Date/Time
Date(s) - April 4, 2021
3:00 pm - 4:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Die drie sussies van die Con Grazia-musiekgroep maak al van kleintyd af saam musiek.
Van rondspeel op die pedale van die pyporrel terwyl ma Priscilla voorsangoefeninge begelei, tot familiesang in orrelpypformasie – só het die sussies musiek gemaak.
Hulle het al talle gehore in Suid-Afrika vermaak by spesiale funksies en feeste en oor die waters, insluitend Abu Dhabi, Frankryk, Engeland, Nederland, België en die Seychelle.
Die vertoning gaan ‘n kaleidoskoop van musiek wees – saamgestel uit hulle gunsteling geestelike en Ghoema-wennertreffers. Die sussies is almal instrumentele kunstenaars en sangers. Die instrumente wat hulle bespeel, sluit in: die viool, saxofoon, dwarsfluit en klavier.
Paasfeesvieringe met diep, hartroerende klanke uit die hart en in dankbaarheid.
https://dappermedia.co.za/event/con-grazia/