Date/Time
Date(s) - March 21, 2021
2:00 pm - 3:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
DIG BY MY
Die digkuns en musiek was nog altyd susterkunste wat hand aan hand geloop het. Afsonderlik kan hulle ook bloei, ja, maar saam is dit soos die karaktereienskappe van skoonheid en humor in een liggaam (die woorde van die grootse Engelse komponis Henry Purcell). Die vertoning gaan dan juis oor die feit dat daar oor eeue heen nog altyd sowel digters as komponiste was. Soms span hulle saam om iets uniek te skep. Daar is byvoorbeeld Robert Schumann en Heinrich Heine (“Dichterliebe”), en Eduardo di Capua en Giovanni Capurro (“O sole mio”), maar ook ’n legio ander.
In die Suid-Afrikaanse kunsmusiek is daar ook vele voorbeelde hiervan: Van A.G. Visser tot Boerneef en N.P. van Wyk Louw is almal verewig in kunsliedere wat komponiste getoonset het.
Dié konsert neem ons deur ’n reis van getoonsette gedigte in Afrikaans: Van FAK-liedjies tot dié van hedendaagse liedjieskrywers soos Coenie de Villiers en Chris Chameleon.
https://dappermedia.co.za/event/jannie-moolman-1400-1500/