Date/Time
Date(s) - June 12, 2021
9:00 am - 10:00 am
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Pret en plesier vir mini-maatjies is hier! Want vier vrolike kreatiewe karaktertjies kom hou ’n superlekker vertoning vir elke kosbare kleuter, woelige woelwater en poplap-prinsessie. Ons dans in Afrikaans en leer speel-speel om sing-sing superslim te word. Vrolike vermaak vol splinternuwe stories en lekker liedjies wat prettig én opvoedkundig is.
Kom sing en speel kliphard saam met:
Cheeka-Cheeka (die lewenslustige liefie luiperd)
Bushaka (die vriendelike en flambojante vlakvark)
Apertjoe (die avontuurlustige asjas apie)
Krokkija (die koddige krokodil-karnallie)
Tannie Tjommie (aktrise en sangeres Sorina)
Kyk ook uit vir die volgende vertonings die 19de & 26ste Junie met ‘n nuwe tema “Dieremaniere”. Vir meer inligting oor die Tjominis se inhoud, besoek www.tjominis.co.za