AfriForum Teater - Keelvol

Keelvol @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - April 24, 2021
8:00 pm - 9:00 pm

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


Dirk Havenga is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp. Hy het ’n terugslag as musikant beleef in die stad, en probeer nou sy heil vind op die platteland. Hy is metodies, passievol oor musiek en kruip weg agter ’n gordyn van sarkasme en harde werk. Mariëtte Labuschagne werk in ’n boekwinkel op dieselfde dorp. Sy droom haar hele lewe lank van ’n loopbaan op die verhoog. Al wat sy wil doen is sing en perform. Sy is spontaan, lewenslustig, altyd gereed met ’n grappie of ’n storie en sy is altyd uitgelate. Mariëtte is reg vir haar eerste sangles. Is Dirk? Hierdie kombinasie kan óf ’n resep vir ’n ramp wees óf dalk net wat hulle albei nodig het?

Germandt Geldenhuys (beter bekend as Louis Koster in die gewilde KykNet sepie, Binnelanders) en Je-ani Swiegelaar (beter bekend as sr. Naomi Koster in Binnelanders) maak vir die eerste keer saam hul verskyning op die verhoog in hierdie bittersoet komedie.

Keelvol beloof om iets te wees wat die gehoor se ore, lagspiere, traankliere en harte sal aanraak.

Kom wees deel van hierdie unieke teaterervaring waar storie, musiek, stemme en drome saamgeweef word en kom vind uit hoe belangrik dit is om jou eie stem te vind in ’n wêreld wat jou soms wil stilmaak.

KeelVol Produksie

Leave a Reply