Map Unavailable
Date/Time
Date(s) - May 9, 2021
3:00 pm - 4:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Na ’n “klassieke musiek-droogte” van ’n jaar het ’n groep van die beste strykinstrumentaliste in Gauteng bymekaargekom vir hierdie Moedersdagnaweek-konserte. Daar is nie net twee baie bekende werke op die program, naamlik die St Paul’s Suite van Gustav Holst en die Serenade vir Strykers Op 22 van Antonín Dvorák nie, maar ook twee verrassings. Kom kyk, luister en geniet dit! Soliste wat gaan optree sluit die twee briljante trompetspelers Philip Cox en Richard Kingon in, asook die timpanis Magda de Vries. Braam van Tonder is die dirigent.
Tydsduur: 2 ure (Sluit ’n 20 minute pouse in)