AfriForum Teater - Die mense in die wolke leer, probeer is die beste geweer

Die mense in die wolke leer, probeer is die beste geweer @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - March 13, 2021
10:00 pm - 11:00 pm

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


In Sonneland het Towie Towenaar hulp nodig om ‘n sonneblom aan sy vriendin, die Reënboogprinses af te lewer. Towie Towenaar se wensboekie is skoonveld weg, en daarom kan hy nie self hierdie probleem oplos nie.

Sonnetjie & Blommetjie kom tot sy redding en begin diere soek wat sal help.  Niemand stel belang nie, behalwe die dapper Pensie Padda.

Sal klein Pensie Padda dit regkry? Probeer is die beste geweer.

Maatjies, kom maak ‘n draai by die Afriforum Teater, Saterdag, 13 Maart om 10:00!

Die bekende en geliefde Sonnekas Poppeteater van EnterActive Produksies vermaak al vir 25 jaar die kleinspan by Kleuterskole, Laerskole, Verjaarsdagpartytjies en teaters regoor die land!

Die beste Afrikaanse vermaak vir oud en jonk! Kom deel jou nostalgie en kind-wees herinneringe van toeka tot jou kleinspan van nou!

Poppekas 13 Maart

Leave a Reply