AfriForum Teater - Kameras, Konserte en Kleedkamers – Lizz Meiring

Kameras, Konserte en Kleedkamers – Lizz Meiring @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - March 27, 2021
7:00 pm - 8:00 pm

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


In 2021 vier aktrise, regisseur, skrywer, stemkunstenaar, vervaardiger en TV-aanbieder – Lizz Meiring – 37 jaar in die vermaaklikheidsbedryf.

Van Lady Macbeth tot ’n singende Australiese “pop up toaster” – Lizz het al alles gespeel. Bykans 2 000 produksies later voel sy nog steeds onverdund hartstogtelik oor haar beroep en die meelopers in die UItvoerende Kunste.

In Kameras, Konserte & Kleedkamers – ’n klets-en-skets konsert – vertel Lizz van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe, die chaos en kreatiwiteit, die beroemdes en berugtes, die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise. Sy onthul die ver paaie se reis – plaaslik en internasionaal, die vreemde kleedkamers, verhoë, film en TV-stelle, die soms vreemde gedrag van gehore, luisteraars, kykers en bewonderaars.

In die uiters vermaaklike stuk, vol verrassings oor die vermaaklikheidsbedryf, kry die gehoor ’n agter-die-skerms ervaring soos nog nooit vantevore. Daar is ook fiktiewe karakters en sketse.
’n Stroom karakters uit haar skeppende skatkis maak hul opwagting – dis vars, slim, snaaks en soms meer ernstig. Dis oorspronklik, deernisvol en uiteindelik die storie van oorlewing en belewing – uiteindelik die verhaal van die aanslae, gelukskote, opslae en wenslae van die lewe – waarmee elkeen kan indentifiseer.

Kameras, konserte en kleedkamers – Lizz Meiring

Leave a Reply