Date/Time
Date(s) - May 1, 2021
7:00 pm - 8:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Moenie hierdie topklasvertoning en wêreldrekordpoging misloop nie ! Wat gebeur as jy Suid-Afrika se voorste kitaarduo, CH2, kombineer met die vlytige voete van die Montoya Spaanse Dansers? Jy kry SPANISH FIRE!
Kom geniet treffers soos Vyfster, Volare, Bamboleo, Despacito en baie meer saam met die magiese span op die verhoog.
As wenners van veelvuldige toekennings, neem CH2 reeds dekades lank die voortou as dit by virtuoso-kitaalspel kom en hou hulle tans die wêreldrekord vir die vinnigste kitaarspel. Hulle gaan egter tydens hul twee vertonings by die AfriForum Teater probeer om hulle eie wêreldrekord te breek . Sal hulle dit kan regkry? Kry NOU jou kaartjies om uit te vind.
Die Montoya Spaanse Dansers is wêreldbekend vir hulle danspassies en vinnige voete. Hul Spaanse danse sal jou voete laat jeuk en hulle kostuums is asemrowend! Kom geniet ook ’n vinnige les in Spaanse danse soos die dansers die gehoor van die verhoog af gaan vermaak en leer.
Spanish Fire is ’n uitverkoopvertoning, so bespreek nou jou kaartjies. Hierdie is een van Suid-Afrika se BESTE teaterproduksies ooit.