Date/Time
Date(s) - June 26, 2021
11:00 am - 12:00 pm
Location
Greenlyn Village-sentrum
Categories
Tjominis is terug met ’n splinternuwe vertoning vol pure plaas. Dit is hier in die natuur waar ons kuier in ons nuwe plaasavontuur.
Weet jy hoe maak ’n bees? Wat noem ’n mens ’n donkie se kleintjie? Hoekom kraai en lawaai die hoenderhaan? Laat die Tjominis jou dan al singend en spelend vertel van al die diertjies se unieke maniertjies.
Kom leer saam Cheeka-Cheeka van Hoendertjie Poendertjies se kekkelende gekloek.
Laat Apertjoe vir jou wys waar kom die melk en kaas vandaan wat jy by jou huis het.
Krokkija nooi jou om saam te kom sing, want die hiehô-hôhie donkie is ’n wonderlike ding.
En kom leer wat Bushaka alles weet van oink-oink otjies wat net alles wil eet.
Bietjie feite, bietjie liedjies en baie plaasgeraasgeluide.
Die Tjominis se avonture is geskep deur ’n mamma, spesiaal vir elke mamma wat saam met haar minimensie altyd soos ’n kaalvoetkind sal bly glo. Besoek Tjominiland by www.tjominis.co.za vir meer inligting oor die Tjominis