Date/Time
Date(s) - April 29, 2021
12:00 pm - 1:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Diep, diep in ’n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer…
Diep, diep in ’n donker bos, waar die varings welig diepgroen staan…
Diep, diep in ‘n donker bos in ’n hol boomstomp, net onder ’n blaar…
Woon die Babalela!
Die eerste gedagte wat by ’n mens opkom wanneer jy Babalela vir die eerste keer ontmoet, is pure pret en hope plesier! In die nuutste Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op ’n dag ’n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom ’n reuse-stootskraper. Soos ’n kwaai bul loop die stootskraper ’n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral lê daar bome en bosse wat die stootskraper omgeruk het. As die Babelela en sy maats nie vinnig ’n plan maak nie, gaan daar niks van hul geliefde bos oorbly nie!
Oud en jonk sal bly wees om te hoor dat Babalela: Die stories en liedjies nou ook op CD vrygestel is.