AfriForum Teater - Tjominis - Kleinspan Avonture

Tjominis – Kleinspan Avonture @ Afriforum Teater

Map Unavailable

Date/Time
Date(s) - May 15, 2021
10:00 am - 11:00 am

Location
Greenlyn Village-sentrum

Categories


Pret en plesier vir mini-maatjies is hier! Want vier vrolike kreatiewe karaktertjies kom hou ’n superlekker vertoning vir elke kosbare kleuter, woelige woelwater en poplap-prinsessie. Ons dans in Afrikaans en leer speel-speel om sing-sing superslim te word. Vrolike vakansievermaak vol splinternuwe stories en lekker liedjies wat prettig én opvoedkundig is.

Kom sing en speel kliphard saam met:

Cheeka-Cheeka (die lewenslustige liefie luiperd)

Bushaka (die vriendelike en flambojante vlakvark)

Apertjoe (die avontuurlustige asjas apie)

Krokkija (die koddige krokodil-karnallie)

Tannie Tjommie (aktrise en sangeres Sorina)

Die Tjominis se avonture is geskep deur ’n mamma, spesiaal vir elke mamma wat saam met haar mini-mensie altyd sal bly glo soos ’n kaalvoetkind. Vir meer inligting oor die Tjominis, besoek Tjomini-land by www.tjominis.co.za.

Tjominis – Kleinspan Avonture 08/05

Leave a Reply