Marthinus van Bart

Gebore :

Sterf : 

FAK Marthinus van Bart


Oorsig

Redakteur van KultuurKroniek, is ’n joernalis-skrywer oor kultuurgeskiedenis met meer as 40 jaar ervaring van die joernalistiek. Hy was van Januarie 1976 tot einde November 2013 verbonde aan Die Burger in Kaapstad as senior spesialisskrywer en redakteur van erfenissake en het na sy aftrede hom by die FAK as Afrikaanse kultuurskrywer aangesluit.

Sy loopbaan het in 1967 as aanbiedingsassistent by die SAUK begin. Ná sy diensplig in die SA Vloot in 1968, het hy akademiese opleiding ontvang aan die Randse Afrikaanse Universiteit [BA Geesteswetenskappe] en die Universiteit Stellenbosch [BA (Hons.) Filosofie en die Hoër Onderwysdiploma]. Hy is ’n lid van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Oor die jare is verskeie toekennings aan hom gedoen vir voortreflike bewaringsjoernalistiek, kultuurbevordering en die bewusmaking by die publiek van die belangrikheid van die Suid-Afrikaanse volksboukuns en die kultuurgeskiedenis van die land se breë kultuurverskeidenheid. Onder die toekennings aan hom is die goue medalje van die Stigting Simon van der Stel, die  medalje (van suiwer silwer) van die Stigting VOC, die ere-penning van die Afrikaanse Volkskultuurvereniging en die ATKV, en die Cape Times Centenary Award wat deur die Kaapse Instituut van Argitekte toegeken is.

Marthinus was as joernalis, vakkundige en geldinsamelaar persoonlik betrokke by verskeie historiese bewaringsprojekte, soos die restourasie van die eerste Christelik-nasionale Afrikaanse skool in die land, die Hugenote-Gedenkskool op Kleinbos in Dal Josafat; die oprigting van ’n Anglo-Boereoorlog-monument (Kaapse Rebelle-monument) op Laborie in die Paarl; die herdenking in 2006 van die Slag van Blaauwberg, en die omvattende restourasie van die historiese St. Stephen’s-kerk op Riebeeckplein in Kaapstad. Die gebou was aanvanklik in 1802 die eerste openbare skouburg in Suid-Afrika, African Theatre. Marthinus is trustee van die St. Stephen’s Restourasietrust en neem op rotasie-grondslag ook waar as voorsitter.

Drie nie-fiksie-kultuurboeke het reeds uit sy pen verskyn, naamlik Vir Vryheid en vir Reg, ’n Anglo-Boereoorlog-gedenkboekSongs of the Veld and Other Poems, Engelse gedigte uit die Anglo-Boereoorlog en Kaap van Slawe – Die Britse slawebedryf van 1562 tot 1910: Met spesiale verwysing na die Kaap die Goeie Hoop vanaf 1680. Hy was ook die redakteur van Die Nasionale Vrouemonument Honderdjarige Herdenking: Verlede – Hede – Toekoms, wat op 16 Desember 2013 by die FAK verskyn het, en was medeskrywer van Die Afrikanerrebellie 1914-1915, wat in 2014 verskyn het. Hy doen tans navorsing oor die diatoniese harmonika as pioniersinstrument van Suid-Afrikaanse volksmusiek – met die oog op ‘n harmonika-en-kitaar-leerboek in Afrikaans vir beginners. Hy is musiekonderwyser in harmonika-en-kitaar vir beginners by die Nobelpark Musieksentrum in Sanlamhof, Bellville.


Lewensloop


Temas

No items found

Organisasies


Produkte

No items found

Eksterne Webblaaie

Aanhalings

No items found