Date/Time
Date(s) - April 15, 2021
8:00 pm - 9:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Bernice West stel haar debuutalbum vry
As die naam bekend lyk, as die stem bekend klink, is dit maar net die begin van jou avontuur saam met Bernice West.
Die nuweling se unieke styl en asemrowende stem gaan jou verras – ’n volgende stap in die evolusie van Afrikaanse popmusiek.
Bernice West is die opwindendste kunstenaar in Afrikaans! Na die reusesukses van haar eerste twee enkelsnitte, “Sonop-Blom” en “Die Hart”, wat beide reeds nommer een op Apple Music se Afrikaanse enkelsnitlys was en nommer een op meeste Afrikaanse radiostasies was, stel sy haar debuutalbum Net Geleen vry.
Bernice West se album belowe om jul asems weg te slaan en bestaan uit 14 oorspronklike liedjies uit haar pen.
Die album word nie aan ’n spesifieke genre of tema gekoppel nie, elke liedjie op die album is anders en onvoorspelbaar. Bernice West las by “Dis soos ’n lucky packet vol verskillende lekkers, nie een is dieselfde nie. Die album is wel ’n collection van memories uit my grootwordjare.”
Sy het besluit om die album Net Geleen te noem, want die geleenthede wat aan haar gebied is, behoort nie aan haar nie maar alles is deur die genade van God aan haar geleen.
Die doel was om grense heeltemal te verskuif met die album en om iets te skep wat niemand nog gehoor het nie. Dit was met tye vir Bernice ’n groot uitdaging om nog steeds ’n balans te kry tussen iets nuuts probeer en iets wat vir die kommersiële mark sal werk. Die hele proses was snaaks, want sy is nie regtig Engels magtig nie en haar vervaardiger Robin Kylie is ’n Engelse moedertaalspreker. So met tye was die kommunikasiegaping redelik groot, maar sy glo dit het bygedra tot dié lekker ervaring.