Reis na Japan met Magdalena de Vries @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - June 27, 2021
12:00 pm - 1:00 pm

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


Die perkussiespesialis Magdalena de Vries is een van Suid-Afrika se mees gevierde en bekende musici. Kom luister na ’n unieke reis na Japan met solowerke vir die marimba, wat Magdalena tydens haar reise en studies in die Verre-Ooste teëgekom het. Verfrissende repertoire vir die konsertmarimba sluit onder meer werke deur J.S. Bach, Pietro Mascagni, Toshi Ichiyanagi en Keiko Abe in.

Die Suid-Afrikaanse komponis Franco Prinsloo het tydens die inperking nuwe werke vir musici in isolasie gekomponeer, ook onder meer vir musici in Japan en China. Dié nuwe werk sal ook sy wêreldpremière tydens hierdie spesiale geleentheid geniet.

Kom luister na die unieke en boeiende klank van die marimba, met ’n program van fassinerende werke in Reis na Japan.

Vervaardiger: Magdalena de Vries (info@magdalenadevries.com)

Reis na Japan met Magdalena de Vries

Leave a Reply