AfriForum Teater - Kruis van Liefde - Videovertoning

Kruis van Liefde – Videovertoning @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - June 11, 2021
6:00 pm - 7:00 pm

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


Franco Prinsloo se gevierde paasoratorium Kruis van Liefde is onlangs deur die Vox Kamerkoor in samewerking met RSG en die ATKV Skryfskool van die Noordwes-Universiteit opgeneem en uitgesaai. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het dié opdragwerk moontlik gemaak en die ATKV het die professionele videografering van die oratorium finansieel ruim ondersteun.

Kom vier die geleentheid saam met die koor, komponis, musici en borge vir ’n spesiale enkel videovertoning van Kruis van Liefde. Skud jou vere reg en poets die stewels, want die rooi tapyt word vanaf 18:00 uitgerol met verfrissende vonkelwyn geborg deur Rietvallei-wynlandgoed.

’n Beperkte getal kaartjies is vir die publiek beskikbaar, so spring gou om jou plek te verseker.

Vervaardiger: Franco Prinsloo

Kruis van Liefde-videovertoning

Leave a Reply