Date/Time
Date(s) - March 30, 2021
8:00 pm - 9:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Die Pretoria Simfonie-orkes, met Jaco van Staden op die podium, bied in samewerking met die In2nate-kamerkoor ’n onvergeetlike uitvoering van die bekendste en aangrypendste gedeeltes uit G.F. Händel se meesterstuk Die Messias. Die soliste Ilse van Staden (sopraan), Niel Stander (tenoor) en Christiaan Snyman (bas-bariton) tree saam met die orkes op en beloof om met hulle uitsonderlike bydraes elke hart in die gehoor te vul met klanke van vreugde, vrede en hoop. ’n Uitvoering van die bekende en beminde “Halleluja”-koor word ook ingesluit. Met hierdie uitvoering gee die AfriForum Teater aan liefhebbers van klassieke en koormusiek ’n baie unieke geleentheid om in hierdie uitdagende tye verryk en verkwik te word met ’n voortreflike produksie.
https://dappermedia.co.za/event/hoogtepunte-uit-die-messias/