Date/Time
Date(s) - March 6, 2021
10:00 am - 11:00 am
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
‘n Poppekas konsert deur Dulinda Pieters van EnterActive Produksies
Daar is vreemde ding aan die gebeur: Sonneland se inwonertjies is in rep en roer. Almal se goedjies en dingetjies is besig om net sommerso te verdwyn! Wie kan dit tog wees? Wat gaan aan?
Frikkie en Prikkie, ons twee muismaatjies, hou hul lyfies Speurder. Hulle sal agter die kap van hierdie vreemde byl kom. Intussen verdwyn een na die ander ietsie van een of ander inwoner. Iets sal gedoen moet word!
Maats, ons het jul hulp DRINGEND nodig! Kom maak ’n draai by die Afriforum Teater op Saterdag 6 Maart om 10:00.
Die bekende en geliefde Sonnekas-poppeteater van EnterActive Produksies vermaak al vir 25 jaar die kleinspan by kleuter- en laerskole, verjaarsdagpartytjies en teaters regoor die land. Dis die beste Afrikaanse vermaak vir oud en jonk. Kom deel jou nostalgie en kindweesherinneringe van toeka tot jou kleinspan van nou!