Waar gaan Afrikaners die meerderheid wees?

Antwoord van Flip Buys :

Afrikaners sal slegs in die Van der Kloof-streek die meerderheid kan wees, en spesifiek in Thembelihle, die Hopetown-Orania-munisipaliteit.

Dit is belangrik om te weet in watter gebiede Afrikaners die meerderheid kan wees omdat politieke mag dan daar bekom kan word. Met politieke mag kan die nodige gemeenskapsruimtes en maatskaplike infrastruktuur versterk en uitgebou word deur toegang tot belastinggeld. Orania is uniek wat migrasie betref omdat Orania teen alle verwagting in as plattelandse dorp bevolkingsgroei toon.

Wêreldwyd (en ook in Suid-Afrika) is die neiging dat die platteland toenemend ontvolk as deel van verstedeliking. Dit is uitsonderlik vir ʼn plattelandse dorp om hierdie neiging teen te staan. Orania se eie syfers dui op ʼn sterk positiewe groeikoers, met ʼn 10,8%-bevolkingsgroei van 2016 af en ʼn groeikoers van 12,6% in permanente werksgeleenthede: Dit is dus ʼn dorp wat teen die breër neiging van verstedeliking in presteer.

Daarom is Orania die enigste dorp waar Afrikaners moontlik die meerderheid sal kan uitmaak, gegewe die totale verval van die platteland elders en die verskuiwing van mense na die stede.

Groei in Orania-inwonertal
Groei in Orania-inwonertal