AfriForum Teater - Helena Hettema

Helena Hettema @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - August 6, 2021
7:00 pm - 8:00 pm

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


’n Aand van Franse legendes, ’n bietjie divine en ’n tiksel rooiwynliefde.

Die gevierde kabaretkunstenaar, liedjieskrywer en aktrise Helena Hettema bied ’n veelsydige en omvattende program aan, en word begelei deur die begaafde pianis Elsa Strating. Strating was ook verantwoordelik vir die verwerkings van Helena se nuwe DVD Divine, wat in 2020 tydens die inperking opgeneem is.

Helena sing gewilde chansons van Franse legendes soos Piaf (ook bekend as die “Mossie van Parys”), Brel, Mireille Matthieu en Aznavour. Sy vergas ook met tydlose treffers uit haar nuwe vertoning Divine, ’n huldeblyk aan die groot divas en blyspele soos EvitaFiddler on the roof en Les Miserables, maar ook dié van befaamde divas Judy Garland, Shirley Bassey en Corry Brokken. Sy vertolk die hartroerende “La Mamma”, wat deur Charles Aznavour getoonset is en vertel van ’n sterwende sigeunerkoningin.

Die kabaret sluit in liedjies soos “Over the Rainbow” van Judy Garland en die kragtige “Never, Never, Never” van Shirley Bassey. Daar is ook etlike van Helena se eie komposisies en liedjies van plaaslike kunstenaars soos Anton Goosen, Christa Steyn en Koos du Plessis.

Helena Hettema

Leave a Reply