Map Unavailable
Date/Time
Date(s) - May 25, 2021
7:00 pm - 8:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Die S. Le Roux Marais-gedenkuitvoering vind jaarliks plaas ter ere aan S. Le Roux Marais, wat in sy leeftyd ’n groot bydrae gelewer het tot die ontwikkeling van die Afrikaanse taal en musiek.
Hy het gedigte getoonset van begaafde digters soos onder andere A.G. Visser, I.D. du Plessis en Elisabeth Eybers. Marais word as Suid-Afrika se eie Franz Schubert beskou.
Vanjaar gee die kunstenaars Anina Wasserman, Lorraine Hibbert, Coert Grobbelaar, Christiaan Snyman, Andries Aldrich en Drikus Schuurman lewe aan S. Le Roux Marais se musiek.