Date/Time
Date(s) - March 28, 2021
12:00 pm - 1:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Met Lizanne Barnard, Leon Ecroignard en Pyjama Shark
Komponis, sanger en vervaardiger Lizanne Barnard se naam is sinoniem met woordkunsproduksies wat landwyd met groot waardering ontvang word. Bêreboksie vol Vlerke is een van die hoogtepunte van haar loopbaan waarin sy die skryfsels van die kunstenaar Lidi de Waal omskep het in musiek. Haar album Gevlerktes wat hierdie toonsettings bevat, is benoem vir ’n Ghoema-toekenning (beste vroulike kunstenaar van kontemporêre musiek). Die produksie Uit die Bloute met stories en gedigte van Eugene Marais, waarvoor sy die klankbaan gekomponeer het, is ook benoem vir beste musiekgedrewe produksie by KKNK 2018.
Basspeler Leon Ecroignard was ook betrokke by bogenoemde produksies en staan uit as ’n uiters talentvolle en unieke musikant/liedjieskrywer/vervaardiger. Leon is ook bekend vir die STOK-produksies wat in ’n klas van hulle eie is in die bekende Herman van Veen se tipe Kleinkunst-genre.
Die 26-jarige Pyjama Shark bring ’n vars element by in sy tipiese Juxta-Rock-styl. Hierdie jong sanger, kitaarspeler, liedjieskrywer en musiekvervaardiger verskaf aan die ouer gerekende musikante en luisteraars ’n lekker uitdaging en inspirasie met sy eiesoortige musiek.
Vir Bedoel dit het die trio uit al drie se musiekrepertoires gekies om ’n boeiende en veelsydige program aan te bied. Die bindingselement is die drie se enerse uitkyk op die maak van musiek nl. “If you don’t mean it, don’t play it”.
https://dappermedia.co.za/event/event_template-duplicate-2/