Date/Time
Date(s) - June 26, 2021
7:00 pm - 8:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Met die wêreld wat weens die COVID-19-pandemie heeltemal verander het, is die produksie Donkie noodgedwonge aangepas na Steeds Donkie. Frank Opperman vertolk weer die rol van die skoolhoof, mnr. Barry Swart, alombekend as Donkie.
As hoof van Hoërskool Hans Oosthuizen is hy uitgebrand, suf geslaan en gebombardeer – dit is die beste beskrywing van sy gemoedstoestand. Die arme man lê onder ’n ploegskaar van terneergedruktheid, maar oorkom dit met humor. Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel.
Dit is ’n produksie met soveel humor, fyn waarneming, subtiele kommentaar en absolute deernis dat almal hulself (daarin) sal verkneukel.
Maak seker jy kry die geleentheid om die bekroonde en gewilde akteur Frank Opperman in aksie te sien!