Antwoord van Dirk Hermann :
Die Solidariteit Beweging het besluit om ʼn antwoord te skep vir Afrikaners wat net hier gaan bly, maar die Beweging doen dit saam met duisende Afrikaners wat dwarsoor die wêreld gevestig is. Alhoewel ʼn groep Afrikaners emigreer, kan en wil die meerderheid Afrikaners nie emigreer nie. ʼn Baie groot groep Afrikaners het dus nie ʼn alternatief nie; hulle moet net hier bly. Om nie ʼn alternatief te hê nie, is ʼn kragtige politieke wapen. As dít besef word, maak dit aansienlike energie los. Die Solidariteit Beweging werk met die werklikheid dat ons nie ʼn alternatief het nie en het besluit om net hier te bly, maar om nie stil te bly nie.