, is uiters beperk; ander 94 uitsaaikanale se Afrikaanse inhoud kry swaar; dag- en weekblaaie se sirkulasiesyfers neem drasties af en verskeie Afrikaanse publikasies het die afgelope paar jaar hul deure gesluit. Afrikaanse digitale lesersyfers het ook in die afgelope twee jaar ʼn knou gekry met die samesmelting van ʼn prominente Afrikaanse mediaplatform se media-aanbiedinge in een, gekonsolideerde pakket-aanbieding, wat die verskeidenheidsaanbod in Afrikaans drasties laat krimp het. Gemeenskapskoerante wat tot onlangs gedeeltelik Afrikaans was, begin hul Afrikaanse inhoud drasties afskaal, met sommige publikasies wat so min as 10% Afrikaanse inhoud dra (en mettertyd heeltemal gaan wegdoen daarmee).
Die goeie nuus is dat dit buitengewoon goed gaan met die media-instansies, spesifiek gemeenskapsmedia, wat dit kon regkry om die afgelope paar jaar se aanslae op Afrikaans teen te staan. Soos aangetoon, het Maroela Media in die afgelope vyf jaar gegroei tot die grootste Afrikaanse mediagemeenskap oor alle mediavorme heen, met ʼn maandelikse leserstal van sowat 2 miljoen – en hulle groei steeds. Talle Afrikaanse gemeenskapsradiostasies het indrukwekkende luisteraarsgetalle en is deurlopend besig om hul Afrikaanse aanbod aan luisteraars uit te brei. Die totale aantal luisteraars wat deel is van ʼn netwerk gemeenskapsradiostasies wat deur Maroela Media bedien word, is sowat 1,65 miljoen – meer as die grootste kommersiële Afrikaanse radiostasie se luisteraarsyfers. Van die grootste gemeenskapsradiostasies sluit in Pretoria FM (Pretoria en omgewing asook filiaalstasies in ander provinsies), Bosveld Stereo (Hartbeespoortdam), Radio Namakwaland, Kanaal 7 (Namibië), Radio Kansel, Radio NFM (Noord-Kaap), PEfm en Kouga FM (OosKaap), Eden FM en Heartbeat FM (Suid-Kaap), Radio Rosestad (Vrystaat), en Bok Radio, Radio Helderberg, Valley FM en Radio Tygerberg (Wes-Kaap). Dan is daar ook talle Afrikaanse instansies wat nie primêr nuusinstansies is nie, maar wat van hul digitale webblaaie en platforms gebruik maak om goeie gehalte inhoud te publiseer. Voorbeelde hiervan is Litnet (die sesde grootste Afrikaanse webblad met 158 000 lesers in Augustus), Afrikaans.com, Solidariteit Wêreld (wat in Augustus 2019, met 195 000 unieke lesers, die vyfde grootste Afrikaanse webblad was) en Forum Nuus.
Ook op sosiale media presteer Afrikaans goed, met ʼn verskeidenheid Afrikaanse instansies wat deur sosiale media ʼn stewige voetspoor in die Afrikaanse gemeenskap het.
TOEKOMSPLANNE VIR 2030
Ten opsigte van gemeenskapsmedia, sosiale media en die verskaffing van inhoud aan die Afrikaanssprekende publiek, wil Maroela Media, in samewerking met en met die ondersteuning van die netwerk Afrikaanse gemeenskapsradiostasies landwyd en in Namibië, asook ander instellings in die Solidariteit Beweging, in die volgende tien jaar die volgende doelwitte bereik:
- Die oorgrote meerderheid Afrikaanssprekendes moet deel wees van die Maroela Media-gemeenskap, en moet Maroela Media sien as hul betroubare, gebalanseerde bron van nuus en inligting.
- Maroela Media se totale unieke maandelikse leserstal moet groei tot minstens 4 miljoen unieke lesers teen 2030.
- Maroela Media se gekombineerde voetspoor op sosiale media moet minstens 1 miljoen Afrikaanssprekendes wêreldwyd bereik.
- Luisteraars na Afrikaanse gemeenskapsradiostasies moet toeneem tot minstens 2,4 miljoen luisteraars per maand. 95
- In lyn met die Solidariteit Beweging se ankerdorpe-strategie moet Maroela Media teen 2030 ʼn voetspoor hê as die primêre nuusinstansie in elk van die ankerdorpe, hetsy deur betrokkenheid by ʼn bestaande gemeenskapsradiostasie, deur hulp met die vestiging van nuwe gemeenskapsradiostasies, deur ʼn plaaslike weergawe van Maroela in die gemeenskap, of deur ʼn joernalis/medewerker/s in die gemeenskap wat mediadekking oor die gemeenskap vir Maroela Media doen
- Afrikaanse inligting in digitaal naslaanbare formaat, soos die Afrikaanse Wikipedia, moet algemeen beskikbaar wees, veral wat inligting verwant aan skoolkurrikulums betref.
- ʼn Groot verskeidenheid projekte ter wille van Afrikaans moet aangepak word, en Afrikaanse inisiatiewe van ander instansies moet sover moontlik ondersteun word.
- Sosiale media moet oor tien jaar ʼn kardinale deel wees van elke instelling in die Solidariteit Beweging se strategie om sy teikenmark te bereik. Hier wil die SOS spesifiek sy Facebook-volgelinge tot 60 000 (alle Afrikaanse onderwysers) laat aangroei, en sy volgelinge op Instagram tot 30 000.
- AfriForum sit sy doelwitte vir sy sosialemediastrategie oor die volgende tien jaar soos volg uiteen:
- Vir AfriForum is dit belangrik om sosiale media optimaal te benut om handelsmerkbewustheid te skep en data in te win om sodoende AfriForum se ledebasis uit te bou en ʼn geleentheid te skep om potensiële lede te werf;
- Om sosiale media as ʼn kommunikasiemiddel te gebruik om Afrikaners toe te rus met die feite oor hulle identiteit, en om boodskappe op sosiale media op so ʼn wyse te verpak dat trots rakende dié identiteit gekweek en bevorder word;
- Om sosiale media so in te span dat lede en die publiek met AfriForum se handelsmerk kan identifiseer en hulle daarmee wil assosieer
- Om ʼn stem vir Afrikaners te wees deur die bevordering van geregtigheid en veiligheid met betrekking tot sosiale media.
Hoe gaan dit bereik word?
- Maroela Media gaan verseker dat hulle die Afrikaanse gemeenskap se gebalanseerde, betroubare bron van inligting bly deur:
- personeel aan te stel wie se waardes in lyn is met dié van Maroela Media, en onwrikbaar hierin te wees;
- nuwe en bestaande joernaliste deeglik en deurlopend op te lei in aspekte soos media-etiek;
- weg te bly van sensasie en enige inhoud wat bloot gepubliseer word om lesers te lok;
- deurlopende selfondersoek en herevaluering te doen om te verseker dat nuus altyd sonder ʼn verskuilde agenda aangebied word;
- die klem te bly plaas op gehalte inhoud, en nie op lesersyfers nie; en
- Maroela Media se Christelike fondasie as basis te behou in elke besluit.
- Maroela Media gaan sy bestaande maandelikse leserstal tot 4 miljoen uitbrei deur:
- Maroela Media se inhoud jaarliks te evalueer om seker te maak dat dit steeds in pas is met die Afrikaanssprekende gemeenskap se belange, en aanpassings daarvolgens aan die aanbod te maak;
- Maroela Media se demografiese profiel op ʼn jaarlikse basis te evalueer, ten einde leemtes in die demografie te identifiseer en met gepaste inhoud en bemarking te teiken;
- digitaal aan die voorpunt van tegnologie en ontwikkeling te bly, maar tog te verseker dat die digitale aanbod aan die Maroela-gemeenskap in pas is met dit waarmee hulle gemaklik is en maklik vertroud sal raak;
- deurlopend ondersoek in te stel na nuwe sosialemediaplatforms, en dit, waar dit sinvol is, te implementeer as ʼn nuwe kontakpunt met Maroela-lesers; o die Maroela Media-app deurlopend te verfyn en te verbeter, en aan die Afrikaanse gemeenskap te bemark; en
- voort te gaan om die beste nuus en inhoud met integriteit in Afrikaans te publiseer.
- Maroela Media gaan sy gekombineerde voetspoor op sosiale media uitbrei deur:
- bestaande sosialemediaplatforms in te span vir bemarking, om nuwe markte te bereik wat nog nie Maroela-lesers is nie (plaaslik en internasionaal);
- nuwe sosialemediaplatforms te ondersoek en te implementeer waar moontlik;
- inisiatiewe op sosiale media van stapel te stuur wat volgelinge se deelname en ondersteuning vereis; en
- te fokus op organiese groei op sosialemediaplatforms, eerder as betaalde (kunsmatige) groei.
- Die gekombineerde luisteraarstal van Afrikaanse gemeenskapsradiostasies gaan tot minstens 2,4 miljoen groei deur:
- in elke radiostasie se uitsaaigebied te streef daarna om die voorkeur Afrikaanse radiodiens met die grootste moontlike luisteraarstal te wees;
- selfstandige, Afrikaans- en gesinsvriendelike en Christelik georiënteerde inhoud in die vorm van musiek, programinhoud, nuus, skeppende werk en aktualiteit te bied en te bevorder, wat onafhanklik staan van politieke en staatsinmenging; en
- Afrikaanse projekte en inisiatiewe aan te pak wat Afrikaans in bepaalde gemeenskappe bevorder, soos die Aitsa- Afrikaanse Musiektoekennings.
- Maroela Media gaan gemeenskapsradiostasies help om hierdie gekombineerde luisteraarstal van minstens 2,4 miljoen te bereik deur:
- voort te gaan om klankinhoud van goeie gehalte vir hierdie gemeenskapsradiostasies te vervaardig en gratis te verskaf;
- deurlopend te skakel met gemeenskapsradiostasies wat in Afrikaans/gedeeltelik in Afrikaans uitsaai, maar wat nog nie deel van die Maroela-netwerk is nie;
- gemeenskapsradiostasies by te staan met inisiatiewe buiten inhoud, soos projekte, fondsinsamelings en gesamentlike nuusinisiatiewe
- gehalte-opleiding aan radiostasies te bied in die vorm van die radioseminaar; en
- inhoud te vervaardig en te verskaf wat radiostasies spesifiek kan aanwend om ʼn inkomste te genereer deur die verkoop van advertensies (soos die radiovervolgverhaal) ten einde hul finansiële volhoubaarheid te help verseker.
- Maroela Media gaan teen 2030 ʼn voetspoor in elk van die 30 ankerdorpe hê deur:
- reeds nou te begin skakel met gemeenskapskoerante en ʼn verhouding te bou met Afrikaanse joernaliste wat moontlik in die toekoms op soek sal wees na nuwe geleenthede in hul gemeenskap;
- te identifiseer watter gemeenskapskoerante in watter gemeenskappe die vinnigste arm word aan Afrikaanse inhoud of die gevaar loop om hul deure te sluit, sodat ʼn digitale alternatief vir hierdie publikasies betyds in plek geplaas kan word;
- vryskutjoernaliste te identifiseer wat reeds in die ankerdorpe se gemeenskappe werksaam en bekend is, en reeds met hulle te begin saamwerk;
- aan digitale kant die Maroela-fontein-platform te ontwikkel om vir lesers ʼn individuele aanbod van hul Maroela-inhoud moontlik te maak
- lesers moet in staat wees om te bepaal watter inhoud hulle sien en watter hulle nie sien nie, onder meer op grond van hul tuisdorp en ander individuele keuses; en
- nou saam te werk met gemeenskapsradiostasies in die ankerdorpe.
- Gemeenskapsmedia gaan saamwerk aan die doelwit om digitaal naslaanbare inligting in Afrikaans aan die Afrikaanssprekende publiek bekend te stel deur:
- doelwitgedrewe Wikipedia-inisiatiewe, waardeur daar enersyds self inhoud gepubliseer word en die Afrikaanse publiek andersyds gemobiliseer word om ook betrokke te raak en eienaarskap te neem van hul taal-eie Wikipedia;
- deurlopend bemarking te doen van die betroubaarheid van die Afrikaanse Wikipedia as naslaanbron;
- mee te werk met ander instansies se inisiatiewe om die Afrikaanse aanbod op Wiki-platforms, soos Wiki-Species en Wiki-Dictionary, te vergroot; en
- ander vorme van die digitalisering van Afrikaanse inligting te ondersoek waar moontlik, en ondersteuning te bied waar ander instansies reeds Afrikaanse inhoud digitaliseer.
- Gemeenskapsmedia gaan projekte wat ter wille van Afrikaans aangepak word, ondersteun deur:
- voldoende mediablootstelling daaraan te gee;
- wedersydse samewerkingsooreenkomste vir sulke projekte te sluit, ten einde die voetspoor van hierdie projekte te vergroot;
- as mediavennoot vir projekte op te tree waar dit sinvol is; en
- self projekte aan te pak wat in lyn met die gemeenskapsmedia-instansie se doelwitte is, maar wat ook die saak van Afrikaans bevorder.
- Instellings in die Solidariteit Beweging sal sy teikenmark bereik via sosiale en digitale media deur die volgende:
- Solidariteit:
- Deur sosiale media te beskou as ʼn sleutelkommunikasiekanaal met hul lede en die wyer publiek, waardeur elke instansie se boodskappe, doelwitte en planne versprei word;
- Deur interaksie met sy teikenmark op sosiale media aan te moedig;
- Deur sosiale media in te span om die Afrikaanse gemeenskap met sekere boodskappe, soos advertensies, te bereik waar staats- en kommersiële media-instansies nie bereid is om die inhoud uit te saai nie;
- Deur aan die voorpunt van ontwikkeling ten opsigte van sosiale media en digitale ontwikkelings te bly; en
- Deur sosiale media te benut om plaaslike gemeenskappe, veral ten opsigte van die ankerdorpe, ingelig te hou en met hulle in gesprek te bly oor wat in die gemeenskap gebeur.
- AfriForum:
- Deur in so ʼn mate met sy lede en teikenmark te kommunikeer via sosiale media dat AfriForum aan Afrikaners selfvertroue gee deur vir hulle hoop te skep;
- Deur ʼn beeld van ʼn moderne Afrikaner op hul sosiale media voor te hou waarby lede en die publiek kan aanklank vind en waarop mense trots is – hierdeur moet die trotse Afrikanerkultuur gekweek en hervestig word;
- Deur boodskappe op sosiale media te deel en te versprei wat negatiewe persepsies afbreek – byvoorbeeld, breek die persepsie van eksklusiwiteit af en bevorder ʼn persepsie van inklusiwiteit; en
- Deur via die regte boodskappe op sosiale media mense se apatie af te breek en mense aan te moedig om oor te gaan tot aksie en betrokke te raak in hul gemeenskap.
- Skoleondersteuningsentrum (SOS):
- Deur ʼn hegte digitale gemeenskap van Afrikaanse onderwysers op hul sosialemediaplatforms te vestig, deur die plasing van relevante, interessante en aktivistiese inhoud op sosiale media;
- Deur al meer op sosiale media met onderwysers in gesprek te tree, met die hoop dat hulle eerste hul vreugdes, bekommernisse en ontevredenheid oor sake in die onderwys met die SOS sal deel;
- Deur die skep van afsonderlike Facebook-blaaie vir elke onafhanklike skool wat deur SOS opgerig word, sodat leerders en ouers by hul eie skole betrokke kan wees;
- Deur lojaliteit teenoor die handelsmerk te skep en geloofwaardigheid te bou deur die plaas van waardevolle pedagogiese inligting en raad in die vorm van blogs deur onderwyskenners; en ▪ Deur mense via inligting op die SOS se webblad en sosialemediaplatforms in kontak te bring met die Wolkskool.
- Sol-Tech:
- Deur op ʼn betekenisvolle wyse kontak met hul teikenmark en belangegroepe te maak ten einde langtermynverhoudinge te bou;
- Deur Sol-Tech se sosialemediavoetspoor, met inagneming van belangegroepe, te vergroot;
- Deur as meningvormer in die hoëronderwyslandskap, met spesifieke fokus op beroepsopleiding in SA, op te tree en die omgewing positief te beïnvloed; en
- Deur gehalte-inhoud in Afrikaans te genereer en te verpak sodat dit hoop skep en tot bemagtiging (verwerwing van kwalifikasies) lei.
- Helpende Hand:
- Deur nou reeds soveel as moontlik lojale lede en ondersteuners op sosiale media bymekaar te maak wat vorentoe vir die handelsmerk ʼn bemarkings- en bewustheidsrol kan vertolk.
- Akademia:
- Deur met behulp van sosiale en digitale media ʼn diverse kommunikasienetwerk te vorm, bestaande uit studente, Afrikaanssprekende akademici, die ouers van studente, werkgewers, befondsers en vriende van Akademia:
- Deur die skep en instandhouding van ʼn sosialemediagroep vir alumni, studentesake, koshuise en komitees; en
- Deur die integrasie van kommunikasieplatforms soos die webblad, sosiale media en geselsplatforms (tans WhatsApp).
- Kraal Uitgewers:
- Deur sosiale media in te span om die woord te versprei oor die uitgewer se skrywers, taal, kultuur en geskiedenis; en
- Deur voort te gaan om die Afrikaanse gemeenskap meer te leer oor hul eie geskiedenis en daardeur hul gehoor te vergroot ten einde ʼn groter mark te kan bereik wanneer nuwe boeke bemark word.
- Solidariteit:
Uitkomste
- ʼn Afrikaanssprekende gemeenskap wat in enige vorm van media hul moedertaal verkies bo ʼn ander taalaanbod, en vryelik daartoe toegang het
- ʼn Afrikaanse gemeenskap wat ʼn positiewe en daadwerklike bydrae in hul eie omgewing lewer
- ʼn Afrikaanse gemeenskap wat hoop het, en wat die keuse maak om in SA te bly en deel van die Afrikaanse kultuurgemeenskap te wees
Hoe kan die publiek betrokke raak?
- Kies om na ʼn gemeenskapsradiostasie in Afrikaans te luister eerder as na kommersiële radiostasies. 100
- Ondersteun gemeenskapsradiostasies se projekte en ander inisiatiewe
- Raak betrokke by jou plaaslike gemeenskapsradiostasie as omroeper, projekorganiseerder of in ʼn ander hoedanigheid.
- Volg jou plaaslike gemeenskapsradiostasie op sosiale media.
- Kies om nuus in Afrikaans op Maroela Media te lees eerder as op ʼn Engelse platform.
- Laai die Maroela Media-app af.
- Word ʼn Maroela-ondersteuner deur ʼn eenmalige of maandelikse finansiële bydrae te maak.
- Volg Maroela Media op die sosialemediaplatforms van jou keuse.
- Sluit aan by Maroela-fontein.
- Stuur nuuswenke uit jou omgewing aan Maroela Media of jou plaaslike gemeenskapsradiostasie.
- Bied jou dienste as kundige op ʼn bepaalde terrein aan vir die Afrikaans op Wikipediaprojek, sonder om vergoeding in ruil vir jou tyd te verwag.
- Ondersteun Afrikaanse inisiatiewe in jou omgewing – kunstefeeste, markte, konserte, teatervertonings, boekuitstallings ensovoorts.
- Volg die Solidariteit-instellings wat jy reeds ondersteun op sosiale media en teken in op hul webblaaie.
- Hou Akademia en Sol-Tech as opsie vir tersiêre studies deur hulle op sosialemediaplatforms te volg.
- Moedig skoolhoofde en onderwysers in jou omgewing aan om meer te wete te kom oor die dienste wat die Skoleondersteuningsentrum bied deur hul werksaamhede op digitale en sosiale media te volg.
- Ondersteun Kraal Uitgewers deur hul boeke te koop.
Taal, Kultuur en Geskiedenis
“In krisistye is kultuur geen luukse nie, maar die hoogste vorm van selfbehoud. Kultuur staan vir interne orde en interne orde is die fondament vir alle beskawing,” skryf die Afrikaanse digter en kortverhaalmeester, Hennie Aucamp. ’n Interne orde, geanker in ’n kultuur van uitnemende handeling en optimale selfverwesenliking, skep stabiliteit en kontinuïteit wat noodsaaklik is in ’n falende staat waarvan swak dienslewering, middelmatigheid, korrupsie en gebrekkige werksetiek simptome is.
Die haat, venyn, kulturele onverdraagsaamheid, etikettering, veralgemenings en meerderwaardigheid wat aan die wortels van rassisme lê, breek, polariseer en vervreem mense. Toekomsbouers het geen geduld hiermee nie. Die dinamiese uniekheid van verskillende kulture, identiteite en gemeenskappe is nie ’n las wat aan die dwang van ’n totalitêre eendersheid onderwerp moet word nie. Ons moet uniekheid omhels, waardeer en respekteer. So bou ons aan ’n medemenslike en ruimteskeppende Suid-Afrika.
Daar sal ’n spreekkoor van bullebakke en skoorsoekers wees wat Afrikaners in die openbaar wil afransel, verdag maak en verneder. Dit was so in die verlede en sal ook in die toekoms so wees. Afrikaners mag hul kulturele identiteit koester. Ons mag lief wees vir ons taal en kultuur. 101 Ons mag ons helde en prestasies bevestig. Toekomsbouers kyk ons foute en mislukkings eerlik in die oë en erken dit grootmoedig. Niemand is volmaak nie. Afrikaners wil, in die woorde van Hermann Giliomee, soos enige ander kultuurgemeenskap net ’n normale geskiedenis hê – ’n geskiedenis met heldeverhale waarop ons kinders trots kan wees, maar ook met foute waaruit ons kan leer. Geskiedenis is ’n komplekse verhaal met baie perspektiewe en invalshoeke. Wanneer ’n ongenuanseerde, eensydige meesterverhaal as die enigste waarheid aan ons kinders opgedis word, vervlak geskiedenis tot blote propaganda. Wanneer geskiedenis binne konteks verstaan word en erkenning gegee word aan verskillende perspektiewe oor dieselfde saak, kom daar nie net balans nie, maar ontwikkel begrip en respek vir die uniekheid en diversiteit van stories. Die FAK is eerlik oor ons Afrikanerinvalshoek tot geskiedenis sonder om ander se stories en perspektiewe te misken. Geskiedenis is vir toekomsbouers ’n leerskool en ’n kompas, nie ’n slaanstok en ’n wapen nie.
Geskiedenis leer dat organisasies met rigiede denke en strukture geleidelik stagneer en uiteindelik sterf. Moenie vasval in die gemak van uitgediende strukture, ou woorde en middelmatige oplossings vir nuwe uitdagings nie. Ons het toekomsbouers met soepel denke nodig wat globaal dink en lokaal doen. Gemeenskappe is die nuwe energie- en netwerkpunte vir die toekoms. Dinkfiks, aanpasbare en vlugvoetige organisasies wat hulself aan die hand van gemeenskappe posisioneer, oorleef nie net nie, maar floreer.
TOEKOMSPLANNE vir 2030
MOMENT
Die FAK wil voortgaan om momente te skep waar ons saam met vriende en vennote ons taal, kultuur en geskiedenis kan vier, deurlopend erkenning aan rolspelers gee en Afrikaners se bydrae tot ons land en sy mense bevestig.
MONUMENT
Deur die bou van nuwe Afrikanermonumente, bewaring van ons kultuurhistoriese erfenis en die bevestiging van Afrikanergeskiedenis gee ons Afrikaners kulturele selfvertroue om met trots op die staan vir wie ons is. Deur digitale platforms, sosiale media en publikasies help ons Afrikaners om te onderskei tussen ideologiese fopnuus en historiese feite.
MOMENTUM
Deur kultuurnetwerke, wat aansluit by ’n ankerdorp-strategie, bou die FAK kulturele momentum wat Afrikaners mobiliseer en koördineer.
Voorts sal Kraal in aanloop tot 2030 voortbou op die strategie wat reeds sukses behaal.
Modernisering in ’n digitale eeu is nie ’n bedreiging vir kultuurorganisasies nie, maar ’n bevestiging van die dinamika en voortgaande ontwikkeling van ons skeppende kultuur. Ons het innoverende kulturele entrepreneurs nodig wat die nuwe wêreld van kommunikasie, oop sisteme en horisontale koördinering verstaan en ontgin. Digitaal is die taal van die toekoms. Ons moet dit ook in Afrikaans met selfvertroue kan praat. Die aanslae op Afrikanergeskiedenis en verspreiding van vals nuus bereik steeds nuwe hoogtepunte (of eintlik, laagtepunte) in die land. Die kurrikula van openbare onderwysinstellings het sodanig verander, dat die jeug beslis nie meer daar betroubare inligting ontvang nie.
Onder hierdie omstandighede is dit nou nodiger as ooit dat die ondersteuners van die Solidariteit Beweging met kennis toegerus word om ingeligte menings oor historiese en aktuele sake te kan ontwikkel en sterk standpunt teen die verdraaiing van feite te kan inneem.
Kraal Uitgewers beantwoord aan hierdie behoeftes deur inligting op verskillende wyses beskikbaar te stel. Dit strek van publikasies tot Facebook-plasings en selfs Afrikaanse bordspeletjies.
Met ’n wye aanbod van leesstof, wat ook kinderboeke van ander uitgewers insluit, probeer Kraal om die Afrikaanse leserspubliek van jongs af uit te bou.
Dit is ’n tragiese werklikheid dat vermaarde, internasionaal gerekende Afrikaanse akademici aan die verouder is. Deur Kraal word geleenthede aan kenners soos proff. Jaap Steyn, Fransjohan Pretorius, Andries Raath, asook drr. Jackie Grobler en Leopold Scholtz gebied om hul navorsing te kan publiseer.
Peilings wat deur die uitgewery onderneem is, het bewys dat die mark steeds gedrukte, duursame publikasies verkies en dat die beskikbaarstelling van e-publikasies, videoprodukte en oudioboeke nie in hierdie stadium lonend sal wees nie. Dit word dus oorwegend nie aangepak nie, buiten wanneer projekgekoppelde doelstellings van die skrywer dit noodsaak, soos met Ernst Roets se Kill the Boer wat ook as e-publikasie beskikbaar is.
Kraal gee wel aandag aan alternatiewe lees-, kyk- en luisterbehoeftes met opnames van boekbekendstellings en onderhoude met Kraal se skrywerskorps wat op die webtuiste en sosiale media gelaai word.
Die publiek word bereik deur Kraal se eie mediakanale, ’n gereelde nuusbrief, asook direkte bemarking deur ’n aanlynwinkel, deelname aan boekmarkte en die bedryf van stalletjies by kulturele byeenkomste.
Die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse Poskantoor het veroorsaak dat alternatiewe versendingsmetodes gevind moes word om Kraal se boeke en produkte veilig by kopers binne en buite die land te besorg. Teen hierdie tyd is betroubare diensverskaffers ook gevind om aan hierdie behoefte te voldoen.
Wêreldwyd is die uitgewersbedryf onder groot druk weens die kompetisie van ander tipes media en ekonomiese omstandighede. In 2020 sal Kraal Uitgewers nog nie volkome finansieel selfstandig wees nie, maar daar is reeds groot vordering op die pad daarheen gemaak. Kraal se begroting word jaarliks uitpresteer
Die uitgewery se kernfokus sal die temas wees wat tans aandag geniet en daar sal gewerk word aan die uitbou van die bestaande skrywerskorps. Streng keuring sal steeds geld om te verseker dat die publikasies met die Solidariteit Beweging se ideëraamwerk belyn is, absoluut betroubaar bly, maar tog ook leesbaar is. Die uitkoms waarna Kraal strewe is om die uitgewery van voorkeur te wees vir die beste Afrikaanse skrywers op Kraal se fokusgebiede.
Buiten die bestaande temas sal aandag gegee word aan meer leesstof vir jonger lesers om steeds ook die mark uit te bou en vir swak kurrikula by openbare opleidingsinstansies te kompenseer. Uitnemende skrywers wat hulle werke self publiseer, sal steeds met bemarking en verkope bygestaan word, beide om dit wyer bekend te stel, maar ook om Kraal se finansiële selfstandigheid te bevorder.
Daar sal met diensverskaffers onderhandel word om deurgaans duursame, aantreklike publikasies te skep, maar dit bekostigbaar te hou. Waar moontlik sal van eksterne borgskappe 104 en befondsers gebruik gemaak word om pryse verder te verlaag. Nuwe moontlikhede wat ondersoek kan word, is byvoorbeeld skarebefondsing van publikasies.
Personeel sal aangemoedig word om hul vaardighede uit te bou en ook langs hierdie weg waarde tot die produkte van Kraal toe te voeg.
Buiten boeke sal Kraal ook ander produkte wat self geskep word, of namens derde partye verkoop word, bemark, om ook langs dié weg inligting aan die publiek te besorg en hulle liefde vir die eie geskiedenis en kultuur aan te wakker. Dit sluit onder meer DVD’s, speletjies, Themde, notaboekies, koffiebekers en opnames van oorspronklike Afrikaanse musiek in.
Die sosiale media sal ingespan word vir die bemarking van al bogenoemde, maar ook vir die verspreiding van verwante kennis
Finansiële onafhanklikheid as uitgewery bly ’n groot ideaal.
Hoe kan jy betrokke raak?
- Sit die bevordering van moedertaalonderrig op alle moontlike maniere voort en hou aan om bewusmaking oor die noodsaak daarvan te skep.
- Sit alle aksies ter beskerming van taal- en kultuurregte, asook erfenishulpbronne, voort.
- Maak lede en die publiek deurlopend van hul regte bewus.
- Skep nasionale en internasionale bewusmaking oor die skending van hierdie regte.
- Onderneem nasionale en internasionale navorsing oor die beskerming van dié regte en van erfenis.
- Publiseer deurlopend navorsingsresultate in dié verband.
- Mobiliseer die publiek teen skendings in dié verband.
- Betrek die jeug by aksies om hierdie regte en erfenishulpbronne te beskerm en in stand te hou.
- Befonds instellings en individue wat op dié terreine werksaam is, of help hulle om wyses te vind waarop hulle finansieel onafhanklik kan word.
- Bou steeds die netwerk van meewerkende organisasies (binne en buite die land) uit.
- Staan meewerkende plaaslike organisasies en instellings met bestuursake by.
- Befonds restourasieprojekte waar moontlik.
- Vervolg skenders van regte en erfenishulpbronne.
- Befonds skeppers van kuns-, kultuur- en verwante produkte om ons taal en erfenis met nuutskeppinge lewendig en relevant te hou.
- Steun eie onderwysinstellings.
- Leer mense om hul erfenis te ken en te waardeer.
- Skep areas waar mense kulturele vryheid kan ervaar, veral in ankerdorpe.
- Organiseer byeenkomste waar mense hul kultuur onbevange kan uitleef en geniet.
- Teken ons kultuurgeskiedenis aan om dit te bewaar, veral in ’n tyd waar ons nie meer ’n stoflike spoor nalaat nie, maar hoofsaaklik deur sosiale media kommunikeer.
- Bevorder en beloon korrekte taalgebruik.
- Skep geleenthede vir Afrikaans in die sakewêreld, byvoorbeeld met AfriForum Netwerk, AfriVriendelik en Besigheidsbytjies, wat Afrikaanse entrepreneurskap onder alle ouderdomme bevorder.
- Steun jeugkampe en toere wat ’n historiese tema het.
- Moedig die publiek aan om publikasies te koop wat in Afrikaans is of oor Afrikanergeskiedenis handel.
- Moedig die publiek aan om eie media te ondersteun, byvoorbeeld deur Maroela Media as voorkeur nuusverskaffer te gebruik, Afrikaanse selfoon- en rekenaarprogramme af te laai en te gebruik, en artikels in Afrikaans en oor Afrikanergeskiedenis vir Wikipedia te skryf.
- Gee erkenning aan diegene wat ons taal, kultuur en erfenis bevorder en bewaar.
- Identifiseer Afrikaanse rolmodelle en hou hulle as voorbeelde aan die jeug voor.
- Werf nasionale en internasionale befondsers en vennote vir al die bogenoemde aksies.
Kapitaalmobilisering
Kanton Beleggings
Wat projekte oor die volgende tien jaar betref, is die Sol-Tech Kampus-projek van R200 miljoen reeds vir aflewering einde 2020. Teen 2022 hoop ons om die koshuis met 400 beddens vir Sol-Tech af te lewer teen ’n geraamde R100 miljoen, en as alles goed gaan, behoort Kanton vanaf 2025 ’n residensiële kampus vir Akademia af te lewer teen ’n geraamde R1,5 miljard. Ander projekte soos skole, gemeenskapsentrums en moontlik aftreebehuising word ook in die vooruitsig gestel. Daar kan gemaklik R1,5 miljard voorsien word vir projekte waarvan ons nog nie weet nie tot en met 2030.
Solidariteit Finansiële Dienste
Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) is ‘n eie finansiële dienstemaatskappy van die Solidariteit Beweging wat veral fokus op korttermynversekering en ander finansiële produkte. SFD is onder andere verantwoordelik vir die verhouding met Telesure en Virseker. Daar word voorsien dat SFD teen 2030 uigebou sal wees tot ‘n omvattende finansiële-dienstegroep wat ‘n baie groot rol sal speel in die mobilisering van kapitaal.
Virseker
Solidariteit Finansiële Dienste het gedurende 2018 in vennootskap met Auto & General getree rakende die Virseker-handelsmerk. Dit word in die vooruitsig gestel om met die Virseker-handelsmerk ’n nuwe finansiëledienstegroep te begin soos wat die Afrikaners 100 jaar gelede met Santam en Sanlam reggekry het.
Indien ons suksesvol die korttermyn-polisboek oor die volgende tien jaar kan verdubbel van 37 000 polisse tot 75 000 sal die korttermyn-versekeringsbesigheid nog R500 miljoen kan belê in die uitbou van gemeenskapsinstellings.
Virseker Trust
Die Virseker Trust as opleidingstrust sal met ’n toename na 75 000 polisse oor die volgende 10 jaar ’n verdere R450 miljoen bestee aan die uitbou van Afrikaanse moedertaalonderrig.
Solidariteit Boufonds
Die Boufonds se bestaansrede is om die instellings van Solidariteit Beweging te help oprig. Gemeenskapsinstellings het nie toegang tot aandeelhouerskapitaal nie en daarom moet die instellings met gemeenskapskapitaal gebou word. Die Boufonds is die Solidariteit Beweging se grootste voorsiener van gemeenskapskapitaal en gaan van 2020 – 2030 meer as R700 miljoen aan die oprigting en uitbou van gemeenskapsinstellings, en in besonder die opleidingsinstellings van die Solidariteit Beweging, bestee.
Solidariteit Regsfonds
Die Regsfonds se doelstellings is om:
- dienslewering deur die openbare sektor te verbeter;
- die effektiwiteit van die staatsdiens se funksionering te verbeter;
- die uitsluiting van rassegroepe uit advertensies vir poste teen te staan;
- die gebruik van rassekwotas by indiensneming en die kies van sportspanne uit te skakel;
- toe te sien dat streeksdemografie nie ongrondwetlik aangepas word nie; en
- minderhede se reg op waardigheid en gelykheid te beskerm.
Dit raak met die staat se heersende ideologie en onvermoë om dienste te lewer ’n toenemend uitdagende taak. Daar word dus soveel as R800 miljoen voorsien om die doelstellings in die komende tien jaar aan te pak.
Studiefondse
Studiefondse se doelwit is om teen 2025 ongeveer 2 500 studente per jaar te befonds, en teen 2030,ongeveer 4 000 studente per jaar. Dit beteken dat studiefondse, sonder om inflasie in berekening te bring, teen 2025 in praktyk R87,5 miljoen per jaar sal benodig, en teen 2030 ongeveer R140 miljoen per jaar teen ’n gemiddelde koste van R35 000 per toekenning. Hierdie syfer klink nie so baie nie, maar wanneer ’n inflasiekoers van 6% per jaar hierop bereken word, beteken dit dat Studiefondse van 2020 tot 2030 ongeveer R1,45 miljard gaan mobiliseer.
Kampus Trust
Reusagtige skenkingsfondse is een van die kenmerke van leidinggewende privaat opleidingsinstellings oor die wêreld heen. Die Kampus Trust is in die proses om haarself in te rig om hierdie besondere rol te vervul vir instellings soos Akademia, Sol-Tech en die Skoleondersteuningsentrum.
Die Kampus Trust se doelstellings is om ’n volhoubare model te voorsien om skenkings te werf, uit te bou en aan te wend ten behoewe van die onderwys- en opleidingsinstellings van die Solidariteit Beweging.
Elke onderskeie instelling se skenkingsfonds kan inkomste genereer deur skenkings te ontvang, byvoorbeeld deur toevallige bydraes, testamentêre bemakings, korporatiewe skenkings, alumni-bydraes, internasionale goedgesinde donateurs, ander plaaslike goedgesinde instellings en spesiaal toegewysde fondse.
Die beplanning moet nog gedoen word, maar die Kampus Trust moet poog om ten minste R500 miljoen oor die volgende tien jaar te mobiliseer.
Regstrategie
Die Solidariteit Beweging se regstrategie het aanvanklik vanuit die kernbesigheid van Solidariteit as vakbond ontwikkel, naamlik om eersteklas arbeidsregsadvies en -bystand aan die Solidariteit-vakbond se lede te bied.
Namate daar ’n behoefte ontstaan het om vir die Solidariteit Beweging as ’n Beweging wyer as die vakbond ook omvattende regsvermoë te skep, het AfriForum in 2005 tot stand gekom.
AfriForum het sy regsvermoë uitgebrei met die kontraktering van Hurter Spies Ingelyf as prokureursfirma wat in burgerregte-litigasie spesialiseer.
In die tien jaar sedert Hurter Spies Ingelyf AfriForum se regstrategie gedryf het, het AfriForum verskeie skouspelagtige regsoorwinnings in die howe behaal:
- AfriForum se eerste sukses was ’n hofaansoek om die Tshwane Metroraad te dwing om water- en elektrisiteittoevoer na skole te herstel nadat die skole se krag afgesny is weens wanbetaling deur die provinsiale regering. INSTELLING KAPITAAL GEMOBILISEER 2020 -2030 in ‘000 000 Kanton Beleggings 3 500 Virseker 550 Virseker Trust 450 Solidariteit Boufonds 700 Solidariteit Regsfonds 800 Studiefondse 1 450 Kampus Trust 500 TOTAAL 7 950 108
- Kort daarna het AfriForum begin met ’n epiese regstryd namens boere uit Zimbabwe wat hul grond in Robert Mugabe se grondhervormingsproses verloor het, en die hoogtepunt van daardie proses was ook die suksesvolle verkoping van ’n Zimbabwiese eiendom in Kenilworth, Kaapstad, deur die balju. Daardeur het AfriForum aan die Zimbabwiese regering gedemonstreer dat menseregtevergrype nie meer ongesiens verby sal gaan nie.
- Die opspraakwekkende haatspraakverhoor van Julius Malema en die ANC oor die “Skiet die Boer”-struggle-liedere;
- Verskeie aksies teen plaaslike owerhede oor munisipale dienslewering soos watervoorsiening en onwettige elektrisiteitsverhogings;
- Die ongrondwetlikverklaring van die Tshwane Metroraad se multimiljardrand-kontrak met ’n diensverskaffer, PEU, om voorafbetaalde kragmeters te installeer. Danksy ’n skouspelagtige oorwinning in die hof het AfriForum en Sakeliga gesamentlik vir die belastingbetalers van Pretoria R950 miljoen gespaar en die Tshwane-begroting oornag van ’n tekort na ’n surplus omgeskakel; en
- ’n Onlangse triomf in die Appèlhof in Bloemfontein teen die regulasies waardeur die staat hidrobreking in werking wou stel wat die ondergrondse water van die Karoo sou vergiftig.
Solidariteit het ook skouspelagtige oorwinnings in die howe behaal, wat insluit:
- ’n Oorwinning oor die Departement van Korrektiewe Dienste se regstellendeaksieprogram wat teen wit en bruin mense in die Weskaap gediskrimineer het;
- Suksesvolle litigasie teen Brian Molefe oor sy onwettige uittreepakket nadat hy instrumenteel was om Eskom aan staatskapers uit te lewer;
- Volgehoue regsaksies namens werknemer-lede wat benadeel word weens onbillike arbeidspraktyke en rassekwotas in die werkplek;
- Sukses in die opspraakwekkende hofgeding van agt-SAUK joernaliste wat deur die omstrede bestuur van Hlaudi Motsoeneng benadeel is omdat hulle hul vryheid van spraak as joernaliste wou beskerm;
- ’n Omvattende regstryd teen die vermorsing van belastingbetalersgeld in staatsinstellings soos SAL, die SAUK, Eskom en ander openbare ondernemings.
Sedert 2015 was daar vele verwikkelinge in die regspleging vir beide die Solidariteit Beweging en in die land as geheel. Die bestaande tendens van openbarebelanglitigasie het skerp toegeneem, waar sake uit verskeie oorde voor die hof gedien het.
Daar bestaan ook goeie rede vir dié tendens. Die beweegrede vir die meeste van die sake, sowel as die uitkoms van die sake, bevestig dat die regering as die uitvoerende gesag se verantwoordelikheid om sorgvuldig met belastinggeld om te gaan, besig is om te faal. Dit strek vanaf die verskaffing van basiese dienste aan gemeenskappe tot pligsversuim en oortreding van nasionale wetgewing deur hoë regeringsamptenare.
Alhoewel die howe nie as medium kan dien om die land as’t ware doeltreffend te regeer nie, bly openbarebelanglitigasie ’n belangrike voertuig om verantwoording te eis en spesifieke optrede tot regstelling van wetsoortreding teweeg te bring.
’n Verdere gevolg van openbarebelanglitigasie is dat dit die krag van gemeenskappe goed ten toon stel. Ongeag of dit handel oor ’n saak waar ’n dorp weer water of kragtoevoer het, of oor ’n oorwinning teen ’n hoë amptenaar, sukses skep altyd hoop vir die toekoms en bring ’n gemeenskap bymekaar vir ’n gedeelde doel.
Vanaf 2015 is talle positiewe presedente geskep, wat meer ruimtes vir gemeenskappe skep. Dit is egter belangrik om ook tred te hou met waar ruimtes tot ’n mate ingeperk was.
Dit is dus van kardinale belang dat die voer van suksesvolle openbarebelanglitigasie gepaard moet gaan met ’n strategie wat daarop gemik is om gemeenskappe te versterk en selfstandigheid te bewerkstellig.
Met die oog op 2030 is daar twee sleuteltemas waarop gefokus sal word. Dit sluit die volgende in:
- Openbarebelanglitigasie
- Die skep van ’n alternatiewe geskilbeslegtingsliggaam
Die uiteensetting van die verskillende vlakke van openbarebelanglitigasie
Die eerste vlak van litigasie kan beskryf word as sake wat in gemeenskapsbelang gevoer word.
Dit sluit ’n wye reeks van sake in, onder andere basiese dienslewering aan gemeenskappe en bystand aan openbare skole wat gebuk gaan onder druk van die owerheid met betrekking tot taal- en toelatingsbeleide.
Dit volg dat suksesvolle sake in gemeenskapsbelang regstreekse voordeel vir die betrokke gemeenskappe het. ’n Saak wat watertoevoer na ’n dorp herstel, hou regstreekse voordeel vir die betrokke dorp in, maar dit skep ook ’n presedent wat weer toegepas kan word in dorpe wat soortgelyke uitdagings beleef.
Die volgende vlak van litigasie is sake wat betrekking het op die nasionale sfeer, maar wat almal op gemeenskapsvlak raak. Dit sluit in die stryd teen onteiening van eiendom sonder vergoeding en die nasionale gesondheidsversekering.
Die kommerwekkende beleidsontwikkeling is deel van die regering se voortdurende sentralisering van mag, wat nou eiendom en gesondheidsorg insluit.
Waar daar ’n regsbasis bestaan, moet hierdie tipe wetgewing met hand en tand beveg word.
Die skep van ’n alternatiewe geskilbeslegtingsliggaam
Toenemend is die ervaring van prokureurs, veral buite die stedelike gebiede, dat die hofadministrasie toenemend onder druk is. Dit neem langer om ’n saak aan te hoor, en dikwels ten koste van die burgers.
Die voer van litigasie is ook duur en dit belemmer toegang tot die reg.
Die Solidariteit Gilde vir Regslui beoog om ’n alternatiewe geskilbeslegtingsliggaam op die been te bring waar ons prokureurs die geleentheid wil bied om opgelei te word as mediators en arbiters, en verder die netwerk van mediators/arbiters so te organiseer dat dit toegang tot die reg kan vergemaklik.
Dit sal tot gevolg hê dat enige geskille eerder deur dié liggaam hanteer kan word, met die netwerk van mediators/arbiters wat sake vinniger en meer bekostigbaar kan afhandel. Op die pad na 2030 sal die regstrategie van Solidariteit ook vir die eerste keer ’n boufunksie kry deur die vestiging van die alternatiewe geskilbeslegtingsliggaam. Dit sal sorg vir ’n sterker selfstandigheid van gemeenskappe, en ook ’n volhoubare middel om Afrikaans as beroepstaal op plaaslike vlak te herbevestig.
Die regstrategie van die Solidariteit Beweging behels verder die gebruik van regsaksie as swaard waar regte geëis en afgedwing moet word, maar ook as skild wanneer regte bedreig word.
Suksesvolle regsaksie verhoog Solidariteit en AfriForum se vermoë om vir beter werksomstandighede in werksplekke te beding, maar ook ’n beter leefomgewing vir die SuidAfrikaanse burgery waarin wedersydse respek geld en waarin Afrikaners vry, veilig en voorspoedig kan leef.
Die Solidariteit Beweging het gewys dat hy ’n waghond is wat kan byt as dit nodig is – daarom word die Beweging se blaf ook ernstig opgeneem.
Dorpsontwikkeling
Die vraag oor hoe minderhede in Suid-Afrika vir hulself ’n normale toekoms in die land kan skep, word by die dag dwingender. Die druk waaronder gewone Suid-Afrikaners en minderhede weens groeiende misdaad, ’n swak ekonomie en groeiende staatsverval leef, is algemeen bekend. Dat minderhede en hulle spesifieke behoefte aan gelyke behandeling in die werkplek, Afrikaanse onderwys en opleiding en die skep van eie instellings en veilige ruimtes openlik deur die regering gedwarsboom word, is eweneens ’n feit. Op hierdie uitdagings sal ’n realistiese en werkbare antwoord gevind moet word.
Vir Afrikaners as kulturele minderheid lê die keuse tussen staatsbeskikking of selfbeskikking. Staatsbeskikking beteken vir minderhede om die besluite oor aangeleenthede van wesenlike belang aan die staat oor te laat, en sodoende word die waardes en praktyke van die meerderheid die waardes en praktyke van die minderheid. Die gevolg hiervan is onder andere dat Afrikaanse skole onder druk geplaas word en verminder, daar vandag nie meer een Afrikaanse universiteit oor is nie, die staat sy vermoë verloor het om die bevolking se veiligheid te verseker en munisipale dienslewering in duie stort. Minderhede wat die pad van 111 staatbeskikking kies, plaas hul lot in die hande van die staat en is afhanklik van die staat vir die skep van ’n geborge toekoms – uiteraard nie ’n opwindende vooruitsig nie.
Self besluit
Teenoor staatsbeskikking staan selfbeskikking. Selfbeskikking word onderlê deur die idee dat ’n minderheid of gemeenskap sy vermoë om self besluite te neem en uit te voer, moet ontwikkel om sodoende sy afhanklikheid van die staat te verminder. Die groei in private mediese dienste, private veiligheidsdienste, privaat skole en Solidariteit se sukses met die gemeenskapsuniversiteit Akademia is ’n duidelike bewys dat al hoe meer mense in SuidAfrika die nodigheid van selfstandige handeling besef. Minder staatsafhanklikheid en groeiende selfbesluitneming is aan die orde van die dag, al is volledige selfbeskikking in die huidige omstandighede nie moontlik nie.
Dit is by hierdie tendens van groter selfstandigheid waarby Orania aansluiting vind in sy strewe na selfbeskikking en politieke seggenskap oor sake van eie belang. Selfbeskikking kan beskryf word as selfstandigheid waarvoor erkenning verkry word. Die gemeenskap van Orania werk met die uitgangspunt dat praktyke van selfstandige handeling deurlopend gevestig en uitgebrei moet word en dat dáárvoor erkenning verwerf moet word.
Bou ’n stad
Dit volg dus hieruit dat Afrikaners vir hulself strukture tot stand sal moet bring wat vir hulle politieke seggenskap sal kan gee. Indien Afrikaners in ’n gekonsentreerde gebied vestig wat hulle self bestuur en beheer, kan ’n nuwe stad verrys. So ’n stad kan die instrument wees waardeur Afrikaners de facto politieke mag bekom en oor ’n magdom interne aangeleenthede beheer uitoefen. Dit kan ook die basis lê vir onderhandeling met die regering vir groeiende federale magte. Dit kan selfs ook die moontlikheid skep om mettertyd volledige selfbeskikking te beding.
Die vraag kan egter ook gevra word waarom Afrikaners ’n stad tot stand moet bring, eerder as om op hierdie stadium te fokus op verspreide landelike vestiging in ’n groter gebied. Daar is vyf kernredes waarom die stad as politieke ideaal verkieslik is bo ’n alternatief van verspreide vestiging.
In die eerste plek skep ’n stad ’n omgewing waarbinne spesialisering moontlik is. Die rede daarvoor is dat daar binne ’n stedelike omgewing ’n ekonomie van skaal tot stand gebring word, wat ’n voorvereiste vir spesialisering is. Gespesialiseerde ondernemings kan slegs gedy in ’n omgewing waar daar genoeg mense met kundigheid beskikbaar is om in diens te neem, en genoeg verbruikers is om die dienste of produkte aan te koop. Sonder spesialisering kan dienste soos intensiewe mediese sorg, hoë tegnologiese vervaardiging, inligtingstegnologie en navorsing nie gelewer word nie. Indien Afrikaners dus nie ’n stad tot stand bring nie, sal hulle ook nie vir hulself ’n eerstewêreldleefruimte kan skep nie.
In die tweede plek beskik ’n stad oor ’n besondere vermoë om welvaart te skep. Daar is geen ander struktuur wat op so ’n groot skaal verbruiker en produsent bymekaar bring soos ’n stad nie. Die stad skep ’n groot mark vir produkte en dienste, en die gepaardgaande vraag daarna word een van die belangrikste drywers vir die versterking van die ekonomiese 112 vermenigvuldiger. ’n Stad wat ekonomies ontwikkel, kan ook oorskotte produseer wat uitgevoer kan word. Op hierdie manier word “buitelandse valuta” verdien waarmee daar vir broodnodige invoere betaal kan word. ’n Groeiende en volhoubare ekonomie is ’n voorwaarde vir die vestiging van Afrikaners in ’n bepaalde geografiese ruimte. Binne ’n stedelike omgewing kan vestiging op ’n groot skaal plaasvind.
Derdens kan dit gestel word dat die stad histories altyd die plek van veiligheid was. Menige gemeenskap in die geskiedenis moes hulself al teruggetrek het binne die veiligheid van die stad wanneer onheil gedreig het.
Veiligheid en ’n sorgelose, vrye bestaan het in 2019 in Suid-Afrika vir die meeste mense ’n luukse geword. Veiligheidsomheinings word opgerig, sekuriteitswoonbuurte kom tot stand, alarms word geïnstalleer en veiligheidsmaatskappye patrolleer die strate. Vir baie Afrikaners het lewensbedreiging en uitwissing ’n werklikheid geword. Die moorde op plaasboere en stedelike misdaad toon ’n groeiende neiging. Binne ’n eie stad kan Afrikaners beheer neem oor hul eie veiligheid, gesamentlik optree en hierdie uitdaging die hoof bied. ’n Veilige toekoms vir Afrikaners en hul gesinne is van wesenlike belang en kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Die vierde belangrike rede waarom ’n stad noodsaaklik is vir Afrikaners se voortbestaan, is dat indien Afrikaners ’n stad tot stand bring, sal hulle ’n besliste meerderheid wees in die gebied wat hulle bewoon en bewerk. Politieke seggenskap is slegs moontlik in ’n ruimte waar ’n gemeenskap of volk ’n onbetwiste meerderheid is. Verspreide plattelandse vestiging sal nie maklik ’n nuwe demografiese werklikheid kan skep nie, deels omdat nuwe arbeidspraktyke onder sulke omstandighede moeilik gevestig word.
Laastens is daar ’n baie eenvoudige rede waarom die bou van ’n stad ’n haalbare politieke ideaal is. Dit lê daarin dat Afrikaners oorwegend verstedelik is en dus nie sal sukkel om in ’n stedelike omgewing aan te pas nie. Tewens, dit behoort vir baie Afrikaners aantreklik te wees om in ’n stedelike omgewing te woon wat veilig is, waar Afrikaans gedy en waar Afrikaners se kultuur en waardes gerespekteer en uitgebou word – ’n plek met moderne tegnologie en eerstewêreldse geriewe.
Deur ’n stad te bou, kan Afrikaners aansluit by ’n eeue-oue tradisie van selfstandige stede of stadstate. Hier word gedink aan Athene in die klassieke Griekse tyd, die Hansa-stede in die Duitse Middeleeue, Florence en ander Italiaanse stede tydens die Renaissance, en in die moderne tyd Singapoer, asook talle stede ter wêreld wat toenemend selfstandig funksioneer met hul eie begrotings en ’n verskeidenheid van verhoudings wat nasionaal en internasionaal aangeknoop word. Veral die Duitse stede Berlyn, Hamburg en Bremen staan in hierdie verband uit. Al drie is tegelyk stede en federale eenhede binne die Duitse federasie. Stede het al baie ryke en state oorleef. Die Romeinse Ryk het al eeue gelede vergaan, maar Rome staan vandag nog. ’n Afrikanerstad sal ook die huidige Suid-Afrika kan oorleef.
Orania op ’n volhoubare groeipad
Uit die sensus wat in 2018 onderneem is, blyk dit dat Orania waarskynlik een van die snelgroeiendste dorpe in die land is. Die groei in inwonertal was die afgelope drie jaar 10,8% per jaar tot meer as 1 600 inwoners. Indien slegs Afrikanergetalle in ag geneem word, het Orania gegroei tot die tweede grootste Afrikanergemeenskap in die Pixley ka Seme- 113 distriksmunisipaliteit, met slegs De Aar wat Orania oortref met sy inwonertal van 2 385 Afrikaners.
Die grondslag vir groeiende vestiging in Orania word gebou op suksesvolle ekonomiese ontwikkeling. In hierdie verband is die aanwysers van die sensus in 2018 baie positief en veral die volgende staan die afgelope drie jaar uit: Die aantal geregistreerde besighede het met 25,4% per jaar gegroei, die groei in permanente werksgeleenthede was 12,6% per jaar, openbare kapitaalvorming het met 29,5% per jaar gegroei en besigheidsvertroue is oor die algemeen baie sterk. Verder is dit interessant om te sien dat die Dorpsraad se munisipale inkomste die afgelope drie jaar met 13,3% per jaar gegroei het. As in ag geneem word dat Orania se verhogings in munisipale tariewe in die vergelykbare tydperk ongeveer 6% per jaar was, verteenwoordig dié syfers ’n reële groei van 7,3% per jaar in Orania se belastinginkomste. Hierdie gesonde groei versterk die Dorpsraad se vermoë om dienste in stand te hou en uit te brei om in die groeiende vraag na gedienste erwe te voorsien.
Droom groot
Orania is nie die eindpunt nie. Wat reeds bereik is, kan sekerlik beskryf word as ’n goeie wegspring. Baie moet nog gedoen word, harde werk lê voor en groot beleggings moet gemaak word. Orania het egter gewys dat met die nodige wilskrag en vindingrykheid, ideale werklikheid kan word. Die taak is nou om Orania uit te bou en te neem van ’n dorp na ’n stad. Om dit reg te kry, sal die reeds groeiende betrokkenheid van baie Afrikaners vermeerder moet word.
Shimon Peres, ’n voormalige eerste minister van Israel, skryf in sy biografie: “There is no room for small dreams.” Deur geloof, genade en in die sweet van hulle aanskyn het Afrikaners al groot dinge in die geskiedenis reggekry. Ons kan dit weer doen!
Sakegemeenskap
Wat enige sakegemeenskap wat sy sout werd is wil doen, is om waarde te skep en wins te maak.
Om waarde te skep en wins te maak is moeilik genoeg. Die ideaal sou wees dat sakelui slegs hoef wakker te lê oor die goedere en dienste wat hulle moet produseer, en oor die werknemers, aandeelhouers, kliënte en klante wat op hulle staatmaak. Dit is wat ’n mens in ’n normale staat verwag: dat die staat die nodige institusionele omgewing skep en die nodige orde handhaaf vir ’n gunstige sake-omgewing.
Maar in Suid-Afrika is daar nie ’n ideale situasie nie. In Suid-Afrika is die institusionele omgewing onstabiel, en word ’n ordelike ekonomie nie behoorlik moontlik gemaak nie. Dit het natuurlik te make met diepgaande politieke en maatskaplike probleme, maar die gevolg is dat sakelui se vermoë om op ‘n normale wyse waarde te skep, belemmer word.
Dink maar aan grondonteiening, grondbesettings, nasionalisering van die mediese bedryf, sogenaamde swart ekonomiese bemagtiging, nasionalisering van die reserwebank, minimumlone, die mynbou- en ander handveste, staatskuld en randverswakking, en so kan ‘n mens voortgaan.
‘n Nuwe ANC-leier het nie die verandering gebring waarvoor baie gehoop het nie. Die ANC is steeds verbind tot die Nasionale Demokratiese Rewolusie. Senior lede van die SuidAfrikaanse Kommunistiese Party beheer belangrike departemente in die staatsdiens. Burokrate en staatsmonopolieë soos Eskom en SAL bly blokke aan die ekonomie se bene en verhoed privaat oplossings. Veral klein en middelgrootte ondernemings voel die las van verlammende regulasies. Groot armoede en werkloosheid, gepaardgaande met onluste en toenemende welsynseise aan die staat toon geen tekens van omkeer nie.
Dit is dus geen wonder nie dat sakelui in Suid-Afrika vandag op hul hoede is en soek vir geleenthede om internasionaal uit te brei. 84% van respondente in ’n peiling onder Sakeliga se lede en intekenare in Augustus 2019 beskou politieke risiko onder president Cyril Ramaphosa vandag as erger as drie jaar gelede onder president Jacob Zuma. Die RMB/BEO-sakevertroue-indeks is naby ’n 20-jaar laagtepunt. Binnelandse beleggers het in 2018 vir die eerste keer op rekord meer geld buite Suid-Afrika belê as wat buitelandse beleggers in Suid-Afrika belê het.
Weereens, in Suid-Afrika is daar dus nie ’n ideale situasie nie. En die huidige tendens is dat die situasie meer en meer riskant raak.
Maar die toenemende politieke en maatskaplike onstabiliteit in Suid-Afrika is nie die enigste veranderlike ter sprake nie. Daar is ook die skeppende vermoë van sakelui en gemeenskappe om alternatiewe ekonomiese meganismes te ontwikkel. Daar is ook die vermoë om kapitaal te mobiliseer teen politieke risiko. Daar is ook die vermoë om inligtingstegnologie te gebruik om die netwerk van Suid-Afrikaanse sakelui wat tans internasionaal aan die toeneem is, sterk te hou.
Die huidige stand van sake is dus ’n kombinasie van risiko en geleentheid. Waar sakelui in ander dele van die wêreld net hoef wakker te lê oor hul eie ondernemings, vereis ekonomiese sukses in Suid-Afrika veel meer. Dit vereis dat ons as sakelui ook antwoorde op institusionele vlak kry, dat ons die makro-omgewing vir ’n vrye mark en ’n konstitusionele orde ondersteun, of desnoods onafhanklike institusionele meganismes skep.
In Suid-Afrika moet sakelui nie net oor hul sake-ondernemings wakker lê nie, maar belê in die selfstandigheid van die sakeomgewing self.
Toekomsplanne vir 2030
’n Toekomsvisie vir suksesvolle sakegemeenskappe in Suid-Afrika kan rekening hou met drie gedagtes: die tradisionele rol van state; selfstandigheid; en tendense en historiese voorbeelde. Aan die hand van hierdie drie gedagtes kan sekere eienskappe wat kenmerkend van ’n toekomstige suksesvolle sakegemeenskap sal wees dan geïdentifiseer word.
Die rol van state
Die rol van ’n staat, so word dit beskou, is om ’n stabiele omgewing te skep, insluitende ’n stabiele omgewing vir besigheid, naamlik wet en orde, ʼn betroubare geldeenheid, infrastruktuur, howe, en meer. Sedert die middel van die vorige millennium vertrou mense hierdie taak aan ’n soewereine entiteit, die moderne staat toe. Alhoewel die regeervorm van state gewissel het van monargie tot demokrasie, het die konsep van orde altyd ’n belangrike rol in die denke oor state gespeel. Die idee was dat ʼn staat orde moet handhaaf: die staat 115 moet die spelreëls bepaal en die omgewing skep waarbinne burgers moet en mag optree – van kommersiële tot gemeenskapsaangeleenthede, van gesinsake tot die sportveld.
Gemeet aan ordeskepping is die geskiedenis van state egter een van gemengde welslae. Dit sluit die Suid-Afrikaanse staat in, maar Suid-Afrika is nie uniek nie. Van tyd tot tyd misluk state in bepaalde opsigte. Wat dan? Wat as state nie daarin slaag om ’n ordelike, gunstige omgewing vir besigheid te skep nie? Wat as burokratiese onvermoë, slegte politiek, korrupsie of ander probleme ’n voorspoedige samelewing in gevaar stel? Moet ’n mens daarby berus? Moet ’n mens emigreer? Moet ’n mens mooier by die politici gaan vra om tot inkeer te kom?
Vir ’n suksesvolle samelewing in Suid-Afrika is ’n suksesvolle sakegemeenskap of sakegemeenskappe onmisbaar. Maar hoe verseker ons dat daar ’n suksesvolle sakegemeenskap in Suid-Afrika is?
Selfstandige sakegemeenskappe
Die sleutel tot suksesvolle sakegemeenskappe in Suid-Afrika is die konsep van selfstandigheid: om as sakegemeenskap nie afhanklik van die toestemming of inisiatief van amptenare te wees nie, maar om ’n eie skeppende vermoë te hê; een wat homself reguleer.
’n Selfstandige sakegemeenskap doen drie dinge:
- ’n Selfstandige sakegemeenskap bevorder ’n gunstige sake-omgewing deur met toepaslike owerhede daarvoor te beding. Die staat se rol is, tradisioneel beskou, om wet en orde te handhaaf. Dit sluit in ’n konstitusionele orde, vrye markte en dus ’n gunstige sake-omgewing. In Suid-Afrika kies die regering egter daarteen, maar ’n selfstandige sakegemeenskap aanvaar dit nie sommer so nie – hy bly ’n waghond en lê denkleierskap aan die dag. ’n Selfstandige sakegemeenskap sit alternatiewe op die tafel, en beding met die regering vir beter regulasies, minder inmenging, laer belasting. Dit skep ’n onderhandelingstafel, danksy ’n landswye en internasionale netwerk van sakelui, sakekamers en sterk ontledingsvermoë.
- ’n Selfstandige sakegemeenskap beskerm sakelui teen skadelike staatsinmenging. ’n Selfstandige sakegemeenskap se lede antisipeer risiko’s, en daarom ook politieke risiko’s, en verskans hulself daarteen. ’n Selfstandige sakegemeenskap se lede is so bestand as moontlik teen politieke risiko. Maar dit strek ook wyer: ’n selfstandige sakegemeenskap help alle sakelui om hulself en alle gemeenskappe rondom hulle ook ekonomies teen politieke risiko te verskans.
- ’n Selfstandige sakegemeenskap bou die institusionele infrastruktuur wat nodig is vir besigheid om te kan plaasvind. Dit sluit in dinge soos ’n vertrouensnetwerk, privaat geskilbeslegting, selfregulering en desnoods selfs op bepaalde plekke fisiese infrastruktuur soos padherstel, waterwerke of elektrisiteitsbestuur. ’n Selfstandige sakegemeenskap se lede beding nie net met die regering nie en is nie net staatsbestand nie, maar lê ook, waar nodig, sy eie fondasies. As die regering nie ’n gunstige sake-omgewing kan of wil vestig nie, dan ontwikkel ’n selfstandige sakegemeenskap institusionele alternatiewe. Dit maak nie saak of dit infrastruktuur is wat verval en of dit instellings soos regspleging is nie, privaat alternatiewe het al bestaan en kan weer opgerig word. Van privaat elektrisiteitsopwekking tot privaat geskilbeslegting: sakelui kan self skep aan ’n gunstige sake-omgewing.
Tendense en historiese voorbeelde
Die uitdagings in Suid-Afrika bestaan nie in isolasie nie, maar te midde van belangrike megatendense wat op ’n globale vlak afspeel. Twee is besonder relevant.
Ten eerste maak tegnologie nuwe vorme van ekonomiese handeling moontlik. In besonder vergemaklik tegnologie direkte internasionale handel, oftewel handel waarop state minder en minder invloed het. Dit het veral te doen met die toename in digitale kommunikasiemiddele, maar sal in die komende jare ook deeglik aangehelp word deur nuwe, private digitale geldeenhede. Omdat handel potensieel meer en meer direk word, beteken dat daardie ekonomiese aktiwiteite relatief minder aan politieke risiko of geografiese beperkinge blootgestel is.
Ten tweede is mense toenemend mobiel. Nie net emigreer mense uit lande waar politieke druk hoog is nie, maar selfs waar politieke risiko geen rol speel nie, vestig burgers van een land hulself toenemend op ander plekke in die wêreld. Alhoewel sommige migrante uiteraard opgaan in hul gasheergemeenskappe, is daar ook andere wat weer hul internasionale gemeenskapsnetwerke in stand hou. In die komende jare sal Afrikaans meer en meer verspreid oor die aarde gehoor word, nieteenstaande die noodsaak van ’n sterk gemeenskapsteenwoordigheid, ook binne Suid-Afrika. Emigrasie uit Suid-Afrika behoort allermins aangemoedig te word, maar terselfdertyd sal gesoek kan word vir wyses waarop internasionaal mobiele lede van die gemeenskap tog in een of meer diasporanetwerke behou kan word.
Terselfdertyd is suksesvolle sakegemeenskappe wat selfstandige verhoudings met politieke instansies handhaaf nie nuwe verskynsels nie. Dink maar aan sakegemeenskappe soos die Hanseliga, wat vir meer as 500 jaar ’n merkwaardige rol in die opkoms van die moderne Europa gespeel het. Of dink aan die Lex Mercatoria, die handelsreg uit die vorige millennium wat onder handelaars in Europa ontstaan het om aanvullend tot bestaande reg te wees en op grond waarvan handelaars hul eie kommersiële dispute besleg het.
In hedendaagse tye is daar oor die hele wêreld heen ook voorbeelde van gemeenskappe waarvan die sakelui daarin geslaag het om hul ekonomiese bande te behou – dink maar aan Joodse, Somaliese, Engelse, Chinese en vele ander diasporagemeenskappe wat handelsbetrekkinge behou en voordeel skep vir bepaalde tuisgebiede. Anders as slegs ’n dekade of twee gelede is digitale kommunikasietegnologie vandag egter op ’n vlak waar dit die instandhouding en versterking van sakegemeenskappe op klein en groot skaal, plaaslik en internasionaal, baie vergemaklik.
In sy boek, Private Governance: Creating Order in Economic and Social Life (2015), beskryf professor Edward Stringham vele voorbeelde van hoe sakelui histories en in moderne tye herhaaldelik daarin geslaag het, op groot of klein skaal, om orde te skep waar state in gebreke gebly het. Hy skryf:
[M]echanisms of private governance are far more ubiquitous and far more powerful than commonly assumed. Mechanisms of private governance work in small and large groups, among friends and strangers, in ancient and modern societies, and for simple and extremely complex transactions. They often exist alongside, and in many cases in spite of, government legal efforts, and most of the time they are totally missed. The more that private governance solves problems behind the scenes, the more people overlook it and misattribute order to the state.
Kenmerke van ‘n toekomstige selfstandige sakegemeenskap
’n Suksesvolle sakegemeenskap in Suid-Afrika sal in die komende jare gekenmerk word aan eienskappe soos die volgende, en meer:
- ’n Wedersyds voordelige verhouding tussen gemeenskap en kapitaal, wat lei tot groter gemeenskapsopbrengste sowel as groter finansiële opbrengste.
- ‘n Netwerk van sakekamers op plaaslike vlak binne Suid-Afrika, maar ook buite SuidAfrika.
- Formele en informele kodes en riglyne wat die basis vir ’n vertrouensnetwerk vorm en wat selfregulering vergemaklik.
- Digitale platforms waarop die lede van die gemeenskap met mekaar kan handel dryf.
- Privaat kommersiële geskilbeslegting.
- Die gebruik van staatsbestande tegnologie, soos blockchains, oftewel kettinglêers vir monetêre stabiliteit, privaatheid, identifikasie, kontraktering en meer.
- Direkte, niepolitieke, internasionale ekonomiese betrekkinge.
- Bedinging, veral met Suid-Afrikaanse, maar ook met ander owerhede vir gunstige beleid.
- Regsaksie om op plaaslike en internasionale vlak sake te wen en goeie beleid te bevorder.
- Navorsing, ondersoek en denkleierskap wat toekomsvisie ontwikkel, strategiese advies bied en insig bevorder vir die verhouding tussen samelewing en mark.
- Die mobilisering van koopkrag om afslag en voordele te beding by lede en verskaffers.
- Konsentrasie vir ekonomieë van skaal binne bepaalde streke, stede, dorpe en lande, met fisiese bymekaarkomplekke binne en buite Suid-Afrika vir netwerk en diensverlening.
- Versekeringsmaatskappye en versekeringsprodukte wat politieke risiko verlig.
- Groot beleggings in onderwys binne en buite die lede van die sakegemeenskap, vir sowel beroepsgerigte opleiding as klassieke opvoeding.
- Die welwillende finansiering van ’n verskeidenheid burgerlike instellings om bepaalde goedere sonder winsoogmerk en in gemeenskaplike belang te skep, aanvullend tot dit wat die staat of die normale privaatsektor verskaf, byvoorbeeld sekere vorme van veiligheid, onderwys, armoedesorg, media, kuns en kultuur, en meer.
- Korporatiewe strukture wat internasionaal gediversifiseer is en wat daarom beter in staat is om tot welvaartskepping in ’n land soos Suid-Afrika by te dra, selfs indien politieke risiko toeneem.
- Bedryfsaktiwiteite wat internasionaal gediversifiseer is en inkomstestrome in meerdere geldeenhede oplewer.
- Handelsbetrekkinge wat sterk is binne bepaalde sakegemeenskappe, maar wat met gemak ook oor gemeenskapsgrense strek en so tot wedersydse voordeel vir alle gemeenskappe is.
Jeug
Jong Afrikaners voel vervreem in hul geboorteland weens wetgewing en beleide wat hulle soos tweedeklasburgers hanteer. Die jeug kort ʼn gesonde bymekaarkomplek waar hulle sonder oordeel of twyfel hul identiteit kan uitleef. Die herlewing van ʼn jong Afrikaner-identiteit is noodsaaklik.
Dit is sonder twyfel so dat ʼn land, groep of organisasie op die lang termyn afhanklik is van sy jongmense. Die Solidariteit Beweging se instellings is tans in die posisie waar die pioniers en innoveerders steeds aan die stuur van die instellings staan. In die geval van AfriForum, Solidariteit, SOS, Akademia, Sol-Tech en verskeie ander, is dit so dat die instellings se eerste hoofde steeds aan die hoof daarvan staan. Dit gaan egter binnekort nodig raak dat jongmense posisies van leierskap en bestuur betree, en daar is dus ʼn interne fokus op die jeug, juis omdat hulle werklik die toekoms is.
Ekstern, dus buite die Solidariteit Beweging, is daar enorme uitdagings vir die lede van AfriForum Jeug, AfriForum Skole en Solidariteit Jeug. Jongmense word van so vroeg as graad 1 af aan toksiese rassekwotas blootgestel, befondsingsgeleenthede het dikwels rassespesifikasies, en breëgebaseerde swart ekonomiese bemagtiging hou jongmense uit staatsdepartemente en semistaatsinstellings uit, of weerhou hulle daarvan om vir kliënte van die staat te werk. Hierdie antagonisme bring mee dat jongmense in sekere gevalle moedeloos raak; in ander gevalle emigreer; en in sommige gevalle bitter raak teenoor SuidAfrika. Die jeuginstellings van die Solidariteit Beweging behoort met alles tot sy beskikking hoop te skep en moet dit vir jongmense sigbaar maak dat daar hoop is. Identiteit, veiligheid, onderwys en infrastruktuur sal in hierdie opsig van kernbelang wees.
AfriForum Jeug
AfriForum Jeug wil die vervreemding van die Afrikanerjeug teëwerk en wil aan hulle ʼn plek bied waar hulle soos eersteklasburgers voel. AfriForum Jeug het egter besef dat daar nie net gefokus moet word op jongmense op universiteit nie, maar dat dit reeds op skoolvlak moet gebeur en daarom het ons hoërskoolkampe ingestel. Die kampe is ʼn gesonde kulturele bymekaarkomplek Daar kan leerlinge bekend word met die alternatief wat die Solidariteit Beweging bied en kan hulle reeds begin om deel te voel van die Solidariteit-familie. ʼn Logiese voortsetting van die betrokkenheid volg dan ná skool op universiteit in studentestrukture of by wyse van betrokkenheid by die werk van AfriForum-takke op dorpe. Uiteindelik is die gedagte dat die jongmense permanent betrokke bly deur aansoek te doen vir poste in die Solidariteit Beweging om so ook die Beweging uit te bou. Hierdie plan is al in werking, maar dit moet oor die volgende tien jaar uitgebrei en versterk word.
AfriForum Skole
AfriForum beywer hom daarvoor om met ander belanghebbendes in die Beweging, soos die Skoleondersteuningsentrum (SOS), en ook met organisasies buite die Beweging, soos die MOS-inisiatief (Moedertaal in Onafhanklike Skole), die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), Die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO) en die FW de Klerk Stigting te skakel.
Wat die bevordering van Afrikaans betref, sit ons ons kontak met leerlinge voort deur ons projekte soos die Spel-en-speelkompetisie en ons landswye onvoorbereide 119 debatskompetisie, Dink of Sink. Dié debatskompetisie gaan elke jaar van krag tot krag. Dit brei uit en al hoe meer streke word by die kompetisie gevoeg. Die kompetisie het ook na universiteitsvlak uitgebrei, wat skakelgeleentheid met AfriForum Jeug en Solidariteit Jeug bewerkstelling.
Verder sal ons ook voortgaan om by talle taalaksies en -projekte betrokke te wees, onder meer:
- die aanbieding van meer leierskapsprogramme, wat veral ook aansluit by AfriForum Jeug en Solidariteit Jeug se leierskapsuitkomste;
- die verdere uitbreiding van die Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie met nog streke wat bykom en groeiende deelnemergetalle;
- die uitbreiding van spelkompetisies na meer streke in die land; en
- voortdurende betrokkenheid by projekte wat leerders se algemene kennis uitbou en bevorder.
Daardeur kan jongmense gevorm word wat ingelig is en selfstandig kan dink, hoë morele waardes handhaaf en wie se denke in pas is met die denke van die Beweging.
Deur gesonde belangstellings te kweek en buitemuurse aktiwiteite aan te bied, haal ons kinders van die strate af, word betrokkenheid by bendes en dwelms voorkom en word hul identiteit en kultuur gevorm.
Ons uiteindelike toekomsvooruitsig is om ʼn ingeligte jeug te vorm wat kan aanbeweeg om lede te word van AfriForum Jeug en Solidariteit Jeug, en namate hulle ouer word, ook betrokke te raak by die ander instellings van die Solidariteit Beweging.
Solidariteit Jeug
Vir Solidariteit Jeug lê die toekoms in drie woorde: gildes, pyplyn en hoop
Solidariteit Jeug wil die brug tussen die universiteit en die werkplek wees, en natuurlik seker maak dat die lid by Solidariteit aansluit sodra hy of sy die werkplek betree. Die manier hoe dit reggekry gaan word, is deur Solidariteit se beroepsgildes. Jongmense benodig geborgenheid in die werkplek en moet hulself deurlopend kan verbeter en nuwe vaardighede aanleer – daarvoor is Solidariteit se beroepsgildes perfek geplaas. Deur hande te neem met beroepsgildes, hul werwingsmateriaal by die regte persone uit te kry, en webgebaseerde inhoud oor loopbane en gildes geredelik beskikbaar te stel en te produseer, sal Solidariteit Jeug jongmense van die universiteitbank na die werkplek toe lei.
Die Pyplyn is ʼn twaalfstapplan wat Solidariteit Jeug ontwikkel en wat van graad 8 tot en met die werkplek ondersteuningsdienste aan jongmense bied. Die ondersteuning strek van die loopbaanbewustheid wat ons onder graad 8-leerlinge begin kweek, deur die loopbaanvoorligtingsdienste wat ons aanlyn platform bied, tot by loopbaanfeeste wat ons in universiteitsdorpe gaan aanbied, en dit eindig in die werkplek. So gaan Solidariteit Jeug se twaalfstap-Pyplyn seker maak dat ons lede so goed moontlik opgelei word; dat inligting vir hulle beskikbaar is oor geleenthede; en dat hulle op ʼn punt kom waar die roeping individueel maar ook in die gemeenskap uitgeleef kan word.
Hoop moet geskep word. Jongmense het minder finansiële verpligtinge as middeljarige of ouer persone en daarom is emigrasie in hulle geval ʼn wesenlike opsie, veral onder diegene wat hoogs gekwalifiseer is en wat emigrasie maklik kan bekostig. Dit beteken dat daardie vaardighede vir die land verlore raak. Solidariteit Jeug wil hoop skep deur antwoorde te gee op die moeilike vrae wat jong Afrikaners in die gesig staar. Met die boek wat aan die begin van 2020 bekendgestel gaan word en wat gevolg gaan word deur ʼn e-boek en ʼn podsendingsreeks, sal Solidariteit Jeug antwoorde bied aan jongmense wat onseker is oor hul loopbane, maar ook oor hul breër toekoms. Saam met sustersinstellings binne die Solidariteit Beweging sal Solidariteit Jeug die regte inligting aan ons lede versprei om seker te maak dat daar begrip is van die waarde wat Suid-Afrika in ons geskiedenis en gedeelde visie dra, en dat die eie nie net as goedkoop afgemaak word nie.
Owerheidskakeling en Rasseverhoudinge
Die struikelblokke met betrekking tot owerheidskakeling en rasseverhoudinge in Suid-Afrika is nie beperk tot die uitsprake van die voormalige president Jacob Zuma nie. Zuma het by geleentheid in die parlement gesê dat demokrasie só werk dat die meerderheid meer regte as die minderheid moet hê. Hierdie sentiment is egter opvallend by verskeie ander senior lede van die regerende party. ’n ANC-woordvoerder het daarna gesê dat die bruin gemeenskap in Suid-Afrika nie moet voel asof hulle “gereduseer” word tot die vlak van ’n minderheidsgroep nie. Meer onlangs het die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, met betrekking tot ’n vlaag van xenofobiese geweld gesê dat swart mense nie ander swart mense moet aanval nie en dat hulle eerder hul woede op wit mense moet rig. Hierdie sentiment is ook deur ander prominente politieke organisasies, soos die EFF, uitgespreek.
Soos wat die praktyk ook op ander terreine is, volg AfriForum en die Solidariteit Beweging ook met betrekking tot rasseverhoudinge ’n tweeledige strategie. Dit is ’n strategie van veg en bou. Aan die een kant moet ’n daadwerklike en volhoubare standpunt ingeneem word teen rassisme en die dubbele standaarde wat tans in hierdie verband in Suid-Afrika seëvier. Hierdie standpunt moet nie bloot woorde behels nie, maar ook aksies wat die magsbalans (om die ANC se term te gebruik) beïnvloed. Aan die ander kant moet daar gebou word vir beter verhoudinge met ander gemeenskappe oor rasse- en etniese grense heen, om wedersydse erkenning en respek en ook vreedsame naasbestaan te bevorder. Dit word gedoen, nie in ontkenning van ons eie identiteit nie, maar juis in erkenning van die feit dat Suid-Afrika uit verskeie kultuurgemeenskappe bestaan en dat daar onder hierdie gemeenskappe ’n behoefte bestaan om vir hul eie uniekheid erken te word, maar ook om te sien dat hulle erfenis vir hul nageslagte bewaar sal bly.
Rasseverhoudinge
AfriForum en Solidariteit het beide reeds verskeie studies gepubliseer waarin die dubbele standaarde met betrekking tot rassisme en rasseverhoudinge in Suid-Afrika uitgewys word. AfriForum het ’n opvolgstudie onderneem ingevolge waarvan ’n omvattende ontleding 121 gedoen word van die verskynsel van rassisme in Suid-Afrika. Hierdie studie sal in boekvorm gepubliseer word en ook as aanknopingspunt dien om bewusmaking te doen oor die uitdagings met betrekking tot rasseverhoudings in Suid-Afrika, asook om ’n pleidooi te lewer vir dít wat ingevolge die studie geïdentifiseer word as praktiese stappe wat gedoen kan word om rasseverhoudinge te verbeter.
Terselfdertyd sal AfriForum in die aanloop tot 2030 ’n internasionale veldtog van stapel stuur om die onderdrukking van die belange van minderhede aan die kaak te stel. Hierdie veldtog sal skakeling met die owerheid, die Verenigde Nasies, bondgenote in die buiteland en die media insluit.
Die Solidariteit Beweging se vertrekpunt is dat daar nie met ’n rassebril na diversiteit gekyk moet word nie, maar dat erkenning gegee moet word aan die uiteenlopende kultuurgemeenskappe wat hulle aan die suidpunt van Afrika vestig. Dit impliseer dat daar in die eerste plek nie op ’n rassegrondslag of vanuit die verwysingsraamwerk van ’n rasseideologie georganiseer word nie. In die tweede plek behels dit ook dat skakeling nie op ’n rassegrondslag gedoen word nie. Die fokus val eerder op organisering en skakeling op grond van kultuur, erfenis, tradisie en gebruike.
In hierdie verband is reeds groot vordering gemaak en is AfriForum reeds in skakeling met verskeie kultuurgemeenskappe regoor Suid-Afrika. Die samewerkingsooreenkoms met die Zoeloe-gemeenskap – en meer spesifiek, die Zoeloe-koning – sal in die jare wat voorlê een van die prioriteite in hierdie verband wees.
Owerheidskakeling
Wat skakeling met die owerheid betref is dit in die eerste plek belangrik om die breë strategiese vertrekpunte van die regerende alliansie te begryp. Ingevolge die driepartyalliansie se Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR) word daar in besonder ag geslaan op die “magsbalans” (Engels: balance of forces) in Suid-Afrika. Hierdie benadering kom daarop neer dat toonaangewende rolspelers wat in staat is om die publieke diskoers te beïnvloed, ernstig opgeneem moet word, terwyl instellings wat nie beduidende invloed uitoefen nie, maar geïgnoreer kan word.
Gevolglik is die gepaste strategie met betrekking tot owerheidskakeling om nie bloot die owerhede te nader met versoekskrifte vir verandering nie, maar om hoofsaaklik deur middel van impakvolle aksies te kommunikeer. Wanneer daar dan, aan die hand van hierdie aksies, met die regering geskakel word, moet ’n duidelike en realistiese agenda gevolg word. Die owerhede sal nie met wenslysies vir verandering genader word nie, maar met gesprekke wat daarop gemik is om die veranderings wat deur die Solidariteit Beweging teweeg gebring is, te erken.
Wanneer daar met die owerhede geskakel word, sal daar ook ’n pertinente fokus geplaas word op nie slegs die konstitusionele raamwerk wat deur die Suid-Afrikaanse Grondwet gebied word nie, maar ook op internasionale beginsels en praktyke wat daarop gemik is om minderheidsgemeenskappe nie bloot te beskerm nie, maar daadwerklik in staat te stel om selfbestuur toe te pas.
Gesondheidsorg
Waarskynlik die grootste bedreiging vir die voortbestaan van ons gemeenskap tans is die voorstel deur die regerende party om ʼn nasionale gesondheidsversekeringsfonds (NGVfonds) op die been te bring. Hierdie voorstel sal gesondheidsorg in Suid-Afrika vir alle praktiese doeleindes nasionaliseer. Alle Suid-Afrikaanse burgers se gesondheid sal in die hande van staatsburokrate geplaas word.
Die totstandkoming van die fonds behels bykomende belastings wat volgens die nuutste wetsontwerp waarskynlik sal kom in die vorm van betaalstaatbelasting, ʼn bobelasting op belasbare inkomste, sowel as die opheffing van belastingkrediete vir diegene wat tans aan ʼn mediese fonds behoort. Volgens verskeie ontleders sal dié fonds die grootste staatsdepartement in Suid-Afrikaanse geskiedenis verteenwoordig.
In die lig van die beroerde toestand van staatsinstellings en departemente sedert 1994 is daar baie rede tot kommer oor die rampspoedige ekonomiese impak wat wanbesteding en wanbestuur van só ʼn fonds vir die toekoms van Suid-Afrika in die geheel sou inhou. Voeg hierby die toenemend krimpende belastingbasis van sowat ses miljoen belastingbetalers wat die res van Suid-Afrika se gesondheidsorg moet subsidieer, sowel as die feit dat die SuidAfrikaanse Inkomstediens (SAID) die afgelope drie jaar alreeds minder belasting ingevorder het as wat hul vooruitskattings getoon het, dan dui dit op ʼn ekonomiese ramp sou dit geïmplementeer word.
Die verdoemenste aspek van die voorstel hou egter nie verband met die koste wat daarmee gepaardgaan nie. ʼn Taamlik ironiese wending in die verband is dat die primêre kommer, anders as in die geval van ander staatsdienste, nie is dat diegene wat belas word, voel dat hulle nooit van die diens gebruik gaan maak nie. Dit blyk veel eerder asof die grootste kommer juis daarmee verband hou dat hulle gedwing gaan word om van die diens gebruik te maak.
Die verskil tussen die NGV se gevolge en ander beleid van die ANC is dat dit nie bloot nóg ʼn diens beoog wat uiteindelik ʼn meulsteen om die nek van ʼn bedryf sal wees nie. Die voorstel behels ʼn ganse regulatoriese kaping van die totale gesondheidsorgbedryf. In praktyk sal dit die einde van privaat mediese bedrywighede op ongekende skaal teweegbring. Privaat hospitale sal ingekontrakteer moet word, en so ook alle privaat gesondheidsorgpraktisyns. Die verkryging van alle geneesmiddels en mediese toerusting sal deur die fonds geskied en alle diagnostiese toetse, behandeling en prosedures sal deur die fonds voorgeskryf word. Dit sal van alle gesondheidsorgpraktisyns staatsamptenare maak en feitlik alle mediese dienste sal staatsdienste word. Die regering sal begroot en ʼn komitee sal bepaal watter dienste wel in die NGV-mandjie geplaas sal word en watter nie. Mediese fondse, in die beperkte mate waartoe hulle nog sal voortbestaan, sal nie toegelaat word om enige dienste te dek wat binne die “mandjie” van die NGV val nie.
Volgens die kantoor vir die voldoening aan gesondheidstandaarde (OHSC) voldoen slegs tussen 6 en 16 persent van openbare hospitale in Suid-Afrika aan net die minimum standaarde. Boonop voldoen nie een van die staatsgesondheidsfasiliteite in Gauteng aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (OHSA) nie.
Die uitdaging is wesenlik. Alle hulpbronne tot ons beskikking moet aangewend word om dié voorstel te beveg en die benadering moet holisties van aard wees. Regstegniese, 123 ekonomiese, praktiese, politieke en elke ander tekortkoming van die voorstel moet oorgedra word in hofprosesse, in die media sowel as persoonlik aan lede van ons gemeenskap. Die grootste uitdaging is egter om die gemoedere van ons gemeenskap in ag te neem. Terwyl ons die tragiese gevolge van so ʼn voorstel skets, moet ons ook werk om hoop te bewaar. Daar is feitlik geen groter dryfveer vir emigrasie, apatie en wanhoop as die idee dat gesondheidsorg van mense en hul families weggeneem gaan word nie.
Toekomsplanne vir 2030
Die eerste en belangrikste been van ons planne om die NGV te beveg, berus by die howe. Die voorgestelde NGV hou talle grondwetlike kwessies in. In dié verband kan die volgende onder meer gelys word:
- Terwyl die wetsontwerp klem lê op die verskanste waardes van gelykheid (art. 9) en menswaardigheid (art. 10), ignoreer die wetsontwerp ander fundamentele regte soos dié van individuele vryheid in ʼn oop, demokratiese samelewing wat deurgaans in die Grondwet as ʼn beperking op staatsmag dien
- Artikel 39(1)(a) verduidelik byvoorbeeld dat by uitleg van die Handves van Regte “moet ʼn hof, tribunaal of forum die waardes bevorder wat ʼn oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid ten grondslag lê” [beklemtoning dié van die outeur].
- Derhalwe, sover as wat die wetsontwerp Suid-Afrikaanse burgers se reg om te kies waar en van watter gehalte van sorg hulle gebruik wil maak, strook so ʼn bepaling nie met die beginsel van vryheid nie.
- Alle wetgewing is verder onderhewig aan die grondwetlike beginsel van redelikheid. Maatreëls wat mense ontneem van hul huidige toegang tot vrywillige gesondheidsorg met die vlak van gehalte wat hulle verkies, kan gevolglik nie hierdie toets deurstaan nie. Ander maatreëls, wat nie die regte van sekere groepe bevorder deur onbillik inbreuk te maak op die regte van ander nie, moet dus oorweeg word vir die wetgewing om as redelik, in die grondwetlike sin, geag te word.
- Wetgewing wat ten doel het om die huidige openbare gesondheidsorgsektor te verbeter, sal byvoorbeeld ʼn redelike maatreël verteenwoordig. In die lig van die feit dat ons reeds universele toegang tot gesondheidsorg in Suid-Afrika het, maar dat die staat reeds bloot daarin misluk om hierdie dienste doeltreffend (of soms enigsins) te lewer.
- Aangesien die wetsontwerp, en dr. Mkize, aanvoer dat die voorgestelde NGV gegrond is op internasionale menseregte-instrumente beteken dit dat die wetsontwerp onderhewig is aan die sogenaamde interpretasie-klousule (art. 39(1)) van die Grondwet. Die wetsontwerp moet derhalwe ook die internasionale reg in ag neem.
- Ingevolge die VN se Ekonomiese en Maatskaplike Raad (Ecosoc) se komitee gemoeid met ekonomiese, maatskaplike en kulturele regte blyk dit duidelik uit hul kommentaar op artikel 12 van die International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights dat die NGV regte soos vryheid van assosiasie onbillik en irrasioneel inperk. Ook, dat die regering nie gehoor kan gee aan die reg tot gesondheidsorg soos vervat in artikel 27(2) van die Grondwet deur 124 onredelik diegene wat tans toegang tot privaat dienste het se gehalte van lewe en toegang tot die dienste van hul keuse in te perk nie. Anders gestel, die regering kan nie die regte van sekere individue bevorder deur ander se regte tot niet te maak nie.
- Toegang tot privaat gesondheidsorg verteenwoordig na ons mening ʼn wesenlike sosio-ekonomiese reg. Derhalwe is wetgewende en administratiewe pogings om individue se regte in dié verband weg te neem op sigself ongrondwetlik.
- Laastens blyk dit of die wetsontwerp ongrondwetlik is tot die mate wat dit strydig is met die grondwetlike reg van gesondheidspraktisyns op vryheid van bedryf, beroep en professie (art. 22 van die Grondwet) en ernstige inbreuk maak op die onafhanklikheid van die mediese beroep aangesien praktisyns se keuses van waar en hoe om hul beroep te beoefen deur die NGV weggeneem sal word.
Hierdie vyf punte verteenwoordig tans ons grootste bekommernisse in verband met die grondwetlikheid van die wetsontwerp. Daar is egter ook gemeenregtelike kwessies in verband met die vryheid van pasiënte en praktisyns om te kontrakteer, sowel as tallose praktiese tekortkominge. Dié tekortkominge behoort ook na ons mening oorweeg te word by die evaluering van voorgestelde wetgewing in die sin dat wanneer daar duidelike, denkbare en selfs waarskynlike uiters negatiewe gevolge is met betrekking tot die instelling van wetgewing, dan moet dit ook oorweeg word wanneer daar besin word oor die redelikheid van die voorstel. Wanneer daar dus objektief getoon kan word dat ʼn voorgestelde wet op ʼn ramp kan afstuur (hetsy weens die praktiese uitvoering daarvan, of as gevolg van die beginsel wat vasgelê word deur die verbrokkeling van ander regte), dan behoort so ʼn wet as irrasioneel geag te word.
Buiten vir die grondwetlike aspekte wat beveg kan word, is die NGV ook ʼn voorstel wat die wysiging van sowat 14 ander stukke wetgewing behels. Telkens sal hierdie wysiging ook gepaardgaan met hofaksie vanuit die privaat sektor wie se belange ook deur die voorstel aangetas word.
Die sukses van hierdie strategie sal nie alleenlik gemeet word aan oorwinnings of nederlae in die howe op sigself nie, maar ook aan die hoeveelheid tyd wat die strategie koop. Soos wat implementering van die NGV uitgestel word, die staat verder verval en sentiment sterker teen die voorstel draai, is dit die hoop dat die regerende party van die plan sal afstand doen, by wyse van verkiesing vervang word, of dat die stand van sake in Suid-Afrika tot so ʼn mate sou verswak het dat wesenlike selfbestuur as ʼn eiland van uitnemendheid in ʼn vervallende staat reeds verwesenlik het. In die lig van die uitgerekte en tydsame aard van regsaksie in Suid-Afrika is die kanse dat die NGV teen 2030 in werking sal tree, uiters skraal.
Die tweede been van die strategie teen die NGV behels ʼn omvattende kommunikasiestrategie waarin ons openbare sentiment oor die voorstel tot so ʼn mate moet beïnvloed dat ʼn beduidende aantal burgers in die land die voorstel teenstaan. Ons moet die volgende vyf punte ten volle beklemtoon:
- Ons het ʼn gesondheidskrisis in Suid-Afrika. Pragmatisme en eerlike ontleding dwing ons daartoe om die status quo te veroordeel. Al mag dit meer wenslik wees as ʼn NGVbedeling, kan ons nie toelaat dat ons verwerping van die NGV neerkom op ʼn 125 verdediging van die huidige, haglike toestand van openbare mediese dienste in die land nie.
- Die oorsaak van dié krisis lê juis in die staat se versuim om goeie (of soms enige) dienste te lewer. Hierdeur beklemtoon ons twee punte: die huidige krisis is reeds ʼn gevolg van die staat se wanbestuur, en tweedens dat ʼn verdere uitbreiding van die staat se invloed in dié verband net die probleem sal vererger.
- Die huidige bestel kom eintlik reeds op universele gesondheidsorg neer. Dit is belangrik om hierdie punt te benadruk teenoor diegene wat ideologies of moreel geneë is tot universele toegang tot gesondheidsorg as ʼn reg vir alle mense.
- Daar moet ag geslaan word daarop dat selfs lande wat nie soortgelyke uitdagings ervaar met betrekking tot trae ekonomiese groei, korrupsie en wanbestuur nie (soos Kanada) steeds slegter daaraan toe is ná die instelling van genasionaliseerde sorg as vantevore. Ons moet toon dat dergelike stelsels nêrens werk nie en dat die probleem nie bloot by ʼn spesifieke politieke party lê nie, maar eerder by die werking van ekonomiese realiteite wat neerslag vind wanneer so ʼn stelsel ook al gesentraliseer word. Wanneer mense oortuig word dat so ʼn stelsel oor die wêreld heen misluk, dan sal hulle makliker glo dat ʼn land met die ANC aan bewind dit nooit sal kan vermag nie. Gevolglik is die NGV ʼn slegte idee vir enige land – maar in die besonder vir Suid-Afrika met die ANC aan bewind.
- Daar moet eerder gekyk word na oplossings wat die privaat sektor se uitnemende dienslewering en doeltreffendheid deur aansporings (byvoorbeeld ʼn koepon-stelsel) kan aanwend en meer toeganklik kan maak sodat almal daarby kan baat. ʼn Deel van die strategie sal moet wees om onsself te posisioneer as ʼn organisasie wat nie net idees afskiet nie, maar ook ons eie, werkbare oplossings vir probleme bied.
Elkeen van hierdie bene vereis dat ons buigsaam en aktief by die proses betrokke sal moet wees. Ons gaan antwoorde moet formuleer vir elke betrokke uitdaging of politieke wending wat deurlopend die beginsel herbevestig. Ons gaan die klimaat moet lees en dienooreenkomstig goeie verskynsels bevorder en die slegtes beveg.
Ten slotte, ʼn paar notas oor strategieë wat nie genoem is nie. Eerstens, hoekom word internasionale skakeling nie oorweeg nie? Die NGV bied uitdagings wat ander kwessies soos rassekwotas, onteiening en diskriminasie nie noodwendig inhou nie. Dit is naamlik so dat internasionale sentiment rondom hierdie verskynsel nog nie so gevestig is teen die voorstel soos in die geval van die ander kwessies nie. In die breër internasionale gemeenskap is dit nog ʼn oop vraag of die staat gesondheidsorg behoort te bied. Ons gaan egter wel moet reageer op internasionale verskynsels in die verband. Sou sentiment in ons guns draai, moet ons so spoedig en ywerig moontlik aan vennootskappe begin werk. Indien die sentiment teen ons standpunt draai, moet ons kan verklaar hoekom ons steeds ons standpunt handhaaf. Tweedens, watter alternatiewe kan ons aanbied om die NGV te omseil? Voorbeelde uit ander lande toon dat alternatiewe stelsels spontaan ontstaan en ons moet waak teen die versoeking van die idee dat ons met beter sentrale stelsels as die staat vorendag kan kom. Dit is sekerlik so, maar ons plan behels nie om beter sentrale bestuurders as die staat wees nie. Dit behels vryheid.
Teen 2030 sal die NGV twee sake bevestig: vertroue in die staat sal verder afneem omdat niemand hulle met hul lewens vertrou nie; en dat die regering uit ideoloë bestaan wat meer besorg is oor hul vertroetelde politieke idees as die welstand van hul mense – dit bied die perfekte atmosfeer om selfbestuur en afwenteling van mag te verkondig en te laat realiseer.
Wettige belastingprotes
Suid-Afrika se geld is op. Die afgelope twee dekades se onbeteuelde regeringsbesteding het gelei tot ’n situasie waar die regerende party die fiskus in ’n krisis in bestuur het. Alhoewel ekonomiese groei nog net-net kop bo water hou, verkeer die belastingbetaler onder enorme druk. Belastingbetalers in Suid-Afrika word van oral af onder druk geplaas – nie net is belasting verhoog deur middel van blokkruiping nie, ook is feitlik alle ander belastings verhoog, onder andere aksynsbelasting, die petrolheffing en ook BTW.
Aan die ander kant van die sosiale kontrak is die staat besig om sistematies te verbrokkel en word al hoe minder basiese dienste gelewer. Misdaad het totaal onbeheerbare vlakke bereik met die weermag wat ontplooi moes word in geweldgeteisterde gebiede. So ook is feitlik elke staatsdepartement en staatsinstelling in die grond in bestuur en sit staatsbeheerde entiteite soos Eskom en SAL met miljarde rande se skuld – wat uiteindelik deur die belastingbetaler betaal gaan moet word.
Benewens hierdie onvolhoubare situasie leef die spook van staatskaping nog voort in die regerende party. Nege uit tien munisipaliteite in Suid-Afrika kry nie skoon oudits nie, met feitlik elke vlak van regering wat deurspek is met ANC-kaders wat hulleself verryk met belastinggeld. Projekte soos die Estina-suiwelplaas naby Vrede is die toonbeeld van staatskaping – waar belastinggeld sonder om te skroom geplunder word deur ’n regerende elite wat al hoe meer arrogant in hulle posisies word.
In hierdie desperate situasie moet die belastingbetaler noodgedwonge begin om in sy eie belang op te tree en sodoende die regering te dwing om te regeer.
Wettige belastingprotes
Jacob Zuma se nalatenskap is dat die instellings wat getaak was daarmee om oorsig oor die regering te hou, van binne af vernietig is. Die instellings se verbrokkeling het daartoe gelei dat korrupsie ongebreideld toegeneem het en miljarde rande se belasting gesteel is.
Hierdie onvermoë van die staat om homself te reguleer, impliseer dat die verantwoordelikheid vir verantwoordbaarheid aan die voete van die belastingbetaler gelê word. Daar kan nie net rustig teruggesit word en van die staat verwag word om die fiskus verantwoordelik te bestuur nie. Twee dekades se ervaring het getoon dat daar ’n ongelooflike gebrek aan verantwoordbaarheid in die regerende elite is. So ook is dit aanloklik om bloot toe te laat dat die regerende elite se verstikkende ideologie uiteindelik hulle ondergang beteken, maar ongelukkig is dit eintlik glad nie ’n opsie nie. Indien hierdie skip ondergaan, dan gaan ons almal saam – wat impliseer ons as belastingbetalers moet baie meer aktivisties optree en waarde vir geld vereis – nie net vir onsself nie, maar vir elke burger van die land.
Daar bestaan dus ’n kritieke noodsaaklikheid vir wettige belastingprotes – waar belastingbetalers elke instrument tot hul beskikking gebruik ten einde waarde vir belastinggeld te vereis. Die volgende drie areas is die primêre fokusareas van belastingplundery, en sal gevolglik ook die kernfokusareas van belastingprotes wees.
Staatsbeheerde entiteite
Volgens die Presidensiële Hersieningskomitee oor Staatsinstellings van 2012 is daar meer as 715 staatsinstellings in Suid-Afrika. Vanselfsprekend is die oorweldigende meerderheid van hierdie staatsinstellings feitlik weglaatbaar klein in vergelyking met die staat se besteding. Omdat dit ’n onbegonne taak sou wees om op elkeen van die meer as 715 staatsinstellings te fokus, maak dit meer sin om op die grootstes te fokus.
Staatsinstellings was die primêre instrumente van staatskaping, dus moet daar sterk gefokus word op staatsinstellings wanneer daar gepraat word van belastingprotes. Hier is verskeie opsies beskikbaar aan die belastingbetaler ten einde verantwoordbaarheid te vereis.
Eerstens is daar verskeie regsinstrumente beskikbaar, met belastingbetalers wat die bestaande wette – spesifiek die Maatskappyewet – moet gebruik ten einde die regering te dwing om diegene wat die staatskas geplunder het te vervolg. Die feit dat staatsbeheerde maatskappye volledig aan die Maatskappyewet onderhewig is, maak ’n klomp nuwe regsroetes oop.
Artikel 165 van die Maatskappyewet bied spesifiek ’n remedie om direkteure wat hul pligte versuim het, aanspreeklik te hou. Gegewe die aantal vergrype wat by staatsinstellings plaasgevind het, is dit ’n regsremedie wat verder uitgebou moet word. Na afloop van die Zondo-kommissie se verslag gaan daar ’n ongelooflike skatkis van staatskapers wees wat vervolg moet word. Hier spesifiek moet regsdruk soveel as moontlik toegepas word deur belastingbetalers ten einde seker te maak die vervolging geskied – en dat van die gesteelde bates teruggeneem word. Indien die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) besluit om nie te vervolg nie, kan privaat vervolging oorweeg word ten einde aanspreeklikheid af te dwing.
’n Ander regsremedie wat onder die Maatskappyewet tot belastingbetalers se beskikking is, is dié van sakeredding. Sakeredding kan toegepas word op ’n maatskappy wat in finansiële nood verkeer. Aangesien feitlik elke staatsbeheerde maatskappy in toenemende finansiële nood verkeer, is dit ’n opsie wat sterk oorweeg moet word ten einde die staat te dwing om belastinggeld reg aan te wend. ’n Sakereddingspraktisyn neem as’t ware bestuur van die maatskappy oor, en moet aan die hof eerder as die kabinet rapporteer. So ’n meganisme bied dus ’n metode vir belastingbetalers om beheer oor staatsinstellings se besluite terug te neem en deursigtigheid en verantwoordbaarheid te waarborg – eerder as wat ontmoetings in Saxonwold lei na bestuursbesluite in staatsinstellings.
Deur so ʼn regspresedent te vestig, word ongekende mag in die belastingbetaler se hande geplaas – ’n mag om buiten in verkiesings verantwoordbaarheid te eis vir belastinggeld.
Munisipaliteite
Naas staatsinstellings is munisipaliteite die tweede grootste bron van belastingvermorsing, met ongekende bedrae wat verlore gaan. Die probleem met hierdie wanbestuur van munisipaliteite is dat dit feitlik altyd met gebrekkige dienslewering gepaard gaan wat die gemeenskap regstreeks benadeel. 128 Omdat munisipaliteite die plek is waar gewone burgers die mees direkte kontak met die regering het, is dit ook die plek waar die meeste persoonlike frustrasie met belastingvermorsing ondervind word. Juis daarom is dit van kardinale belang dat belasting hier korrek aangewend word.
Op munisipale vlak is dit moeiliker om ’n maklike oplossing vir belastingvermorsing te kry – wat wel moontlik is, is dat belastingbetalers begin aandring op die dienste waarvoor hulle betaal. Munisipaliteite word in wyke verdeel, wat aanspreeklikheid meer natuurlik maak. Goeie verhoudings met wyksraadslede in die wyke waar ons gemeenskap gesetel is, kan moontlik tot verbeterde dienslewering lei.
Gewoonlik is diegene wat korrup is in ’n munisipaliteit bekend aan die gemeenskap, en met gemeenskapshulp moet aksies van stapel gestuur word ten einde hulle aanspreeklik te hou. Indien die munisipaliteit nie die dienste bied wat hy moet nie, moet gepoog word om die ganse munisipaliteit se belastingbetalers te voeg by ’n hofsaak teen die munisipaliteit. Hier is verskeie regsremedies beskikbaar. Die uitdaging is dat elke munisipaliteit uniek gaan wees. Dus sal daar van mense in die munisipaliteit verwag word om so ʼn poging te dryf, met die Solidariteit Beweging wat ondersteuning bied waar moontlik.
Dit is van kernbelang dat munisipaliteite se dienslewering noodgedwonge staande moet bly – in alle munisipaliteite, maar in die besonder in ankerdorpe.
Kwytskelding op sekere uitgawes
Private sekuriteit, medies en onderwys is sektore wat eksponensieel gegroei het sedert die ANC aan bewind gekom het. Hierdie ontploffing is ’n reaksie op die regering wat nie meer hierdie dienste op ʼn aanvaarbare vlak kan lewer nie. Tog is dit ’n onregverdige las om op belastingbetalers te plaas. As belastingbetaler betaal jy dus dubbel vir dienste wat die staat moet lewer – eerstens as belasting wat in die staatskas invloei, en dan vir ’n privaat diensverskaffer wat eintlik die werk doen wat die staat moes doen.
Private dienste het in baie gevalle in Suid-Afrika verander van ’n aanvullende diens na ’n vervanging van die basiese staatsfunksie. Vanuit hierdie posisie moet gesprekke met die regering begin waarin die moontlikheid oorweeg word om gedeeltelike belastingkwytskelding te ontvang op sekere uitgawes wat belastingbetalers noodgedwonge privaat moes onderneem. Daar kan veral gefokus word op uitgawes ten opsigte van opleiding, medies en sekuriteit.
’n Forum gelei deur die Solidariteit Beweging wat hierdie gesprekke met die regering aanknoop, moet ’n mikpunt vir die volgende dekade wees. Sodanige kwytskelding sal voordelig vir die burgers van Suid-Afrika wees, maar ook die regering stoot in die rigting dat meer private diensverskaffers gebruik word waar die regering se vermoë nie meer bestaan nie. Dit sal prakties ’n staatsubsidie wees, met jou eie belastinggeld, om die regering se vermoë met privaat diensverskaffers aan te vul.
Weerhouding
Die kwessie van ’n belastingrewolusie, of dan algehele belastingweerhouding, is een wat al hoe relevanter gaan woord soos die staat meer van sy pligte versuim. As Solidariteit Beweging kan ons nie tans ’n weerhouding van belasting aan die regering steun nie – tog 129 sal ons mense aanmoedig om hulle belasting te struktureer ten einde die minimum belastinglas te dra.
Suid-Afrika se belastinglas is enorm in vergelyking met wat die belastingbetaler kry – dit maak net logies sin om hierdie las op enige manier te probeer verlig.
’n Werklike belastingrewolusie sal wel nie noodwendig ’n sentraal georganiseerde poging wees nie, maar eerder afspeel in die vorm van e-tol – met miljoene belastingbetalers wat elkeen individueel die punt bereik waarop hulle besluit om op te hou belasting betaal. Vir die regering is dit ’n wesenlike bedreiging, aangesien ’n staat die uitsondering eerder as die reël kan vervolg.
Hierdie bedreiging noop die regering hopelik om verantwoordeliker met belastinggeld om te gaan. Edward Kieswetter, hoof van die SAID sedert 2019, het gesê dat die regering weer die belastingbetaler se vertroue moet terugwen ten einde ’n belastingrewolusie af te weer. Al manier hoe vertroue teruggewen kan word, is indien die staat begin om sy deel van die maatskaplike kontrak na te kom.
Gevolgtrekking
Suid-Afrika se sentrale regering se kapasiteit verswak deurentyd – tog word die belastinglas hoër. Die vermorsing en plundering van belastinggeld versnel staatsverval en dreig om gemeenskappe in Suid-Afrika sonder basiese dienste te laat. Noodgedwonge gaan private alternatiewe vir staatsfunksies verkry moet word ten einde ’n toekoms vir gemeenskappe in Suid-Afrika te verseker. Hierdie alternatiewe is in verskillende fases van werkbaarheid.
Daarom is dit van kernbelang dat belastingaktivisme tot hoër vlakke geneem word ten einde die regering te dwing om sy deel sover as moontlik na te kom, en indien dit nie moontlik is nie, seker te maak dat die regering private dienste dan indirek befonds.
Pensioengelde
Suid-Afrika se ekonomie gaan vir ʼn geruime tyd reeds gebuk onder enorme druk. Sedert K1 2008 tot en met K1 2019 is Suid-Afrika se gemiddelde groei, soos gemeet aan die BBP, slegs 1,5% jaarliks. Dieselfde kan egter nie gesê word van pensioenbates nie. Pensioenbates in Suid-Afrika beloop tans meer as R4 000 miljard. Hierdie syfer is waarskynlik die grootste onder opkomende ekonomieë. Pensioenfondse – en veral aandele van maatskappye genoteer op die JSE – het aanhou groei in ʼn tydperk waarin die land nie kon groei nie. Dit het baie te make met die batetoedeling van pensioenfondse in Suid-Afrika, soos hieronder geïllustreer:
Wat reeds op hierdie punt duidelik is, is dat pensioenfondse met hul batetoedeling nie geheel en al uitgelewer is aan Suid-Afrika nie. Globale ekwiteit (aandele), Afrika-ekwiteit, globale effekte en selfs hulpbronne is nie onderhewig aan die Suid-Afrikaanse ekonomie nie. Hierdie effek gee vir ons ʼn indeling wat die blootstelling van plaaslike bates teenoor internasionale bates soos volg rangskik:
Vir diegene wat pessimisties is oor die toekoms van die Suid-Afrikaanse ekonomie kan selfs hierdie blootstelling onrusbarend wees. Die idee dat 67% van groei in ʼn pensioenfonds dalk onderworpe is aan groei in Suid-Afrika, mag kommerwekkend wees. Kom ons beskou egter die Suid-Afrikaanse bates van nader:
Dit is taamlik duidelik dat die grootste toedeling van kapitaal in die plaaslike ekonomie in ekwiteite, oftewel aandele, belê word. Om egter al hierdie beleggings as afhanklik van die plaaslike ekonomie te sien, is hoogs misleidend.
Terwyl dit baie kan wissel, moet ʼn mens in ag neem hoe ʼn groot gaping eintlik reeds tussen die Suid-Afrikaanse ekonomie en JSE-genoteerde maatskappye ontstaan het. ʼn Toename in die een korreleer nie noodwendig met ʼn toename in die ander nie. As daar byvoorbeeld gekyk word na die JSE se top-40, ʼn indeks van die 40 grootste maatskappye op die JSE, word sowat 57% van die inkomste in die buiteland gegenereer. Grafies kan dit so uitgebeeld word:
Dit is een van die vernaamste redes hoekom ʼn verswakking in die rand dikwels gepaardgaan met ʼn versterking van aandeelpryse. In K1 2019, toe die BBP-syfers ʼn inkrimping van -3,1% getoon het, sien ons dat in dieselfde week as waarin die rand met sowat 2% teenoor die dollar verswak het, die JSE/ALSI met ongeveer 4% gegroei het. 43% 57% 0% 20% 40% 60% 80% 100% 120% SA Ekwiteit (plaaslike vs buitelandse opbrengs) Plaaslik Buiteland 132 Wat sê dit alles vir ons? Kortom, danksy die innovering van batebestuurders en sakelui is Suid-Afrikaanse pensioenarisse tot ʼn groot mate verskans teen die trae Suid-Afrikaanse ekonomie. Daar wag egter ʼn nuwe bedreiging waarop ons ons moet voorberei.
Die regerende party het by die ANC se 2017-beleidskonferensie die beginsel van voorgeskrewe bates aanvaar. Hierdie voorstel, sou dit in werking tree, beteken dat pensioenbestuurders gedwing sal word om ʼn sekere persentasie van hul bates in staatsentiteite soos Eskom, Denel of die SAL, sowel as in ander projekte wat die regerende party meen “maatskaplik” produktief sal wees, móét belê. Die gevolge van die aanvaarding van so ʼn beleid sal ooglopend wesenlik negatief wees. Dit moet dus ten sterkste beveg word.
TOEKOMSPLANNE VIR 2030
Die idee van voorgeskrewe bates verskil van baie ander voorstelle wat waarskynlik in hierdie dokument verskyn. In teenstelling met baie van die ander beleidsuitdagings wat hierin vervat is, behels voorgeskrewe bates slegs die wysiging van ʼn regulasie, eerder as ʼn wet van die parlement.
Suid-Afrikaanse pensioenfondse is reeds onderhewig aan ʼn mate van voorskrif in die vorm van regulasie 28 van die Pensioenfondswet. Hierdie regulasie plaas alreeds beperkings op fondse en sluit byvoorbeeld die volgende in:
- Nie meer as 75% van totale fondse mag in aandele belê word nie;
- Nie meer as 25% mag in genoteerde eiendom wees nie;
- Nie meer as 30% mag in buitelandse bates wees nie; en
- Nie meer as 10% mag in verskansingsfondse belê word nie.
Ter wille van konteks moet dit ook benadruk word dat dit nie die eerste keer is wat die idee van voorgeskrewe bates in Suid-Afrika toegepas word nie. In 1977 is fondse deur die sentrale regering gedwing om ʼn minimum van 77,5% van hul bates in Suid-Afrikaanse effekte of staatsentiteite te belê. Teen 1989 het die teiken op sowat 53% gelê, en dit is kort daarna uitgefaseer. As jy jou indink dat jou pensioenfonds gedwing word om meer as driekwart van sy bates in die staat te belê, dan word dit duidelik hoe kommerwekkend so ʼn voorstel kan wees.
Die feit dat hierdie voorstel in werking kan tree bloot deur die wysiging van ʼn regulasie, eerder as ʼn wet, is belangrik om in ag te neem wanneer tydlyne en strategie beraam word. Dit beteken dat so ʼn wysiging feitlik oornag kan geskied, maar dit beteken nie dat daar geen regsremedie tot ons beskikking is nie.
Selfs al is dit net onderworpe aan die wysiging van ʼn regulasie deur die minister van finansies, eerder as ʼn parlementêre proses, is so ʼn wysiging steeds onderhewig aan verskeie administratiefregtelike prosesse, sowel as die algemene beginsel van legaliteit in ons Grondwet. Dit verteenwoordig die grootste formele verskil tussen ons huidige situasie en dié van 1977 toe die parlement soewerein was en regters nie kon terugval op grondwetlike beginsels nie. Hoewel ons ervaring met die howe veel te wense oorlaat wat die regsleer betref waarvolgens beslissings gemaak word, bied die howe moontlik die beste formele modus waardeur ons die voorstel kan teenstaan, of ten minste die implementering daarvan kan verlangsaam.
In die lig van die wispelturige aard van markte en hul reaksie op onverwagse beleidsbesluite kan uiters skadelike uitwerkings egter teweeggebring word selfs nog voor die werklike daarstelling van die beleid as ʼn formele reël. Met ander woorde, selfs net die openbare stelling of enige stappe wat gedoen word ter bereiking van die uiteindelike implementering van die beleid van voorgeskrewe bates kan reeds ʼn geweldig negatiewe reaksie in die markte ontlok. Uiteindelik is dit op die lange duur onhoudbaar dat Suid-Afrikaanse burgers tot so ʼn mate uitgelewer is aan die wisselvallige bevliegings van onbetroubare staatsamptenare. Alternatiewe sal ondersoek moet word.
Afgesien van die gewone druk wat in die howe en in die media toegepas moet word om seker te maak dat die voorstel nooit amptelik oorweeg word nie, moet daar ook volhoubare verskansings ingestel word om te verseker dat pensioene nooit weer tot so ʼn mate blootgestel word aan die staat se indringing nie.
As Beweging sal Solidariteit moet nader beweeg aan die ruimte van nie bloot net die lewering van staatsdienste nie, maar ook moet skakel met maatskappye wat op winsbejag ingestel is. Ons sal ʼn alternatiewe beleggingsinstrument in samewerking met verskeie ander belanghebbendes op die been moet bring. Hierdie instrument sal ʼn tweeledige doel moet dien: Ons sal dit enersyds steeds duidelik moet stel dat lede hul geld belê in projekte vir die gemeenskap, maar andersyds dat hierdie beleggings goeie opbrengs op hul kapitaal sal toon. Daarom sal die meerderheid van die fondse waarskynlik deur eksterne batebestuurders hanteer word, met ʼn klein persentasie wat dan aangewend gaan word om tasbare dienste te lewer.
Op die oomblik bied ʼn pensioenfonds belastingvoordele bo ander beleggings wat dit meer aantreklik maak as sekere ander beleggings. In ʼn bedeling waar voorgeskrewe bates gaan geld, sal hierdie voordeel egter nie as genoegsame aansporing bied vir mense om voort te gaan met so ʼn belegging nie. Moontlikhede moet egter ook ondersoek word waarin kapitaal op so ʼn manier bestuur kan word dat dit die voordele vir die belegger maksimeer en belastingverpligtinge minimaliseer. Byvoorbeeld, die kanalisering van kapitaal direk binne die instrument na dienste soos Akademia of Sol-Tech, sonder dat die kapitaal as inkomste vir die belegger belas word. Wat verder ondersoek moet word, is die ontwikkeling en uitbreiding wat kripto-geldeenhede wat beleggers enersyds teen belastingverpligtinge kan beskerm en hulle andersyds kan verskans teen die moontlikheid van ʼn swak presterende nasionale geldeenheid.
Dit sal ongetwyfeld vir baie individue ontsettend moeilik wees om so ʼn skuif te bewerkstellig en kommunikasie aan potensiële beleggers gaan met groot omsigtigheid hanteer moet word vir solank as wat voorgeskrewe bates nog nie in werking getree het nie. Sodra die voorstel egter in werking tree, indien dit wel sou gebeur, sal dit baie makliker wees om mense te 134 oorreed om hul beleggings oor te skuif. Dit sal daarom nodig wees om gebeurlikheidsplanne daar te stel wat kapasiteit skep vir die uitvloei van mense se geld uit pensioenfondse op soek na veilige, betroubare en staatsbestande beleggingstrukture.
ʼn Belangrike punt om te beklemtoon is dat voorgeskrewe bates op die oomblik slegs ʼn voorstel is. Geen formele stappe is al gedoen om dit te bewerkstellig nie. Verwikkelinge in hierdie verband sal noukeurig gemonitor moet word. Die daarstelling van die bogemelde beleggingsinstrument is egter nie onderhewig aan die idee dat ons eers moet wag vir die ergste om te gebeur voordat ons daarvoor beplan nie.
Beplanning vir die instrument moet onmiddellik geskied. Die lewensvatbaarheid daarvan moet so gou moontlik bevestig word en die praktiese en regsverwante tegniese aspekte daarvan moet so gou moontlik uitgepluis word.
Uiteindelik is die doel van so ʼn beleggingsinstrument nie bloot om ʼn skans teen voorgeskrewe bates daar te stel nie. Dit is om ʼn volhoubare, staatsbestande bron van ekonomiese hulpbronne te bekom. Vir die Solidariteit Beweging en die gemeenskap wat ons dien beteken dit dat ons ʼn vrywillige, doeltreffende vorm van belasting binne ons gemeenskap daarstel en tegelykertyd die staat daarvan ontneem.
So ʼn instrument beskerm ons gemeenskap teen die staat se indringing, befonds dienste wat ons direk aan die gemeenskap lewer, en word ook gebruik om kapitaalopbrengs vir beleggers te lewer en om entrepreneurs in ons gemeenskap te befonds.
So ʼn instrument het die potensiaal om die Beweging se grootste bron van onafhanklikheid en selfbestuur nóg te wees. Indien dit reg gestruktureer en bestuur word, kan die Beweging deur die vrywillige handel tussen individue in ʼn gemeenskap uiteindelik ʼn totale staatsmodel, gebaseer op vryemarkbeginsels, tot stand bring. Dit verteenwoordig nie net ʼn pensioenfonds nie – dit is ʼn vryheidsfonds. Deur hierdie vryheid bewerkstellig ons ook die ruimte waarin ons gemeenskap veilig en voorspoedig kan leef in die wete dat lede van die gemeenskap nie onderworpe is aan die sentrale regering se besluite oor hul geld nie.
Dit moet egter op hierdie punt benadruk word dat ons benadering deurlopend buigsaam en rats sal moet wees. Ons is tot ʼn groot mate afhanklik van wat die regering uiteindelik besluit en doen in hierdie verband. Op die oomblik is daar nog geen stappe van die regering se kant gedoen om na ʼn bestel van voorgeskrewe bates te skuif nie. Dit is net praatjies. Ons sal eers bevestiging moet hê dat die regering inderdaad tot so ʼn stap wil oorgaan en wat die presiese aard daarvan gaan wees. Verder moet ons ook beklemtoon dat die bogemelde skuif in ons posisionering as ʼn reaksie sal dien en nie noodwendig die beste toedrag van sake is in die afwesigheid van staatsoptrede nie. Die eerste prys bly steeds om te verhoed dat die regering so ʼn beleid instel. Dit is alleenlik in die geval waar die regering reeds sy planne duidelik gemaak het, dat ons daartoe gedwing sal word om die stappe soos in hierdie plan uiteengesit, in werking te stel.
Samevatting
Daar is ’n ou gesegde wat lui dat as jy nie daarin slaag om te beplan nie, beplan jy om nie te slaag nie.
In die politieke konteks waarin die Afrikaner-kultuurgemeenskap en die Afrikaanse taalgemeenskap hom tans in Suid-Afrika bevind, kan hierdie gesegde nie genoeg neerslag vind nie.
In hierdie dokument word daar planne gemaak, bestaande idees uitgedaag sowel as omhels, mikpunte gestel, en uiteindelik word die belangrikste vertrekpunt wat deur die hele Solidariteit Beweging uitgeleef word, dat ons hier is om te bly, luidkeels bevestig.
Die Beweging stel dit onomwonde en skaamteloos: Ons is hier om te bly! Maar vir ons om hier te bly, sal ons moet werk. Ons kan nie, en om die eerlike waarheid te sê, ons wil nie ons toekoms in die hande van ’n staat, ’n regering, ’n politieke party of enige vorm van oppergesag oorlaat nie. Want as jy dit doen, dan moet jy beide die goeie en die slegte van wat ander oor jou besluit, aanvaar.
Die sentrale idee van hierdie dokument, wat ook as die samebindende idee van die totale Beweging is, is dat die krag van gemeenskap veel groter is as die mag van die staat. Dit is ’n bevrydende idee. Jy, in samewerking met jou gemeenskap, is verantwoordelik vir jou toekoms. Ons kies dus om elke dag aan ’n toekoms te werk, versterk deur diegene wat graag saam wil werk in plaas daarvan om een keer elke vyf jaar vir ’n toekoms te probeer stem.
Die sukses van die Beweging is te danke aan hierdie bevrydende idee: As jy deur die AfriForum-gemeenskap se 200 gemeenskapsveiligheidstrukture deur 20 000 buurtwaglede beveilig word of skoon water het as gevolg van hulle; as jy as gevolg van Solidariteit kan seker wees van ’n veilige en goeie werk of ‘n mentroskap deur middel van ‘n Beroepsgilde ontvang en deur S-leer verder opgelei word om aan die voorpunt van jou werk te bly; as jou kind een van die duisende Afrikaanse kinders is wat deur Akademia of Sol-Tech onderrig ontvang en finansieel deur die Studiefondssentrum se R1 miljard-studiefonds gehelp word om dit te vermag; as jy Maroela Media as Afrikaanse nuusbron gebruik en een van die 4 miljoen unieke lesers is of ’n boek deur Kraal Uitgewers aanskaf; as jy jou kultuur uitleef deur na koorfeeste van die FAK te luister; as jy deur Helpende Hand bygestaan word wanneer dit swaar gaan of wanneer jou kind nie kos het by die skool nie; as jou kind deel word van jeugstrukture wat help met kultuur, identiteit, loopbaankeuses en mentorskappe; of wanneer die SOS 30 nuwe skole bou wat tegnologies ver gevorderd is om vir Afrikaanse kinders ’n toekoms te verseker, dán besef jy die kragtige uitwerking van gemeenskapsinstellings.
’n Toekoms vir 2030 lyk nou nie meer so vergesog nie.
Slot: Die 2030-Droom
Dit is 10 Oktober 2030. Die groot dag het uiteindelik aangebreek. Die Suid-Afrikaanse regering teken vandag ’n omvattende Kultuurakkoord waardeur Afrikaners se selfbestuur amptelik erken word. Die Akkoord is in wese die erkenning van die uitgebreide kulturele selfbestuur wat Afrikaners reeds in die praktyk met sterk selfdoenorganisasies verwerklik het. Die geleentheid word bygewoon deur drie buitelandse afvaardigings van lande waar die Solidariteit Beweging reeds kulturele ambassades het, en waarnemers van Afrikalande wat wil sien hoe die akkommodering van die multikulturele werklikhede vrede en voorspoed in hulle lande kan bevorder.
Dit het alles begin met die Toekomsberaad van 10 Oktober 2019, toe daar besluit is dat groeiende selfbestuur die enigste antwoord vir die mislukking van staatsbestuur is. Afrikaners het destyds besluit om nie langer te wag dat dinge vanself regkom nie, maar om ’n kulturele selfdoenplan te waag. Hulle het geweet dat dit nie sal help om vooraf toestemming te probeer vra nie, maar om op wettige wyse praktiese werklikhede te skep en ná die tyd erkenning daarvoor te kry.
Hoewel die Grondwet ruimte vir selfbestuur gehad het, wou die regering dit nie van “bo” af gee nie en het Afrikaners dit van “onder” af boontoe gebou. Die verwesenliking van selfbestuur was dus nie ’n eenmalige gebeurtenis nie, maar het deur ’n proses van groeiende selfbestuur geskied. In die praktyk is die vlak van selfbestuur wat bereik is, bepaal deur die grootte van die gemeenskapsinstellings wat opgebou is. Dit het beteken dat hoe groter die Solidariteit Beweging se instellings soos Akademia en Sol-Tech gegroei het, hoe hoër was die vlak van selfbestuur wat op daardie bepaalde gebied verwerklik is. Dieselfde het gegeld vir AfriForum se buurtwagte, die SOS en Afrikaanse onderwysvennote se hoëtegnologieskole, Helpende Hand se maatskaplike projekte en Solidariteit se beroepsgildes en werkburo’s.
Terselfdertyd het die Ankerdorpstrategie en Konsentrasieplan na ’n ruk Afrikaners se verbeelding aangegryp. Dit was toe die besef wyd posgevat het dat die uitdaging nie ons klein getalle is nie, maar ons yl verspreiding wat al langer as 150 jaar vir ons bestaanskrisis verantwoordelik is. Die verval van die meeste dorpe en plattelandse gebiede het tot ’n nuwe “Groot Trek” gelei na waar Afrikaners in sowat 30 streekdorpe en stede saamgetrek het. Die groter getalle op minder plekke het dit makliker gemaak om dienste soos skole, opleidingsentrums, veiligheidstelsels, munisipale dienste, maatskaplike sorg en werkverskaffing daar te konsentreer. Dit het daartoe gelei dat Afrikaners nie meer orals dieselfde probleme van vervallende dorpe, geweldsmisdaad, aanvalle op Afrikaanse skole en omgewingsprobleme gehad het nie. Daar was genoeg mense bymekaar om hierdie dienste lewensvatbaar te maak, veral omdat Afrikaners die kulturele selfvertroue ontwikkel het om saam daaraan te bou.
Staatkundige argiteksplan
Die staatkundige “argiteksplan” wat as die bloudruk van die selfbestuurprojek gebruik is, het uit ’n driehoek met vyf vlakke bestaan.
- Persoonlik: die basis van die driehoek was die beskerming en die bevordering van die persoonlike regte en vryhede van Afrikaners, ongeag waar hulle gebly het.
- Instellings: vlak twee was die uitbou van die veiligheids-, munisipale, maatskaplike, werk-, onderwys-, opleidings- en ander instellings en organisasies waarmee selfbestuur gebou is.
- Dorpe: dienste soos veiligheid, water, maatskaplike hulp en ander noodsaaklike dienste is vanaf stede en groter ankergebiede aan Afrikaners in klein dorpe gebied.
- Ankergebiede: die groter getalle Afrikaners in hierdie 30 stede en dorpe het dit moontlik gemaak om ’n omvattende verskeidenheid dienste te verskaf.
- Kantons: die vlak van selfbestuur het om verskillende redes die hoogste in drie gebiede onwikkel, naamlik Pretoria, die Suid-Kaap en die Orania-gebied. Pretoria se groot getalle Afrikaners het gehelp om dienste daar te ontwikkel wat in Switserse kantons aangetref word; in die Suid-Kaap het genoegsame getalle en sterk gemeenskapsenergie dit moontlik gemaak; en in Orania en die omgewing rondom die Vanderkloofdam het die bevolkingsamestelling dit vir Afrikaners moontlik gemaak om met 15 000 mense ’n bepalende meerderheid in die gebied te vestig.
Magsbalans
Hoewel die ANC-regering aanvanklik alles in hulle vermoë gedoen het om Afrikaners se regmatige strewe na kulturele vryheid en selfbestuur te dwarsboom, het die vermoë van die staat so vinnig afgeneem dat hulle dit nie meer kon keer nie. Daarby het die land se krisis so verdiep dat die ANC dit nie kon waag om Afrikaners as wetsgehoorsame en 138 belastingbetalende gemeenskap so te vervreem dat spontane belastingboikotte die staatskas se kraantjie nog kleiner kon draai nie. Die nou byna vergete poging om ’n onbekostigbare en onwerkbare Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel in te stel terwyl die bestaande openbare gesondheidsorg nie werk nie, was die finale strooi vir duisende belastingbetalers wat nie meer wou betaal nie. Groeiende buitelandse druk uit veral Europa en die VSA, en die buitelandse beleggingsgemeenskap se waarskuwings dat die regering opgeleide minderhede nie verder moes vervreem nie, het die regering se beweegruimte verder beperk. Saam met die groeiende protesaksies van Afrikaners wat nie langer bereid was om net onderdanige melkkoeie te wees sonder bepalende inspraak oor sake wat hulle raak nie, het die gesamentlike gewig van al hierdie faktore die magsbalans teen die ANC begin swaai. Die vinnige groei van digitale geld het ook ’n groot rol gespeel om die regering te laat besef dat belastingbetalers waarde vir hulle geld eis en hulle swaar verdiende geld nie net meer aan korrupte en onbevoegde politici gaan oorbetaal wat dit teen hulle belange gebruik nie.
Ontwikkelingshulp
Die buiteland se aanvanklike ontnugtering met die ANC het gaandeweg verskuif na praktiese steun vir Afrikaners. Hoewel dit begin het by Europese state se beleidstandpunte teen onwettige ANC-wetgewing soos dié oor onteiening sonder vergoeding, het die regering se miskenning van Afrikaners se menseregte tot finansiële steun vir Afrikaanse onderwys en opleiding gelei. Daar was na ’n paar jaar ook ’n deurbraak op munisipale vlak, toe ’n hele paar buitelandse dorpe en stede “tweelingstad”-ooreenkomste begin sluit het om van die aangewese ankerdorpe met ontwikkelingsprojekte te help. Die feit dat hierdie hulp deur die Afrikaner-dorpsforums gekanaliseer is, het meegewerk dat die ontwikkelingshulp doeltreffend gebruik is en ’n groot verskil gemaak het. Dit het die Solidariteit Beweging ook gehelp om brugbouprojekte na ander gemeenskappe te finansier deur byvoorbeeld noodsaaklike dienste te verskaf.
Die proses van groeiende selfbestuur het momentum begin kry toe Afrikaners begin sien het dat hierdie projekte sukses begin behaal, byvoorbeeld met Sol-Tech en Akademia. Die Solidariteit Beweging het ook ’n deurbraak gemaak toe die regering vroeg in 2021 die grondwetlike voorsiening vir kulturele vryheid amptelik bevestig het. Hoewel die regering aanvanklik daarteen teenstand gebied het, het hulle bevestiging van die bestaande ruimtes in die Grondwet eerstens meer ruimte vir die selfdoenprojekte gegee, en tweedens die erkenning daarvan makliker gemaak.
Hierdie deurbrake was egter nie die rede vir die sukses van die opbou van selfbestuur nie, maar het gevolg op veranderings wat by Afrikaners self plaasgevind het. Hulle het besef dat daar ’n regstreekse verband is tussen vryheid, veiligheid en voorspoed. Sonder vryheid is ’n kultuurgemeenskap se veiligheid en voorspoed afhanklik van ’n vyandige regering. Mense het besef dat veiligheid en voorspoed net deur vryheid gewaarborg kan word. Sonder vryheid kan mense moeilik hulself beveilig en is hulle voorspoed in gedrang omdat die regering hulle pensioenfondse kan gebruik of hulle eiendom sonder vergoeding kan onteien.
Medepligtiges in plaas van slagoffers
Afrikaners het besef dat hulle nie vir die hele land verantwoordelikheid kan aanvaar nie, en dat hulle alles sal verloor as hulle alles probeer behou. Daar is besef dat die regering gekies, 139 betaal en met belastinggeld befonds word om die land te regeer en dienste aan die bevolking te lewer. Indien hy dit nie doen nie en die kiesers hulle ten spyte daarvan vir die elfde keer (ses nasionale en vyf plaaslike verkiesings) sedert 1994 weer verkies, moet Afrikaners by die demokratiese besluit van kiesers berus en eerder na hulle eie belange begin omsien.
Soos George Orwell gesê het, sulke kiesers is dan nie slagoffers nie, maar medepligtiges aan hulle lyding weens swak regering. Dit is immers nie moontlik om staatsdienste sonder staatsinkomste, ’n staatstruktuur en staatsmagte aan almal te bied nie, veral as hulle by die stembus laat blyk dat hulle tevrede genoeg met die ANC is. Afrikaners moet nog steeds help waar dit kan, maar kan nie meer oral verantwoordelikheid vir alles en almal aanvaar nie. Dit is uitgediende paternalisme. Afrikaners het eerder vir selfstandigheid gewerk as om self afhanklik van die staat te word. Hulle moes afskeid neem van verantwoordelikheid vir die hele land, en op hulle eie gemeenskap begin fokus wat deur die staat uitgeskuif is.
Hierdie besef het tot ’n denksprong en ’n nuwe skeppende kulturele energie gelei namate Afrikaners vanaf lede na medebouers van selfbestuur verander het. Hoewel die opbou en uitbou van praktiese selfbestuur aanvanklik stadig gelyk het, het die projek Bill Gates se woorde weereens as waar bewys: niks word in een jaar gedoen nie, maar alles kan in tien jaar vermag word.
’n Belangrike les wat geleer is, is dat vordering tot eenheid lei, en nie dat eenheid tot vordering lei nie. Die Beweging se suksesresep was dat daar nie tyd is om te wag tot almal soos ’n hegte eenheid saamstem nie, maar dat vordering vinnig tot ’n samebindende eenheid lei. Afrikaners het opgehou om mekaar moedeloos te maak oor wat in die verlede gewerk het of in die hede afgebreek is, en het eerder mekaar begeester oor wat in die toekoms gebou kan word. Daar is ook besluit om nie mekaar kwalik te neem oor wie in die verlede waar gestem het nie, maar om mekaar te besiel om vanaf 2019 saam aan die toekoms te bou. Heimwee oor die verlede is vervang deur vasberadenheid vir die toekoms. Die kultuur van verdraagsaamheid teenoor onderprestasie is afgeskud, en mense het meer van hulself begin verwag. Afrikaners het saam gebind, saam gebou, saam beskerm, met die owerhede beding en brûe na ander gemeenskappe gebou. Dit beteken nie dat daar volkome eenstemmigheid was nie. Die klem is net op “volksveelheid” eerder as “volkseenheid” geplaas, wat beteken het dat daar ruimte vir verskille was, maar dat dit waaroor verskil is, nie tot verlammende verdeeldheid gelei het nie. As mense nie met iets saamgestem het nie, het hulle dit minstens nie teengestaan nie.
Dit was die resep waarmee Akademia tot ’n wêreldklas universiteit in Afrikaans uitgebou is, met internasionale bande met verskeie universiteite in die VSA, Wes- en Oos-Europa en privaat universiteite in Afrika. Daarmee saam is Sol-Tech tot ’n omvattende beroepsopleidingskollege uitgebou, het Solidariteit ’n hele netwerk van werk ontwikkel, het Afrikaans weereens tot ’n volle funksionele taal herleef, is daar ’n landswye netwerk van onafhanklike Afrikaanse privaat skole ontwikkel, het AfriForum se buurtwagte en sekuriteitsmaatskappy misdaad onder beheer gebring, het Afrikaanse gemeenskapsmedia miljoene lesers en luisteraars in ’n gemeenskap saamgebind, het die ankerdorpe ligpunte midde-in die verval van baie ander geword, het finansiële steun vir Afrikaner-selfbestuur deur die kuberkanton ingevloei vanaf ondersteuners wêreldwyd, het Afrikaanse sakelui deur goed georganiseerde sakekringe werk aan Afrikaanse jongmense gegee, het ’n digitale geldeenheid Afrikaanse koopkrag mobiliseer, het ’n genoteerde eiendomsmaatskappy landswyd leefruimtes vir Afrikaans en beleggingsgeleenthede geskep, het die drie Afrikaner- 140 kantons praktiese selfbestuur begin geniet, het Solidariteit Helpende Hand se maatskaplike sambreel duisende verdienstelike behoeftiges landswyd bygestaan, en is sterk bande met die Afrikaner-diaspora gebou tot wedersydse voordeel.
Die somtotaal van al hierdie ontwikkelings was dat die omstandighede geskep is dat Afrikaners ook blywend vry, veilig en voorspoedig in Suider-Afrika kan voortbestaan, tot voordeel van hierdie landstreek en al sy mense. Dit was die hoofrede hoekom die regering uiteindelik nie anders kon nie as om die werklikheid van selfbestuur wat opgebou is, formeel te erken.
Hierdie geskiedkundige gebeure het weer die waarheid bewys van Daniel Burnham se stelling:
Moenie klein plannetjies maak nie; dit het geen magiese krag om mense te begeester nie en sal ook nie werk nie. Maak groot planne; mik hoog, onthou dat ’n edele, logiese plan wat een maal uitgespel is, nooit sal doodgaan nie, maar lank nadat ons weg is ’n lewende ding sal wees, wat homself net toenemend hardnekkig sal laat geld.