AfriForum Teater - Jo Black

Jo Black @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - May 21, 2021
8:00 pm - 9:00 pm

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


Jo Black, gebore as Jo Engelbrecht, het grootgeword in Pretoria-Noord. Hy het direk na skool begin werk en sy eie konstruksiemaatskappy begin waar hy vir ongeveer agt jaar huise, hospitale, paaie en brûe gebou het. Jo het vinnig agtergekom dat daar meer in hierdie lewe is as net werk, en kort voor lank staan hy met albei voete sterk in die musiekbedryf.

Jo se musiek kan beskryf word as “pub rock” en inspirerend. Met sy passievolle vertonings het Jo Black ’n bekende gesig op Afrikaanse verhoë geword. Nie net is sy musiek ’n plesier om na te luister nie, maar dit los ook so ’n warm gevoel by mense as sy musiek die hartsnare roer.

Kom geniet hierdie vertoning saam met ons by die AfriForum Teater!

Jo Black

Leave a Reply