AfriForum Teater - Prof. Nola Dippenaar - Breingesondheid

Prof. Nola Dippenaar – Breingesondheid @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - May 20, 2021
6:30 pm - 7:30 pm

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


** Hierdie praatjie word in Engels aangebied. **

Die menslike brein is die mees gesofistikeerde, komplekse stelsel in die heelal!

Hierdie hardwerkende orgaan is verantwoordelik vir 1,4 kg van ons liggaamsmassa. Sowat 25% van die totale cholesterol in die liggaam word in die menslike brein gevind wat noodsaaklik is vir breinfunksie. Die brein kan met ’n uiters kragtige rekenaar vergelyk word en bestaan uit ’n geskatte 160 miljard breinselle – wat na beraming gelykstaande is aan die aantal sterre in die Melkweg!

In hierdie praatjie sal prof. Nola Dippenaar merkwaardige insig gee oor die werking van die brein, hoe die brein in ’n hoë mate deur ons lewenstyl beïnvloed word, asook hoe om die superspoedbreinsnelweë in stand te hou vir optimale funksionering.

Prof. Dippenaar in ’n neutedop:

Prof. Nola Dippenaar het twee meestersgrade in fisiologie asook biochemie verwerf voor sy haar Ph.D. verwerf het. Sy het haar loopbaan as dosent by Medunsa begin waar sy later as professor aangestel is. In 1999 aanvaar sy ’n posisie by die Mediese Skool van die Universiteit van Pretoria waar sy voor- en nagraadse mediese studente in die Fakulteit van Gesondheidswetenskappe onderrig het voor sy op vroeë pensioen gegaan het. Nou as professor emeritus, bestuur sy haar eie praktyke in Pretoria en Kaapstad waar sy met maatskappye en individue konsulteer oor die fisiologie en biochemie van die menslike liggaam, insluitend gesondheidskwessies, waarvan elkeen individue bemagtig om verantwoordelikheid vir hul gesondheid te neem.

Dr. Nola Dippenaar – Breingesondheid

 

 

Leave a Reply