Orania Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk

Antwoord van :

ORANIA AGTERGROND EN VISIE Die wortels vir die Orania-idee is reeds te vind in die sewentigerjare van die vorige eeu toe voorste Afrikanerdenkers binne die destydse Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-aangeleenthede (Sabra) besef het dat die beleid van Afsonderlike Ontwikkeling onder geweldige druk was en die uitvoerbaarheid daarvan onder ernstige verdenking was. Daar is tot die slotsom gekom dat die uurglas vir Afrikaners se politieke beheer oor Suid-Afrika leeggeloop het en ‘n nuwe bedeling in sig was. Navorsing deur Sabra het daarop gedui dat ‘n nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika as eenheidstaat waarskynlik sterk sentralisties sou neig en min politieke inspraak vir minderhede sou waarborg. Die vermoë van minderhede om hulle belange te beskerm sou dus wesenlik beperk wees. Die vraag waarmee die denkers van Sabra, onder leiding van Carel Boshoff, Chris Jooste, Dirk Viljoen en ander gekonfronteer is, was hoe die Afrikaner homself sou kon handhaaf binne ‘n nuwe politieke bedeling waarin Afrikanermag prysgegee is en hulle ‘n minderheid sou wees. Binne hierdie werklikheid moes daar dus vir Afrikaners in Suid-Afrika ‘n volhoubare toekoms bedink word. Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die enigste wyse waarop ‘n minderheid homself in ‘n meerderheidsomgewing sou kon handhaaf, steeds ‘n politieke bestel met ruimte vir selfbeskikking sou moes wees – ten minste vir dié kultuurgemeenskappe wat dit wil opneem. Hoewel dit nie die taal van die tyd was nie, is dit duidelik dat die soeke na die beste verband tussen gedeelde Suid-Afrikaanse belange en kultuurgemeenskappe se behoefte om oor hulleself te beskik, binne ‘n breë federale idioom tuisgebring kon word. Dit sou egter vereis dat mens jou nie vasstaar teen eenheidstate met federale eienskappe wat hulself as “federasies” beskryf nie, maar dat die diepste federale beginsel, naamlik dat outonome eenhede tot wedersydse voordeel met mekaar in verbinding tree, maar dit ook kan beëindig indien dit meer nadele as voordele meebring, voorop staan. Aangesien daar voorsien is dat ‘n nuwe politieke bedeling waarskynlik min federale beginsels sou bevat en min ruimte vir kulturele verskeidenheid sou bied, het die gedagte begin ontwikkel dat Afrikaners vir hulself ‘n eie politieke ruimte tot stand sou moes bring vanwaar federale verhoudinge met ander gevestig sou kon word. So ‘n federale verhouding sou doodgebore wees indien Afrikaners die skepping van ‘n “eie politieke ruimte” vanuit ‘n apartheids- of koloniale uitgangspunt sou benader. Dit sou in pas moes wees met die nuutste internasionale uitgangspunte en praktyke rakende federalisme. Die voorwaardes vir die sukses en volhoubaarheid van so ‘n eie ruimte sou wees dat Afrikaners gesamentlik oor eie grond moes beskik, dat instellings tot stand moes kom om die grondgebied te ontwikkel en dat Afrikaners, soos enige ander gemeenskap of volk wêreldwyd, sy werk en arbeid self sou moes verrig. ‘n Volk wat aan hierdie voorwaardes voldoen, sou met selfvertroue kon aanspraak maak op groeiende erkenning en selfbeskikking. DIE AFRIKANERVRYHEIDSTIGTING Die leidende denkers binne Sabra wou egter met verloop van tyd konkrete gestalte gee aan die nuwe idees wat in Sabra ontwikkel is. Onder leiding van Carel Boshoff, Chris Jooste en Dirk Viljoen het die Afrikanervryheidstigting (Vryheidstigting, later Orania Beweging) in 1988 totstand gekom met die doel om navorsing te doen rakende geskikte geografiese ruimtes binne Suid-Afrika, waar Afrikaners vir hulself ‘n eie ruimte sou kon skep. Die navorsing van die Vryheidstigting het telkens een oorheersende werklikheid na vore gebring, naamlik die demografiese verspreiding van Suid-Afrika se bevolking. Dit was duidelik dat Afrikaners verspreid was oor Suid-Afrika en in geen samehangende gebied ‘n getallemeerderheid was nie. Die voorvereiste vir minderhede wêreldwyd wat hulself polities en kultureel wil handhaaf en selfbeskikking nastreef, is dat hulle ook grondgebied moet hê waar hulle ‘n meerderheid vorm. Kunsmatige pogings van minderhede om hulself in ‘n meerderheidsomgewing te handhaaf is op die lange duur nie volhoubaar nie. Die slotsom waartoe die Vryheidstigting gekom het, was dat die enigste plek in Suid-Afrika waar Afrikaners deur vestiging ‘n meerderheid sou kon vorm, ‘n gedeelte van die ylbevolkte Noordwes-Kaap sou kon wees. Deur te konsentreer op ‘n bepaalde gebied en dit deur vestiging te ontwikkel as ‘n eie plek en ruimte vir Afrikaners, sou ‘n paar duisend mense reeds ‘n nuwe demografiese werklikheid kon skep. DIE AANKOOP VAN ORANIA In 1990 neem die Vryheidstigting die leiding om van ‘n politieke idee ‘n politieke werklikheid te maak en gebruik die maatskappy Orania Bestuursdienste as voertuig. In 1991 word die dorp Orania in die Noordwes-Kaap deur dié Maatskappy aangekoop. Orania was op daardie stadium ‘n verlate konstruksiedorp wat aan die Departement van Waterwese en Bosbou behoort het, geleë tussen Hopetown en Vanderkloof aan die oewer van die Oranjerivier. Die dorp het sy ontstaan te danke aan die Oranjerivierbesproeiingskema wat deur dié departement ontwikkel is en het as woonplek gedien vir personeel van die departement. Die dorp is in die sestigerjare van die vorige eeu gebou vir die konstruksiewerkers wat ‘n kanaalskema aan die oostelike oewer van die Oranjerivier, aan die Vrystaatkant, gebou het. Na afhandeling van die projek is die dorp ontruim en op tender te koop aangebied. Sedert die aankoop van Orania in 1991 het Afrikaners stelselmatig in Orania begin vestig en ‘n nuwe gemeenskap en ekonomie tot stand gebring. Op die grondslag van selfstandige handeling is ‘n dorpsraad in die lewe geroep en gemeenskapsinstellings is gevestig. Dit het ingesluit skole, ‘n – 6 – ORANIA | Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk maatskaplike raad, ‘n ekologiese bewaringsvereniging, kerke, kultuurverenigings, finansiële- en finansieringsinstellings, ekonomiese ontwikkelingsinstellings en sport- en ontspanningsklubs. Uit die staanspoor is ‘n kultuur van ondernemerskap gevestig en ‘n vryemarkbenadering is gevolg. Dit het daartoe gelei dat ekonomiese ontwikkeling op verskeie terreine plaasgevind en werkskepping tot gevolg gehad het. Ekonomiese ontwikkelingsterreine waarop baie vinnig vordering getoon is, het ingesluit konstruksie, landbou, toerisme, kleinhandel en professionele dienste. Ekonomiese ontwikkeling het dit dan ook vir baie mense moontlik gemaak om hulself op Orania te vestig en het die basis gelê vir volhoubare vestiging en groei. Die grondleggers van Orania het dit dus reggekry om ‘n verlate konstruksiedorp te omskep in ‘n lewenskragtige klein plattelandse gemeenskap. Orania se ideale is egter groter as die vestiging van ‘n suksesvolle dorp en daarom is dit van groot belang dat ‘n strategie vir die volgende fase in Orania se selfbeskikkingstrewe bedink en in werking gestel word. VAN DORP TOT STAD In die inleiding is gesê dat die sentrale vraagstuk waarteen Afrikaners vandag te staan kom, die verlies aan politieke mag is en derhalwe ‘n onvermoë om oor hulle eie toekoms te beslis. Verder kan dit ook gestel word dat weens die demografiese werklikheid in Suid-Afrika ‘n oorwinning by die stembus vir Afrikaners, in alliansie met ander of op hulle eie, ‘n onmoontlike taak is. Die antwoord vir Afrikaners se politieke dilemma sal dus buite-om die huidige kiesstelsel gevind moet word. Dit volg dus hieruit dat Afrikaners vir hulself ‘n struktuur tot stand sal moet bring wat weer vir hulle politieke seggenskap sal kan gee. Indien Afrikaners in ‘n gekonsentreerde gebied vestig wat hulle self bestuur en beheer, kan ‘n nuwe stad verrys. So ‘n stad kan die instrument wees waardeur Afrikaners de facto politieke mag bekom en oor ‘n magdom interne aangeleenthede beheer uitoefen. Dit kan ook die basis lê vir onderhandeling met die regering vir groeiende federale magte. Selfs ook die moontlikheid om mettertyd volledige selfbeskikking te beding. Die vraag kan egter ook gevra word waarom Afrikaners ‘n stad tot stand moet bring, eerder as om op hierdie stadium te fokus op verspreide landelike vestiging in ‘n groter gebied. Daar is vyf kernredes waarom die stad as politieke ideaal verkieslik is bo ‘n alternatief van verspreide vestiging. In die eerste plek skep ‘n stad ‘n omgewing waarbinne spesialisering moontlik is. Die rede daarvoor is dat daar binne ‘n stedelike omgewing ‘n ekonomie van skaal tot stand gebring word, wat ‘n voorvereiste vir spesialisering is. Gespesialiseerde ondernemings kan slegs gedy in ‘n omgewing waar daar genoeg mense met kundigheid beskikbaar is om in diens te neem en genoeg verbruikers is om die dienste of produkte aan te koop. Sonder spesialisering kan dienste Soos byvoorbeeld intensiewe mediese sorg, hoë tegnologiese vervaardiging, inligtingstegnologie en navorsing nie gelewer word nie. Indien Afrikaners dus nie ‘n stad tot stand bring nie, sal hulle ook nie vir hulself ‘n eerstewêreldleefruimte kan skep nie. In die tweede plek beskik ‘n stad oor ‘n besondere vermoë om welvaart te skep. Daar is geen ander struktuur wat op so ‘n groot skaal verbruiker en produsent bymekaar bring soos ‘n stad nie. Die stad skep ‘n groot mark vir produkte en dienste en die gepaardgaande vraag daarna word een van die – 7 – ORANIA | Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk belangrikste drywers vir die versterking van die ekonomiese vermenigvuldiger. ‘n Stad wat ekonomies ontwikkel, kan ook oorskotte produseer wat uitgevoer kan word. Op hierdie manier word “buitelandse valuta” verdien waarmee daar vir broodnodige invoere betaal kan word. ‘n Groeiende en volhoubare ekonomie is ‘n voorwaarde vir vestiging van Afrikaners in ‘n bepaalde geografiese ruimte. Binne ‘n stedelike omgewing kan vestiging op ‘n groot skaal plaasvind. Derdens kan dit gestel word dat die stad histories altyd die plek van veiligheid was. Menige gemeenskap in die geskiedenis moes hulself al teruggetrek het binne die veiligheid van die stad wanneer onheil gedreig het. Veiligheid en ‘n sorgelose vry bestaan het in 2019 in Suid-Afrika vir die meeste mense ‘n luukse geword. Veiligheidsomheinings word opgerig, sekuriteitswoonbuurte kom tot stand, alarms word geïnstalleer en veiligheidsmaatskappye patrolleer die strate. Vir baie Afrikaners het lewensbedreiging en uitwissing ‘n werklikheid geword. Die moorde op plaasboere en stedelike misdaad toon ‘n groeiende neiging. Binne ‘n eie stad kan Afrikaners beheer neem oor hulle eie veiligheid, gesamentlik optree en hierdie uitdaging die hoof bied. ‘n Veilige toekoms vir Afrikaners en hulle gesinne is van wesenlike belang en kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit is reeds genome dat Afrikaners hulle demografiese uitdaging sal moet oorkom indien hulle weer oor politieke mag wil beskik en nie wil hê dat die huidige maghebbers oor elke aspek van hulle lewens besluit nie. Dit is dan ook die vierde belangrike rede waarom ‘n stad noodsaaklik is vir Afrikaners se voortbestaan. Indien Afrikaners ‘n stad tot stand bring, sal hulle ‘n besliste meerderheid wees in die gebied wat hulle bewoon en bewerk. Politieke seggenskap is slegs moontlik in ‘n ruimte waar ‘n gemeenskap of volk ‘n onbetwiste meerderheid is. Verspreide plattelandse vestiging sal nie maklik ‘n nuwe demografiese werklikheid kan skep nie, deels omdat nuwe arbeidspraktyke onder sulke omstandighede moeilik gevestig word. Laastens is daar ‘n baie eenvoudige rede waarom die bou van ‘n stad ‘n haalbare politieke ideaal is. Dit lê daarin dat Afrikaners oorwegend verstedelik is en dus nie sal sukkel om in ‘n stedelike omgewing aan te pas nie. Tewens, dit behoort vir baie Afrikaners aantreklik te wees om in ‘n stedelike omgewing te woon wat veilig is, waar Afrikaans gedy en waar Afrikaners se kultuur en waardes gerespekteer en uitgebou word – ‘n plek met moderne tegnologie en eerstewêreld- geriewe. Deur ‘n stad te bou kan Afrikaners aansluit by ‘n eeue-oue tradisie van selfstandige stede of stadstate. Hier word gedink aan Athene in die klassieke Griekse tyd, die Hansastede in die Duitse Middeleeue, Florence en ander Italiaanse stede tydens die Renaissance en in die moderne tyd Singapoer, asook talle stede in die wêreld wat toenemend selfstandig funksioneer met hulle eie begrotings en ‘n verskeidenheid van verhoudings wat nasionaal en internasionaal aangeknoop word. Veral die Duitse stede Berlyn, Hamburg en Bremen staan in hierdie verband uit. Aldrie is tegelyk stede en federale eenhede binne die Duitse federasie. Stede het al baie ryke en state oorleef. Die Romeinse Ryk het al eeue gelede vergaan, maar Rome staan vandag nog. ‘n Afrikanerstad sal ook die huidige Suid-Afrika kan oorleef. Die totstandkoming van Singapoer is veral vir Afrikaners van groot belang omdat ‘n suksesvolle ekonomie in ‘n relatief klein grondgebied ontwikkel is. Hierdie stadstaat in Suid-Asië wat in 1965 onafhanklikheid verkry het, is slegs sowat 700 km² groot, vergelykbaar met ‘n gebied van ongeveer 26 km by 26 km. Dit is minder as die helfte (42%) van die Stad van Johannesburg se Metropolitaanse Munisipaliteit se grootte. Singapoer het ‘n bevolking van ongeveer 5,4 miljoen volgens die land se – 8 – ORANIA | Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk statistiekediens se 2013-skatting en ‘n werkloosheidskoers van 2%. Daarteenoor het die Johannesburgse Metropool ‘n bevolking van ongeveer 4,4 miljoen en ‘n werkloosheidskoers van 25%. Singapoer kry dit reg om op sy klein grondgebied jaarliks ‘n BBP van $327 miljard te genereer teenoor die $92 miljard van die Johannesburgse Metropool en die $579 miljard van Suid-Afrika in die geheel. Dit is dus baie duidelik dat die fisiese grootte van ‘n land of stad nie bepalend vir sy sukses is nie. Veel eerder is dit die ingesteldheid en vermoë van sy leiers en inwoners wat die vlak van ontwikkeling en welvaart bepaal. Die taak is nou om Orania uit te bou van ‘n suksesvolle dorp en gemeenskap tot ‘n lewenskragtige stad. ‘n Afrikanerstad met tientalle Afrikaanse skole, ondernemings wat aan duisende Afrikaners werk kan verskaf, gemeenskapsinstellings wat aan ‘n verskeidenheid behoeftes voldoen, restaurante en kuierplekke vir ontspanning en vermaak en navorsingsinstellings om Orania op die voorpunt te hou van alle nuwe ontwikkelinge. ‘n Stad wat ekologies volhoubaar is en in sy eie energiebehoeftes voorsien, wat na sy bejaardes omsien, wat netjies en skoon is en waar munisipale dienste volhoubaar en op ‘n hoë standaard gelewer word, waar gespesialiseerde mediese geriewe beskikbaar is en waar ‘n universiteit kan gedy. Kortom: ’n Plek wat aan die totale kulturele en fisiese behoeftes van moderne Afrikaners voldoen. ORANIA SE STREWE EN DIE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK 2019 Dit is van groot belang dat die Orania Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk 2019 (ROR) verstaan met word in die konteks van Orania se politieke en ontwikkelingsideale. Die ROR moet die ruimtelike grondslag bied waarbinne intensiewe vestiging en ontwikkeling kan plaasvind. Orania se bevolking groei die laaste paar jaar met meer as 10% per jaar. Ruimtelike beplanning kan nie op ‘n lukrake wyse geskied nie en moet ordelik en professioneel aangepak word. Duisende mense gaan hulle nog in Orania vestig en hiervoor is goeie beplanning nodig. Die ROR lê’n belangrike grondslag om te verseker dat Orania ‘n volhoubare en vooruitstrewende stad vir sy inwoners gaan bou. Die stad kan as eerste mylpaal gestel word vir Afrikaners se strewe na volle selfbeskikking. Dit lê die basis vir verdere groei en uitbreiding. Om die rede is dit van wesenlike belang en ‘n voorwaarde vir selfbeskikking van Afrikaners dat Orania suksesvol ontwikkel moet word. Die ROR is ‘n belangrike bousteen in hierdie proses. INLEIDING AGTERGROND Die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels (hierna, die Stelselswet genoem), 2000 (Wet 32 van 2000) vereis, as ‘n kern-komponent van Geïntegreerde Ontwikkelings-raamwerke (GOP’s), dat munisipaliteite ruimtelike ontwikkelingsraamwerke (ROR’e) saamstel. Die volgende vlak in terme van die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk sal dus wees dat daar ‘n plaaslike gebiedsplan ontwikkel moet word. Die oogmerk van die Orania Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk is om die dorp met die jongste beleide en riglyne in verband te bring, ten einde ‘n geloofwaardige ROR daar te stel wat die ruimtelike besluite van die komende vyf tot twintig jaar kan lei. Die huidige Orania GOP (2009) is saamgestel en goedgekeur deur die Orania Dorpsraad in 2009. Die hersiening poog om die ROR in lyn te bring met nuwe en bestaande beplanningswetgewing wat in die toekoms sal sorg dat die praktyke in Orania nie teenstrydig is met ander soortgelyke beleide nie. In hierdie geval is veral klem gelê op die NoordKaapse ruimtelike ontwikkelingskategorie. VERTREKPUNT Belangrike vertrekpunte wat in ag geneem word met die hersiening van die bestaande geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) van Orania:

  • Grondslag: Beginsels rakende die doelwitte van die plan is hier van belang. Die beleidsfilosofie en denkrigting is ook krities in die aanvang tot die hersiening;
  • Visie vir Orania: Die bestaande ontwikkelingsdenkrigting vir Orania moet bepaal word. Waarheen is Orania op pad en hoe moet die dorp ontwikkel om aan die behoeftes van die gemeenskap te voldoen ?
  • Bestaande GOP: ‘n Kritiese analise rakende die sukses van die GOP moet gedoen word, wat was suksesvol en wat nie, wat in die plan moet oorgedra of hersien word.
  • Wetgewing: SPLUMA lê die fondasie vir suksesvolle ruimtelike beplanning Belangrike beplanningsbeginsels en riglyne word hier bepaal. Dit is belangrik dat Orania se gewysigde GOP voorsiening maak vir die bepalings van SPLUMA. SPLUMA vereis ook ʼn sterker ruimtelike benadering. Daarom word die GOP hersien om aan die vereistes van SPLUMA te voldoen. Die GOP word dan voortaan as die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) gedefinieer.
  • Ontwerpmetodiek: Die ruimtelike ontwikkelingsraamwerk moet voorsiening maak vir sekere vormgewende kenmerke wat uniek is aan Orania (sekuriteit, vloei, groei, toegang ens.)
  • Wetlikheid: Orania se ROR moet aan bestaande nasionale-, provinsiale en munisipale wetgewing voldoen.
  • Grondgebied: Die ontwikkelingsgrense moet duidelik gedefinieer word en moet vir bestaande en voorgestelde ontwikkelingsareas voorsiening maak.
  • Tydraamwerk: Die kort-, medium en langtermyn ontwikkelingsvooruitsigte moet bepaal word.;
  • Struktuur van dokument: ‘n Meer praktiese dokumentstruktuur word gevolg. Daar word die verwagting gekoester dat die dokument prakties en realisties uitvoerbaar moet wees.
  • Bestaande beleid: Die ROR moet kennis neem van bestaande beleidsraamwerke en ander ruimtelike strategieë.

METODOLOGIE Die beplanningsproses moet twee fundamenteel-geskakelde prosesse bevat, ten einde effektiewe beplanningsmetodologie te verseker. Die eerste is ‘n tegniese beplanningsproses (die versamel van inligting en samestelling) en die tweede is ‘n deelname- of konsultasieproses (identifisering van probleme en verskille, werkswinkels om die omvang van die proses vas te stel, insae van belanghebbendes, belangegroepe, ens.). Die tegniese- en deelname-prosesse is in hierdie geval in fases benader. ‘n Doelwit-gedrewe proses sal sodoende verseker dat al die relevante aspekte wat die samestelling van die Orania ROR beïnvloed. aangespreek is. Oorhoofse beplanning benadering vir die ontwikkeling van die Orania ROR Die proses begin by FASE 1 waar aandag gegee word aan beide die agtergrond van Orania asook ʼn oorsig oor die studie area. FASE 2 behels ʼn oorsig van bepaalde beleidsraamwerke. FASE 3 behels data inwinning wat verseker dat bestaande inligting ontleed word om gapings te identifiseer. Die Fase bestaan ook uit die identifisering van verskille en probleme in Orania en die ruimtelike implikasies daarvan, wat dan die basis vorm waarop die ontwikkeling van die ROR kan plaasvind. FASE 3 is dus die vorming van die ruimtelike perspektief. Die sleuteldoel van Fase 4 is die formulering van ʼn ruimtelike raamwerk en strategiese uitgangspunte, beleide en riglyne wat dan die medium-termyn ruimtelike voorstelle en visie vir beplanning in Orania sal lei. FASE 5 en 6 behandel die toekomstige ontwikkelingsfilosofie, asook ruimtelike ontwikkelingsraamwerk vir Orania. FASE 6 hanteer spesifiek die implementeringsplan vir die ROR wat oorsig gee rakende die kort-, medium en langtermynplanne vir Orania. Die fase skep ook die nodige boublokke wat sal lei tot die nastreef van Orania se ontwikkelingsvisie. FASE 5 maak ook voorsiening vir ʼn breedvoerige publieke deelnameproses wat deurlopende interaksie met die tegniese- en bestuurskomitees gedurende die hersieningsproses insluit. Hierdie fase eindig met die publisering van die hersiene dokument, ten einde kommentaar en insette van die algemene publiek, nasionale-, provinsiale en plaaslike regering in te win. Beplanningsmetodiek Orania ROR ontwikkelingsraamwerk Die beplanningsraamwerk hierbo gee ʼn kortlikse voorstel van die proses en benadering wat gevolg sal word ten einde die ROR te ontwikkel. Die proses maak voorsiening vir die volgende:

  • Inleiding en agtergrond van die Orania ROR;
  • Doelwitte van die ROR;
  • Wetgewende raamwerk asook ontwikkelingsvisie;
  • Analise van bestaande ontwikkelingspatrone wat gebaseer is op drie (3) ontwikkelingstemas (Biofisiese omgewing, sosio-ekonomiese ontwikkeling asook die beboude omgewing);
  • Strategiese beleidsvorming vir die Orania ROR wat fokus op die ontwikkelingstema; Implementeringsplan wat gebaseer is op die Orania Ekonomiese Ontwikkelingsplanwat ʼn ruimtelike perspektief op laasgenoemdegee.

DOELWITTE EN MIKPUNTE VAN DIE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) Die dokument moet uitvoering gee aan nasionale – en provinsiale beleidsraamwerke, prioriteite en wetgewing;

  • Dit moet die huidige stand van sake, m.b.t. die ruimtelike en grondgebruik perspektief van die streek weergee;
  • Die verlangde grondgebruikpatrone in die area moet weergegee word;
  • Verskaf basiese riglyne vir ruimtelike beplanning, grondontwikkeling en grondgebruik bestuur in die area;
  • Die dokument moet voorstel hoe die raamwerk geïmplementeer en befonds sal word;
  • Die ROR moet aan omgewingswetgewing voldoen.

STUDIE AREA Orania Oriëntering Orania in terme van die konsepsionele Provinsiale ROR Orania is geleë in die Noord-Kaapprovinsie (setel: Kimberley) se Pixley ka Seme Distrik Munisipaliteit (setel: De Aar), geleë. Alhoewel Orania ‘n onafhanklike plaaslike bestuur het, word sy regsgebied omring deur dié van Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit (setel: Hopetown). Die bure is Renosterberg Plaaslike Munisipaliteit (setel: Petrusville) en aan die Vrystaat kant, is Xhariep die Distrik Munisipaliteit (setel: Trompsburg) en Letsemeng die Plaaslike Munisipaliteit (setel: Koffiefontein). Orania is naby die geografiese middelpunt van Suid-Afrika geleë, maar is redelik ontoeganklik vir die ekonomiese middelpunt en markte van Suid-Afrika. Orania beslaan ongeveer 29.42 km², met ‘n bevolking van ongeveer 1 422 (Orania Sensus 2017). Die studiegebied bestaan uit die volgende drie (3) hoof gebiede: Orania Dorpsgebied (VAB)

  • Orania-Oos (A-Blok & B-Blok);
  • Orania-Wes (A-Blok en E-Blok);
  • Kleingeluk (K-Blok);
  • Orania Plato (S-Blok);
  • Nywerheidsgebied (N-Blok);
  • Dorpshoewes / Oewergebied (H-Blok).

Vluytjeskraal 272-hoewes (VLU 272) Vluytjeskraal-Noord (VKN) Die drie hoofgebiede se grootte word in die onderstaande tabel aangetoon: Totale area van die Groter Orania dorpsgebied Afstand van Orania vanaf ander sentra. BELEIDSRAAMWERK Die wetgewende raamwerk vir die opstel en goedkeuring van ‘n ruimtelike ontwikkelingsraamwerk word deur die volgende bepaal en ingelig: Wetgewende raamwerk

  • Die dokument moet uitvoering gee aan Nasionale- en Provinsiale beleide, prioriteite en beplanningswetgewing;
  • Dit moet die huidige stand van sake, m.b.t. die ruimtelike- en grondgebruikperspektief van die streek weergee;
  • Die verlangde grondgebruikspatrone in die area moet weergegee word;
  • Moet basiese riglyne vir ruimtelike beplanning, grondontwikkeling en bestuur van grondgebruik in die area verskaf;
  • Die dokument moet voorstel hoe die raamwerk geïmplementeer en befonds sal word;
  • Die ROR moet aan omgewingswetgewing voldoen.

Wetgewing van belang:

  • Die Grondwet, 1996 (Wet 108 van 1996);
  • Die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels Wet, 2000 (Wet 32 van 2000) – die “Stelsels Wet”;
  • Ruimtelike Beplanning en Grondgebruik Bestuurswet, Wet 16 van 2013) – “SPLUMA” (Spatial Planning and Land Use Management Act);
  • Konsep wetgewing rakende die Noord-Kaapse Ruimtelike Beplanning en Grondgebruik Bestuurswet, Wet 16 van 2013) – “SPLUMB” (Spatial Planning and Land Use Management Bill);
  • Nasionale Omgewingsbestuur Wet, 1998 (Wet 107 van 1998) – “NEMA” (Environmental Management Act);
  • Omgewingsbewaring Wet, 1989 (Wet 73 van 1989);
  • Nasionale Bosbou Wet, 1998 (Wet 84 van 1998);
  • Nasionale Water Wet, 1998 (Wet 36 van 1998);
  • Die Bewaring van Landbouhulpbronne Wet, 1983 (Wet 43 van 1983);
  • Die Wet op die Onderverdeling van Landbougrond, 1970 (Wet 70 van 1970);
  • Nasionale Erfenishulpbronne Wet, (Wet 25 van 1999).

NASIONALE BELEIDSKONTEKS Verskeie nuwe beleidsrigtings en wetgewing is in werking gestel om leiding te gee en standaarde daar te stel vir ruimtelike- en grondgebruikbestuur. Die Nasionale beleidskonteks is opgesom in die onderstaande tabel. Toepaslike nasionale beleid - 1 Toepaslike nasionale beleid - 2 Toepaslike nasionale beleid - 3 Toepaslike nasionale beleid - 4 Toepaslike nasionale beleid - 5 PROVINSIALE EN STREEKSBELEID Provinsiale en Streeksbeleid - 1 Provinsiale en Streeksbeleid - 2 Provinsiale en Streeksbeleid - 2 Provinsiale en Streeksbeleid - 3 Provinsiale en Streeksbeleid - 4 DIE BEGINSEL VAN ‘NIE-STRYDIGHEID’ Die Orania Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) sal, soos alle toekomsgerigte planne, in oorleg met die “nie-strydigheid beginsel” geïmplementeer word. Die implikasies van hierdie benadering behels dat laer-orde ruimtelike ontwikkelingsraamwerke of –planne, nie strydig met hoër-orde ontwikkelingsraamwerke of –planne sal funksioneer nie. Die Orania ROR moet dus in ooreenstemming wees met die benamings, beleidstellings en vereistes van die Provinsiale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (PROR), daarvolgens optree en plaaslike munisipale planne en ROR’e dienooreenkomstig hanteer. PLAASLIKE BELEIDSKONTEKS Orania val binne die Pixley Ka Seme Distrik Munisipaliteit se bestuursgebied en funksioneer onafhanklik van die Thembelihle Plaaslike Munisipaliteit. Orania bestuursgebied Die volgende grondinstellings is betrokke by die bestuur van sake in Orania: Orania Bestuursgebied - 1 Orania Bestuursgebied - 2 ALGEMENE OORSIG Na die hersiening van die voorgenoemde beleidsdokumente is verskeie beginsels en doelwitte geïdentifiseer wat oor die algemeen van toepassing is en ruimtelike oorweging vereis, ten einde ruimtelike beplanning en besluite in die Orania dorpsgebied te lei en in te lig. Die oorvleueling van verskillende stelle wetgewing en beleide, het die volgende sleutel- en strategiese ruimtelike doelwitte en beginsels onderstreep:

  • Skep werksgeleenthede en ander geleenthede vir groei;
  • Verbeterde toegang tot veilige en doeltreffende vervoerstelsels;
  • Welstand, veiligheid en ‘n afname in armoede;
  • Fokus op ruimtelike transformasie deur die bevordering van geïntegreerde en volhoubare menslike nedersettings;
  • Bevorder doeltreffende hulpbron-gebruik vir volhoubaarheid;
  • Belê in hernubare ‘groen’ energie projekte;
  • Ruimtelike integrasie en sosiale samehorigheid;
  • Voorsien basiese dienste aan almal;
  • Verbeterde en uitgebreide infrastruktuur;
  • Skep geleenthede vir groei en ontwikkeling.

Bogenoemde is breë- en algemene doelwitte en beginsels wat opgeneem sal word as die sleutel beginsels binne die Orania ROR, maar wat verfyn sal word om relevant tot die studie- area te wees. KONTEKS ANALISE INLEIDING Die ontwikkelingsraamwerk is gebaseer op drie oorhoofse temas, wat ooreenstem met die temas van die Noord- Kaapprovinsie se Provinsiale ROR, asook sy mees onlangse Provinsiale Ruimtelike Plan (2019), Tematiese Benadering Die Orania bestuursgebied word in die volgende hoofstuk geanaliseer ten opsigte van die omgewing ,die sosio-ekonomiese- en beboude omgewingsaspekte, om sodoende ‘n goed ingeligte oorsig en konteks van die studiegebied te voorsien. Die motivering vir die konteksanalise vir Orania, het ontstaan uit die behoefte van die gemeenskap om versekering en bevestiging te verkry oor wat die stand van sake tans is. BEBOUDE-OMGEWINGSANALISE Die ontleding van die beboude omgewing het betrekking op nedersettingspatrone, die rol en funksie van Orania as dorp, asook erfenishulpbronne.. Ander belangrike aspekte sluit ook die infrastruktuur en grondgebruikspatrone in, wat as belangrike bestuursfunksies beskou word. Die doel van hierdie analise is dus om ‘n beter begrip van die verspreiding van dienste, grondgebruik en ook die funksionaliteit van Orania in geheel, te kan voorsien. Vormgewende elemente Nodusse Bestaande nodusse sluit in:

  • Die Toerisme nodusse wat deels gevorm is langs die oewergebied. Die kern is egter rondom die Oewer Hotel- area, ʼn tweede orde nodus is ook geïdentifiseer rondom die Zebra restaurant- area wat tans baie toeriste en reisigers aantrek;
  • ‘n Sport- georiënteerde nodus noordoos van Pêrellaan;
  • Afsaal kompleks dien as ʼn besigheidsnodus, wat op deurverkeer gerig is, maar wat ook ‘n hoë konsentrasie van plaaslike inwoners bedien;
  • ‘n Nywerheidsnodus wat ʼn hoë konsentrasie van nywerheidsgebruike huisves; en
  • Die institusionele nodus akkommodeer die bestaande dorpskantore en maak ook voorsiening vir ander moontlike institusionele verwante gebruike.

Versamelroetes Belangrike roetes wat tans as versamelstrate funksioneer sluit in:

  • Pêrellaan, wat as ʼn skakel tussen wes en oos gesien kan word;
  • Diamantlaan wat dien as versamelweg tussen die oewer toerismenodus en die besigheidsnodus by die Afsaal kompleks;
  • Smaragstraat wat ook moontlik verleng kan word tot by Kleingeluk;
  • Kareeboomlaan wat as ʼn belangrike skakel na die nywerheidsgebied dien;
  • Olienhoutrylaan en ook sywaarts tot by Kleingeluk en die CVO skool; en
  • Granaatsteenstraat, vanaf sy aansluiting met Pêrellaan tot by die vliegveld;

Oop ruimtes Orania beskik oor aktiewe- en passiewe parke, asook baie landbougrond, sportgronde en ‘n natuurgebied. Die ontwikkeling en standaard van die sportfasiliteite is soms onvoldoende en die natuurgebied is nie toeganklik genoeg nie (bedoelende: die potensiaal daarvan eintlik nog nie ontsluit nie). Alhoewel landbougrond nie soseer as ontspanningsruimte beskou word nie, verrig dit baie belangrike funksies:

  • Eerstens funksioneer dit as ‘n groen long, middein die dorp;
  • Tweedens kan landbougrond (byvoorbeeld die boorde) deur wandelroetes deurkruis word;
  • Derdens verskaf dit visuele afwisseling met die beboude gebied, veral wanneer Orania ‘n hoë digtheid gaan bereik.

Vormgewende Elemente wat Orania Vorm
Hiërargie van Dorpe

Orania is volgens die” Noord-Kaapse Sosio-Ekonomiese Ontwikkelingspotensiaal van Dorpe” studie, geoormerk as ʼn dorp met medium potensiaal vir ontwikkeling in die Noord-Kaapprovinsie. Orania word ook hoofsaaklik bedryf as ʼn residensiële dorp. Die studie wys ook verder daarop dat Orania binne die kategorie van “Lae behoeftes en Hoëontwikkelingspotensiaal” val. Die kategorisering gaan ook ʼn stap verder en gee strategiese rigting vir dorpe binne elke kategorie. In terme van Orania word die volgende voorgestel:

  • Diversifisering van die plaaslike ekonomiese sektore;
  • Onderhoud van bestaande markte en sektore;
  • Ontwikkeling van waardeketting binne die plaaslike ekonomiese strukture;
  • Prosesseringsaanlegte;
  • Ontwikkeling van vaardighede; en
  • Uitbreiding van publieke vervoerstelsels.

Hiërargie van Dorpe Grondgebruik Orania word gesien as ʼn gefragmenteerde dorp wat basies bestaan uit ‘n oostelike en ʼn westelike blok of gedeeltes. Die hoof sakekern is geleë in die westelike blok, soos aangedui op Figuur 1 hiernaas. Daar is enkele sakepersele ook sigbaar in die oostelike blok, wat slegs aan die basiese behoeftes van die direkte gemeenskap voldoen. Die bestaande nywerheidsgebied is meer suidwaarts geleë. Kleinhoewes is meer na die noordekant en tot ʼn mindere mate na die ver suidelike gedeeltes geleë. Orania se woongebied kan gesien word as ‘n gedeelte in die westelike blok, die groter gedeelte in die oostelike blok en ook ‘n klein gedeelte wat ook ‘n hoër digtheid het na die suidelike gedeeltes van die Orania dorpsgebied. Orania Blok Indeling Daar is verskeie oop ruimtes beskikbaar wat ontwikkel kan word , maar is meestal geleë op die platorand of plato gebied wat die installasie van dienste baie duur maak. Ontwikkeling na die westelike gedeeltes word beperk deur die Oranjerivier. Die R369 verdeel Orania in twee hoofgedeeltes en word gesien as die hoofroete deur Orania. Grondgebruik Oorsig Bestaande Grondgebruik, Orania, 2018 Grondeienaarskap Orania beskik oor meer as een vorm van grondeienaarskap. Die dorpsgebied onder beheer van VAB, is ‘n geregistreerde aandeleblokskema, die landbougedeeltes binne VLU-272, beskik oor voltitel en VKN beplan om sy grondeienaarskapstelsel op die basis van ‘n trust te bedryf. Kambro het binne die landbougedeeltes wat hy binne VLU 272 besit, grondeienaarskap verleen d.m.v. lidmaatskap van ‘n koöperasie. Orania se grondeienaarskap word op ‘n professionele grondslag bestuur en munisipale dienste van ‘n hoë standaard word gelewer. Basiese Dienste Finansiële Volhoubaarheid van Basiese Dienstevoorsiening VAB, wat hoofsaaklik verantwoordelikheid neem vir voorsiening van basiese dienste, se finansiële volhoubaarheid is op ‘n gesonde grondslag. Dienste inkomste groei jaarliks wat nuwe infrastruktuurontwikkeling moontlik maak en Orania op ‘n volhoubare groeipad plaas. Vergelyking tussen die inkomste gelewer uit dienste voorsien tussen 2016, 2017 en 2018 Gemiddelde groei per jaar van 13.3 %. Stand van infrastruktuur in die Orania bestuursgebied VAB voorsien basiese dienste binne die Orania Dorpsgebied en aan enkele grondeienaars aangrensend tot Orania. VLU-272 neem verantwoordelikheid vir die voorsiening van dienste (hoofsaaklik besproeiingswater) aan die landbougedeeltes, terwyl VKN ook self verantwoordelikheid neem vir dienstevoorsiening binne sy jurisdiksiegebied. Al Orania se infrastruktuur word deurlopend onderhou en uitgebrei. Elektrisiteit Grootmaatelektrisiteit word tans deur VAB by ESKOM aangekoop en na verbruikers versprei en herverkoop. Die kapasiteit van Orania se elektriese aansluiting by ESKOM is 2000kVA. Orania is deurlopend besig om meer selfonderhoudend te raak t.o.v. kragvoorsiening deur spesifiek die ontginning van sonkrag. Die KSIKO (Kleinskaalse ingebeddekragopwekking) beleid is in 2018 deur VAB bekendgestel , wat dit vir kragverbruikers moontlik maak om hul oorskot elektrisiteit wat met sonkrag opgewek word, in die elektriese netwerk terug te voer. Ander ontwikkelings om Orania maak ook gebruik van sonkrag. Die VKN residensiële ontwikkeling word beplan en ontwerp om slegs met sonkrag te funksioneer. Water Die Oranjerivier is die primêre waterbron vir Orania en omliggende grondeienaars. Na gelang van die behoefte en gebruik, beskik elke entiteit oor sy eie ooreenkoms en onttrekkingslisensie by die Departement van Waterwese. Water word uit die rivier onttrek en daarna gesuiwer of net versprei – na gelang van die behoefte. Gesuiwerde water Rivierwater word onttrek en gesuiwer, waarna dit verder deur hoofwaternetwerke na die verbruikers versprei word. In die dorpsgebied van VAB en VKN se residensiële gebied, word gesuiwerde water voorsien vir huishoudelike gebruik. Die hoofwaternetwerke se pypgroottes varieer tussen 90 en 200mm diameter en die verspreidingsnetwerke tussen 50 en 90mm. Gesuiwerde waterverbruik deur huishoudings, word sover moontlik deur meters beheer. Rouwater (ongesuiwerde rivierwater) VAB en VKN het ʼn dubbelwaterstelsel wat gesuiwerde- en rouwater aan huishoudings voorsien. Die rouwateraansluitings in die dorpsgebied van VAB en VKN se residensiële gebiede, word aangewend vir tuine. Rouwater wat as landbouwater gebruik word, word deur VLU 272 Eienaarvereniging bestuur en versprei. Die hooftoevoerpyplyn van VLU 272 is ʼn 500mm diameter staalpyplyn, terwyl die residensiële verspreidingsnetwerke soortgelyk is aan die van die gesuiwerde water. Riool Riooluitvloei in Orania en omliggende entiteite, word op verskillende maniere bestuur. Die VAB dorpsgebied het ʼn konvensionele rioolnetwerk, insluitende twee rioolsuiweringsaanlegte en verskeie pompstasies. Die finale riooluitvloei word in verdampingsdamme opgevang. Daar is geen riooluitvloei vanuit die damme nie. Die omliggende landbou- areas maak gebruik van septiese tenkstelsels. VAB is besig met die beplanning en ontwerp van ʼn nuwe oksidasiedamstelsel wat in die toekoms die bestaande rioolaanlegte sal vervang. Paaie en Stormwater Die VAB dorpsgebied se toegangspaaie bestaan uit beton, grond en enkele teerpaaie. Die omliggende grondeienaars se toegangspaaie is hoofsaaklik grondpaaie. Al die paaie word deurlopend onderhou en opgegradeer, gedikteer deur groei en ontwikkeling. Stormwater in die VAB dorpsgebied word deur ondergrondse dreineringstelsels beheer, Daar is ook verskeie dreineringskanale wat stormwater om die dorpsgebied herlei. Die grootste gedeelte van die VAB dorpsgebied se stormwater, dreineer in ʼn bufferdam, wat later in ʼn kanaal uitloop en na die rivier vloei. Die omliggende grondeienaars hanteer stormwater met grondkanale en kontoerwalle. Orania se kort en harde reënbuie veroorsaak maklik erosie en daar is ‘n algemene benadering om stormwater op te gaar en die vloeisnelheid sover as prakties moontlik, te vertraag. Vullisverwydering In die VAB Dorpsgebied word vullisverwyderingsdienste gelewer en die vullis word gestort by Orania se geregistreerde stortingsterrein. Omliggende grondeienaars maak ook gebruik van VAB se stortingsterrein. Orania het gevestigde sorteer- en herwinningspraktyke en vullis word deur die gemeenskap gesorteer. Die volgende materiale word geskei en herwin: metaal, plastiek, glas en dit wat nie herwinbaar is. Orania in terme van die konsepsionele Provinsiale ROR Tegnologie Orania poog om deurlopend op hoogte te bly van die nuutste tegnologiese ontwikkelinge. Telefoondienste, goeie selfoonopvangs en internet is in Orania beskikbaar. Telkom het ‘n optiese vesellyn geinstalleer vanaf die N12 tot by die sentrale in Orania. Die Dorpsraad van Orania is tans besig om die moontlikhede te ondersoek vir die ontwikkeling van ‘n optiese veselnetwerk vir die hele dorp. Hierdie beplande netwerk kan dan aansluit by Telkom se optiese vesellyn en op die manier hoëspoed breëbandinternet vir Orania bied. Hierdie tipe tegnologiese dienste is ‘n voorvereiste vir suksesvolle besigheidsontwikkeling in Orania. Ontwikkeling en boutendense van die Orania gebied Die volgende afdeling beskryf die stand van sake in verband met grondgebruiksbestuur en ontwikkelingstendense. Bou-aansoeke ontvang binne Orania Grondgebruiksbestuur en die verandering van grondgebruike word hoofsaaklik gedryf deur die bouaansoekproses. Bou-aansoeke ontvang in Orania Eiendom oorsig van die Orania dorpsgebied vir 2016 - 2018 Geskatte waarde van bouprojekte, 2016 – 2018 SOSIO-EKONOMIESE ANALISE Sosiaal Die sosiale analise fokus op die sosiale realiteite van die Orania bestuursgebied, deur kwaliteit, hoeveelheid en verspreiding van sosiale dienste te analiseer. Inwoners Orania se inwoners is gekonsentreerd binne die dorpsgebied, soos aangetoon deur die onderstaande tabel. Oorsig van Orania bevolkingsyfers Bevolkingsgroeitendense Die 2018 Orania Sensus is ‘n duidelike aanduiding dat Orania ‘n sterk demografiese groei ervaar. Vanaf 2006, het Orania eksponensieel gegroei, soos aangetoon in die onderstaande grafieke. Bevolkingsgroei van Orania vanaf 2006 tot 2018 Indien die sterk groeitendens volhard oor die volgende tydperk van 5 jaar, sal die bevolking eksponensieel groei, soos aangetoon in die onderstaande grafieke. Voorspelde bevolkingsgroei vir Orania Ruimtelike oorsig van Orania se bevolkingsdigtheid Onderwys en bevordering van vaardighede Studente getalle en verspreiding Aantal student per instansie binne Orania dorpsgebied EKONOMIE Orania Ekonomiese Ontwikkelingsplan (EOP) Die EOP-ontwikkeling matriks, soos gesien in Tabel 10, voorsien die implementeerders van die EOP met die nodige raamwerk om presies te kan sien watter projekte waar staan i.t.v. hul belangrikheid. Dit is veronderstel om die riglyn te stel waarvolgens implementering en evaluasie kan geskied. Orania Ekonomiese Ontwikkelingsplan raamwerk ‘n Volhoubare dorp en gemeenskap is een waar alle ekonomiese sektore plaaslik verteenwoordig is. ‘n Gesonde ekonomie het vier sektore en al vier moet dinamies wees as basis vir volhoubaarheid. Die vier sektore is:

  • Primêr: landbou, bosbou, mynbou, visserye;
  • Sekondêr: vervaardiging, vervoer, energie;
  • Tersiêr: handel, toerisme dienste, instellings

Ekonomiese sake- analise Die volgende afdeling handel oor die ekonomiese sake en aktiwiteite wat plaasvind binne die Orania bestuursgebied. Geregistreerde besighede in Orania Welstand en sakevertroue van besighede binne die Orania gebied Sakevertroue oorsig in Orania Arbeidsake Die volgende afdeling handel oor die welstand van arbeidsake met betrekking tot die Orania bestuursgebied. Aantal permanente en tydelike werknemer in Orania 2017 Aantal permanente en tydelike werknemer in Orania 2018 Inkomste Gemiddelde salarisse betaal Persentasie groei van salarisse betaal Ekonomiese Sektore Vir enige gemeenskap om selfstandig te funksioneer, sal dit noodwendig ‘n selfstandige ekonomiese onderbou benodig. ‘n Integrale aspek van Orania se eerste-stap ontwikkelingsvisie, is die gekontroleerde groei van ‘n suksesvolle klein dorpie na ‘n (landelike, Karoo-) stad, wat so sterk ekonomiese magsbasis vorm, dat dit Afrikaners onbeperk sal kan akkommodeer. As gevolg van die uitstekende groeikurwe van 10,8% wat die dorp deurlopend ervaar, ontstaan daar tans ruim geleenthede in die konstruksie,- goedere en dienstesektore. Dit het tot gevolg dat sakeondernemings toenemend in Orania gevestig word, waar die aantal geregistreerde besighede tot ongeveer tweehonderd gegroei het. Die kliënteverspreiding is ongeveer om die helfte binne en buite die dorp. Tekortkominge van enkele jare gelede, soos behuisingsnood en dreigende infrastruktuur oorskryding is deur deurdagte beplanning en investering onder beheer gebring, alhoewel daar steeds tekortkominge bestaan. Die doelwit van oorskot kapasiteit is nog nie bereik nie, maar dit verseker die verwagting van nog heelwat konstruksiewerke wat die ekonomie sal stimuleer, asook vele geleenthede in die konstruksiebedryf om sake- en residensiële eenhede te lewer. Die aanvraag in die eiendomsbedryf oorskry steeds die aanbod, wat eiendomspryse ook relatief hoog hou en uitstekende eiendomsbelegging waarborg. Dit alles skep ‘n gunstige klimaat vir volgehoue ekonomiese groei en gepaardgaande vestiging van toetreders tot Orania as bestemming. Primêre sektore Die landbousektor is waarskynlik die enigste plaaslike-, maar ook streeksgebaseerde bedryf, waarvoor Orania organies toenemend as basis sal dien. Dit behoort veral op terreine soos opleiding, tegnologiedienste, finansiële dienste, ‘n tipiese landboukoöperasie met alle gepaardgaande goedere en dienste, trekker-en motorindustrieë, voerverwerkingsaanlegte, meule en alle benodigdhede vir aanplanting, soos saad, kunsstowwe, onkruidbeheermiddels ens. ‘n mark te vind. Die potensiaal word sterk ondersteun deur die huidige plaaslike boerdery- aktiwiteite, maar veral deur die bykans 50 000ha intensiewe besproeiingsboerderye langs die Oranjerivier vanaf Van Der Kloof tot by Douglas. Daarby is Orania omring deur ‘n tiental dorpe wat agteruitgang beleef en die inwoners van gebiede in hulle distrikte ( wat binne redelik-gemaklike bereik van Orania is), is potensieel toekomstige ekonomiese ondersteuners van die dorp. Sekondêre sektore Met Orania bykans in die middel van die RSA geleë en binne 500km van die naaste hawe, bied sy ligging besliste moontlikhede vir die vervaardigingsbedryf. Daarby is dit misdaadsgewys ʼn veilige omgewing, die kragvoorsiening is stabiel en arbeidsonrus en stakings belemmer nie die gang van besigheid nie. Energie-gewys beskik Orania oor van die mees gunstige son-uur kapasiteite ter wêreld. Sonkrag kan dus “gemyn” word as n byna onuitputbare bron van energie, wat stabiliteit vir die industrieë en vir menslike gerief sal verseker. Tersiêre sektore Op tersiêre vlak lê onberekenbare potensiaal en wag: ook die handelswêreld kan hier ʼn veilige ‘basis” vind sonder arbeidsonrus en kragonderbrekings. Die toerisme– en dienstebedrywe beskik nog oor enorme moontlikhede vir entrepreneurs wat dit na ʼn volgende vlak kan neem. Op institusionele– terrein lê die tersiêre opleidingssektor nog braak en vol verwagting weens erge faktore van n Afrikaans-onvriendelike omgewing op nasionale kampusse.. Alhoewel so n sektor omvangryke kapitaal vereis, hou dit ook die belofte van ʼn wesenlike ekonomiese inspuiting vir n dorp soos Orania in, met onberekenbare eskalering van werksgeleenthede. Toerisme Orania ontvang jaarliks duisende toeriste, wat vakansiegangers, mense wat op roete net deur ry, en joernaliste insluit. Orania se toerisme sektor is daarom besonder sterk, Daar is byna 500 beddens vir besoekers in verskillende vorme van akkommodasie beskikbaar. Groot- en kleinhandel en akkommodasie is van Orania se grootste ekonomiese sektore, wat beteken dat daar baie geleentheid in die dienstesektor rondom handel, kos, verblyf en ander toerismegebaseerde bedrywe is. Orania is in die eerste plek ʼn dorp vir Afrikaners. Hierdie instelling van Afrikanerskap waarin inwoners daagliks leef en wat vir hulle kosbaar is het ʼn ryk kulturele gevolg. Alhoewel Orania se blote bestaan reeds ʼn lewende monument van ʼn poging tot groter selfbeskikking is, en as ʼn besienswaardigheid geag word, word vervolgens ʼn paar besienswaardighede genoem:

  • Die Koeksistermonument;
  • Monumentkoppie;
  • Verwoerd Gedenkversameling;
  • Kultuurhistoriese Museum;
  • Aardskip; • Strooibaalhuise;
  • Rotsgravures;
  • Kaalvoettrappies;
  • Oewer.

Orania dra ook tot die Afrikanererfenis by met twee museums, die monumentekoppie met beelde van Afrikaner staatsmanne, ‘n volledige Afrikanerargief, asook ‘n uitgebreide boekery. Dit word ook toenemend gesien as ‘n welkome tuiste vir erfenisstukke wat vir die nuwe Suid-Afrika soms ‘n verleentheid is Landbou Die hoof boerderybedrywe is pekanneute, koring, mielies, lusern, olywe en groente, waarvan die pekanneutboerdery die grootste komponent uitmaak. Dendron boerdery se pekanneutbedryf is ook ‘n goedgekeurde organiese boerdery. Hier word ook ‘n klein permakultuurtonnel bedryf wat groente en kruie kweek. Orania fokus sterk op omgewingsbewaring en daar word gepoog om ‘n balans te handhaaf tussen ontwikkeling en bewaring. Bewarea is die filiaal van die Orania Beweging wat met omgewingsbewaring gemoeid is. Orania landboubesproeiingskema Die skema bestaan uit 12 km pypleidings, drie pompstasies, ‘n balanseerdam en ‘n vlot op die rivier wat van die pompe huisves. Die totale hoeveelheid water wat op ‘n jaarlikse basis gepomp word beloop 3,750,000 m³. Dit word as volg aangewend op:

  • 68ha landbouhoewes in VAB, en
  • 271ha op die plase van wat deur die Vluytjeskraal 272 Eienaarsvereniging bestuur word.

Die gewasse wat uit die skema besproei word, is as volg:

  • Lusern, Koring/mielies, Veevoer en Pekanneute

Spilpunte en ander besproeiings areas in die Orania omgewing Wyding kapasiteit (drakrag) van Orania en die groter omgewing Mededingende voordele In ʼn toenemend misdadige Suid-Afrika, waar normale ekonomiese aktiwiteite besig is om ʼn punt van onmoontlikheid te bereik, sal Orania, weens verskeie redes, toenemend uitstaan as ʼn veilige basis vanwaar vervaardig, verkoop en versprei kan word. Daarby is dit ʼn bonus dat dit moontlik is om ʼn normale, onbedreigde bestaan op alle terreine van die lewe hier te kan voer. Die middelpunt-vanSuid-Afrika-ligging met ʼn relatief goeie verbindingspadnetwerk, sal dit vir talle ondernemings moontlik maak om hierheen te herontplooi. Laastens wek die vooruitsig van onbelemmerde kragvoorsiening teen stabiele kostebegroting en die vooruitsig van ʼn gedissiplineerde arbeidsmag noodwendig onmiddellik aandag. Indien daar deur die owerheid en instellings volgehou word met pogings om oorskotkapasiteit te skep ten opsigte van infrastruktuur en eiendomsontwikkeling en om voorafgaande tendense te akkommodeer, selfs teen versnelde pas, dan kan die volgende voorsien word: Mediumtermyn: Behuising in alle kategorieë sal deurlopend in aanvraag wees.

  • Die reeds geproklameerdeKleingeluk-Oos sal nog Ooswaarts uitbrei as ʼn laermiddelklasontwikkeling, wat ook ekonomiese- en sub-ekonomiese behuising sal moet integreer.
  • Middelklas- en hoërklasbewoning sal ontwikkel in die dorpshoewes-gebiede.
  • Vir luukse klasontwikkeling behoort die Vididex- en H38 eko-ontwikkelinge in die behoefte te voorsien. Bykomend kan druk uitgeoefenword om erwe te ontwikkel op die oos-eskarp by die opgaardam vir meer realistiese pryse in daardie segment.
  • Hoëdigtheidseenhede sal in aanvraag wees en die S-blok suid van die dorpskantoorkompleks, sal aan daardie behoefte kan voldoen.
  • Nywerheidsontwikkeling sal van die huidig-beplande terrein rondom die hoofkragstasie ,mettertyd ooswaarts langs die “servituutpad” uitbrei.
  • Kantoor/korporatiewe ontwikkelings kan langs die wes-ingangspad tussen die opgaar- en suiweringsdamme gevestig word.
  • Weens die algemene tekort aan straatfrontliggings vir sake-erwe, kan -sake-ontwikkelings moontlik agter die Afsaal/Vulstasiekomplekse ontstaan.

Langtermyn:

  • Die gebied wes van die suiweringsdamme sal vir gemengde woongebiede aangewend kan word, met luukse-erwe aan –en op die rante.
  • Terreine op die 272-Hoewes by die T-aansluiting by die vliegveld ,sal ontwikkel word vir gemengde gebruike, nywerhede uitgesluit.
  • Aangesien ontwikkeling van eiendom in privaatbesit nie afgedwing kan word nie, behoort die Kambro “Vlakte-“ gebied, dit is 272-hoewes 8-10, sowel as 272-hoewe 39 vir die doeleindes van hierdie ROR, by die verstedelikingsraad ingesluit te word.

Mynwese en Minerale Orania is onderlê deur doleriet, skalies en kalkreet. In hierdie stadium lyk dit of slegs die doleriet op klein skaal ontgin (kan) word vir padboudoeleindes. Indien wel, kan dit aanleiding gee tot die vestiging van ‘n vergruisingsaanleg wat mettertyd erts van buite kan invoer om die bedryf volhoubaar te maak. Die potensiaal om uitgrawingsmateriaal te hergebruik, moet ondersoek word, want ontginning op klein skaal – as residu van ander aktiwiteite, soos voorbereiding van landerye en fondasie-uitgrawings vir geboue, vind reeds plaas. In plaas daarvan dat hierdie ontginde materiaal op hope in die Meent gestort word, moet dit as hulpbron vir ander prosesse gebruik word (soos: boumateriaal). Mineralemoontlikhede wat ondersoek is in die 2009 GOP sluit in:

  • Na storting moet die materiaal gesorteer word vir hergebruik as bou-, vuller-, padbou- en
  • landskapmateriaal. Dit kan aan kontrakteurs herverkoop word;
  • Die potensiaal van plaaslike doleriet, skalie en kalkreetafsettings moet ondersoek word, met inagneming van die omgewingsimpak en koste-voordeel daarvan; asook 57 ORANIA | Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk
  • Die potensiaal om ‘n ertsbrekery en -vergruisingsaanleg te vestig, moet ondersoek word. Sodanige bedryf kan erts van elders ‘invoer’ na die plaaslike aanleg. Hierdie aanleg sal ver weg van die dorp,

BIOFISIESE-OMGEWINGANALISE Oorsig Die streek waarin Orania geleë is, is bekend vir sy natuurskoonheid, wat geassosieer word met die Oranjerivier. Die Oranjerivier is een van die hoof vormingselemente in die area, wat verskeie landbou en toerisme aktiwiteite ondersteun. Orania is in die Nama Karoo Biome van Suid-Afrika geleë. Dit kom op die sentrale plato van die westelike helfte van SA voor, met die grootste deel van die biome wat tussen 1 000 m en 1 400 m val. Dit is die tweede grootste biome in die streek. Die biome se onderliggende geologie is wisselvallig, terwyl die verbreiding van die biome hoofsaaklik deur reënval bepaal word. Dit het ‘n somerreënval wat wissel tussen 100 en 520 mm per jaar. Meer as 80% van die biome is bedek met ‘n kalkryke, swak-ontwikkelde grond wat deur rotsbanke bedek word. Alhoewel minder as 5% van die reënval riviere bereik, bied die hoë verweerbaarheidsvlakke van die grond, groot erosieprobleme,veral waar oorbeweiding voorkom. Die dominante plantegroei is grasagtige, dwergstruikveld. Grasse neig meer om in leegtes en sanderige gronde te groei, met ‘n mindere geneigdheid vir klei-agtige gronde. Meeste grasse is van die C4 tipe en soos die struike is dit bladwisselend, in reaksie tot die lae reënval. Die hoeveelheid en aard van die brandstoflading is onvoldoende om veldbrande te voed en brande is skaars in hierdie biome. Die reuse Springbok- en ander wildkuddes van weleer, kom nie meer voor nie. Soos die vele voëlspesies in die gebied – meestal Lewerike – was die wild waarskynlik nomadies tussen reënvalgebeure in die biome. Die bruinsprinkaan en die karooruspe het ‘uitbarstings’ wat ook reënbuiverwant is. Minder as 1 % van die biome word formeel bewaar. Die turksvy, Opuntia aurantiaca en Mesquite Prosopis glandulosa is die hoof eksotiese- indringer plantspesies. Verstedeliking en landbou is minimaal en besproeiing is beperk tot die Oranjeriviervallei en sommige panne. Meeste van die land word vir weiding deur skape en bokke gebruik. Oorbeweiding veroorsaak indringing van baie inheemse plante soos driedoring, bitterbos en soetdoring (in Orania is swarthaak die sondebok). Vele grassoorte en ander smaaklike spesies word uitgewis as gevolg van verdringing. (bron: Spatium, Orania GOP, 2009). Klimaat Daar is verskeie elemente wat die klimaat se tendense beïnvloed. In Orania is dit hoofsaaklik die volgende vier:

  • Temperatuur;
  • Wind;
  • Lugvogtigheid; en
  • Reënval.

Dit beïnvloed ook die aanvoelbaarheid en gemaklikheidsindekse. Dit sneeu nie juis in Orania nie, hoewel ligte kapok soms in Julie of Augustus voorkom. Orania is in die Bo-Karoo en het nie net die kenmerkende woestynklimaatnie, maar ook ‘n rivierklimaat, omdat die dorp langs die Oranjerivier geleë is. Dit veroorsaak dat Orania werklik ‘n klimaat van uiterstes het – in die somer die versengende hitte van 40°C en baie keer baie warmer en in die winter weer die erge koue van ver onder vriespunt. Die rivierklimaat veroorsaak ook ‘n mikroklimaat met groot verskille binne die dorp van selfs 5°C – van die Dorpskantoor op die heuwel na Oewerpark by die rivier. Die heersende windrigting is uit die noordweste, maar hoewel die wind met tye baie en sterk waai en groot dwarrelwinde meebring, is dit nie standhoudend genoeg om windenergie ekonomies op te wek nie. As gevolg van die erge hitte en wind, is verdamping baie hoog, wat die grond gou uitdroog – daarom is ‘n dik deklaag om plante nodig. Dit behou nie net die vog in die grond nie, maar in die winter beskerm dit die grond teen die koue. Die reënval is baie laag – die jaargemiddelde reën is maar ongeveer 240 mm. Reëntyd is in die herfs van so Maart tot Mei of Junie, maar buie kom ook veral gedurende die somermaande voor. Fauna Daar is nie ‘n opname van die voorkoms en verspreiding van verskillende dierspesies in die gebied gemaak nie, aangesien dit nie nodig ge-ag is nie. Die aanname is gemaak dat die kliprantjies en die rivieroewer sensitiewe mikro-ekosisteme is en dat dit beskerm moet word teen habitat verlies. Gevolglik word alle dierspesies wat daar habiteer, in beginsel ook beskerm. Wild wat tans op omliggende plase voorkom, is springbokke, gemsbokke, rooiribbokke, steenbokke, volstruisse, blou-apies en talle ander kleinwildspesies. Die verwagting is dat dit ook in Orania se Meent sou aard, mits menslike aktiwiteite daar tot die minimum beperk word. In ‘n vroeëre studie deur die Universiteit van Pretoria – vir die doeleindes van vestiging van ‘n kleinwildreservaat – is bevind dat die veld deur eertydse skaapboerdery sodanig oorbewei is, dat die drakrag baie verlaag het na 45 ha / GVE (grootveë-eenheid) vir wild. Dit sluit die moontlikheid uit van enige hervestiging van grootwild op die Meent. Met goeie veldbestuur sou ‘n gesonde kleinwildbevolking wel in die toekoms gevestig kon word. Topografie en landvorm (geomorfologie) Orania kan breedweg in drie morfologiese sones verdeel word:

  • Die Oranjerivier-vloedvlakte, waarop die hoofdorp (Oos en Wes) en die hoewes geleë is;
  • Die plato, waarop S-blok, N-blok, Kleingeluk die gemeenskapsaal en skougronde geleë is; asook
  • Die hange tussen die vlakte en die plato.

Eersgenoemde twee sones word van mekaar onderskei deur ‘n hang, of rantjie wat oos-wes deur die dorp strek. Die hoogteverskil tussen die dorpskantoor (op die plato) en Robynstraat (aan die onderpunt van die hang) is 13m. Die hoogste punt van die rantjie by Boskamp, is 22m hoër as die voet daarvan. Die gemiddelde helling van die hang is 1:6, met die steilste ‘n helling van 1:3 en die geleidelikste, 1:10. Bo-op die plato en onder in die vlakte is die hellings baie meer geleidelik en is die algemene val na die rivier toe (rigtings noord en oos). Hidrologie Die gemelde rantjie is die hoof-waterskeiding in die dorp. Stormwater en pypleidings dreineer in twee afsonderlike opvangsgebiede (komme), die Kleingelukkom en die Hoofdorpkom. Uiteraard dreineer alles uiteindelik na die Oranjerivier toe. Die 1 in 50-jaar vloedlyn word geraam op die 1095m kontoer by Boskamp, @ ‘n geraamde vloedvolume van 6246 m³/s (NKGeokon, 2007). Die stroompies wat deur die Orania-gebied vloei is nie-standhoudend en so klein dat geeneen daarvan ‘n vloedgevaar inhou nie. Waar wel kortstondige en gekonsentreerde vloedskade verwag kan word, is waar die stormwaterkanaal en -pype wat die dorp se reënwater wegvoer, uitmond. Plantegroei “Orania is binne ‘n oorgangsgebied van die Nama – Karoo en Grasveld Biomes geleë; dit bevat ook eienskappe van die Oos-Kalahari-Bosveld in die ooste van die dorp (Mucina en Rutherford, 2006). Die ekostelsel status van die streek is die minste bedreig in SA (NRB, 2004). Dit is toe te skryf aan die lae voorkoms van endemiese flora en bedreigde spesies. Oor die algemeen het min habitatverandering in die streek plaasgevind. Die PRECIS data (2008) bevestig dit, aangesien slegs een van die 272 plantspesierekords wat in die streek gemonster is, in terme van die mees-onlangse IUCN Rooi Data Lys kategorie (2008) as bedreigd gelys word. Die Bo-Gariep Alluviale Plantegroeiklas (AZa 4) is die enigste soort wat binne die studiegebied as kwesbaar beskou word. Daar bestaan nie ‘n sentrum van endemiese in die Nama Karoo nie. Die biome beslaan 19,6% van SA se oppervlakte (NRB, 2004). Kaart No 12 verwys ook verder na plantegroeibedekking asook Bioomklassifikasie. Orania Plantegroei Biodiversiteit in Orania Geologie en grondgesteldheid Die geologie van die dorp is breedweg bekend, gebaseer op ervaring opgedoen sedert Orania se bestaan en groei. Daar is reeds twee onafhanklike geologiese studies van verskillende Orania-terreine in die verlede gedoen. Tesame, is die inligting voldoende vir die oorhoofse analise wat hier gedoen word. (Sien ook Kaart No 14 wat die gedetailleerde geologie van die Groter Orania dorpsgebied aandui) Die ideaal sou wees om Orania se geologiese- en grondkundige toestande te laat toets en karteer; oor die lang termyn sal dit nodig wees. Orania Geologiese oorsig (bron Geoscience SA) Fisiografie Breedweg kan Orania dan in vier fisiografiese sones verdeel word, naamlik (sien Kaart No 15):

  • Oewerbosgedeeltes;
  • Vleilande;
  • Plato- areas;
  • Platogebied;
  • Platorand; en
  • Vlaktes.

Oewerbos / Rivieroewer Oewerbos behoort bewaar te word, wat beteken dat ontwikkeling aldaar, deur ekologiese kwesbaarheid gelei moet word. Ingevolge Wet 107 van 1998 (die Nasionale Omgewingsbestuurswet – soos gewysig) moet ontwikkeling deur ‘n omgewingsimpakstudie voorafgegaan word (daar is sekere uitsonderings). Bo en behalwe die wetlike sy, is die rivieroewer en -bos van onskatbare waarde vir Orania, om ekonomiese- (toerisme) en ekologiese (algemene biodiversiteit) redes. Die waarde wat dit vir die psige van Oraniërs inhou, is onberekenbaar. Die ideaal is dat die rivieroewer as ekologiese korridor behou moet word (met minimum onderbreking). Enige ontwikkeling langs die rivier, moet aan hierdie beginsel gestand doen. Orania Fisiografie Platorand Benewens die ekologiese waarde van die platorand (plantegroei en dierelewe), het dit ook argeologiese waarde as gevolg van die rotsgravures. Die hellings van die platorand maak dit ongeskik vir ontwikkeling, maar die kruin is meestal plat genoeg; enige ontwikkeling moet eweneens die integriteit en kontinuïteit van die korridor behou, sodat dit – met die uitsondering van strategiese nodusse – gereserveer kan word vir bewaring en ontspanning. Plato Dit is geskik vir ontwikkeling, onderhewig aan drie beperkende eienskappe:

  • Bedreigde plantegroei (Aloe hereroensis en Haemanthus humilis);
  • Geologie: die onderliggende doleriet rotsbank “…is uiters geskik vir boudoeleindes, alhoewel bogrond skaars is en uitgrawings baie duur sal wees” (NKGeokon); asook
  • Argeologie – die rotsgravures.

Die plato is grotendeels ongeskik vir landbou, wat dit ‘n voorkeurgebied maak vir toekomstige woonen ander ontwikkeling, mits die bogenoemde beperkings in ag geneem word. Die vlakte / vlaktegebied Dit is geskik vir beide landbou en stedelike ontwikkeling. Dit stel grondeienaars egter nie vry van die verpligting om hul grond se gesondheid te koester nie (verbetering van grondvrugbaarheid, behoud van suiwer grondwater en natuurlike vlak van die watertafel, verhoed dat eksotiese flora indring , vermyding van chemiese onkruid- en pesdoders, jag maak op inheemse fauna nie ensovoorts…) Betreffende die geologiese gesteldheid van Wesdorp, is die geskiktheid daarvan vir konstruksie, soos volg, aldus NKGeokon:

  • “- Ons is van mening dat u in hierdie geval drie alternatiewe het waarvan ons slegs een aanbeveel, naamlik om standaard strookfondamente te gebruik wat op die onderliggende kalkreet of die duidelik digter, vaster, meer ontwikkelde grondhorison geplaas moet word.
  • Die tweede alternatief is om vlak fondamente te gebruik, maar die ontwerp aan te pas by die lae drakrag van die waaisand. Hierdie metode is egter nie veilig vir die wisselende eienskappe van die sand nie, wat sowel vertikaal as lateraal kan verander in veilige dravermoë sowel as saamdrukbaarheid.
  • Laastens kan ons elke indiwiduele erf intensief toets om vir elke aparte geval die korrekte, unieke ontwerpstandaarde te bepaal.”

BEPLANNINGSRAAMWERK EN UITGANGSPUNTE Stadsbeplanning behels die beplanning van ontwikkeling tot voordeel van die gemeenskap, sodat die gemeenskap in ‘n veilige, aanvaarbare, gelukkige en aangename omgewing kan leef. Beplanningswetgewing is saamgestel om die omgewing te bereik waarin alle gemeenskappe in vrede en geluk kan leef. Hierdie wetgewing is deur die eeue heen uit verskeie lande opgeskerp tot waar dit vandag is. Die nuwe Beplanningstelsels, soos die GOP en ROR, is oorgeneem deur ‘n studie van verskeie lande se gebruike en aangepas om in te pas by die Suid-Afrikaanse omstandighede. Stadsbeplanning behels die beplanning en beheer oor grondgebruike wat die volgende insluit:

  • Sonering en hersonering;
  • Vergunnings;
  • Afwykings;
  • Opheffing van beperkende titelvoorwaardes;
  • Onderverdelings;
  • Dorpstigting / stedelike vestiging;
  • Stedelike ontwikkeling;
  • Stedelike verfraaiing;
  • Stedelike regenerasie;
  • Stedelike ontwerp;
  • Ontleding van stedelike vestiging;

Uitbreiding en ontwikkeling Goed gedefinieerde groen areas Beskerm die ruimtelike karakter van die Orania Bevordering en infasering van ʼn Orania Die bewerkstelling van ontwikkeling nodusse Beskerm en bevorder geskiedkundige gebruike en vormgewende landskap areas Bevorder ruimtelike integrasie Die groepering van publieke fasiliteite RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSOORSIG: Ruimtelike sleutelkwessies en uitdagings Die oorweging van die huidige stand van ontwikkeling in Orania, het die volgende ruimtelike kwessies onderstreep:

  • Nedersettingspatrone / Groeipotensiaal;
  • Oos-Wes skeiding;
  • Oranjerivier skeiding wat ontwikkeling na die noorde beperk;
  • Vloedlyn en vloedvlakte beperking;
  • Koppies en rantjies binne en na die rantgebied;
  • Groeipotensiaal in landelike gebiede;
  • Groeiende bevolking veroorsaak druk op infrastruktuur;
  • Groeiende agterstand vir behuisingslewering;
  • Swak-gedefinieerde ekonomiese skakels / korridors;
  • Gebrek aan ʼn langtermyn ontwikkelingsvisie;
  • Gebrek aan voldoende dienste voorsiening om ekonomiese groei te handhaaf;
  • Gefragmenteerde ontwikkelingspatrone;
  • Beperkte arbeidsmag;
  • Gebrek aan geïntegreerde ontwikkeling; asook
  • Grondeienaarskap.

Die geïdentifiseerde breë, ruimtelike kwessies, bied die aanvangspunt van ‘n ruimtelike strategie vir die groter Orania dorpsgebied, wat op die probleme en uitdagings sal fokus, die ruimtelike kwessies identifiseer en voorstelle sal formuleer om hierdie kwessies aan te spreek. Oorkoepelende beginsels Alvorens daar met die identifisering van unieke / spesifieke ruimtelike doelwitte, strategieë en voorstelle begin word, is daar sekere generiese en oorkoepelende ruimtelike beginsels waaraan die Orania Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk moet aandag skenk. Ruimtelike sleutelbeginsels waarna gekyk moet word sluit die volgende in:

  • Publieke welstand moet voorkeur geniet bo privaatbelange;
  • Alle inwoners moet gelyke beskerming en voordele geniet en geen diskriminasie sal toegelaat word nie (Hier moet ʼn geïntegreerde prysklas van erwe voorsien word);
  • Beperk die ekologiese voetspoor van menslike aktiwiteite in stedelike gebiede en leef in harmonie met die natuur saam;
  • Tree voorkomend op ten opsigte van hulpbronverbruik deur na volhoubare metodes oor te skakel (soos om sonverhittingstoestelle te bevorder) en beperk negatiewe ontwikkelingsimpak );
  • Moedig plaaslike, nasionale en internasionale skakeling aan;
  • Verbeter stedelike doeltreffendheid deur beplande groei met die voorsiening van infrastruktuur te kombineer;
  • Verskaf maksimum toegang tot die dorp se hulpbronne en geriewe;
  • Ontvanklikheid vir die basiese behoeftes van gemeenskappe (verwys na n openbare deelnameproses);
  • Skep veilige, hoë-gehalte leefomgewings met ‘n dinamiese mengsel van grondgebruike; en
  • Bevorder kruis-sektorale beplanning (ruimtelik, omgewing, ekonomies, ens.).

Met verwysing na die bogenoemde oorkoepelende beginsels, stel die Orania Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP, 2009) die volgende strategiese doelwitte, wat in lyn met die bogenoemde beginsels is en die ruggraat vir die ontwikkeling in Orania voorsien:

  • Gemeenskapontwikkeling met ʼn sterk klem op ekonomiese groei, gemeenskapsdeelname , maatskaplike ondersteuning en kwaliteit ontwikkelingsgroei;
  • Volhoubare en outonome Orania wat klem lê op die volgende aspekte:
    • Goeie en eenvormigestedelike boupraktyk;
    • Groepidentiteit (erfenis, patriotisme);
    • Opleiding (Primêr, sekondêr en tersiêr);
    • Selfbestuur (wetgewing, belastings);
    • Diversiteit (sluit ook navorsing in);
    • Eie hulpbronne (grondstowwe, voedselsekuriteit, grondbestuur, dienste en arbeid);
    • Veiligheid en gesondheid (mediese- en sekuriteitsdienste); en
    • Lewenskwaliteit (Sosiale ruimtes sowel as sportfasiliteite)
  • Unieke identiteit.

Ruimtelike doelwitte Uit die bogenoemde oorkoepelende, ruimtelike beginsels en doelwitte, stel die ROR nou drie oorkoepelende ruimtelike doelwitte wat die rigting van ruimtelike groei en bestuur in die groter Orania dorpsgebied sal weerspieël. Hierdie doelwitte word verder gebaseer op die ruimtelike sleutelkwessies wat tydens die analisefase in oorweging geïdentifiseer is. Die volgende doelwitte ondersteun die ruimtelike strategie en visie, naamlik:

  • Fasiliteer bestaande en toekomstige ontwikkeling op ʼn meer geïntegreerde basis met klem op die volgende:
    • Beskerming van groen areas en publieke ruimtes deur die ontwikkeling van ʼn geïntegreerde, publieke ruimtestelsel (wat ook voorsiening moet maak vir buitelug museums, monumente, erfenis, fauna en flora en voetgangerroetes);
    • Toewysing van grondgebruikareas, wat onder andere voorsiening moet maak vir bewaring, geen-ontwikkelingsareas, nywerheidsareas, sakekern, munisipale gebruike, residensiële ontwikkeling, landbouhoewes, vervoersones (Vliegveld en ander) en toerisme nodusse; en
    • Voortgesette voorsiening van volhoubare basiese dienste aan alle inwoners.
  • Fasiliteer ‘n omgewing wat bevorderlik vir werkskepping, ekonomiese groei, opleiding en toerisme- ontwikkeling is, terwyl toegang tot openbare geriewe soos onderwys en gesondheidsfasiliteite bevorder word; en
  • Verbeter en beskerm biodiversiteit en landbou-bates in beide die dorpsgebied en direkte omliggende areas, deur die menslike inmengingin die natuur te verminder, terwyl die potensiële impak (klimaatsverandering) op die inwoners en die dorpskultuur ook verlig word.

Die ruimtelike visie Die ruimtelike konsep is op die kern struktuurgewende elemente in die distrik gebaseer, natuurlik of mensgemaak, en sluit die volgende elemente in: (Lynch, 1960):

  • Nodusse sluit in die bestaande sakegebied (‘n konsentrasie van ‘n verskeidenheid van stedelike grondgebruike, aktiwiteite, fasiliteite en dienste);
  • Korridors, wat die volgende insluit:
    • Vervoerkorridor, wat die R369 sal insluit;
    • Rivierkorridor behels die rivier en die liniêre landbou- aktiwiteite wat langs die vloeiroete van die rivier voorkom. • Rante/Grense (sluit bestaande rantjies en koppiegedeeltes in); en
  • Bakens (erfenishulpbronne, toerisme-aantreklikhede, ens.

RUIMTELIKE ONTWERPBEGINSELS Om ‘n gevoel van “plek” in stand te hou en te bevorder. Daar is veral vier kerngedagtes wat hierdie gevoel tot ‘n groot mate bevorder:

  • Om die nedersetting te ontwerp as ‘n veilige en onafhanklike vesting; ‘n meestal selfonderhoudende nedersetting met duidelike grense, gegraveer uit die landelike omgewing. Hierdie grense moet onder geen omstandighede oorskry word nie.
  • Die vernaamste pad wat hierheen lei (die provinsiale deurpad) word gesien en benader as ‘n natuurskoon besigtigingsroete deur die landelike omgewing.
  • Die lyne gevorm deur die kruine van die koppies bly onveranderd (mag nie ontwikkel word nie).
  • ‘n Hele aantal rivierfrontgedeeltes, sowel as die aangrensende en verwante bosgedeeltes, word in hulle oorspronklike natuurlike staat behou.

Die volgende punte word algemeen deur stedelike ontwerpers aanbeveel as belangrik vir die ontwerp van publieke stedelike oopruimtes:

  • Maklike toegang en duidelike sigbaarheid;
  • Beskikbaarheid en belangrikheid van publieke gebruik moet uit die ontwerp tot gebruikers spreek;
  • Visuele aantreklikheid vir gebruikers;
  • Uitgerus en toegerus vir die mees waarskynlike gebruike;
  • Veiligheid en sekuriteit;
  • Aangename omgewing met betrekking tot son, wind en skadu;
  • Toeganklik vir kinders en gestremdes; asook
  • Maklike en ekonomiese onderhoud moet moontlik wees.

Unieke vergelykende ekonomiese voordele Die unieke vergelykende ekonomiese voordele van elke dorp, in terme van sy primêre ekonomiese funksie, sowel as sy moontlike toekomstige ontwikkeling, is die belangrikste onderliggende elemente wat toekomstige groei en ekonomiese geleenthede sal bevorder. Die kriteria om die vergelykende voordele van ‘n dorp te bepaal, sluit die volgende in, maar is nie daardeur beperk nie:

  • Toeganklikheid
    • Provinsiale-, distriks- en plaaslike padnetwerke;
    • Gevestigde- en toekomstige spoorwegskakels;
    • Internasionale skakels (hawe, lughawe, ens.);
  • Die beskikbaarheid van geskikte grond vir industriële ontwikkeling;
  • Die beskikbaarheid van geskikte grond vir behuisingsontwikkeling;
  • Gevestigde landbou diens- en afsetgebied;
  • Die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne, soos water;
  • Gevestigde infrastruktuur met beskikbare kapasiteit (bv. behandeling van drinkwater suiweringsaanlegte, ens.); en
  • Unieke toerisme- aantreklikhede en potensiële toerisme- ontwikkeling

As die bogenoemde in ag geneem word, bied Orania die volgende vergelykende voordele vir volhoubare ekonomiese groei:

  • Toerismegeleenthede wat die volgende insluit:
    • Landboutoerisme, veral in Pekanneutverbouing, asook ander intensiewe landbou aktiwiteite. Oornag akkommodasie op plase is ook baie in aanvraag in die gebied (Die agri-toerisme-sektor verwys na toerisme-aktiwiteite wat op produktiewe plase geleë is en kan met die primêre landbou-aktiwiteite op die plaas of ‘n spesifieke hulpbron op ‘n gegewe plaas verband hou. Sulke fasiliteite in die studiegebied sluit gastehuise, kampgeriewe, varswatervisvang, stap ens. in.
    • Toeganklikheid tot toerismebakens in die nabye omgewing wat die volgende insluit:
      • Oranjerivier;
      • Van der Kloofdam;
      • Wildreservate (soos byvoorbeeld die Mokala Nasionale Park);
      • Boereoorlog -gedenkwaardighede (langs die N12 nasionale roete); en
      • Avontuurgebaseerde toerisme -aktiwiteite.
  • Landbougeleenthede wat die volgende insluit:
    • Pekanneutverbouing en verwerking;
    • Voedselverwerking en waardeketting wat ontwikkel kan word;
    • Landbounywerhede en landboumateriale/hulpbronne;
    • Die uitvoer van verwerkte landbouprodukte.
  • Onderrig wat die volgende insluit:
    • Tersiêre onderwysmoontlikhede wat Afrikaanse onderrig tot op die hoogste vlak kan neem, ʼn eg Afrikaanse Universiteit wat baie studente kan lok;
    • Ambagprogramme en fasiliteite wat gespesialiseerde opleiding kan bied om sodoende ekonomiese volhoubaarheid te kan bewerkstellig.

ORANIA UITGANGSPUNTE Die volgende belangrike uitgangspunte moet oorweeg word om die visie van Orania as ʼn selfstandige gemeenskap te bevorder. Die punte moet uitvoering gee aan die tipe, gevoel en atmosfeer van Orania. Duidelikheid Die voorgestelde persele is ingerig en georganiseer rondom ‘n duidelik-onderskeidende raamwerk. Die skaal van hierdie raamwerk kan wissel van ‘n “super-blok” in die primêre, hoofsaaklik industriële gebied, tot ‘n meer alledaagse skaal vir die “stadsblok” in meer-residensiële en gemengde-gebruik gebiede. Aandag word ook gegee om die verhouding tussen ‘beweging deur’ die gebied, en plaaslike ‘beweging binne’ die gebied duidelik uit klaar. Buigsaamheid Die raamwerk moet met sorg ontwerp word en veral klem lê op die vernaamste aspek van Orania se gerieflike ligging. Die breë verskeidenheid van dit wat Orania bied, van ‘n residensiële komponent reg deur tot lig-industrieël, kan egter meer verfyn word indien nodig, sou die aanvraag in die mark dit regverdig. Integrasie Die onderskeie middele en volgorde van beweging moet deeglik geïntegreer word met ‘n logiese stelsel van gerieflike toegang tot die groter dorpsgebied. Integrasie in Orania moet veral klem lê op die volgende belangrike aspekte:

  • Geïntegreerde ontwikkeling tussen die verskillende maatskappye (aandeelblokke);
  • Die skep van ʼn eenvormige dorpsraamwerk en uitleg;
  • Bestuur van moontlike kompeterende dorpsuitbreiding tussen verskillende entiteite binne die groter dorpsgebied; asook
  • Die skep van ʼn volhoubare vervoer/toegangsnetwerk wat die groter dorpsgebied op ʼn sinvolle basis integreer.

Gemengde gebruik Hoewel sekere sones beklemtoon word in terme van aktiwiteite, is gebruike oor die algemeen redelik gemeng en kan beide groter-skaal en kleiner-skaal aktiwiteite geakkommodeer word. Gemengde gebruik kan veral langs hoof bewegingsroetes geakkommodeer word. Volhoubaarheid Die skaal van die nedersetting se voetspoor en die wye verskeidenheid van aktiwiteite, maak ‘n hoë vlak van self-instandhouding moontlik. Die konsep van volhoubare ontwikkeling sluit drie sleutelkomponente in, naamlik omgewings-, ekonomiese- en sosiale volhoubaarheid. Met verwysing na ekonomiese ontwikkeling, word voorgestel dat die ondersteuning en uitbreiding van volhoubare ekonomiese ontwikkeling, die volgende sleutelkomponente sal insluit:

  • Verhoogde produktiwiteit van bestaande besighede;
  • Belegging in mensekapitaal, vaardigheidsontwikkeling en onderwys;
  • Beperkte omgewingsspoorimpak;
  • Bevorder uitvoer van plaaslike produkte;
  • Bevorder ekonomiese aktiwiteite naby bestaande residensiële gebiede;
  • Vestig ondersteunende infrastruktuur om ekonomiese ontwikkeling te lok; en
  • Bemarking en “logobemarking”, van die dorp, met beklemtoning van die besigheids kamers en die ekonomiese-, sosiale-, kulturele-, fisiese- en natuurlike voordele, ten einde besighede te lok.

Koste effektiwiteit Die implementeringsplan sal ‘n deeglike ondersoek doen in terme van koste effektiwiteit wat ook spesifiek die volgende belangepunte sal aanraak:

  • Koste van dienste soos paaie, water, riool (tipes tegnologie of stelsels waarna gekyk kan word);
  • Afstand van sosiale-, mediese- en ander noodsaaklike dienste; en
  • Veiligheid en die wyse waarop die dorpsontwerp daarvoor voorsiening moet maak.

Wat verder belangrik sal wees vir die langtermyn ontwikkelingstrategie, is die opstel van ‘n ruimtelike begroting. Die opstel van ‘n ruimtelike begroting, gebaseer op ‘n spesifieke groei scenario, is ‘n sleutel tot ruimtelike beplanning, wat voorsiening maak vir ‘n oorsig van die geraamde toekomstige behoefte aan grond vir die vestiging van mense. ‘n Voorloper tot die opstel van die begroting is om die potensiële bevolkingsgroei uit te werk vir ʼn “Visie 2050”. In opvolging van die bevolkingsgroeiprojeksies, word die ruimtelike begroting gebaseer op die moontlike groei- aannames wat kan wissel tussen laag tot baie hoog. Die vooruitskatting sal moontlike ruimtes en grondgebruike identifiseer vir Orania, wat ook ʼn verdere aanduiding sal gee van waar die verskillende tipes grondgebruike ontwikkel moet word (dus die ruimtelike begroting). Orania volg verder die roete om selfonderhoudende ekonomiese ontwikkeling te bevorder en dit kan gedoen word deur die stimulasie van ekonomiese groei in sleutelontwikkelingsgebiede. Die volgende ontwikkelingsgebiede behoort die hoof groei-, ontwikkeling- en beleggingsareas te wees, ten einde volhoubare ekonomiese ontwikkeling te bereik:

  • Hoof sakekerngebied (Afsaal kompleks)
  • Nywerheidsgebied (N-Blok);
  • Toerismesones en korridors (R369, Oranjerivier, asook omliggende landbou- toerisme areas);
  • Opvoedkundige sone (universiteit, koshuise, sportgeriewe).

Oop ruimtes ‘n Kerngedeelte van die konsep is die stelsel van oorvloedige oop ruimtes. Oop ruimtes by Orania kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die volgende:

  • Die skep van voornemende pad en ander servituutareas. Die servituutareas kan reeds ontwikkel word as voornemende groen stroke en skep‘n daadwerklike bate vir Orania. Die groen stroke bring mee dat ʼn natuurlike, groen ruimtenetwerk geskep word binne die Orania dorpsgebied, wat huidige- en toekomstige ontwikkeling akkommodeer. Die provinsiale deurpad kan toekomstig gesien word as ‘n natuurskoon besigtigingsroete (“scenic route”);
  • Stroke rivierfront van wisselende skaal dien as ekologiese “deurgange”, wat verskillende habitatte met mekaar verbind en ook funksioneer as migrasie-korridors vir voëls en diere. Dit bevorder sodoende habitat-seleksie en biodiversiteit. Die korridors kan verder verbind word met die voorgestelde oopruimtestelsel, wat verdere ekologiese bestuur kan bevorder;
  • Spesiale aandag sal geskenk moet word binne die voorgestelde sakekern gebied om sodoende die kern te vorm van die oopruimte netwerk. Die doel van die oop ruimte is om as ‘n fokuspunt tot die visuele prag van die sakekern by te dra. Dit dien ook as ‘n ruimte waarin die oos-wes voetgangerroete en die ander sirkulasieroetes begin en eindig.

Oewerbewaring/bestuur Die Oranjerivieroewer is geleë aan die noordelike grens van Orania. Die oewergebied bevat ‘n verskeidenheid van sensitiewe marine- en ekologiese spesies en bewaringswaardige elemente. Die belangrikste uitdagings, in terme van die oewerbewaring, sluit die volgende in:

  • Stedelike skeidslyn (tussen beboude gebiede en die rivier);
  • Bestaande rivierkaaie en vasmeerplekke;
  • Publieke toegang tot die rivier/oewer;
  • Voertuigtoegang tot die oewer;
  • Visvang; asook
  • Besoedeling.

Binne die konteks van die Orania ROR, is die belangrike oogmerk om die ruimtelike implikasies, wat met die oewergebied van die dorp geassosieer kan word, te identifiseer. Dit is verder belangrik om die terugsetlyn (“Development Setback Line”) langs die oewer in ag te neem. Die gevolge hiervan is dat stedelike ontwikkeling in die toekoms agter dié lyn sal plaasvind en in sommige gebiede sal die terugset meer beperkend wees as die algemeen aanvaarde 100m vanaf die wetlike hoogwatermerk. Toeganklikheid Die belangrikste roetestruktuur sal as volg daar uitsien:

  • Noord-Suiddeurgang wat deur die R369 gevestig is. Dit vorm die belangrikste roete van die huidige netwerkstruktuur van Orania;
  • Wes –Oos deurgang, (Kareeboomlaan) wat gevorm word deur die gruispad wat suidelike toegang na die Orania dorpsgebied voorsien, wat deurbeweeg na die Oranjerivier se kant toe in die ooste en weer na die bestaande vliegveld toe in die weste. Die gruispad dien as ʼn belangrike toekomstige verbindingsroete wat deel sal vorm van ʼn ringpad om die Orania sakekern gebied;
  • Die Oos- en Wesblokke word verder bedien met Pêrellaan wat ook die toekomstige hoofroete sal wees van die Orania sakekern; en
  • ‘n Sentrale dorpsplein wat gepaard gaan met die primêre gemengde-gebruik-sone geleë in die Wesblok. Die bestaande dorpsplein is effens gefragmenteer en vorm ʼn meer liniêre sakekern al langs die R369.

RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK (ROR) DORP OMGEWINGSKARAKTER EN BEELD Orania is geleë in die Bo-Karoostreek van die Noord-Kaap aan die Oranjerivier en langs die R369. Orania se naaste buurdorpe is Hopetown (ongeveer 40km vanaf Orania) en Vanderkloof (ongeveer 50km van Orania). Orania lê in ‘n welvarende boerdery omgewing en word al hoe meer gesien as ‘n streeksdorp vir die omgewing vir die lewering van produkte en dienste. Aangesien Orania sy ontstaan te danke het aan die Departement van Waterwese wat die dorp in die sestiger jare van die vorige eeu ontwikkel het om sy personeel wat betrokke was by die ontwikkeling van die kanaalskema langs die Oranjerivier te huisves , het die dorp aanvanklik die beeld van ‘n tydelike konstruksiedorp uitgestraal. In 1991 het die dorp egter ‘n nuwe fase betree toe dit aangekoop is en met ontwikkeling begin is om die dorp as ‘n groeipunt vir Afrikaners te vestig. Hierdie nuwe fokus van Orania het die indentiteit van die dorp dramaties verander soos nuwe ontwikkelinge aangepak is. Die ontwikkeling van onder andere landboubedrywighede, toerismegeriewe, nuwe instellings, besighede, skole en nuwe vestings, het die dorp se karakter verander na dié van ‘n lewenskragtige, plattelandse gemeenskap. Orania kon daarin slaag om suksesvol ekonomies te ontwikkel en werk te skep. Gevolglik het die konstruksiebedryf ook uitgebrei en is baie nuwe woonhuise en geboue opgerig.. Aanvanklik was die dorp se stedelike beplanning en ontwerp nie altyd professioneel hanteer nie en is ‘n bepaalde fragmentasie in die dorp geskep. Sedertdien is daar egter baie gedoen om die vermoë van die Dorpsraad uit te bou en te verseker dat alle ontwikkeling op ‘n gesonde grondslag plaasvind en Orania ‘n unieke, stedelike karakter ontwikkel. VISIE Orania se Godgegewe roeping is om:

  • ‘n Volhoubare stad te bou waarbinne vryheid, hoop, voorspoed, innovering en veiligheid vir Afrikaners kan gedy;
  • ‘n Selfstandige- en onafhanklike tuiste vir die Afrikanervolk te vestig;
  • ’n Plek te skep wat ‘n positiewe invloed in Suid- Afrika uitstraal en wat in harmonie met sy omgewing leef.

Bestaande Dienste Netwerk Nodusse & Bewegings Korridors Publieke Ruimte Netwerk ‘n Voorgestelde visie vir die groter Orania dorpsgebied kan as volg voorgelê word:

Om ‘n plek en ruimte te skep waar Afrikaners kan vestig en ‘n volhoubare en singewende bestaan kan voer

DEFINISIE VAN DIE ROR Die Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) het ten doel om:

  • Die ruimtelike beplanning met gepaardgaande ontwikkeling oor die volgende 20 jaar formeel te rig, te stuur en te koördineer;
  • Beide die GOP en EOP ruimtelik in te lig;
  • Openbare besteding strategies te rig;
  • Rigting en vertroue aan die privaatsektor te verskaf ten opsigte van investering; asook
  • Belyning tot nasionale en provinsiale beplanningswetgewing te bekom vir plaaslike beplannings- en beleidsbeginsels

Vir die daarstel van die ROR en meer spesifiek die vooruitbeplanning in die ROR, sal dit ‘n vereiste wees om eerstens aandag te gee aan algemeen aanvaarde beplanningstandaarde, asook beplanningsriglyne. RAAMWERKKOMPONENTE Die belangrikste bates van Orania is vervat in die raamwerkkomponente. Dié bates, naamlik die natuurlike omgewing, landbou-erfenis, kultuur, mense, instellings en geskiedenis, sluit onder andere die volgende in:

  • Wildernisareas van omliggende heuwels en rivierstrome;
  • Saailande, neutbome en oorblywende natuurlike bos;
  • Die Oranjerivierwat as voedingsbron vir Orania dien;
  • Landskap van historiese- en kulturele geboue, plekke, parke, bakens, uitsigte, sowel as die paaienetwerk wat Orania en die sosiale strukture verbind; asook
  • Dorpsrandgebied wat ‘n beperking stel op dorpskruip.

Baie van hierdie komponente soos die heuwels, rivier, plase en historiese strukture, is onvervangbare bates en beklemtoon die dorp se eiesoortige karakter. Vir hierdie rede moet beleidspunte / riglyne en aksies geformuleer word wat die komponente verhef, beskerm en bevorder. Die karakter, die detail van die dorp en enige beoogde veranderings, moet dus sorgvuldig oorweeg word. Beleid wat dorpskarakter aanspreek, moet so geformuleer word om harmonieuse en aanpasbare verhoudings met die omvattende raamwerkkomponente te skep. Raamwerkelemente Raamwerkkomponente bestaan elk uit een of meer van die volgende elemente :

  • Vertikale elemente (byvoorbeeld: bome, terrasse, geboue, ingangstrukture, tekens, inligtingsborde en reklame);
  • Horisontale oppervlaktes (byvoorbeeld: plaveisel, gruis, gras asook plantegroei);
  • Publieke meublement (byvoorbeeld: sitbanke en tafels, kinderspeelparke, publieke kuns, asook handelstalletjies);
  • Publieke dienste (Sluit onder andere in elemente soos waterpunte, publieke toilette, vullisdromme, asook straatligte).

Belangrike oorwegings ten opsigte van die ontwerp, afwerking en plasing van oopruimte- elemente is as volg:

  • Behoud van die unieke dorpsidentiteit;
  • Behoud van die oorhoofse bepaalde ontwerp (tema) en afwerking vir publieke meublement en oppervlakte behandeling vir Orania;
  • Sterk kontrolering van alle tekens en reklame;
  • Sterk oorweging van beskikbare- en toekomstige onderhoudsbronne; asook die
  • Plasing van alle elemente in konteks van die oorhoofse dorpsraamwerk.

Algemene Riglyne Die volgende is van toepassing in ‘n mindere of meerdere mate op alle komponente :

  • Behoud van die landelike karakter;
  • Skepping van ‘n unieke dorpsidentiteit en publieke areas wat dié Afrikaneridentiteit simboliseer;
  • Gebruik sover moontlik endemiese of inheemse plantegroei en ander materiale (bv. rotse / klip / hout, ens.);
  • Aanplanting in publieke areas – met die beskikbare onderhoudsbronne in gedagte, sowel as waterbesparing;
  • Gebruik van toepaslike skaal en komposisie van oopruimtes en verwante elemente;
  • Gebruik van toepaslike- en unieke plaaslike argitektoniese styl in die beboude omgewing;
  • Verteenwoordiging van Afrikanerkultuur in publieke kuns, waar moontlik;
  • Elemente en tekens moet sterk en maklik leesbaar wees;
  • Gebruik en plasing van alle elemente om ‘n veilige en gemaklike publieke area te skep wat toegang en geleentheid bied aan alle publieke aksies;
  • Voorsiening van publieke dienste bv. waterpunte vir die publiek, publieke toilette, ens.;
  • Betrekking van die plaaslike gemeenskap sover moontlik in die skepping en onderhoud van oopruimtes bv. in boomplantprogramme (skool, ens.);
  • Dit is uiters belangrik dat die skepping van publieke oopruimtes deel vorm van die eerste fase van die konstruksie van alle ontwikkelings waarin die publiek belang het;
  • Beleid moet geformuleer word om die ontwikkeling en onderhoud van kwaliteit publieke areas en begroening deur die privaatsektor, ‘n voorwaarde van ontwikkeling te maak; asook
  • Beleid moet geformuleer word om die opstel van ‘n landskapsontwikkelingsplan ‘n voorwaarde te maak vir alle ontwikkeling.

Gepaardgaande met die bogenoemde riglyne, is die volgende riglyne gemik op die ruimtelike samestelling en elemente van publieke oopruimtes :

  • Ontwikkeling van ‘n eenvormige materiaal-/ skakeringskeuse en patroon vir plaveisel en harde oppervlaktes;
  • Gebruik van ‘n verandering in oppervlaktemateriaal, patroon en grondvlak om verskillende areas van konsentrasie en beweging te identifiseer bv. beveiliging van voetgangerkruisings; asook
  • Die ontwikkeling van ‘n openbare meublementreeks, met ‘n gepaste tema, wat eenvormige ontwerp en verspreiding bevorder

Ingangspoort ‘n Ingangspoort word geskep vir die hoofingange by Orania. Dit verkondig aan die besoeker Orania se naam en verteenwoordig gewoonlik simbolies die unieke eienskap, identiteit, karakter of geskiedenis van die dorp. Dit dien ook as verwelkomingspunt. ʼn Ingangspoort kan verskeie vorme aanneem, onder andere een of meer van die volgende:

  • ‘n Groep bome of ‘n aangeplante area;
  • Geboude strukture (enkel of aan weerskante van die pad);
  • ‘n Naambord (wat gepaard kan gaan met reklame);
  • ‘n Unieke landvorm of landskap bv. ‘n natuurlike poort gevorm deur bome;
  • ‘n Spesifieke element of publieke kunswerk bv. ‘n standbeeld;
  • ‘n Verandering in padoppervlakte of materiaal; asook
  • ‘n Kaart van die dorpsuitleg.

Tesame met die algemene riglyne ,moet die volgende beginsels in ag geneem word met die skepping van ‘n ingang:

  • Elemente en tekens moet sterk en maklik leesbaar wees, met ‘n toepaslike skaal, ontwerp en afwerking;
  • Verskillende ingange kan varieer na gelang van gebruiksintensiteit en ligging bv. primêre en sekondêre ingange; asook
  • ‘n Dorpskaart moet duidelik wees en alle publieke fasiliteite aandui.

Bewegingsnetwerk ‘n Bewegingsnetwerk sluit in alle vervoerroetes, sowel as voetgangerroetes. Primêre vervoerroetes is veral belangrik, omdat dit gewoonlik die hoofpad deur ‘n dorp insluit en die dorp met ander dorpe in die streek verbind. Vanuit ‘n voetganger se perspektief is dié roetes ook belangrik, omdat meeste van die publieke fasiliteite, sosiale foci en ekonomiese bedrywighede langs dié roetes gekonsentreerd en gevestig is. ‘n Bewegingsnetwerk moet noukeurig ontwikkel en bestuur word, veral omdat so ʼn netwerk die volgende kenmerkende probleme in baie bestaande dorpe in Suid -Afrika veroorsaak:

  • Afbreek aan die kompakte skaal van ʼn dorp se karakter;
  • ‘n Geraas sowel as voetgangerveiligheidprobleem weens hoë spoed en verkeersprobleme van deurgangverkeer, veral swaar voertuie;
  • Estetiese afbreek van dorpsbeeld en die skepping van ‘n oninteressante omgewing met ‘n oorvloed van teeroppervlaktes;
  • Skepping van ‘n ongerieflike mikroklimaat bv. hitteweerkaatsing vanaf teer en geen skadu van bome;
  • Skepping van areas wat geen sosiale interaksie bevorder nie;
  • Gepaardgaande afbreek van plaaslike besigheidsaktiwiteite;
  • Skepping van ‘n onaantreklike omgewing vir toerisme; en
  • Bewegingsroetes sluit nie net paaie en padreserwe in nie, maar ook sypaadjies wat toeganklik moet wees vir fiets- en wandelroetes.

Een van die belangrikste komponente van ‘n publieke oopruimte of ‘groen’ raamwerk, is bewegingsroetes, omdat dit die dorpstruktuur deurvloei en integreer en sodoende ‘n groen ‘web’ vorm, wat verskeie groen ruimtes en publieke areas aaneenskakel in ‘n enkele sisteem. Dié ‘web’ bevorder leesbaarheid van die dorp se uitleg, sowel as toeganklikheid tot alle publieke-, sosiale- en besigheidsfasiliteite. Die verspreiding van oopruimtes deur middel van die ‘web’ deur die hele dorpsarea, het ook onskatbare waarde ten opsigte van die estetika en die skepping van ‘n kwaliteit dorpsomgewing. Straatbehandeling Straatbehandeling word vervat in die volgende elemente: Boomaanplanting

  • Alle strate moet voorsien word van ‘n boomaanplantingsprogram en alle nuwe strate moet so ‘n program as deel van hulle konstruksiefase hê;
  • Enkellaan boomaanplanting van sekondêre- en plaaslike strate moet op die windkant geskied; asook
  • Langs primêre paaie moet dubbellaan boomaanplanting plaasvind.

Vervoerroetes

  • Padbelynings en veral diè van hoofpaaie, kan ontwerp word om spoed te verminder sowel as interessantheid te skep en veiligheid aan voetgangers te verleen;
  • Behandeling van die padoppervlakte met verskeie materiale of patrone kan voetgangerveiligheid bevorder, sowel as straatkarakter skep;
  • Wydte van die pad moet funksioneel wees en nog steeds die dorpskarakter behou; asook
  • Cul-de-sac paaie in residensiële gebiede moet gesien word as sosiale nodusse en dienooreenkomstig behandel word ten opsigte van uitleg, materiaalkeuse en aanplanting

Voetgangerroetes

  • Voetgangerroetes moet tesame met straat boomaanplanting geskied; asook
  • Wydte van voetpaaie moet gemaklik wees vir fietse sowel as gestremdes.

Publieke nodusse Publieke nodusse verteenwoordig die areas in ‘n dorp waar mense gekonsentreerd is en vergader. Die ligging van dié areas hou sterk verband met en is geïntegreer met die bewegingsnetwerk, sowel as die verspreiding van publieke fasiliteite, sosiale foci en besigheidsbedrywighede. Publieke nodusse sluit die volgende in:

  • Markarea / markplein; • Parkeerareas;
  • Aansluitings / voetgangerkruisings;
  • Oopruimtes geassosieer met geboue soos binnehowe, kolomme, ingangareas, buite-areas ens.; en
  • Publieke dienste bv. publieke telefoon areas ens.

Publieke nodusse word ruimtelik gedefinieer en ervaar deur die verteenwoordiging, skaal, komposisie en afwerking van elemente soos voorheen beskryf. Net soos die bewegingsroetes ‘n publieke groen ‘web’ vorm, so vorm publieke nodusse areas waar mense byeenkom. Om die konsentrasie effektief en toepaslik te akkommodeer, sowel as om plekke wat die eiesoortige “identiteit-van-plek” te simboliseer, is die algemene riglyne wat vooraf beskryf is, van toepassing, spesifiek dié gefokus op die ruimtelike samestelling en elemente van publieke oopruimtes. Sosiale Foci Publieke fasiliteite en sosiale foci vorm die struktuurelemente van ‘n dorp se karakter. Histories het meeste van die dorpe rondom die kerk ontstaan en so dien dié gebou as kern van die dorp se gemeenskapslewe. Tans is daar ‘n neiging na toepaslike kompakte, meerdoelige publieke fasiliteite. Dié neiging plaas groter klem op publieke oopruimtes en stel voor dat publieke geboue nie hulself afsny van hul omliggende buiteruimtes nie, maar bydra tot die vorming van die ruimtes. Uit ‘n sosio-ekonomiese standpunt is dit dus sinvol om te belê in publieke buiteruimtes wat verband hou met bv. kerke, klinieke, stadsale, biblioteke en ‘n historiese dorpsplein. Ten opsigte van die oopruimteraamwerk, moet die oopruimtes wat geassosieer word met publieke fasiliteite en sosiale foci, ruimtelik sowel as simbolies, die lewe en gebeurtenisse van die gemeenskap verteenwoordig. Die oopruimtes word gevorm deur die skaal, samestelling en afwerking van elemente. Waar moontlik moet:

  • Publieke fasiliteite geassosieer wees met ‘n publieke oopruimte;
  • Geboue moet front aan publieke oopruimtes;
  • Gemeenskapsfasiliteite wat aan die dorp karakter verleen, moet so ver moontlik versterk en beskerm word bv. die karakter en leesbaarheid wat ‘n duidelike kerktoring verleen. In hierdie opsig kan gekyk word na hoogte beperkings, ens.
  • Die “voordeur” of ontvangsgebied van Orania, wat die potensiaal het om eerste indrukke vas te vang, versag word deur uitsluiting van “harde” besighede en aktiwiteite wat die sagte, innemende beeld kan bedreig.

Ekonomiese Foci Ekonomiese foci sluit in alle kommersiële sowel as industriële bedrywighede. Dit is belangrik om hierdie gebruik, alhoewel dit meerendeels privaat oopruimtes is, in die publieke oopruimteraamwerk te betrek vir die volgende redes:

  • Die ligging van die dorp se ekonomiese kern is in meeste van die gevalle in die vorm van lintontwikkeling al langs die hoofpad
  • Die behoefte van diens- en handelsbedrywe aan omliggende oopruimtes vir parkering en buitemuurse aktiwiteite bv. informele handel of sitruimtes vir buitelugrestaurante en koffiewinkels.

Dit is weens bogenoemde redes dat die publieke oopruimteraamwerk kennis moet neem van:

  • Waar ekonomiese foci geleë is;
  • Wat hulle buite-ruimtelike behoeftes is;
  • Hoe hulle deur middel van die uitleg en ontwerp van omliggende buite-ruimtes geïntegreer kan word om sodoende ryker en meer diverse publieke areas te skep;
  • Tans, weens werkloosheid en beperkte werksgeleenthede in die formele sektor, is daar ‘n behoefte om meer informele handelaars op ‘n georganiseerde wyse te akkommodeer in die publieke oopruimtes van Orania se sakekern;
  • Die verteenwoordiging, komposisie, afwerking en vorm van elemente in dié ruimtes is uiters belangrik. Dit moet van so aard wees dat dit verskeie gebruikskeuses kan bied (sien sketse). Dit kan geleenthede bevorder of teenwerk

Groen Ruimtes Die groen ruimtes van ‘n dorp sluit die volgende grondgebruike in:

  • Skoolgronde;
  • Publieke oopruimtes (sonering);
  • Sportvelde;
  • Begraafplase;
  • Ontspanningsareas / oorde;
  • Bewaarareas; • Natuurlike verskynsels bv. berge ens.;
  • Wildernisareas / Wildkamp;
  • Waterfront / rivieroewerontwikkelings;
  • Rivierkorridors, vloedvlaktes en vleigebiede;
  • Landbougronde;
  • Servitute;
  • Gruisgroewe; asook
  • ‘Landfill sites’ of opvul-areas.

Bogenoemde sluit groen ruimtes binne die grense van ‘n dorp,sowel as buite in. Dit sluit ook in sekere gevalle privaatoopruimtes in, waar dié beskou word as integraal tot die publieke oopruimte raamwerk. Die elemente is gewoonlik in parke teenwoordig en is meestal gemik op ontspanning en bewaring. Tans bestaan die behoefte ook om ander gebruike binne die konteks van ROR te voorsien, soos byvoorbeeld gemeenskapstuine, natuurgebiede, asook omgewingsopvoeding. Daar is ‘n definitiewe neiging na ‘n produktiewe landskap sowel as een geëien deur die gemeenskap. Instellings soos skole kan betrek word in die skepping van ‘n geïntegreerde groen oopruimte- sisteem ,deur boomaanplanting al langs hulle grense, aangrensend aan geïdentifiseerde groen oopruimte gange / korridors. ‘n Publieke oopruimte raamwerk vir Orania Die regsgebied van Orania word dus ontleed ten opsigte van die geïdentifiseerde komponente, elemente en gepaardgaande riglyne. Elkeen is ‘n produk van sy natuurlike- en menslike geskiedenis. RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSTRATEGIEË Met die tot standkoming van die nuwe bedeling ten opsigte van plaaslike bestuur in Suid-Afrika, het wetgewing gemeenskappe baie meer inspraak in plaaslike bestuur gegee. Hierdie aksie staan bekend as die Geïntegreerde Ontwikkelingsbeplanningsproses en word verwoord in ‘n Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP). So ‘n GOP is reeds vir Orania opgestel. Orania het ook ʼn Ekonomiese Ontwikkelingsplan (EOP) opgestel wat ʼn duidelike ekonomiese ontwikkelingstrategie voorstel. Baie van die voorstelle in beide die GOP en EOP, het inligting/aanbevelingsaangaande prioriteite of belangrike projekte. Die voorgenoemde projekte en prioriteite het ook ruimtelike implikasies en vandaar die behoefte vir ‘n Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) waarvolgens die ruimtelike ordening van grondgebruike volledig verder ondersoek word. Die ROR spruit dus voort uit beide die GOP en EOP. Daar is sekere kwessies van toepassing op die ROR geïdentifiseer. Die ruimtelike kwessies is in sewe (7) sektorale prioriteitareas geklassifiseer, om sodoende eenvormigheid te bewerkstellig, naamlik:

  • Infrastruktuur en gemeenskapsfasiliteite;
  • Behuising;
  • Landbou;
  • Ekonomiese ontwikkeling en toerisme;
  • Gesondheid, welsyn asook openbare veiligheid;
  • Opleiding, kapasiteitsbou en kommunikasie; en
  • Sport en rekreasie asook natuurgebiede.

INFRASTRUKTUUR EN GEMEENSKAPSFASILITEITE Doelwitte en kwessies Belangrike kwessies wat aangespreek moet word sluit onder andere die volgende in:

  • Bekostigbaarheid van infrastruktuur;
  • Primêre dienste vir almal (ingeslote gemeenskapsfasiliteite);
  • Landelike infrastruktuur; asook
  • Opvoeding vir almal.

DOELWIT : Om die inwoners van die Orania van volle bekostigbare infrastruktuur te voorsien deur tydige vooruitbeplanning. Strategie

  • Prioritiseer infrastruktuurontwikkeling met ʼn gesonde balans tussen ekonomiese- en sosiale behoeftes;
  • Optimaliseer infrastruktuur met die gebruik van bekostigbare- en gevorderde tegnologie;
  • Hersien die bestaande infrastruktuurraamwerk(insluitende begrotingkoppeling) om alle dienste in te sluit; maak ook spesifiek voorsiening vir die toekomstige bevolkings- en ekonomiese groei;
  • Hou bestaande dienste/ infrastruktuur in stand.

Aksieplanne

  • Gebruik die ROR as basis vir die hersiening van die bestaande infrastruktuur meesterplan wat voorsiening maak vir ‘n volledige infrastruktuurraamwerk ten opsigte van siviele dienste.
  • Stel ‘n 5 jaar begroting op, gekoppel aan die infrastruktuurraamwerk;
  • Gedetailleerde beplanning van dorpsuitbreiding moet bestaande infrastruktuur optimaal benut;
  • Stel ʼn verdigtingsraamwerk op wat gekoppel is aan die beskikbaarheid van dienste, asook aan voornemende gebruike;
  • Verseker en bestuur ‘n instandhoudingsprogram vir alle siviele dienste;
  • Stel programme daar vir maksimale benutting van bestaande gemeenskapsfasiliteite (bv. gemeenskapsale) en koördineer.

BEHUISING Doelwitte en kwessies Belangrike kwessies wat aangespreek moet word sluit onder andere die volgende in:

  • ‘n Bemagtigde, samehorige en vooruitstrewende gemeenskap;
  • ‘n Kwaliteit omgewing;
  • Bekostigbaarheid; asook
  • Volhoubaarheid.

DOELWIT : Om deurlopend en op volhoubare wyse in die behuisingsbehoeftes van die inwoners van Orania te voorsien deur tydige vooruitbeplanning met behoud van die eiesoortige karakter. Strategie

  • Bevorder integrasie tussen gemeenskappe;
  • Herstel ongelykhede; • Verhoed dorpskruip;
  • Koördineer en bestuur waglyste of behoeftebepalings vir verskillende behuisingstipologie.(tipes) Inkomstegroepe het verskillende behuisingsbehoeftes ;
  • Stig ‘n estetiese komitee/ komitees om na bewaring om te sien; asook
  • Pas die Orania skemaregulasies aan waar nodig om voorsiening te maak vir behoud van ‘n unieke karakter.

Aksieplanne

  • Implementeer beplanningsriglyne deur middel van die ROR om integrasie en die herstel van ongelykhede teweeg te bring, asook te verhoed dat Orania ongekoördineerd in die landelike gebiede sal ‘ingroei’;
  • Hou waglyste vir verskillende behuisingtipologie op datum en beoordeel nuwe uitbreidings en projekte aan die hand van die volhoubaarheid daarvan;
  • Bepaal die impak van die onderskeie kostes (vestiging/ vervoer/ sosiaal ens.) soos van toepassing binne die onderskeie sentra om sodoende die volhoubaarheid van ontwikkeling te kan bepaal.
  • Ondersoek die instelling van ‘n estetiese komitee/ komitees om die Raad by te staan in besluite oor alle aspekte rakende bewaringsaangeleenthede. Hierdie komitee sal self verantwoordelik wees vir die nodige riglyne vir hul werksaamhede. Verder sal die komitee verantwoordelik wees vir die identifisering van bewaringswaardige geboue en strukture, die daarstel van bewaringsgebiede en riglyne, tesame met die daarstel van spesiale regulasies volgens SAHRA –wetgewing, om na die onderskeie bewaringsgebiede om te sien;

LANDBOU Doelwitte en kwessies Belangrike kwessies wat aangespreek moet word sluit onder andere die volgende in:

  • Plaaswerkerbehuising;
  • Kleinboervestiging; asook
  • Behoud van die landelike karakter

DOELWIT : Om op ʼn volhoubare wyse die landboukaraktereienskappe van die dorp te beskerm en sorgvuldig, met veral hoë potensiaal landbou rond , te werk. Spesiale voorsorg moet getref word waar landbougrond met ander gebruike deel. Strategie

  • Spreek plaaswerkerbehuising aan; en
  • Spreek kleinboervestiging aan.

Aksieplanne

  • Stel gedetailleerde beplanning / voorstelle/ beleidsriglyne op vir die bewaringsgebiede soos deur die estetiese komitee geïdentifiseer. Skenk veral aandag aan verdere onderverdeling en erfgroottes. Bepaal ook watter dele of elemente binne die bewaringsgebied behoue moet bly.
  • Hersien bestaande skemaregulasies (waar nodig) aan die hand van die beleidsrigtings asook die jongste wetgewing as ‘n opvolgaksie tot die ruimtelike ontwikkelingsraamwerk, veral ten opsigte van gebruike in die landelike gebiede soos byvoorbeeld die beskerming van hoë potensiaal landbougebiede.

EKONOMIESE ONTWIKKELING EN TOERISME Doelwitte en kwessies Belangrike kwessies wat aangespreek moet word sluit onder andere die volgende in:

  • Bevorder werkskepping;
  • Bevorder ekonomiese groei; asook
  • Lok meer toeriste;

DOELWIT : Om die inwoners van Orania van ‘n gesonde ekonomiese basis te voorsien, asook ‘n kwaliteit omgewing deur volhoubare beplanning toe te pas en so die skep van werksgeleenthede asook die uitbreiding van toerisme aan te moedig. Strategie

  • Bevorder dorpsintegrasie;
  • Skep gelyke geleenthede;
  • Koördineer ‘n toerismestrategie vir die totale regsgebied;
  • Ontwikkel ander sektore soos mynbou/konstruksiebedryf as volhoubare werkverskaffers;
  • Skep ‘n klimaat wat vestiging van nuwe nywerhede bevorder; en
  • Skep ‘n klimaat wat vestiging van toeristefasiliteite bevorder.

Aksieplanne

  • Doen ‘n volledige gedetailleerde ekonomiese opname van die onderskeie sakenodusse;
  • Groepeer sakelui in ‘n gespreksforum;
  • Stel ‘n ekonomiese strategie saam ter bevordering van die onderskeie nodusse met insette van die privaatsektor en die plaaslike owerheid;
  • Stel ‘n toerisme strategie saam ter bevordering van die onderskeie nodusse met insette van die privaatsektor en die plaaslike owerheid;
  • Ondersoek mynbou deeglik en stel ‘n strategie saam vir die volhoubare ontginning daarvan as werkverskaffer in die streek.
  • Ondersoek beskikbare nywerheids- en sakegeleenthede (persele, geleenthede en leemtes) en skep ‘n liggaam wat behulpsaam kan wees om voornemende beleggers te adviseer.

GESONDHEID EN WELSYN EN OPENBARE VEILIGHEID Doelwitte en kwessies Belangrike kwessies wat aangespreek moet word sluit onder andere die volgende in:

  • Bemagtigde, gesonde gemeenskap;
  • Verenigde gemeenskap;
  • Vooruitstrewend in kwaliteit omgewing;
  • Bekostigbaarheid; asook
  • Misdaadbekamping.

DOELWIT : Om die inwoners van Orania van ‘n gesonde en veilige leef mgewing te kan voorsien deur die tydige daarstel van die nodige gemeenskapsfasiliteite.

Strategie

  • Herstel ongelykhede;
  • Behou en skep kwaliteit omgewings; asook
  • Beplan genoegsame en volhoubare fasiliteite.
  • Aksieplanne Bly op hoogte van gemeenskappe se spesifieke behoeftes deur in noue voeling te bly – ook met die behoeftes van die groter streek sodat reservering van grond vir fasiliteite deurlopend aangespreek kan word;
  • Verkry statistiek insake die benutting van elke afsonderlike fasiliteit en stel daarvolgens ‘n rooster saam vir optimale benutting. Gee statistiek deur na die ROR vir die bepaling van ruimtelike behoeftes; en
  • Ondersoek ondersteuningstelsels soos bv. die buurtwagstelsel om veiligheid binne die gemeenskappe en woonbuurte te verhoog. Voer deur na die ROR.

OPLEIDING, KAPASITEITSBOU EN KOMMUNIKASIE

Doelwitte en kwessies

Belangrike kwessies wat aangespreek moet word sluit onder andere die volgende in:

  • Bemagtigde gemeenskap;
  • Vooruitstrewendheid;
  • Geletterdheid; en
  • Vakmanskap.

DOELWIT : Om die inwoners van Orania te bemagtig deur die voorsiening van en blootstelling aan die nodige opleidingsfasiliteite, akademies sowel as prakties.

Strategie

  • Herstel ongelykhede;
  • Bemagtig alle gemeenskappe; en
  • Inisieer opleidingsprogramme.

Aksieplanne

  • Identifiseer die betrokkenes;
  • Bepaal opleidingsbehoeftes tesame met die verantwoordelike opleidingsinstansies; en
  • Stel opleidingsprogramme/lokale beskikbaar.

SPORT, REKREASIE EN NATUURGEBIEDE

Doelwitte en kwessies

Belangrike kwessies wat aangespreek moet word sluit onder andere die volgende in:

  • ‘n Gesonde gemeenskap;
  • Handhaaf ‘n kwaliteit omgewing; en
  • Bewaar die kultuurhistoriese erfenis.

DOELWIT : Om die inwoners van Orania te ondersteun met die nodige sport en ontspanningsfasiliteite asook die natuurlike omgewing te beskerm, te bewaar en uit te bou in harmonie met toekomstige dorpsuitbreiding.

Strategie

  • Genoegsame sport- en ontspanningsfasiliteite;
  • Identifiseer bewaringsareas (beboud/natuurlike plantegroei) vir die dorpe en landelike gebiede waar van toepassing;
  • Vestig ‘n netwerk van oopruimtes en bewaringsgebiede wat voorsiening moet maak vir die huisves en bewaring van die Afrikanerkultuur gedenktekens en ander bewaring foci;
  • Gedetailleerde bewarings riglyne vir die bewaringsareas; asook
  • Dorpsverfraaiing.

Aksieplanne

  • Ontwikkel en benut bestaande sport- en ontspanningsfasiliteite optimaal. Identifiseer nuwe behoeftes in oorleg met gemeenskap. Ontwikkel ‘n oorhoofse strategie vir die regsgebied;
  • Klassifiseer bewaringswaardige gebiede volgens Biosfeer Ruimtelike Beplanningskategorieë en bepaal die gepaste sonering daarvoor. Ondersoek die moontlikheid van die vestiging van korridors (met inbegrip van padreserwes wat die fauna en flora onderhou) wat met mekaar kan skakel;
  • Stel gedetailleerde bestuursplanne op vir die genoemde bewaringsgebiede.

BEPLANNINGSTANDAARDE EN GRONDGEBRUIK KATEGORIEË

In die vorige afdelings is daar oorhoofs aandag gegee aan die studiegebied om as beleidsvoorstelle vir die totale studiegebied te dien, waarvolgens ontwikkelingsriglyne geformuleer kan word. Vanuit hierdie oorhoofse raamwerk moet daar egter nou gefokus word op die nodusse en bewegingskorridors waar daar in detail gekyk word na ontwikkelingsvoorstelle vir elkeen. Beplanning word gedoen aan die hand van standaarde en norme soos algemeen aanvaar binne die stadsbeplanningsberoep. Standaarde en riglyne gebruik vir die vooruitbeplanning van Orania vertoon dan soos volg vir die onderskeie grondgebruikskategorieë:

Residensieel

Die bevolking van ʼn dorp word gewoonlik in gesinne ingedeel om dit te kan koppel aan die aantal huise en erwe. Gesingroottes is bepaal aan die hand waarvan die aantal gesinne binne elke dorp bereken is en is daar op die aanname van een gesin per residensiële erf gewerk. Erfgroottes is weer volgens die verskillende inkomstegroepe ingedeel (digthede soos algemeen aanvaar, met ander woorde hoe laer die digtheid, hoe groter die erwe) en is die kategorieë soos gebruik, as volg:

Digtheidskategorieë

Die digtheidskategorieë word weergegee as ‘n persentasie van die dorp se bevolking, bv. 50% van ‘n dorp se bevolking woon in laedigtheid wonings.

Die aantal erwe addisioneel benodig, is omgereken na oppervlaktes (hektare) om ‘n aanduiding te kry van die hoeveelheid grond benodig vir toekomstige ontwikkeling en uitbreiding. Die persentasie van inwoners woonagtig in ‘n gegewe residensiële digtheidskategorie is dinamies van aard. Met die persentasie bevolking in die digtheidskategorieë, word daar dan oppervlaktes bereken vir die toekomstige residensiële uitbreiding en dit word dan ruimtelik voorgestel. Die residensiële komponent is egter slegs een aspek van ‘n dorp se groei. d Daar is ook aandag gegee aan al die ander fasiliteite en dienste soos van toepassing op die onderskeie dorpe. Ook hier is die verwagte toekomstige bevolkingsyfers gebruik vir behoeftebepaling en wel aan die hand van die nodige stadsbeplanningstandaarde en- norme.

Verdigting

Verdigting is ‘n proses waarvolgens residensiële digthede (soos gemeet in eenhede per hektaar) binne ‘n spesifieke area verhoog word aan die hand van sinvolle beplanning en invulling. Verdigting kan op twee maniere geskied, naamlik:

  • Invulling van erwe (onderverdeling);
  • Dubbelverdieping- asook skakelwonings; en
  • Groeps- en dorpsbehuising.

Voorgestelde verdigtings patrone vir Orania

Onderverdeling

Onderverdeling is dikwels wenslik om die volgende redes:

  • Waterbeperkings;
  • Koste van instandhouding van groot erwe;
  • Sekuriteitsredes;
  • Bekostigbaarheid; asook

Aansoeke vir onderverdeling moet volgens die volgende riglyne geskied:

  • Riglyne soos van tyd tot tyd deur die dorpsraad voorgestel. Hiervolgens kan voorskrifte vir minimum erfgroottes binne elke buurt in die dorp voorsien word;
  • Heersende perseelgroottesin ‘n buurt moet in ag geneem word wanneer aansoeke geëvalueer word, hetsy kleiner of groter. Waar daar afgewyk word hiervan, moet daar ‘n publieke deelnameproses gevolg word deur aanliggende grondeienaars in kennis te stel, ten einde deursigtigheid te verseker;
  • Oorweging kan ook aan onderverdeling gegee word wat afwyk van hierdie norme waar:
    • ‘n Skakelhuis onderverdeel word; asook o Erwe aan twee teenoorgestelde kante begrens word deur ‘n straat.
    • Sinvolle benutting van beskikbare dienste.

Opvoedkundig

Provinsiale standaarde vir skole sien soos volg daaruit:

  • Laerskole – een vir elke 300 erwe -300 kinders;
  • Hoërskole – een vir elke 500 erwe -500 kinders; en
  • Kleuterskole – een vir elke 150 erwe.

Besighede

Die voorkoms van sakebedrywighede is uiteraard markgedrewe, en die bepaling van grond benodig vir hierdie doel is kompleks. Daar kan egter onderskei word tussen die volgende hiërargie van sakesentrums:

Hiërargie van Sakesentrums

Nywerhede

  • Ligte nywerheidsfunksies bestaan uit nywerhede wat ‘n lae steuringspotensiaal het; en
  • Swaar nywerheidsfunksies bestaan uit hinderbedrywe met ‘n hoë steuringspotensiaal.

Owerhede

Owerheidsones bestaan grotendeels uit eiendom wat in owerheidsbesit is. Dit sluit gebruike soos hospitale, klinieke, gevangenisse, polisiestasies en dorpsgeboue in.

Kerke

Kerkpersele word voorsien vir ongeveer elke 500 lede van die bevolking of een perseel vir elke 200 tot 300 woonerwe. Die voorsiening van kerke hang natuurlik ook in ‘n groot mate af van die aantal denominasies teenwoordig in ‘n dorp.

Sportfasiliteite

Een hektaar sportgronde word gewoonlik voorsien vir elke 1500 residensiële erwe. Die groottes van die mees algemene sportvelde sien soos volg daaruit:

Sportvelde Groottes - 1

Sportvelde Groottes - 2

By bogenoemde oppervlaktes is oppervlaktes van ander verwante strukture soos paviljoene en parkering nie ingereken nie en hang dit af van die kombinasie van sportvelde waarvoor voorsiening gemaak word.

Begraafplase

Die behoefte aan begraafplase word bereken volgens die bevolkingsprojeksie en ‘n normale sterftesyfer van 1,2% per jaar. Daar kan ongeveer 1000 grafte op ʼn halwe hektaar grond voorsien word en daar behoort 1 ha/ 2000 mense gereserveer te word.

Gemeenskapsfasiliteite

Die voorsiening van gemeenskapsfasiliteite word gemeet aan die volgende minimum aantal huishoudings:

Gemeenskapsfasiliteite

Gastehuise

Gastehuise het gewoonlik ‘n lae steuringspotensiaal, en kan ook binne sommige residensiële gebiede geakkommodeer word. Dit vervul ‘n belangrike funksie, aangesien dit ‘n dorp kan bemark as ‘n besoekersvriendelike eindpunt. Hersonering van gastehuise moet simpatiek hanteer word, want dit is werkskeppend en moedig toerisme aan. Waar gastehuise in woonbuurte goedgekeur word, moet duidelike riglyne van regte uitgespel word. Beplanningsriglyne, soos op-perseel-parkering, moet gevolg word, om sodoende die ordelike behoud van die woonbuurt te verseker. Die openbare fasiliteite soos restaurante en teetuine is moeiliker versoenbaar met woonbuurte en moet met omsigtigheid hanteer word. Wanneer ‘n aansoek geëvalueer word, moet daar ‘n publieke deelnameproses gevolg word, wat sodoende aangrensende grondeienaars se regte kan beskerm.

Gemengde gebruik

Gemengde gebruike behels die horisontale en vertikale integrasie van aanvaarbare asook volhoubare residensiële en nie-residensiële grondgebruike binne ‘n spesifieke area. Dit is ‘n bekende feit dat ontwikkelbare grond skaarser raak, veral binne die dorpsnodusse. Gemengde gebruike kom tans wel op beperkte skaal binne die Orania dorpsgebied voor waar residensiële gebruike byvoorbeeld bo-op besighede aangetref word, maar hierdie konsep sal beslis meer aandag in die toekoms moet geniet. Daar lê talle voordele hierin opgesluit soos byvoorbeeld dat werksgeleenthede, opvoeding-, sosiale en ontspanningsfasiliteite baie nader aan die woonomgewings gebring kan word. Met die veiligheidsfaktor in ag genome, is dit ook voordelig vir die eienaar om byvoorbeeld bo-op sy winkel te kan bly ,terwyl die sakesentrum ook nie verlate raak gedurende die nag nie.

GRONDGEBRUIKSKATEGORIEË

Daar word vir die volgende grondgebruikskategorieë voorsiening gemaak in Orania:

Grondgebruikskategorieë

GRONDINDELINGS

Hierdie gedeelte handel oor grondindelings vir die totale dorpsgebied van Orania soos verskaf deur die dorpsraad. Die gedeelte moet saamgelees word met die grondindelingskaart soos onder voorsien. Die motivering vir die insluiting van die plan by die ROR is om te kan vasstel waar die verskillende tipes gronde geleë is, sodat veral hoë potensiaal gronde uiteindelik gereserveer kan word ten opsigte van gebruiksregte wat weer in die Orania grondgebruikskema opgeneem kan word.

RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSVOORSTELLE

Orania Ruimtelike Voorstelle A

Orania Ruimtelike Voorstelle B

Orania Ruimtelike Voorstelle C

Orania Ruimtelike Voorstelle D

Orania Ruimtelike Voorstelle E

Orania Ruimtelike Voorstelle F

Orania Ruimtelike Voorstelle G

Orania Ruimtelike Voorstelle H

Orania Ruimtelike Voorstelle I

ONTWIKKELINGSBELEIDE

Biodiversiteit

Die ongeskonde Wildernes areas moet bewaar word. Gebiede wat gedegradeer is en wat nie vir ontwikkeling ge-oormerk is nie, moet gerehabiliteeer word. Dit sluit die verwydering van indringerplantegroei in, soos Turksvy en Swarthaak. Daar moet spesifieke aandag aan die kliprandjies, rivieroewer en stroomlope gegee word.

Afvalbestuur

Alle organiese afval in Orania, moet óf gebruik word om energie op te wek, óf om kompos van te maak. ‘n Sentrale stortingsterrein wat spesifiek vir organiese afval bedoel is, is nodig. ‘n Regulasie wat die storting van organiese afval daar verpligtend maak, moet uitgevaardig word.

Vloedlyne

Geen ontwikkeling mag onder die 1:100-jaar vloedlyn geleë wees nie. Enige bestaande ontwikkeling wat onder die 1:100-jaar en 1:50-jaar vloedlyn geleë is, moet teen vloede beveilig word, tot bevrediging van die Dorpsbestuur.