Waar gaan die meerderheid Afrikaners wees?

Antwoord van Flip Buys :

Soos verwag, volg die verspreiding die normale kulturele verspreiding van die Afrikaner deur die eeue, met ʼn sterk fokus op die noorde van Suid-Afrika, in wat tradisioneel die republieke van die ZAR en die Oranje-Vrystaat was. Een uit elke vyf Afrikaners bly ook in die Wes-Kaap as ʼn verdere konsentrasiegebied.

Waar gaan die meerderheid Afrikaners wees?

In die lig van die verskuiwing van Afrikaners na hierdie ankerdorpe, word daar geprojekteer dat twee uit elke drie Afrikaners teen 2031 in een van die ankerdorpe sal woon. Indien gemeenskapsruimtes gevestig word en addisionele trekfaktore soos werk en veiligheid gevestig word, kan tot soveel as drie uit elke vier Afrikaners in een van hierdie ankerdorpe woon.