AfriForum Teater - Liewe Heksie Vlieg Afriforum toe

Liewe Heksie Vlieg Afriforum toe! @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - May 22, 2021
10:00 am - 11:00 am

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


Verna Vels se geliefde Liewe Heksie – wat terloops op 42 April verjaar (ja, 42!) – kruip geslag ná geslag diep in kinderharte. Sy sukkel soms met lang woorde, maar gelukkig is Blommie die Kabouter en haar geliefde Mattewis die Kat altyd naby om te help. Die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats kuier op Saterdag 22 Mei om 10:00 by die Afriforum Teater in Pretoria. Jy kan jou plek by www.dappermedia.co.za bespreek. Skakel Lefra Produksies by 011 815 3000 of e-pos admin@lefra.com vir groeps- en skoolbesprekings.

In die eerste helfte word Liewe Heksie en Botterblom opgevoer. Botterblom is Blommeland se koei wat vir die hele Blommeland melk verskaf. Maar Botterblom is kwaad. Karring, Blommeland se melkkabouter, laat niemand naby Botterblom toe nie en Botterblom raak baie eensaam. Dan begin die poppe (of is dit nou koeie?) dans. Ná pouse is dit tyd vir Liewe Heksie en die Tuindwergie, waar ons Casper die Tuindwergie ontmoet. Toe Casper die Tuindwergie op ’n dag in Liewe Heksie se tuin wakker word, heers daar drama van begin tot einde. Want wie is dit agter daardie boom? Kan dit ’n nare gifappeltjie wees? Die maats moet kom uitvind by die AfriForum Teater . Liewe Heksie word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren-wyne, Renegades Removals, Ambassador Execudrive en Savvy Holdings.

Liewe Heksie vlieg AfriForum Teater toe!

Leave a Reply