AfriForum Teater - Jannie Moolman en Dewald Gouws - Hou Aan Met Glo

Jannie Moolman en Dewald Gouws – Hou Aan Met Glo @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - May 30, 2021
3:00 pm - 4:00 pm

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


Somtyds het ’n mens onsekerheid of ’n stuk twyfel nodig om jou tot ’n dieper vlak van geestelikheid te lei. Tydens die grendeltyd is Dewald Gouws gelei om vir Jannie Moolman in hul tuisdorp, Hartbeespoort, te gaan kuier. Hartsake was ’n belangrike besprekingspunt. Dewald en Jannie kon vinnig tot die besef kom dat beide een doel voor oë het: om mense deur musiek te bemoedig met die boodskap in hul harte.

’n Lied met die naam “Hou aan met glo” is gebore. Hierdie treffende opdrag aan die gehoor herinner gelowiges weer aan die mosterdsaadgeloof en die diep wete en begrip dat die Here steeds in beheer is – ongeag die uitdagings.

Wintertye van vertwyfeling sal daar steeds wees, maar God staan vas en seker. Al wat ons moet doen, is om te doen wat Andrew Murray gesê het: “… myself oor te gee aan God in elke seisoen van my lewe, wagtend dat Hy sy heilryke werk in my lewe sal doen.”

Mag hierdie lied en teateroptrede, Hou aan met glo, jou omhels in ’n kombers vol warm hoop uit die “Hand van Bo”.

Jannie & Dewald: Hou aan met glo

Leave a Reply