AfriForum Teater - Amanda Strydom in Konsert

Amanda Strydom in Konsert @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - May 29, 2021
7:00 pm - 8:00 pm

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


Met Coenraad Rall, pianis

Amanda Strydom, bekroonde doyenne van die kabaretverhoog, bring lig, lag, sielskos en ’n pleister vir jou moeë pandemie-nerwe in hierdie konsert met ’n repertoire wat oor ’n wye spektrum strek. Haar eie liedjies, wat volksbesit geword het, asook musiek van Bob Dylan, Brel, Piaf, die Briels, Bette Midler, Liza Minnelli en Stef Bos, beloof ’n onvergeetlike teaterervaring.

Strydom vier vanjaar haar 42 ste jaar in die kunste. Sy is vereer met die Erepenning van die Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Kunste Onbeperkprys, die ATKV Prestigeprys, die Rapport en City Press Prestigeprys, die Diamantstad Sterrewegprys en die Innibosfeesprys vir haar lewenslange bydrae tot die kunste.

Sy is vereer as Laureata van die Universiteit van Pretoria en die wenner van die DALRO-, SAMA-, vier Geraas-, twee Woordtrofee-, twee Fiësta-, die Kanna-, die Evening Post– en Star Tonight-pryse.

Strydom is aktief as skrywer, sanger en aktrise in Suid-Afrika en is ook ’n geliefde kunstenaar in Nederland en België, waar sy vir sewe agtereenvolgende jare getoer het voor die COVID-19-pestilensie die wêreld tot stilstand gebring het. Haar musiek word gereeld op Nederlandse radiostasies gespeel en van haar liedjies is ook deur Nederlandse sangers opgeneem.

Coenraad Rall, haar vaste pianis en musikale regisseur, werk die afgelope ses jaar saam met Strydom en saam skep hulle haar unieke teaterproduksies wat veral fokus op musiekteater/kleinkuns. Coenraad is ook regisseur vir insetsels van TV-programme soos Kwêla en Bravo en hy is die eienaar van Rallentando Gastehuis in Westdene, Johannesburg.

Hierdie formidabele span beloof die regte medisyne vir al die skete en pyne in hierdie vreemde tyd.

Amanda Strydom in konsert 29/05

Leave a Reply