Wat is die tweeledige strategie van die Solidariteitsbeweging?

Antwoord van Dirk Hermann :

Die Solidariteit Beweging werk met die werklikheid dat ons nie ʼn alternatief het nie en het besluit om net hier te bly, maar om nie stil te bly nie.

Hierdie besluit is deel van die bron van dit wat die Beweging se energie is. Die Beweging het ʼn tweeledige strategie, naamlik veg en bou.

Aan die een kant beveg die Beweging belastingmisbruik, misdaad, swak bestuur, diskriminasie, meerderheidsdominasie en ander onreg.

Aan die anderkant bou die Beweging aan ʼn nuwe toekoms. Die bou-inisiatief wissel van die vestiging van verskillende instellings tot die fisiese oprigting van nuwe kampusse vir die opleidingsinstellings en ʼn nuwe skoolaanbod.