Map Unavailable
Date/Time
Date(s) - July 17, 2021
3:00 pm - 4:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Reynardt Hugo is landwyd bekend as dr. Tertius Jonker in die gewilde kykNET-sepie Binnelanders en voormalige lid van die sanggroep ADAM. Tog het ’n diep gewonde en verlore siel agter die glanslewe van sangtoere en bewonderaars geskuil. In sy outobiografie Soldaat vertel Reynardt sy boeiende verhaal oor sy verslawings en sy reis om dit te oorkom. Dit is ’n verhaal van tragedie en nederlae, maar ook van hoop. Kom luister na sy verhaal (en ’n paar liedjies) terwyl hy jou motiveer en inspireer.