Map Unavailable
Date/Time
Date(s) - June 25, 2021
6:30 pm - 7:30 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Kom geniet ’n aand saam met Alida Stoman en Milano Reyneke, twee musici wat die room van Afrikaanse stories en kunste met die gehoor gaan deel – van kleinkuns tot kunslied, Jannie du Toit en Carike Keuzenkamp tot S. Le Roux-Marais en Arnold van Wyk. Hulle gaan ook van hulle eie Afrikaanse komposisies uitvoer. Daniel Spies, ’n vyftienjarige dwarsfluitspeler, gaan ook ’n spesiale verskyning as gaskunstenaar maak.