Date/Time
Date(s) - May 11, 2021
8:00 pm - 9:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Die produksie is beloon met die Aardklop Trofee vir beste solovertoning en twee kykNET Fiesta-toekennings vir teks en beste solovertoning.
Met: Cintaine Schutte Teks: Francois Toerien (gebaseer op die roman deur Marita van der Vyver) Verhoogbestuur: Jeanne Steenkamp Klankbaan: Schalk Joubert Regie: Nicole Holm Vervaardiger: Arena Produksiehuis
(Ouderdomsbeperking: 16)
“Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad”. Mart se opwindende, maar ook ontnugterende inisiasieproses begin met hierdie woorde van haar rebelse kamermaat. Die traumas van grootword, swangerskap en selfmoord word geplaas teen die agtergrond van die 70’s se politieke leuens, en die verminking van jong mans in die grensoorlog. ’n Produksie vir elke ma, elke dogter, en die mans in hulle lewens.