Date/Time
Date(s) - August 12, 2021
7:00 pm - 8:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Die sanger, liedjieskrywer en kunstenaar LUCINDA is reeds sedert 16 bekend as die hoofsanger van die Afrikaanse groep, Die Melktert Kommissie. In 2019 het sy saam met Bouwer Bosch ’n EP Waar die see die kus omhels vrygestel, en in 2020 stel sy haar eerste solo-enkelsnit genaamd Weerloos vry. In Julie 2021 sien haar eerste solo album, UITGESKRYF die lig ná die vrystelling van die eerste enkelsnit van dié album, “ONS IS ONS” (saam met John-Henry Opperman van Klopjag) in Junie vanjaar.
UITGESKRYF bied aan aanhangers ’n eerlike blik op wie LUCINDA vandag is, met ’n mengsel van sagte en opgewekte musiek en persoonlike lirieke. Met introspeksie as hooftema van die album, het LUCINDA die afgelope twee jaar alles wat sy in haarself ondersoek het in gedigte, stories of liedjies neergeskryf.
Aanhangers by vertonings kan uitsien na LUCINDA se splinternuwe musiek, asook ’n paar ou treffers.