AfriForum Teater - Helene Bester Sing Nana Mouskouri

Helene Bester Sing Nana Mouskouri @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - May 22, 2021
7:00 pm - 8:00 pm

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


Helene Bester bring met haar produksie Helene Bester sing Nana Mouskouri hulde aan dié ikoniese Griekse sangeres. Bester se produksie is onder groot toejuiging by die Oppiwater Kunstefees in 2019 bekendgestel. Die teks en regie word hanteer deur Frans Swart van Lefra Produksies en musiekregie deur Heinrich Pelser. Helene Bester sing Nana Mouskouri word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren-wyne, Renegades Removals, Ambassador Execudrive en Savvy Holdings.

“Ek het nog altyd daarvan gedroom om ’n Nana-vertoning te doen. Ek is mal oor haar stem, en ek en my sussie het met haar musiek grootgeword,” vertel Helene. “Ons het regtig gedink dat sy ’n vriendin van my ma was. My ma en sy lyk so eenders. Tog dink ek dat die tyd nóú eers vir my ryp is om die vertoning te doen. Ek glo nie dat ek dié musiek tien jaar gelede só goed sou kon interpreteer nie. My stem is ook nou ouer en klink dalk meer volwasse, wat ek glo meer by haar teikengehoor aanklank vind. Ek het haar musiekvideo’s oor en oor gekyk om te kyk hoe sy op die verhoog beweeg, wat sy met haar hande doen en hoe sy ’n gehoor aanspreek. Mens wil dit tog so geloofwaardig moontlik maak.” Regisseur Frans Swart stem saam. “Toe Helene my oor hierdie projek nader, was ek dadelik opgewonde. Wie is dan nou beter as die talentvolle Helene om hulde aan die tydlose en elegante Nana Mouskouri te bring?”

Helene Bester sing Nana Mouskouri

Leave a Reply