AfriForum Teater - Entrepeneur Van Die Jaar Kompetisie 2021

Entrepeneur Van Die Jaar Kompetisie 2021 @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - May 27, 2021
9:00 am - 10:00 am

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


AfriForum Sakenetwerk se  Entrepreneur van die Jaar-kompetisie 2021, wat in samewerking met Akademia aangebied word, skop op 27 Mei 2021 af. Daniel Strauss tree as gasspreker by die bekendstellingsfunksie op.

Daniel is ’n entrepreneur en waagkapitalis wat in klein- en mediumgrootte ondernemings belê om hulle te help om vinniger te groei. Hy is ’n makro-optimis en ’n mikro-realis, wat passievol is om welvaart te bevorder. Hy hou daarvan om die volle potensiaal van mense uit verskillende vlakke van die samelewing te ontsluit – veral diegene wat sakeondernemings bou. Dit is ook geen geheim dat hy mentorskap as ’n uiters belangrike deel van elke aspek van ’n persoon se lewe beskou nie.

Hy het aan Hoërskool Keimoes gematrikuleer en was ’n kranige rugbyspeler en atleet op universiteit. Hy het ’n BIng- (in bedryfsingenieurswese) en MBA-graad aan die Stellenbosch Universiteit verwerf. Hy woon tans in die Kaapse Wynland saam met sy vrou, Rolene, en hul twee seuns.

Kom luister en brei jou netwerke uit!

Entrepreneur van die jaar-kompetisie 2021

Leave a Reply